Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels.
Die prysveranderings op ’n jaargrondslag van die verskillende kategorieë landboumasjinerie is baie wisselvallig. Landboumasjineriepryse het vanaf Mei 2021 tot Mei 2022 gemiddeld met 0,5% gestyg, met implemente wat die grootste bydrae gemaak het met pryse wat met gemiddeld 0,9% gestyg het. Oor dieselfde tydperk het die wisselkoers met 13,2% verswak. Omdat die grootste hoeveelheid van hierdie landboumasjinerie ingevoer word, is ’n opwaartse neiging in pryse verwag.
- Die totale trekkervloot het na die laagtepunt van 2005 met ’n opwaartse baan voortgegaan en het die afgelope 16 jaar aansienlik toegeneem.
- Die huidige trekkervloot van 96 034 eenhede is byna 40% groter as die vloot van 68 703 eenhede in 2001 (20 jaar gelede).
- Die trekkervloot is tans 54% groter as tydens die laagtepunt wat in 2005 bereik is.
- Die totale getal trekkers jonger as tien jaar is tans ongeveer 63 062 eenhede, 65,7% van die huidige trekkervloot. Die persentasie trekkers jonger as tien jaar was op ’n laagtepunt in 1993, toe 35,8% van die trekkervloot jonger as tien jaar was.
- Die gemiddelde ouderdom van die trekkervloot is tans 7,5 jaar.
Die totale trekkrag in die Suid-Afrikaanse trekkervloot staan tans op 7,50 miljoen kW
Suid-Afrika het minder as 2 000 permanente uitvoerders. Dit is volgens die departement van handel, nywerheid en mededinging hopeloos te min, en daar word aanbeveel dat alles moontlik gedoen word om uitvoerders by te staan. Die departement kon egter nie konkrete oplossings bied vir die verbod op Suid-Afrikaanse groente en vrugte wat Botswana en Namibië vroeër vanjaar ingestel het nie. Lerato Matabogo, ’n adjunk-direkteur-generaal van die departement, het Dinsdag op ’n aanlyn konferensie oor uitvoer gesê die departement voer onderhandelinge met die twee lande. “Ons het saam met die departement van landbou uitgereik na die lande en ons is bewus van lande se agenda om hul eie verskaffers te ondersteun. Ons spits ons daarop toe om veral Afrika-lande te oorreed om Suid-Afrikaners toe te laat om, deur middel van uitvoer, werkgeleenthede daar te skep,” het Matabogo by navraag gesê.
Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling oorweeg om die verbod op die beweging van beeste op te hef in die provinsies waar gevalle van bek-en-klouseer nog nie aangemeld is nie. Die departement oorw.eeg tans weekliks die beskikbare syfers rondom die uitbreking van bek-en-klouseer, wat tot dusver aangemeld is in al die provinsies behalwe die Noord-, Wes- en Oos-Kaap. Gedurende die week van 18 tot 25 Augustus is 11 nuwe gevalle van die siekte bevestig – vyf in KwaZulu-Natal, vyf in die Vrystaat en een in Gauteng. Dit bring die totale aantal gevalle landwyd op 127 te staan.
Een uitdaging wat telkens in die meeste gesprekke met rolspelers in die landbousektor ter sprake gekom het, is die behoefte aan die diversifisering van die uitvoermarkte na nie-tradisionele streke, terwyl die sektor se vastrapplek markte soos die Europese Unie is. Ander kwessies is die behoefte om logistiek te verbeter – paaie, spoorweë en hawens – asook die uitbreiding van landbou-finansiering, veral ontwikkelings-finansiering vir nuwe boere, en versterking van vertroue tussen die regering en die bedryf.
Voedselsekerheid is onder druk in die wereld. Daar is net te veel mense in die wereld , veral in Afrika , Suid Amerika en sekere Oosterse lande- Meeste van die mense lewer geen bydra tot enige produtiwiteit of opbou of wevaartskepping nie- Dis tyd dat regerings veral in Afrika begin kyk na geboorte beperkings. Daar is net veel kinders wat in armoede groot word en ondervoed is en geen bydra lewer tot die instandhouding en opbou van die wereld nie.
Farmingportal en AGRI NEWS NET asook E -MEDIA wat deel is van die CRA Group het die afgelope 6 maande met ongeveer 48% persent gegroei in besoekers en gebruikers. Ons Internasionale Video en Audio produksies het ook baie groei getoon.
Ons is ook tans besig met onderhandelings vir fondse om ons landbouers te help in hulle stryd teen skuldeisers asook nuwe fondse vir die aankoop van plase en uitbreiding in landbou.
Ons Junior Landbouskrywers kompetisie begin die 1st September 2022. Ons gaan groot die jaar - Ons maak binnekort die nuus bekend. Hou gerus ons mediums dop . Ons begin ook eersdaags met 'n ander nuwe kompetisie.
Twee van ons spanlede is tans in Suid Amerika en sal teen die naweek in Los Angeles wees en teen die naweek weer vertrek na Scotland waar hulle ''n paar boerdedae gaan bywoon.
Ons verwelkom vir Waldo Krugell by ons Netwerk- Luister gerus elke dag na sy Ekonomiese minuut.
CRA Media is tans besig met die vervaardiging van 'n dokumentere reeks wat eersdaags in die Internasionale media beskikbaar gestel gaan word.
Nuusredakteur
Luister gerus na ons gewilde POTGOOI- daagliks op www.farmingportal.co.za
Die Bande-invoerdersvereniging van Suid-Afrika sal die Suid-Afrikaanse Bandevervaardigers-konferensie en die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie voor die hof daag oor bykomende invoerbelasting op bande. Die vereniging eis dat kritieke inligting rakende die teenstortings-aansoek bekend gemaak word.
‘n Opname toon Suid-Afrikaners se teenkanting teen trofeejag het toegeneem van 64 persent in 2020 tot 68 persent vanjaar. Die studie, wat Ipsos vir die Humane Society International gedoen het, dui ook op teenkanting teen die geblikte jag van leeus, wat in dieselfde tydperk van 64 tot 65 persent gestyg het.
‘n Namibiese professionele jagter het gereageer op ‘n opname wat toon Suid-Afrikaners se teenkanting teen trofeejag het toegeneem van 64 persent in 2020 tot 68 persent vanjaar. Die studie, wat Ipsos vir die Humane Society International gedoen het, dui ook op teenkanting teen die geblikte jag van leeus, wat in dieselfde tydperk van 64 tot 65 persent gestyg het.
Kommoditeitspryse het sedert die vorige sessie gemeng verhandel.Mielies in die VSA is 54% goed/uitstekend beoordeel, dit is 1% laer as verlede week en in lyn met markverwagtinge. Sojabone is onveranderd gelaat op 57% goed/uitstekend, dit is 1% hoër as markverwagtinge. Sovecon het Rusland se koring uitvoer verwagtinge vir 2022/23 verhoog met 200,000 ton, dit is nou 43,1 miljoen ton.
Veertig-persent van die wêreld se bevolking word blootgestel aan klimaatsverandering. Dit is volgens die Verenigde Nasies se jongste verslag van die tussen-regeringspaneel oor klimaatsverandering. Volgens die verslag tref uiterste weerstoestande wat met klimaatsverandering verband, hou mense en ander spesies baie swaarder as wat voorheen vermoed is.
Die Rooivleisprodusente Organisasie (RPO) Noord-Kaap het onlangs bekendgemaak dat daar verskeie gevalle van brandsiekte in die provinsie aangemeld is.Na wat verneem kon word is die siekte reeds op 14 plase in die Noord-Kaap aangemeld, in die gebiede van Kimberley, De Aar, Prieska, Carnarvon, Brandvlei, Garies, Sutherland en Williston.
Namibiese damme is tans gesamentlik 78,6 persent vol, teenoor verlede jaar se 80,7 persent die ooreenstemmende tydperk. Suide-damme is gesamentlik 87,4 persent vol, met die Neckartaldam se vlak op 97,5 persent en die Nautedam op 94,4 persent. Sentrale damme is tans 53,7 persent vol teenoor verlede jaar se 76,1 persent dieselfde tydperk.
Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling oorweeg om die verbod op die beweging van beeste op te hef in die provinsies waar gevalle van bek-en-klouseer nog nie aangemeld is nie.
Veeboere en rolspelers in verwante bedrywe eis vergoeding vir hul verliese weens bek-en-klouseer. Boere ly swaar verliese weens die verbod op die verskuiwing van beeste. ‘n Afslaer van Noordwes, Steinman Coetzee, sê voor die verbod was dit ‘n goeie mark vir boere en vir kopers, maar nou word slegs hoenders, bokke en varke verkoop.
SPEKBOME is deesdae die ster van die internasionale klimaatsverandering-show. Dis die Greta Thunberg van die plantwêreld en word voorgehou as die eenstop-antwoord op ons koolstofprobleme. Dié oulike inheemse vetplant (Portulacaria afra) groei maklik en is droogtebestand. Die“wonderplant” se besonderse vermoë om koolstofdioksied uit die atmosfeer te verwyder.
Die smokkelary van onwettige brandstof in die Noorde het skerp toegeneem en die ministerie van myne en energie is baie bekommerd. Daar word berig dat die brandstof, wat helfte die prys van Namibiese brandstof kos, veroorsaak dat talle vulstasie-eienaars genoodsaak is om hul deur te sluit of, hulle staan op die randjie van bankrotskap.
Met die huidige bek-en-klouseer in Suid-Afrika voorspel ekonome ‘n swakker derde kwartaal vir die landbou, veral as gevolg van die verbod op vervoer in Suid-Afrika.
Opname toon dat sowat 29% van Suid-Afrikaners tabak gebruik -Dr. Sibongiseni Dhlomo, Adjunkminister van Gesondheid, sê die regering sal dalk moet oorweeg om tabakregulasies in Suid-Afrika te verskerp.
Die nuutste syfers toon ’n klein toename in die Wes-Kaapse damvlakke sedert verlede week, wat beteken dat die jongste paar koue fronte wel gehelp het om dié provinsie se damme ’n bietjie voller te maak.
Hierdie was van die nuus wat die afgelope tyd op AGRI NEWS NET geplaas was. Lees dit en nog meer op www.agrinewsnet.co.za