AANSLAG OP RESERWEBANK NOU GROTER- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

“Die ANC-regering se aanslag op die Reserwebank is nou groter as wat dit ooit voorheen was na die uitsprake deur president, Cyril Ramaphosa, in die staatsrede wat hy gister in die parlement gelewer het,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

Ramaphosa het in sy staatsrede gesê dat “….. our Constitution mandates the South African Reserve Bank to protect the value of our currency in the interest of balanced and sustainable growth.

Today we reaffirm this constitutional mandate, which the Reserve Bank must pursue independently, without fear, favour or prejudice.

Our Constitution also requires that there should be regular consultation between the Reserve Bank and the Minister of Finance to promote macroeconomic coordination, all in the interests of employment creation and economic growth.”

Hierdie uitsprake beteken baie duidelik dat die Reserwebank nie onafhanklik is nie omdat sy mandaat deur die Grondwet voorgeskryf word wat suiwer in die hande van die politici in die parlement berus. Die aandeelhouers van die Bank het geensins enige direkte inspraak oor die Bank se mandaat nie. Die Bank kan wel sy mandaat “onafhanklik” uitvoer na konsultasie met die Minister van Finansies wat die ANC-regering nou wil gebruik om die mandaat te verander of om daarby in te meng om die staatskuld van sy eie besigheidsondernemigs en korrupsie te finansier.

Die aanslag op die Reserwebank se mandaat en funksies is in die staatsrede uitgebrei deur die sterk beklemtoning van die president om nou ook die “….. macroeconomic coordination, all in the interests of employment creation and economic growth” wat ‘n duidelik poging deur die ANC is om die Bank se mandaat te omseil.

“Dit is nie duidelik wie die president almal hierdeur probeer mislei nie omdat dit bloot ‘n duidelike groter aanslag is om die mandaat van die Reserwebank uit te brei sonder om die Grondwet te verander sodat meer geld deur die ANC-regering gedruk kan word, asook om direkte toegang en beheer van die land se goud en buitelandse valutareserwes te verkry!”

Die ironie wat egter by hierdie besluit van die regering ingesluit is, is die feit die huidige en uitgebreide mandaat van die Reserwebank in werklikheid die grootste enkele dwaling in die totale ekonomiese wetenskap is.

Die regering kan, net soos die Reserwebank self, nie verstaan of besluit wat die Bank se mandaat nou eintlik moet wees nie en daarom dobbel hulle met ‘n mandaat waardeur die Bank met sy rentekoersbeleid die waarde van die Rand moet beskerm of om pryse te stabilisering om die inflasiekoers te beheer, wat in beide gevalle geensins hierdeur haalbaar is nie.

“Beide die inflasiekoers en die waarde van die Rand word deur al die plaaslike en internasionale politieke en ekonomiese faktore bepaal wat ‘n invloed op die vraag en aanbod van goedere en dienste, asook op die waarde van die Rand het en nie deur die veranderings in rentekoerse nie.

Ekonomiese groei en werkskepping word nog minder deur die Bank se rentekoersbeleid aangemoedig, maar deur die verhoging in die winsgewendheid van al die individuele bedrywe in die primêre, sekondêre en tersiêre sektore van die ekonomie wat die bedrywe slegs dan instaat kan stel om ‘n groter bydrae tot groei te kan lewer.

“Die dramatiese verswakking wat hierdie groter aanslag op die mandaat van die Reserwebank aan die ekonomie sal aanrig, is uiters kommerwekkend. Dit sal die ook risiko dat die ekonomie nie weer sal herstel solank as wat die ANC aan bewind is nie, baie verhoog, wat die land binne die volgende 5 jaar totaal sal vernietig,” sê Brink.

ooooooOoooooo

Bothaville
21 Junie 2019
Navrae: 082 573 5661