Die ware feite van Alternatiewe gesondheid

Die ware feite van Alternatiewe gesondheid

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Ons lewe in jare 2000 plus- oppad na die jaar 2050- Die son kom nog steeds in ooste op en gaan nog steeds in die weste onder. Die weer is deurmekaar maar ook i sy eie fase- Die maan het sy siklusse. En die mens word nog steeds op dieslfde manier gebore en gaan dood- Maar die mens het die waarde van sy gesondheid en die natuur verloor.

Vir baie eeue was die strewe om gesond te bly, ’n middel tot ’n doel – om te kan oorleef, om ’n verdienste te kan hê, om ’n gesin te kan grootmaak, of om een of ander edel doel te kan bereik. Vandag het die strewe om gesond te bly, ’n doel opsigself geword – vind die ideale dieet, of die doeltreffendste oefening om ’n volmaakte liggaam te ontwikkel. Maar daar is soveel onwaardhede wat verk0ondig word in die strewe van die mense se gulsigheid na geld en rykdom en het die mense se gesondheid 'n bron van groot inkomste geraak.

Meer as 60% Amerikaners is oorgewig en meer as 40% is vet. Suid Afrika is nie veragter nie- Baie mense weet nie eers hulle is siek nie- want PHARMA beheer hulle simptome en maak biljoene deur hierdie vernietigende voorgeskrewe "drugs".  Alles met vernietigende newe effekte op die lange duur.  Miljoene ly aan hartkwale, kanker, beroerte, suikersiekte en ander kwale. Miljoene mense neem verdowingsmiddels vir geestesongesteldhede. In ander ontwikkelde lande is die storie soortgelyk. Vir baie mense is die moderne, allesverterende najaging van gesondheid ’n duur en nimmereindigende soektog na ’n “heilige graal”, wat dikwels faal om die gesondheid en gemoedsrus te bring wat mense so naarstiglik begeer.

Die gebruik van alternatiewe medisyne is 'n toenemende gier in die wêreld – Daar is baie nut in die gebruik van (nie sintetiese) vitamiene en kruie wat getoets, higiënies geproduseer en verpak is. Die regte oefeninge en stres-verligtende massering kan ook voordelig wees. Die meeste beoefenaars van alternatiewe medisyne glo dat daar ‘n energiekrag (energy force) is wat die gesondheid van jou liggaam bepaal- maar dit is altyd waar nie-  Die probleem is dat te veel sogenaamde (Healers") is wat absoluut baie min weet van die regte alternatiewe gesondheid en alles wil regmaak met een of ander druppeltjie, pilletjie of drankie- wat werklik net die denke troos en maar net weer teruggaan op die oer ou norme van apteke en allerhande soorte simptoom beheer middels. 

Een van die belangrikste ontdekkings deur epidemiologiese studies wat uitgevoer is duer die Mediese wereld gedurende die laaste 50 jaar, was die skakel tussen  hoëvet diëte en hartkwale, beroertes en verskeie soorte kankers. Hierdie is die grootste oorsaak van dood in lande waar groot hoeveelhede vetterige kos – soos hamburgers, aartappelskyfies, driedubbelde melkskommels, roomys en swaar slaaisouse – verorber word. Baie algemene kosse – spek, worsbroodjies, kaas en smere – kan tot 50% vet of meer, bevat. Hoëvet diëte is ook hoë kalorie diëte wat bydra tot gewigsprobleme in ons hedendaagse samelewing. Die probleem is dat meeste van die studies gebaseer is op die Mediese wereld en Pharma wat ongelukkig nie die verband wil sien tussen die oorsaak en die simptoom nie. Hulle wil jou gesondheid beheer en elke druppel sent uit jou haal om die simptoom te beheer.  Die mens is nie Robot nie- en elke mense is anders saamgestel.

BOODSKAP 

Wanneer jy die dag besluit om die regte alternatiewe gesondheid na te streef gaan jy 'n drastiese ommekeer moet maak en jou hele liggaam en denkpatroon en gewoontes verander. Die dag as jy besluit om beheer te neem oor jou lewe-  jou gesondheid,wat jy eet en drink- wat jy se en dink en waarheen jy oppad is- gaan dit die begin wees van jou omdraai proses.  Dan is jy minder afhanklik van die PHARMA en sy metodes-  Dan neem jy verantwoordelikheid oor jou gesondheid en hou jy jou liggaam en gesondheid instand en besoek jy gereeld 'n Professionele Gesondheidspraktisyn met jarelange van ondervindig,kennis en sukses wat gesond is, gesond lyk en versorg is.  Dis hier waar jy presies gaan uitvind wat die oorsaak is van jou probleem is en hoe jy die oorsaak gaan aanspreek met die regte natuurlike produk en nie die simptoom net beheer nie- 

Dit is al jare duidelik dat mense wat op voorgeskrewe medisyne is dalk goed voel met tye, maar eintlik baie siek is.   Kyk gerus maar hoe hulle stadig maar seker agteruit gaan en die newe effekte van die meeste van die "drugs" hulle gesondheid begin aantas.  Daar is tye wat jy hierdie voorgeskrewe medisyne moet gebruik- maar dis in meeste gevalle nie lewenslank nodig as jy reg behandel word nie.  Maar as dit nie meer vir jou werk nie- moet jy alternatief gaan. Alternatief is nie net pille en medisyne nie- daar baie ander metodes wat baie suksesvol gebruik word. 

Jy volg nie sommer die raad van enige "Jan Rap" op sosiale media en die baie bekende "Mr Google" nie-  Net so kan jy kennis neem van sogenaamde "influencers " met all hulle mooi roompies en mooi maak goed. Onthou "Paintshop" is geduldig. Jy koop nie sommer enige gesondheidsproduk by kettingwinkels, gesondheidswinkels of aanlyn nie- voor jy nie weet wat in jou ligaam verkeerd is nie.

Jy is uniek- daar is net een van jou soort en as jy by die regte Praktisyn uitkom sal jy uitvind dat hy ook jou natuurlike gedrag kan bepaal en daarmee saam met die nodige professionele toerusting kan sien watter emosies is die drywer van jou siekte en wat reeds besig is om te manifisteer in jou liggaam. 

Jy het 'n liggaam wat dit self kan herstel as die regte behandelings gegee word. Jy is veronderstel om al jou vitamines, minerale en aminosure self op te neem as jou spysverteringskanaal reg werk. Bly weg van sintetiese produkte en "drugs' met baie newe effekte. Jy eet en drink nie enige iets voor jy nie weet wat die inhoud is nie wat die gevolge op liggaam gaan wees nie. As jy oorgewig is - vind jy eers uit hoekom jy gewig opgetel het- en herstel dit op die regte manier, voordat jy deel word enige enige sogenaamde gewigsverlies program wat jou duisende rand gaan kos om net weer daarna gewig op te tel. 

 Moenie onverantwoordelik wees met jou gesondheid nie- Boodskap

Bly weg van die Quickfixes" met allerhande elektroniese wonders en "APPS" wat jou met allerhande beloftes verlei- Jy is nie 'n robot nie-  Meeste van die slim elektroniese instrumente kan alles meet en jou van een groot verslag voorsien- maar die meeste van die mense wat met hierdie toerusting werk, weet nie veel van wat die oorsaak is nie- en gaan jou waarskynlik op 'n paar pilletjies sit en vir jou 'n eet program uitwerk en daarmee saam dalk 'n oefenprogram saam te stel wat maandeliks aangepas word met 'n stywe maandelikse betaling. 

Daar is baie wat nie vir jou gese word in die normale gesondheids wereld nie- omdat dit eintlik net gaan oor wat aan jou verkoop kan word. Duisende rande word op Televisie programme spandeer met allerhande wonderwerke- wat eintlik net 'n "show " is. Vrouens daag in hulle honderde op om na een of ander baie bekende grimeerkunstenaar te luister en te kyk hoe hy toor met allerhande gesigsprodukte wat wondere verrig-  . 

Al hierdie wonder middels wat so aan jou vel gesmeer word, beland op die ou end in jou lewer en meeste van die wondermiddels is nie goed vir jou liggaam nie- Daarmee saam is al die sepies, en roompies net oppervlakkig en plaas dit meer druk op jou gesondheid.  Mooi wees- kom van binne-  Saam met dit sien vrouens en mans elke dag  in die media hoe vernietigend "BOTOX en Fillers op jou liggaam is- maar hulle hou aan- dis nou al tieners wat daarmee eksperimenteer. Die meeste van die dames en mans word soos gladde poppe en probeer baie hard om natuurlik te glimlag en emosie te toon- maar dit groot inspanning- en hoe ouer hulle word.. hoe dikker is die grimering.

Jy sal PHARMA nodig he as jy nie na jou gesondheid omsien nie- jy sal die hulp van die mediese wereld moet inroep as jy in 'n ongeluk is of enige ander mediese hulp nodig het. Ons het van die beste dokters in die wereld.  Dis moet jy deel wees van 'n mediese fonds om hiervoor te betaal.   Bloedtoetse en allerhande ander bloed ontledings is goed in meeste omstandighede. Dit gaan beslis van dag na dag verskil- jy is 'n mens nie 'n robot nie- so moenie so voluit staat maak op al hierdie sogenaamde akkurate ontledings nie en dit kos 'n arm en been- en as jy 'n mediese fonds het, gaan daar dalk baie meer gedoen word met jou ope rekening. Jy moet na jouself omsien.

Net iemand wat kanker het of gehad het- weet wat dit is.. dis 'n swaard wat oor jou kop hang en dit vernietig jou denke en jou menswees. As jy gediagnoseer word met kanker- moet jy 'n 180 grade ommekeer maak want waar jy vandaan kom en hoe jy gelewe het was nie goed vir jou liggaam en siel nie-  Inteendeel kenners meen jy moet jou omgewing verlaat want dit het 'TOKSIES" geword.  Meeste van die medisyne en metodes wat gebruik word om kanker vernietig in PHARMA - vernietig mense se liggame- dit maak feitlik alles dood.  Die newe effekte is eindloos.  Die medikasie wat vir die mense gegee word deur PHARMA om te keer dat hulle nie weer kanker kry nie- se newe effekte is oneindig- en die prys-- 'n skande-  en dit lyk nie of dit in alle gevalle werk nie. 

Alternatiewe gesondheid beteken dat jy jouself moet ken- jou liggaam - jou emosie en jou gevoel- Dis wanneer jy in beheer is van jou liggaam, jou denke en jou gees. Jy neem beheer oor wat jy drink en eet- en wat jy in jou mond sit-  Jy gaan nie weer toelaat dat iemand anders beheer neem oor jou gesondheid nie-  Jy maak seker dat jy 'n professionele Gesondheids praktisyn ken- met jare lange ondervinding en kennis. 'n Ware Praktisyn sal vir jou 'n duidelike beeld gee wat fout is- hoe dit herstel kan word en hoe lank dit gaan neem en wat jy moet verander in jou lewe. 

Die kos wat ons eet en dit water wat ons drink is nie meer wat dit was jare terug nie-  "REVERSE WATER" lyk dalk skoon- maar dis nie gesond nie- As jy kyk hoe lyk Suid Afrika kan jy verstaan hoe vuil die water is- water is lewe- en mense word daagliks siek van vuil verarmde water.  Jy het vars drinkwater nodig met die aardse minerale.  Die hoeveelheid sintetiese minerale wat teruggesit word in die water is ongesond en baie min-  

Groente, vrugte en allerhande ander voedsel is arm aan minerale en voeding. Die aarde is arm  Deesdae kan enige iemand groente en vrugte plant en dit verkoop net waar daar 'n plek is.  Kos in meeste restaurante is vol versteekte suiker, verkeerde vette en allerhande preserveermiddels. Gluten Weerstandigheid is besig om ons mense se gesondheid te vernietig-maar niks word daaraan gedoen nie.  

Kyk maar hoe staan mense toue by wegneem etes- dis die resep vir "Biofilm" wat oor die jare inflammasie in jou liggaam veroorsaak en dan is dit die teelaarde vir kanker en allerhande ander goggas.  Suid Afrika se drankverbruik is van die hoogste in die wereld-  Wyn en drank en rook vernietig jou gesondheid- om nie eens te praat van al die ander goed wat gesnuif en gedrink word nie.  Alles in die lewe gaan oor belaans. Te veel van enige iets is nie goed nie. Dis dalk raadsaam om weer te kyk na die gebruik van Suiker, koffie, Wegneem etes, Brood (enige koring produk) Melk, sterk drank. 

Inteendeel die meeste mense is Emosioneel siek- as jy kyk hoe hulle te kere gaan- En wees verseker dat meeste van al die siektes is emosioneel van aard- wat een of ander tyd manifisteer in 'n orgaan en siekte. 

Dit is belangrik om te weet watter "Gene" in jou liggaam nie werk nie- en watter "gene jy nie het nie- in meeste gevalle is dit die oorsaak van jou siekte- Die toetse genaamd "Methylation Test" kan gedoen word - baie duur en in baie gevalle net 'n paar. Jy kan nie so dom wees om enige iets in te neem in die vorm van enige Vitamines , Amino sure en minerale as jy nie weet of jou ligaam dit gaan opneem en gebruik nie.  Quanlim Life doen hierdie toetse ons kyk na 100 Gene en meer. 

 You are responsible for your Health- Wake up

Oral waar ek gaan sien ek siek mense- ek sien hulle tussen die rakke staan van gesondheidswinkel met hande vol pille- sepies, druppels en allerhande soorte gesondheids produkte- Apteke staan vol mense aan die einde van die maand om hulle voorgeskrewe medisyne te gaan afhaal, wat hulle lewensaar is.  Aanlyn bestellings van gesondsheids produkte is biljoene rande-  groot name in die vervaardiging word aangehaal- maar as jy na die inhoud kyk dan is almal maar dieselfde- die verpakking lyk dalk net beter en die prys verskil ook. En nog steeds bly die mense siek....en lyk ook siek. 

Dis nodig om 'n vegetarier te word om gesond te lewe nie- Alles gaan oor belaans.  Daar is GEEN "Quick fix" vir gesondheid nie- Daar is geen "Quick Fix  om ontslae te raak van jare se gemors wat in jou liggaam is nie. ... dis 'n lang proses wat enige tyd verkeerd kan loop as jy dit verkeerd aanpak.  Jou liggaam kan dit self herstel as dit die regte behandeling kry- deur mense wat weet- jy kan dit in hulle leefstyl sine- hulle is gesond en leef gesond- en lyk gesond.

Daar is 3 goed wat die oorsaak is van die mensdom se ongesondheid- en dit sien baie min geleerdes raak. En dit is waarop ons werk.

Neem vandag die besluit- en skakel oor na die WARE ALTERNATIEWE GESONDHEID- en neem beheer. Jy is nie onderdanig aan enige iemand nie- Moenie die besluit neem as jy nie drasties 'n ommekeer in jou lewe gaan maak nie- want dan gaan dit nie vir jou werk nie.  Jy het 'n gesonde liggaam nodig om te kan werk-  jy wil nie in die oe van ander mense kyk vir jou gesondheid nie. 

Onderhou jou liggaam en gesondheid- bele in jou gesondheid -  

Jy het nie 'n lojaliteits program nodig om jou te inspireer om na jou gesondheid om te sien  nie- dis die mediese fondse se sogenaamde beloning aan jou- maar daar is 'n baie duur prys te betaal.- baie hoe premies en nog bybetalings. Hulle wil eintlik he jy moet so half siek en half gesond wees- want die mediese wereld en Pharma moet ook lewe. Moenie dat hierdie maatskappye jou gesondheid beheer nie. 

Deur net jou gewoontes elke dag te verander en tyd te maak om reg asem te haal- Vars lug in te asem- 10 tot 15 minute in die son deur te bring en ligte oefeninge te doen of te stap gaan net so groot bydra lewer tot jou gesondheid.  Sosiale media in alle vorme is nie goed vir jou gesondheid as jy heeldag daarop kuier nie.  

Ware gesondheid,netheid integriteit en nederigheid staan ver bo enige aardse besittings, huise, motors , rykdom of een of ander belangrike posisie in die samelewing of besigheidswereld. As jy nie na jou liggaam en gesondheid kan omsien nie- kan jy werklik nie enige sukses verwag nie- verantwoordelikheid begin by jou gesondheid. 

Word asb wakker- en neem beheer oor jou gesondheid- jy kan waarlik 'n baie beter kwaliteit lewe lei- 

Jy is nie skaap om agter die wereld en sy siek mense aan te loop nie-  Ondersteun jou huisgesin en familie- moenie jou energie mors op mense wat dit nie verdien nie. Staan uit moenie inval nie.  Wees lief vir jouself- trots op jouself, bly nederig en luister. Haal mense uit jou lewe wat geen waarde toevoeg nie.  Moenie deel word van die vervalle wereld van gulsigheid nie.  Bly weg van negatiewe siek mense.  Behou jou waardes en integriteit.  Geniet jou lewe- dit wat vir jou gegee is. 

Johann Pretorius -  CRA Group  Pretoria  Quanlim LIFE- 

Quanlim Life is op alle sosiale media.