Suid Afrika -EKONOMIESE GROEI – DERDE KWARTAAL 2020 Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Berekeningsmetode-

Die ekonomiese groeisyfers vir die derde kwartaal vanjaar wat vandag deur Statistiek SA uitgereik is, toon baie duidelik dat die kwartaallikse groeisyfers wat geannualiseer (teen ‘n jaarkoers bereken) en vir seisoenskommelinge aangepas is, nog altyd verkeerd was.

Die belangrikste en eenvoudigste rede hiervoor is omdat die groeisyfers vir ‘n spesifieke kwartaal bereken word deur dit met die vorige kwartaal te vergelyk in plaas daarvan om dit met dieselfde kwartaal van die vorige jaar te vergelyk. Die Covid19-pandemie het veroorsaak dat die hierdie berekeningsmetode die groeisyfers vir die tweede en derde kwartaal vanjaar as totaal buitensporig uitgewys het wat in werklikheid baie misleidend is omdat die kwartale in baie gevalle nie vergelykbaar is nie. Die ekonomiese groei vir die tweede kwartaal wat op die huidige metode bereken was het -51% beloop, terwyl dit in werklikheid net -17,1% sou gewees het as die regte metode gevolg was deur dit met dieselfde kwartaal van verlede jaar te vergelyk. Die groeisyfer vir die derde kwartaal vanjaar het volgens Statistiek SA se berekening 66,1% beloop, terwyl dit in werklikheid net -6,0% sou gewees het as dit met dieselfde kwartaal van verlede jaar vergelyk was.

Die kwartaal op dieselfde kwartaal van die vorige jaar sal in elke geval geannualiseer wees. Die kwartaal-op-kwartaal in dieselfde jaar is statisties en ekonomies irrelevant omdat die kwartaallikse en jaarlikse groeisyfers nie vanaf dieselfde basis bereken word nie. Die aanvaarding deur Statistiek SA dat sy berekening ‘n aanduiding gee hoe die res van die jaar sal verloop teenoor die vorige jaar is totaal verkeerd omdat dit 'n totaal ander berekening is. Dit toon ook baie duidelik dat die seisoenaangepaste syfers, spesifiek vir die landboubedryf weens die wisselvallige klimaatstoestande, nie die seisoenale verskille kan uitskakel nie. Die sal baie meer korrek wees om ‘n spesifieke kwartaal of “seisoen” van ‘n jaar met dieselfde kwartaal of “seisoen” van die vorige jaar te vergelyk!.

LAAI DIE VOLLE VERSLAG AF OP DIE SKAKEL HIERBO - LAAI AF

LEES MEER- EKONOMIESE GROEI – EERSTE KWARTAAL 2020 Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom-