Werksgeleenthede in die landbou sal oor die volgende dekade dramaties daal weens die abnormale uitvloei van arbeid wat toegeskryf kan word aan die uiterste ekonomiese druk waaronder die landboubedryf gebuk gaan, die nuwe ongekende tegnologiese ontwikkeling wat voortspruit uit die vierde nywerheidsrewolusie in die wêreld en die onteiening van grond sonder vergoeding,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.