Namate ek ouer word, raak Kersfees vir my al hoe dieper. Miskien is dit nostalgie … so ’n mengsel van dankbaarheid en hartseer oor die herinneringe uit die verlede.
Die Suider-Afrika Agri Inisiatief Saai is teleurgesteld met die verslag wat die sogenaamde adviespaneel van kundiges oor grondhervorming aan die kabinet voorgehou het, en wil op hierdie stadium op kernaspekte van die verslag ’n teenoorgestelde standpunt stel.
Mag en gulsigheid het sogenaamde groot sakemanne en politieke leiers met al hulle grootman praatjies al baie gekos. Suid Afrika se politieke leiers is bekend daarvoor dat hulle net kan praat en delegeer en baie min van hulle se grootman praatjies het al sukses opgelewer. Suid Afrika se rand is 'n duidelike bewys van hoe swak Suid Afrika bestuur word. In 1999 was die prys skaars R1.00 per liter en die Rand/ Dollar R4.80.
Baie vrae word steeds deur produsente gevra oor die implikasies van die wet vir hulle en wat hulle te doen staan.
Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 11,258 miljoen ton gestel, wat 0,64% of 71 800 ton meer is as die vorige skatting van 11,186 miljoen ton.
Die regering se korttermyn ekonomiese strategie is Radikale Ekonomiese Transformasie.
Ons is in Desember 2020- 'n jaar wat baie min mense wil onthou- maar ook 'n jaar waarin ons land en die wereld besef het dat ons anders kan werk en anders kan leef- indeendeel daar het soveel verskuifings plaasgevind wat dalk eers oor jare sou plaasvind as dit nie was vir Covid 19 nie-
In sy kern versterk die wetsontwerp op onteiening wat die ANC-regering op die land wil afdwing, die magte van ’n staat wat homself al talle kere bewys het as onvoorwaardelik bereidwillig om misbruik daarvan te maak.
Doeltreffende omgewingsbestuur is van kardinale belang vir volhoubare voedselsekuriteit.
Kanker - net die woord alleen - so vrylik gespreek - is genoeg om jou verder siek te maak as wat jy is- en net jy wat kanker het weet wat dit is.