• Namate ek ouer word, raak Kersfees vir  my al hoe dieper. Miskien is dit nostalgie … so ’n mengsel van dankbaarheid en hartseer oor die herinneringe uit die verlede.

  • Die Suider-Afrika Agri Inisiatief Saai is teleurgesteld met die verslag wat die sogenaamde adviespaneel van kundiges oor grondhervorming aan die kabinet voorgehou het, en wil op hierdie stadium op kernaspekte van die verslag ’n teenoorgestelde standpunt stel.

  • Mag en gulsigheid het sogenaamde groot sakemanne en politieke leiers met al hulle grootman praatjies al baie gekos. Suid Afrika se politieke leiers is bekend daarvoor dat hulle net kan praat en delegeer en baie min van hulle se grootman praatjies het al sukses opgelewer. Suid Afrika se rand is 'n duidelike bewys van hoe swak Suid Afrika bestuur word. In 1999 was die prys skaars R1.00 per liter en die Rand/ Dollar R4.80. 

  • Agri SA is bekommerd oor die hoeveelheid plaasmoorde soos vandag deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bekendgemaak.

    Hoewel hierdie syfer 'n daling is van die 62 plaasmoorde in die vorige boekjaar, bly dit enorm en kom dit neer op byna vier moorde per maand. Die oorledenes was deel van noue gemeenskappe en hul moorde laat 'n bittere leemte.

    'Aanvalle op die landbougemeenskap en die brutaliteit daarvan, is onaanvaarbaar en neem kommerwekkende afmetings aan,' sê Tommie Esterhuyse, Agri SA Voorsitter van die Sentrum van Uitnemendheid: Landelike Veiligheid. 'Alles moet in die stryd gewerp word om dié gemeenskappe, wat verantwoordelik is vir voedselsekerheid in Suid-Afrika, te beskerm.'

    Hoewel die plaasmoordsyfer van die laagste is wat in die afgelope paar jaar aangeteken is, beteken dit nie dat die landbousektor minder paraat kan wees nie. Die tendens lyk belowend, maar die realiteit bly dat 47 moorde steeds 47 te veel is.

    'Plaasaanvalle en -moorde kom al dekades voor en drastiese optrede, ondersteun met die nodige politieke wil, is nodig om dit te voorkom.'

    Agri SA gee erkenning aan die boerderygemeenskap wat hul veiligheidstrukture en plaaslike inisiatiewe opgeskerp het, ten spyte van die hoë koste verbonde hieraan.

    'Landbouers maak noodgedwonge staat op privaat sekuriteitsmaatskappye, omdat die ondersteuning van plaaslike polisiestasies nie voldoende is nie. Die vennootskappe met die privaatsektor werp vrugte af en dra by tot die sukses van misdaadbekamping.'

    Volgens die SAPD se statistieke het veediefstal toegeneem. 'n Agri SA opname het gewys dat eiendomsverwante misdade - veediefstal, die diefstal van plaasinfrastruktuur en implemente - die grootste impak op die landbou het met skade wat miljarde Rande beloop. Veediefstal is al meer die teiken van georganiseerde misdaad en die polisie moet dit as sodanig ondersoek.

    'Die boerderygemeenskap meld al minder eiendomsverwante misdade aan, omdat daar nie meer vertroue in die strafregstelsel is om 'n suksesvolle vervolging van misdadigers te verseker nie. Net in Harrismith en Bethlehem is daar in die afgelope 15 maande meer as 2700 stuksvee gesteel en meer as 300 sake is aangemeld. Maar slegs een arrestasie is in die sake gemaak.'

    Agri SA moet egter erkenning aan die SAPD gee dat plaasaanval-statistiek by misdaad statistieke ingesluit word. Dit dui op 'n gesindheidsverandering by die polisie dat hulle die erns van die saak erken. In die verband verwelkom Agri SA ook die nuwe hersiene landelike beveiligingstrategie wat binnekort vrygestel sal word.

    'Agri SA was aktief betrokke by die opstel van dié hersiene strategie en hoop dit sal verder momentum aan plaasbeveiliging verleen en die landbousektor beskerm.'

    Die Agri Securitas Trustfonds het sedert sy bestaan in 1999, duisende boere en plaaswerkers gehelp beveilig. Agri SA én die Trustfonds sal voortgaan om hulself vir die veiligheid van elke landbouer, plaaswerker en landbougemeenskap te beywer.

  • Baie vrae word steeds deur produsente gevra oor die implikasies van die wet vir hulle en wat hulle te doen staan.

  • Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 11,258 miljoen ton gestel, wat 0,64% of 71 800 ton meer is as die vorige skatting van 11,186 miljoen ton.

  • Die regering se korttermyn ekonomiese strategie is Radikale Ekonomiese Transformasie.

  • Ons is in Desember 2020- 'n jaar wat baie min mense wil onthou- maar ook 'n jaar waarin ons land en die wereld besef het dat ons anders kan werk en anders kan leef- indeendeel daar het soveel verskuifings plaasgevind wat dalk eers oor jare sou plaasvind as dit nie was vir Covid 19 nie- 

  • In sy kern versterk die wetsontwerp op onteiening wat die ANC-regering op die land wil afdwing, die magte van ’n staat wat homself al talle kere bewys het as onvoorwaardelik bereidwillig om misbruik daarvan te maak.

  • Doeltreffende omgewingsbestuur is van kardinale belang vir volhoubare voedselsekuriteit.

  • Kanker - net die woord alleen - so vrylik gespreek - is genoeg om jou verder siek te maak as wat jy is-  en net jy wat kanker het weet wat dit is.