Suid Afrika Landbou in die jaar 2021

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Dit is amptelik die jaar 2021- 'n Nuwe jaar wat voor die wereld le. Jy is deel van hierdie jaar- met 365  dae van geleenthede om aan te gryp.

En ons sit op die 1ste Januarie 2021 in 'n land waar die Inperking op Fase 3 weer van krag is- Geen swem in die see- geen drank en geen groepe mense of nie eens 'n nuwe jaars dans nie-  

Ons het almal seker Nuwe Jaar  by ons eie huise gehou - Sekerlik 'n glasie geklink-  'n Kersie gebrand en vroeg in die bed geklim.- en soos verantwoordelike landburgers opgetree en daarby saam nog elke dag gesorg dat ons werk gedoen is.  

As ek terugkyk oor die jaar 2020 was Landbou besonder geseen en het al die pad bo uitgekom. Landbou het ook gesorg dat daar oorgenoeg kos en meer is in 'n jaar waar Covid19 op die wereld toegesak het.

Suid Afrika se kommersieele landbouers het weereens bewys dat hulle van die beste in wereld is. 

Ons nuuskantoor ontvang daagliks nuus van oral oor- direk uit die boer se mond en ons span het in die jare duisende kilometers gereis om op persoonlike vlak by ons boere, hulle gesinne en werkers uit te kom. 

Ons het 'n goeie idee van hoe Suid Afrika lyk- die grootste deel van Suid afrika is groen, nat en die oeste op die land lyk belowend na dit besonder baie gereen het in Oktober, November en Desember op baie plekke in die land. As dit so aanhou gaan Suid Afrika se boere weereens 'n rekord oes oplewer. Dis 'n nat Kersfees en 'n nat Nuwe Jaar- dit is een van die grootste gesenke wat enige boer kan kry.  En in nederigheid staan elke boer, sy gesin en werkers danbaar teenoor ons Skepper. 

Die Covid 19 pandemie het soos 'n stuk goud in die regering se skoot geval en korrupsie was weereens die handelsmerk van die regering en sy meelopers die afgelope jaar. Miljoene mense is werkloos vandag, honger en lewe van die staat en die belastingbetaler se hardverdiende geld. Landbouers en organisasies het hierdie miljoene mense kos gegee, omdat die regering die geld wan aangewend het en nie instaat was om by te bly met sy eie honger werklose mense nie. Die biljoene is weg-  en ons sit met 'n tweede pandemie en sonder geld- Die 500 biljoen is weg--- 

Ons platteland se infrastruktuur is totniet-  tot in die grond in bestuur deur die regering van die dag.  Instandhouding en onderhoud is nie deel van die regering se prioriteits lys nie. Daar is baie min gedoen in die jaar aan enige opbou en vernuwing.

Alles wat gewerk het in 1994 en wat instand gehou is, werk baie min van in 2021- 27 jaar later sien mens 'n vervalle Suid Afrika.  Ongelukkig het alle politieke partye wat reeds probeer het om plaaslike regerings suksesvol te bestuur misluk.

Dalk is daar iemand anders wat dit beter kan doen. Die belastingbetalers het geen ander opsie as om hulle eie dorpe se bestuur oor te neem en hulle eie hardverdiende geld te gebruik om hulle eie dorpe weer op te bou. Ek het nie nodig op hierdie vervalle munsipaliteite en korrupte amptenare se doen en late te beskryf nie, want ons sien dit elke dag dwarsdeur die land. Dis duidelik dat Suid Afrika baie vinniger sy 3 de wereld status gekry as wat verwag is. 

Ons riviere  en damme is besoedel- water wat die bron van lewe is, vir alle mense is lankal al 'n gevaar. In die stede bly mense in plakkerskampe langs riviere en spruite, hulle drink daar water, was hulle wasgoed doen hulle besigheid in die bos, terwyl die res van die stad se ontlasting en vuilwater by hulle verbyvloei. 

Die paaie is onrybaar en verlate  trein stasies is geplunder en gestroop in die tyd wat die regering Covid19  - Covid19 gespeel het, en baie belangrik in die oe van die wereld goed wou lyk.  Die wereld is besaai met plastiek, papier en vuil affal. Geen wet en orde nie- almal maak net soos hulle wil en ander se net wat hulle wil. Sekere mense het geen respek vir hulle medemens nie om nie eens te praat van maniere en gewoontes nie. 

Dinge gebeur te stadig, ons President luister te veel na sy informante, staan te veel bakhand en is nie op grondvlak by al die mense van Suid Afrika betrokke nie. Niks gaan gebeur deur beloftes en praaitjies nie. Daar is ook te veel vakbonde wat die regering wil beheer. Rasisime is op sy ergste sedert 1994- dis omdat die regering dit toelaat. Ons mense wil in vrede en liefde met mekaar saamleef. 

Ons sien alles duidelik in staatsondernemings wat tot in die grond bestuur is.. Dis net geld, salarisse, huise, motors en duur oorsese vakansies en 'n baie groot posbeskrywing- en moenie die styl vergeet nie.

Staatsamptenare wat jaarliks in Desember vakansie hou in die Alpe en probeer ski of in Dubai rondhang in duur hotelle moes die jaar tuisbly agv Covid 19 - en hulle duur partytjies in swembaddens of riviere hou met drank wat oral ronddryf in plastiese houers. 

Verseker het hulle geen respek vir die mense wat hulle salarisse betaal deur hard te werk nie. Dit is duidelik dat 'n groep verantwoordelik is vir die sabotasie van vele staatsbeheerde maatskappye asook ander privaat instansies. 

En as dit nodig is kan al die staats maatskappye onder sakeredding geplaas word en bestuur en beheer word deur mense wat weet hoe, gaan elkeen in die land 'n beter lewe het. 

Toenemende werkloosheid te midde van die voortslepende Covid-19-krisis is die grootste bedreiging vir voedselsekerheid in Suid-Afrika. So sê Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, in ’n parlementêre antwoord. Andrew Arnolds, ’n EFF-LP, wou vroeër in ’n parlementêre vraag by haar weet wat die impak van die staat van inperking en gepaardgaande regulasies van die regering op voedselsekerheid in die land was. 

Didiza het gesê die landbousektor en ketting van voedselverskaffing is van die begin af as kritieke en noodsaaklike bedrywe verklaar en was dus vrygestel van die strengste regulasies.

Van die regulasies het egter wel ’n impak op die normale daaglikse bedrywighede van die sektor gehad met werkloosheid wat die grootste bedreiging vir voedselsekerheid inhou. Die inperking en regulasies het ook die verskaffingsketting internasionaal en plaaslik ontwrig, veral ten opsigte van Suid-Afrika wat al sy rys en ’n groot hoeveelheid koring en vleis invoer. Dit het ook gelei tot aansienlike stygings in kospryse met die waardevermindering van die rand, paniekaankope en markte wat nie doeltreffend gefunksioneer het nie, wat as die grootste drywers daarvan geïdentifiseer is.

Oor werkloosheid as die grootste bedreiging vir voedselsekerheid, het Didiza gesê dat sowat 30,1% of 7,1 miljoen Suid-Afrikaners volgens Statistieke Suid-Afrika se jongste syfers in die eerste kwartaal van vanjaar werkloos was. “Die dramatiese verswakking in die wêreldwye ekonomie, saam met streng beperkinge op beweging tydens die inperking, het ook die afgelope paar maande tot massa werkverliese gelei.“Die verlies aan inkomste en beperkte maatskaplike ondersteuning sal waarskynlik daartoe lei dat miljoene mense nie voldoende kos kan bekostig nie.” Sy het nog statistieke aangehaal wat ook aandui dat 2,2 miljoen werkgeleenthede in die tweede kwartaal van vanjaar verloor is.

Daarvan was 66 000 in die landbousektor. Volgens Didiza bly haar departement daartoe verbind om boere en landbouprodusente te ondersteun om plaaslike voedselproduksie te versterk. Didiza verwag ook geen groot ontwrigting vir die 2020-’21-plantseisoen wat in Oktober vanjaar begin het. “In April het die departement ’n Covid-19-rampondersteuningsfonds van R1,2 miljard gestig om klein- en kommunale boere te ondersteun. “Die hele voedselwaardeketting – van plaasverwante aktiwiteite, verwerking van produkte, voedselvervaardiging, logistiek, grootmaatverkope handelaars tot alle ondersteunende funksies – bly ten volle operasioneel om die doeltreffende verskaffing van kos te verseker. “

Die in- en uitvoer van kritieke landboukommoditeite, asook die logistieke maatreëls daarvoor is steeds operasioneel tydens die inperking om internasionale en plaaslike voedselsekerheid te verseker.” Daarby het die departement van handel, nywerheid en mededinging aan die begin van die inperking ook prysbeheermaatreëls op noodsaaklik kossoorte soos mieliemeel, rys, koringmeel, sowel as geblikte en gevriesde groente ingestel. Didiza meen dít sal ook die moontlikheid verminder dat huishoudings met ’n lae inkomste blootgestel word aan voedselonsekerheid omdat hulle nie die kos kan bekostig nie.

Die rede waarom die ANC-regering se beleid nou vir Agri SA en Agbiz ‘n probleem geword het as “boere se toegang tot krediet of finansiering in die toekoms veel moeiliker sal wees” en “die gebrek aan finansiering vir duisende boere voedselsekerheid kan bedreig” as hulle die vernietigende ideologie van die regering as lede van Business Unity South-Africa (BUSA) ten volle ondersteun, is onverstaanbaar,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

Terwyl Agri SA en Agbiz voor hulle eie oë sien hoe die ekonomie inmekaar stort en die land verder in 'n totale mislukte staat met 'n korrupte en bankrotregering verval!  As die landboubedryf se gemiddelde bydrae tot ekonomiese groei van 2,3% gebruik sou word om ‘n deel van die R200 miljard aan die bedryf toe te ken sal dit nie eers genoeg wees om ‘n derde van net die hektare mielies wat produsente vir die huidige produksieseisoen van voorneme is om te plant, kan finansier nie.”

Die ANC-regering is terselfdertyd besig om volstoom voort te gaan om kommersiële boere se grond sonder vergoeding te onteien, terwyl hy duisende klein bestaansboere, wat slegs ‘n baie geringe bydrae tot voedselsekerheid kan lewer, in armoede sal dompel wat permanent finansieel van die regering afhanklik sal raak!!

“’n Suiwer politieke besluit sonder enige ekonomiese meriete wat geen bydrae deur die landboubedryf tot ekonomiese groei kan lewer nie. In plaas daarvan om meer swart kommersiële boere te vestig en te ondersteun, maar wat minder stemme vir die ANC by die plaaslike regeringsverkiesing volgende jaar sal beteken,” sê Brink. Die ekonomiese werklikhede in die sektor, insluitende die waardeketting-deelname, befondsing, en klimaatsverandering is die grondslag van  Voedselsekerheid wat van groot belang is vir  Suid Afrika se eerste posisie in Afrika.  Landbou het dalk ’n private landbou-agentskap nodig wat boere kan ondersteun en gunstige kredietterme kan voorsien, soortgelyk aan die destydse Landboukredietraad. Kommersieele banke in Suid Afrika was nog altyd daar vir Landbou, maar is nie meer so gewillig om in sekere landbou afdelings krediet te gee nie. 

Ten spyte van al hierdie probleme moet ons landbouers kos produseer. Die landbouwêreld is aan die verander en vinnig ook – gelukkig hou boere by omdat hulle altyd mededingend moet bly. Sonder water en sonder reen kan die beste landbou metodes nie toegepas word nie. 

Die pad waarop voedselproduksie tans is, is nie volhoubaar nie.  Ons weet dat klimaatsverandering ’n baie groot rol hierin speel, maar hoe gemaak op die pad vorentoe met al hierdie onsekerhede.  Onder meer is daar ’n gebrek aan skakeling tussen die produsent en die verbruiker.

Slegs 20% van die boerderye produseer meer as 80% van die voedsel op formele markte, terwyl 70% van die huishoudings hul voedsel op informele markte aankoop.

Ons het in die jaar van ons beste landbouers verloor in plaasmoorde en uit hierdie gebeure het baie insedente plaasgevind. Nog steeds se die edelagbare President nie veel hieroor nie- 

Die president van die Suider-Afrika Agri Inisiatief, dr Theo de Jager reageer  met `n opebrief aan president Ramaphosa. Hy skryf:  “Ek wens gereeld dat u en u kollegas – veral die ministers in u veiligheidsgroepering – ’n plaasmoordtoneel kan besoek, selfs net een keer. U moet dit ruik en sien: die dierlike wreedheid van die marteling; die bloed teen die plafonne en mure. Slegs dán kan u met gesag en ondervinding oor hierdie onderwerp met die landbougemeenskap saampraat.”

Die wereld is besig om kennis te neem van die situasie in Suid Afrika en gaan binnekort begin om hierdie probleme van moord, doodslag, en anargie op regeringsvlak aan te spreek- Die regering kom nie sy plig na nie, en die wereld gaan nie toekyk hoe landburgers links en regs vermoor en besteel word nie. Die regering van Suid Afrika het net nie dei vermoee om die land suksesvol te bestuur, wet en orde toe te pas en welvaart te skep nie. 

Ons het van die beste landbouers in wereld. Uit niks kan hulle welvaart skep, bou en suksesvol anderkant uitkom.  Tenspyte van soveel terugslae staan ons landbouers nog steeds vas en het hulle deur die jare dit bewys. Saam met landbouorganisasies en maatskappye het hulle miljoene spandeer aan die opheffing van hulle eie werkerskorps, en daarmee saam duisende kleinboere en beginnerboere suksesvol gevestig. Dit sit nie in enige man, vrou, kinders en werknemers se broek om suksesvol te boer nie- dis harde werk  vertroue en deursettingvermoee- Ons sien daagliks hoe suksesvol ons mede swart boere reeds is in hulle boerdery.

As ons praat van boere dan praat ons van alle boere in Suid Afrika- klein of groot- swart of wit- ons het een gemeenskaplike belang en dit  is om kos te produseer en mense van werk te voorsien en in liefde en vrede saam te leef in respek vir mekaar. 

Dis tyd dat ons ouer garde landbouers hulle jarelange wysheid, kennis en ondervinding van Suid Afrika deel met ons jong boere en voornemende boere en hulle gesinne- vir hulle vertel van die verlede van die land- ons jongboere is geesdriftig en furstreerd en van hulle wil met alle mag en geweld oorgaan tot geweld. Daar is ongelukkig nie 'n wenner wanneer dit gebeur nie- net 'n verloorder en gebroke huigesinne en afgebrande huise en geboue en dit gaan nooit ooit verbygaan nie. 

Geen jongmens van enige ras behoort in die fleur van sy lewe te sterf nie. Veral nie iemand wat hardwerkend is, en 'n bydra gelewer het tot die opbou van landbou en die gemeenskap nie, en ook nie so gewelddadig nie. Wanneer ons dit sonder protes kan aanvaar, is wanneer ons as samelewing ernstig onsself moet ondersoek. 

Dat ons landbouers nader aanmekaar beweeg het, en mekaar meer ondersteun sien ons oral. Landbou is besig om homself van binne baie sterk te maak en daarmee saam hulle stempel af te druk op 'n regering wat nog steeds nie veel omgee vir landbou en sy mense nie.  Daar word baie beloftes gemaak by die onderhandelingstafel, maar as dit kom by die uitvoering daarvan, dan val alles plat. 

Suid Afrika het nuwe leiers nodig- leiers met 'n skoon rekord en wat gerespekteer word deur elke Suid Afrikaner. Leiers met waardes wat hierdie land kan omdraai. Dit het dalk tyd geword dat Landbou in Suid Afrika sterker na vore tree en saamstaan om die land en sy mense te vereenig met ware leierskap en kennis en die vermoee om welvaart te skep. Voedsel is die voortbestaan van elke land en sy mense en geen land kan daarsonder lewe nie. Ons het van die mees suksesvolle landbou maatskappye wat al vir jare besigheid doen met ons landbouers en saam kan ons hierdie land weer op die pad van sukses plaas. 

Chris Burgess van Landbouweekbald skryf in sy nuwejaarsboodskap die volgende " dat ons weer die wonder in die klein dingetjies moet ontdek. Is hulle nie immers wat die skynbare groot dinge waarde gee nie? Want wat is tog die punt van boerderysukses as jy nie lekker saam met familie en vriende kan kuier nie? As jy nie die mooi van jou plaas kan waardeer nie? Of dankbaar kan wees vir die genade van ons Skepper nie? Mag ons almal hierdie vreugdes herontdek en deel maak van ’n voorspoedige 2021!"

En bo alles- Glo ons dat daar op die einde van die stukkie geskiedenis 'n oplossing sal wees- en dat landbou soos altyd gesond en sterk anderkant  sal uitkom deur genade en geloof. 

Mag 2021 die groot draaipunt wees in die geskiedenis van Suid Afrika  Mag die Pandemie wat die wereld tot stilstand gebring het en totaal en al verander het, 'n stille dood sterf, en ons weer besef wat  ons gesondheid en ons medemens werd is.  

Suid Afrika kan omgedraai word- ons kan almal hier bly en saam werk en leef-  Waar daar lewe is, is daar hoop- Suid Afrika het ons aandag nodig- dis in ons hande om hierdie land om te draai.

Suid Afrika se landbouers bly WELVAARTSKEPPERS en BOUERS en moenie julle geloof, integriteit, selfrespek en standvastigehd verloor nie. Plant in goeie grond - want net wat jy plant- oes jy. 

Wees wakker- moenie alles glo wat jy in sekere media lees, hoor of sien nie- Dis nou tyd om jouself te beskerm en staande te bly en te oorleef. 

Net die beste word jou toegewens  vir 2021- dankie dat jy deel is van ons media. AGRI NEWS NET en Farmingportal.co.za  - In 2021 gaan ook 'n nuwe era wees vir die CRA GROUP - 

Johann Pretorius 

MD- CRA GROUP