• “Die uitsprake dat niks sal verander as die Reserwebank genasionaliseer word, is nie korrek nie want dit hou ‘n baie ernstige bedreiging vir die ekonomie en die land in omdat dit in werklikheid direk op die beheer en toegang tot die land se goud en ander buitelandse reserwes gemik is, sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

    Hy het na die voormalige president, Thabo Mbeki, en die goewerneur van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, verwys wat hierdie misleidende uitlatings verlede week gemaak het.

    Volgens die Reserwebank se jongste kwartaalverslag het die land se totale bruto goud en ander buitelandse reserwes, hoofsaaklik buitelandse valuta, teen die einde van Februarie vanjaar R736,6 triljoen beloop.

    Die mandaat was baie jare lank deur die Reserwebank se eie Wet voorgeskryf om die “inflasiekoers in toom te hou,” maar dit is later deur die regering verander na die “beskerming van die geldeenheid in belang van stabiele en volhoubare ekonomiese groei,” soos wat dit in artikel 224(a) van die Grondwet voorgeskryf word.

    “Die Reserwebank is daarom nie onafhanklik van die regering nie, maar kan slegs sy mandaat onafhanklik uitvoer.”

    Die besluit deur die ANC se Nasrec-konferensie in 2017 om die Reserwebank te nasionaliseer is nog nie in die parlement ter tafel gelê nie, maar hou beslis ‘n baie groter bedreiging vir die ekonomie en die land in as wat die uitsprake dat niks sal verander nie wil voorgee.

    Sommige regeringslui het die besluit ook verder gevoer na hulle terugkeer van die Wêreld- Ekonomiese Forum se beraad wat in Februarie vanjaar in Davos, Switserland gehou was, met die voorstelle dat die nasionalisering van die Reserwebank daarop gemik moet wees om inklusiewe ekonomiese groei en werksgeleenthede te skep, wat bloot ‘n vaandel was waaronder die visier van die ANC op die land se goud en ander buitelandse reserwes gemik is.

    Brink sê dat die aansprake dat die Reserwebank die inflasiekoers in toom kan hou en die wisselkoers kan beskerm, asook die ekonomie kan stimuleer, deur die toepassing van sy monetêre beleid om rentekoerse te verander is egter van alle waarheid ontbloot en daar bestaan absoluut geen bewyse daarvoor nie. Monetêre beleid is in werklikheid die grootste dwaling in die totale ekonomiese wetenskap.

    “Die gevolge van die plundering en vernietiging van die land se reserwes deur die regering om die ANC-elite verder te verryk en langer aan bewind te probeer hou sal die laaste strooi wees wat die kameel se rug finaal sal breek,” aldus Brink.

    ooooooOoooooo

    Bothaville
    29 April 2019
    Navrae: 082 573 5661

  • “Die ANC-regering se aanslag op die Reserwebank is nou groter as wat dit ooit voorheen was na die uitsprake deur president, Cyril Ramaphosa, in die staatsrede wat hy gister in die parlement gelewer het,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

  • Fanie Brink -  Onafhanklike Landbou-ekonoom-  Afrikaans and English - INTEREST RATES BIGGEST DELUSION IN ECONOMY.

  • Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom