WÊRELDBANK ONDERSTEUN STEEDS SOSIALISME-

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

"Die Wêreldbank het geen begrip daarvoor dat die ANC-regering se sosialistiese ideologie reeds die ekonomie in Suid-Afrika feitlik finaal vernietig het en dat groter onbekostigbare sosiale besteding geensins 'n oplossing bied om die ernstige fiskale en sosiale probleme in die land op te los nie," sê Fanie Brink, 'n onafhanklike landbou-ekonoom.

Die ANC-regering se vernietigende sosialisme het reeds die gaping tussen die inkomste en uitgawes van die regering sodanig vergroot dat dit groeiende begrotingstekorte en staatskuld, armoede, hongersnood, werkloosheid en ongelykheid tot gevolg gehad het wat reeds oorgespoel het in opstande, onluste en die plundering van privaat besighede en belangrike vervoerroetes.

Die aanbeveling van die Wêreldbank dat die oplossing in nog groter sosiale ondersteuning vir werklose wolwassenes  lê wat geen inkomstebron het nie in die vorm van 'n basiese inkomste toelaag is egter totaal onrealisties en onbekostigbaar. Die Bank het ten spyte van hierdie aanbeveling in sy verslag "erken dat die fiskale beperkings wat die regering in die gesig staar dit moeilik sal maak om die stelsel vir maatskaplike bystand uit te brei vir die afsienbare toekoms."

Die onlangse besluit van die Nasionale Tesourie om die beoogde onderneming van die regering om die baie ernstige fiskale toestande te stabiliseer by die venster uit te gooi deur dit te verskuif van skuldkonsolidasie na verdere besteding sal die gaping tussen die regering se inkomste en uitgawes aansienlik vergroot. Dit sal die regering net in verdere bankrotskap dompel wat die agteruitgang van die ekonomie sal bespoedig! 

 Die “ekstra uitgawes sal gefinansier word deur die belastingmeevaller wat voortgespruit uit die stygings in die internasionale metaalpryse” so asof dit permanent sal voortduur.

Die Parlementêre Begrotingskantoor het aangevoer dat “die tesourie se versuim om 'n uitbreidende fiskale standpunt in te neem, bygedra het tot die sosiale onsekerhede en armoede wat die onlangse plundering en vernietiging veroorsaak wat die ekonomie verder vernietig het. Die Begrotingskantoor was ook van mening die stabilisasie van die fiskale toestande net die sosiale en politieke onstabiliteit verder sal verhoog en dat die fiskale raamwerk daarom voorsiening moet maak vir groter besteding.

Daar is niks anders wat die sosialiste van die ekonomie verstaan nie!"

Uit die verslag is dit baie duidelik dat die Bank nie verstaan ​​dat Suid-Afrika nie langer:

 

(a)   enige geleentheid het "om begunstigdes aan ander staatsdienste en -programme wat toegang tot die arbeidsmark en verdienste bevorder wat nie bestaan nie, te koppel nie";

(c)   'n "maatskaplike bystandstelsel het wat 'n effektiewe ingryping en goed gerig is op diegene wat die meeste ondersteuning nodig het” nie;

(d)   'n "program vir maatskaplike hulp het nie wat een van die land se belangrikste suksesse in die post-apartheidstelsel verteenwoordig om armoede en ongelykheid te verminder” wat heeltemal onwaar is omdat dit verantwoordelik was vir die vernietiging van die ekonomie en baie groter sosiale probleme;

(e)   die fiskale vermoë het om hoegenaamd 'n "basiese inkomstetoelaag" te kan bekostig nie wat reeds deur die Minister van Finansies reeds verwerp is;

(f)    'n Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en regeringsamptenare met wie die Bank praat wat enige begrip het hoe ekonomiese groei geskep word nie, terwyl daar baie ander inligtingsbronne bestaan wat aan die Bank die werklike feite en realiteite kan verskaf oor die vernietigende ekonomiese situasie in Suid-Afrika, maar waarin die Bank blykbaar nie belangstel nie.

 

Een van die kommerwekkendste aspekte wat uit die verslag voortspruit is die feit dat die Bank ook klaarblyklik nie omgee dat Suid-Afrika se ekonomie verder deur die vernietigende sosialistiese ideologie van die ANC-regering vernietig word nie en ook nie van plan is om iets daaromtrent te doen nie.  

Suid-Afrika vra in werklikheid vir die Bank om die land se verdere ekonomiese verval te help stuit en om dit weer op 'n pad na ekonomiese groei en voorspoed te help plaas, maar dit blyk baie duidelik asof die Bank geen oplossing daarvoor het nie of nie sy weg oopsien om aan te beveel dat die ANC-regering van sy sosialistiese ideologie moet afsien nie! Die Bank verkies om eerder die weg van die minste weestand te volg!

"Die enigste oplossing vir al die ernstige probleme lê suiwer in die aanvaarding van 'n gemengde kapitalistiese/sosialistiese ekonomiese stelsel wat die goeie eienskappe van beide stelsels aanvaar en die swak eienskappe daarvan elimineer wat ekonomiese groei van die vraag- en aanbodkant van die ekonomie kan skep wat deur die winsmotief gedryf word wat die inkomste van die regering kan verhoog om die fiskale en sosiale probleme op te los.

Daar bestaan absoluut geen moontlikheid dat sosialisme ekonomiese groei kan skep nie soos reeds wêreldwyd in die verlede en ook baie duidelik in Suid-Afrika bewys is nadat die ANC-regering in 1994 aan bewind gekom het.

“Daarom moet die jongste verslag van die Wêreldbank totaal verwerp word omdat dit niks vir die land beteken nie en dat die Bank eerder moet kennis neem en verstaan dat die ekonomiese vooruitsigte vir die land vandag baie slegter lyk as enige ander tyd in die verlede," sê Brink.

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

"Unemployed adults are weak link in SA’s social support system, World Bank says"

https://www.businesslive.co.za/bd/national/2021-10-07-unemployed-adults-are-weak-link-in-sas-social-support-system-world-bank-says/