IMF BIED GEEN OPLOSSING- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het geen oplossings aangebied vir Suid-Afrika se vernietigende ekonomiese agteruitgang en baie ernstige fiskale en sosiale probleme waarvoor die sosialistiese ideologie van die ANC-regering direk verantwoordelik is nie,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

Hy het verwys na ‘n artikel, “IMF waarsku SA: Likwideer, privatiseer en hou op leen!” 1) oor die IMF se jaarlikse oorsig van die land wat gister op die webblad van Netwerk24 geplaas was en gesê dat dit baie duidelik is dat die IMF nie verstaan watter “veranderings in die ekonomiese en fiskale beleid” van die land “dringend nodig” is nie!”

Volgens die verslag “druk strukturele onbuigsaamhede privaatinvestering af en belemmer inklusiewe groei en werkskepping”. Die IMF is van mening dat hierdie “ontbuigsaamhede onmiddelik aangepak moet word om die ekonomie se produktiwiteit en mededingendheid te verhoog en armoede en ongelykheid te verminder.”

Hieruit is dit baie duidelik dat die IMF slegs na die baie algemeen bekende politieke slagspreuk van die ANC-regering verwys as die “ekonomiese hervormings” sonder om, net soos die regering, dit duidelik te stel na watter “strukturele onbuigsaamhede” en watter oplossings dit daarvoor aanbeveel wat almal in die land nog nie bewus van is en nie verstaan nie!

Geen sosialistiese “strukturele onbuigsaamhede” is kan lankal nie meer enigsins ‘n verskil maak nie en moet daarom totaal verwerp word omdat dit bloot die finale vernietiging van die ekonomie net sal verhaas.

Die belangrikste aspek van die regering se “ekonomiese strukturele hervormings” wat na 1994 gemaak was soos die verwerping van Suid-Afrika se kapitalistiese ekonomiese stelsel wat groot ekonomiese groei, ontwikkeling en welvaart vir die land geskep en die aanvaarding van ‘n suiwer sosialistiese ekonomiese stelsel.

Die buitensporige sosialistiese regulering van die ekonomie, soos swart ekonomiese bemagtiging en die reservering van werksgeleenthede net vir swartmense wat tot onstuitbare korrupsie, diefstal en groot ondoeltreffendheid aanleiding gegee. Dit het ‘n steeds groeiende gaping tussen die inkomste en uitgawes van die regering, begrotingstekorte en staatskuld, asook groter armoede, hongersnood, werkloosheid en ongelykheid veroorsaak wat ekonomiese verwoesting gesaai en die ekonomie binne die volgende 3 tot 4 jaar finaal sal vernietig.

As die IMF nie verstaan watter ekonomiese vernietiging  besig is om in die land plaas te vind nie sal dit dringend noodsaaklik dar hy eerder met ekonomies ingeligte, geletterde en bevoegde mense te praat en nie net met onobjektiewe regeringslui wat hulle regering se vernietigende sosialistiese beleid verkondig nie.

Die IMF kan egter verseker word dat die regering se politieke slagspreek van “inklusiewe ekonomiese groei” nooit die antwoord sal wees sonder om te verstaan wat dit beteken en hoe die bereik kan word nie omdat dit ‘n totaal onrealistiese en onhaalbare ekonomiese aanbeveling is sonder om enige aanbevelings te maak hoe die reeds vernietigende ekonomie herstel en gered kan word nie.

Al wat die regering van “inklusiewe ekonomiese groei” verstaan is om al meer mense van totaal onbekostigbare sosiale toelae afhanklik te maak om aan bewin te probeer bly. Soos sy vernietigde beleid van die onteiening van grond wat steeds die ANC se laaste strooihalmpie sal wees wat hy voor die volgende algemene verkiesing in 2024 sal probeer implementeer om polities te oorleef, maar wat die ekonomie, die landbou en voedselsekerheid verder sal vernietig.

Die IMF se aanbeveling dat ekonomiese groei aangewakker moet word deur die opveiling van breëbandspektrum wat reeds 15 jaar lank sloer het reeds irrelevant geword as gevolg van die totale onvermoë van die regering om sinvolle verbeterings aan die elektroniese netwerke in die land aan te bring.

Die verdere aanbeveling van die IMF oor die regering se beleid van lokalisering sal net soos die meesterplanne op geen manier suksesvol implemeneer en deur die regering bestuur kan word nie omdat dit ook op sy rassistiese sosialisme baseer is soos al die ander planne van die regering.

Die aanbeveling van die IMF dat “waar daar nie meer ‘n goeie saak uitgemaak kan word vir die staatsondernemings se voortbestaan nie dit gelikwideer of geprivatiseer moet word” is ‘n algemene probleem waarmee die land reeds jarelank worstel wat met staatslenings aan die gang gehou word is, ook die grootste bron van die regering se korrupsie wat sal bydra tot die finale ekonomiese vernietiging. Die vraag is wie sal kapitaal wil investeer in die totaal afgebroke en bankrot staatsondernemings wat geen rendament daarop sal lewer nie?

Die feit dat die IMF beïndruk is met die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, se mediumtermyn begroting en sy “verbintenis tot perke op staatsbesteding en die konsolidasie van staatskuld” is slegs ‘n verbloeming van die ernstige fiskale probleme van die regering wat eers tydens die hoofbegroting in Februarie 2022 na vore sal tree en die IMF moet hom nie daardeur laat mislei nie.

Die druk op die regering vir groter staatsbesteding aan basiese sosialistiese inkomste toelae het reeds in Julie vanjaar in KwaZulu-Natal en Gauteng kop uitgesteek met ongekende onluste en plundering van die ekonomie en dit sal die begrotingstekort en skuldlas dramaties vergroot wat enige skuldkonsolidasie totaal onmoontlik sal maak. Die regering het nie ‘n ander keuse as om op groter sosiale besteding staat te maak om te oorleef tot in 2024.

Die enkele grootste probleem wat met die jongste verslag van die IMF ondervind word is die feit dat die IMF nie bereid is om baie dringend aan te beveel dat die regering van sy vernietigende sosialistiese ideologie moet afsien wat steeds groter fiskale en sosiale probleme sal veroorsaak wat sonder ekonomiese groei die ekonomie en die land finaal sal vernietig.

Die aanbeveling van die IMF dat die Reserwebank dit “binnekort moet oorweeg om nie net rentekoerse te verhoog nie, maar om ook sy inflasieteiken te verlaag wat verdere verhogings van die rentekoers sal vereis,” is die enkele grootste dwaling in die ekonomiese wetenskap waarvoor daar absoluut geen bewyse in die wêreld bestaan nie en moet verwerp word! Ek daag die IMF uit om hierdie aanspraak te bewys!

Dit is totaal onverstaanbaar dat die IMF en die meeste sentrale banke in die wêreld, waaronder die Amerikaanse Reserweraad, Europese Sentrale Bank en die Reserwebank, dit blykbaar nooit sal verstaan nie dat die inflasiekoers deur al die plaaslike en internasionale politieke en ekonomiese faktore bepaal word wat ‘n invloed op die vraag en aanbod van goedere en dienste en die waarde van die geldeenheid, respektiewelik, uitoefen nie.

“Die jongste verslag van die IMF oor Suid-Afrika se ekonomie met ‘n algemene oorsig en herhalings van moontlike oplossings vir die vernietigende probleme van die regering se sosialistiese beleid waarmee die meeste ekonomies ingeligte mense vertroud is sal daarom nie sonder daadwerklike aanbevelings oor werkbare oplossings daarvoor enigsins iets vir Suid-Afrika beteken wat enige verskil sal maak nie.”

Veral as die IMF, net soos die Wêreldbank, steeds voortgaan om die vernietigende ekonomiese beleid van die ANC-regering te ondesteun en te bevorder nie!

As die IMF regtig belangstel om Suid-Afrika te help om sy ekonomiese probleme op te los sal hy ‘n aanbeveling moet maak dat die regering ‘n gemengde kapitalistiese/sosialistiese ekonomiese stelsel moet aanvaar wat ekonomiese groei kan skep soos wêreldwyd oor en oor bewys is en ook ‘n hoër inkomste vir die regering kan genereer om die baie ernstige fiskale en sosiale probleme in die land op te los.

Trouens, die IMF sal Suid-Afrika ‘n baie groot guns bewys as hy geen verdere lening aan die ANC-regering sal toestaan sonder die voorwaarde dat  hy van sy sosialistiese ideologie moet afstand doen en sy onbeheerbare korrupsie moet staak nie!

Ekonomiese groei word in die Verenigde State van Amerika (VSA), as die bastion van kapitalisme in die wêreld oor baie dekades, deur ‘n kapitalistiese ekonomiese stelsel geskep. Verskeie lande in die wêreld het in werklikheid al gemengde kapitalistiese/sosialistiese ekonomiese stelsels met groot welslae aanvaar waaronder die Amerika, die VSA, Swede, Ysland, Frankryk, Kanada, Duitsland en China.2) 3) 4) 5)

Dit beteken 'n kombinasie van die goeie eienskappe en die uitskakeling van die swak eienskappe van beide die twee stelsels waardeer die regering sal verstaan dat hy 'n politieke en ekonomiese omgewing moet ontwikkel wat bevorderlik sal wees vir die privaatsektor om winste en ekonomiese groei te skep! 6) Die vraag is egter of die ANC-regering en sy sosiale vennote dit ooit sal verstaan?

 Die vraag is ook waarom wil die internasionale ekonomiese gemeenskap, soos die IMF en die Wêreldbank, daarmee voortgaan en toe te sien dat Suid-Afrika deur die suiwer sosialistiese ideologie van die ANC-regering wat wêreldwyd dramaties misluk7) het vernietig word?”, volgens Brink.

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

 

1)   IMF waarsku SA: Likwideer, privatiseer en hou op leen!

https://www.netwerk24.com/netwerk24/sake/ekonomie/imf-waarsku-sa-likwideer-privatiseer-en-hou-op leen-20211208

 

2)   Countries with mixed economies

      https://www.google.com/search?q=countries+with+mixed+economies&rlz=1C1EXJR_enZA875ZA875&oq=coutires+with+mixed+economies&aqs=chrome.1.69i57j0i13j0i22i30.12270j0j7&sourceid=chrome&ie=UTF-8

 

3)   Mixed Economy With Pros, Cons and Examples

https://www.thebalance.com/mixed-economy-definition-pros-cons-examples-3305594

 

4)   China to become world’s major economic power! Why and how?

https://www.farmingportal.co.za/index.php/all-agri-news/news-of-the-day/524-china-to-become-world-s-major-economic-power-why-and-how-fanie-brink-2

 

5)   Most Powerful Economics in the World

     https://www.youtube.com/watch?v=CtSerf17F0E&list=PL8-YFlmMQUfip3yp3yb5DpRk7VipzV3h0

 

6)   Creating Economic Growth Plan

     https://www.farmingportal.co.za/index.php/all-agri-news/press-release/6247-creating-economic-growth-plan-south-africa

 

7)   Failures of Socialism in the World

https://www.google.com/search?rlz=1C1EXJR_enZA875ZA875&lei=NigcYJanK9ODhbIPgK2XuAI&q=failure%20of%20socialism&ved=2ahUKEwiWmvOk2tDuAhXTQUEAHYDWBScQsKwBKAR6BAgiEAU&biw=1366&bih=625

 

COMMENTS BY POLITICIANS AND ECONOMISTS ON SOCIALISM

 

"Socialism is a philosophy of failure, the creed of ignorance, and the gospel of envy, its inherent virtue is the equal sharing of misery.”

Winston Churchill, former Prime Minister of Britain

 

“If socialists understood economics, they wouldn’t be socialists”

Friedrich Von Hayek, Austrian-British economist

 

“Prior to capitalism, the way people amassed great wealth was by looting, plundering and enslaving their fellow man. Capitalism made it possible to become wealthy by serving your fellow man.”

Walter E Williams, American economist

 

“The free market is the greatest producer of wealth in history - it has lifted billions of people out of poverty.”

Barack Obama, former President of the USA

 

"There is one and only one social responsibility of business – to use its resources and engage in activities designed to increase its profits so long as it stays within the rules of the game, which is to say, engages in open and free competition without deception or fraud.”

Milton Friedman, former American economist

 

"In every single country where capitalism has been tried, free markets have been expanded, we have seen a mash growth in wealth and an elevation in the quality and standard of human life. It is not perfect as there will always be winners and losers in the world, it is a fact, but the progression that we have seen is vast. Capitalism gives you the chance to change your circumstances, you have the personal autonomy that is such a difference maker in our mental and holistic wellbeing when you have the ability to control your own fate and circumstances. It is empowering and something that is very important as a central need that we all have. Capitalism gives you that, you can work really hard and get ahead. We do not see it in other systems. On the reverse side we have seen every single time that where socialism was attempted it has led to destitution, devaluation and even death. It is a system that has failed every time it has been tried."

Hannah Cox, Foundation for Economic Education, USA

 

“It is in the interest of everybody who is part of a business enterprise to recognised that the goal of the entire team is to progressively and vigorously be involved in the pursuit of profits.”

 

“Without profit there can be no business; no employees; no incomes earned; thus, no economy.’”

Temba A Nolutshungu, Director, Free Market Foundation

 

Socialism and corruption can even destroy a democracy!

 

“The great historian Alexander Tytler said the following as early as 1787: “A democracy is always temporary in nature; it simply cannot exist as a permanent form of government. A democracy will continue to exist up until the time that voters discover they can vote themselves generous gifts from the public treasury. From that moment on, the majority always votes for the candidates who promise the most benefits from the public treasury, with the result that every democracy will finally collapse due to lose fiscal policy, which is always followed by a dictatorship. Invariably, the majority (having become complacent and pathetic), choose those who promise to take from one group and share the spoils amongst those who are less productive. An apathetic population is not one that will suddenly decide to roll up its sleeves and get the country, once again, on a productive footing, but will rather jump on the wagon of empty promises and rides it downhill until it reaches the bottom of the economic.”

LIST OF THE TITLES OF ARTICLES THAT VARIOUS AUTHORS HAVE WRITTEN OVER THE PAST COUPLE OF MONTHS ABOUT THE DESTRUCTIVE SOCIALIST IDEOLOGY OF THE ANC GOVERNMENT

 

1.    Apocalypse just now: Can SA’s economy still be saved?

https://www.businesslive.co.za/fm/features/cover-story/2020-08-06-apocalypse-just-now-can-sas-economy-still-be-saved/

  1. SA is nearing an economic abyss - we must admit we are in a crisis

https://www.news24.com/Columnists/GuestColumn/opinion-sa-is-nearing-an-economic-abyss-and-we-must-admit-we-are-in-a-crisis-20200228

  1. Only business can lead SA out of the abyss

       https://www.businesslive.co.za/bd/opinion/2020-08-19-ann-bernstein-only-business-can-lead-sa-out-of-the-abyss/

  1. Our problem: spending more on the past than the future

https://www.businesslive.co.za/bd/opinion/2020-03-12-trevor-manuel-our-problem-spending-more-on-the-past-than-the-future/

  1. To limit economic damage, let the private sector do its work

https://www.businesslive.co.za/bd/opinion/columnists/2020-11-11-peter-bruce-to-limit-economic-damage-let-the-private-sector-do-its-work/

  1. SOE’s and the big turnaround lie

https://www.businesslive.co.za/fm/opinion/home-and-abroad/2021-02-04-justice-malala-soes-and-the-big-turnaroud-lie/

  1. The majority of South Africans feel democracy is not working for them

       https://www.msn.com/en-za/news/editorpicks/thuli-madonsela-the-majority-of-south-africans-feel-democracy-is-not-working-for-them/ar-BB1fMN5g?ocid=msedgdhp

  1. ANC deployment at heart of the matter

https://www.businesslive.co.za/bd/opinion/columnists/2021-04-19-carol-paton-anc-deployment-at-heart-of-the-matter/

  1. Editorial: Is this an example of the ANC’s analytical rigour?

       https://www.businesslive.co.za/fm/opinion/editorial/2020-07-16-editorial-is-this-an-example-of-the-ancs-analytical-rigour/

  1. Failure on both sides of the rift between government and business

https://www.businesslive.co.za/bd/opinion/columnists/2021-03-25-jonny-steinberg-failure-on-both-sides-of-the-rift-between-government-and-business/

  1. 11. The end of a wasted year

https://www.businesslive.co.za/fm/opinion/home-and-abroad/2019-12-19-justice-malala-the-end-of-a-wasted-year/

  1. Empty promises, hollow rhetoric define the ANC today

https://www.news24.com/news24/Analysis/empty-promises-hollow-rhetoric-define-the-anc-today-20200109