Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 07 September 2022

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 07 September 2022

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. 

Voedselsekerheid is onder druk in die wereld.  Daar is net te veel mense in die wereld , veral in Afrika , Suid Amerika en sekere Oosterse lande- Meeste van die mense lewer geen bydra tot enige produtiwiteit of opbou of wevaartskepping nie- Dis tyd dat regerings veral in Afrika begin kyk na geboorte beperkings. Daar is net veel kinders wat in armoede groot word en ondervoed is en geen bydra lewer tot die instandhouding en opbou van die wereld nie. 

Meeste van Suid Afrika se stadsrade is deesdae 'n groot sirkus- niks gebeur werklik nie- dis net mosies van wantroue wat voortduur. Die meeste van hierdie verkose lede kyk net vir die geld wat hulle kan verdien as hulle deel van die stadsraad bly. Produktiwiteit is nie woord wat die mense ken nie. Dis absolute skande dat ons as inwoners en betalers van dienste hierdie wanorde toelaat. Dis deesdae algemeen dat van die lede handgemeen raak en mekaar met stoele gooi.  Ons kan duidelik sien dat daar geen opvoeding was aan die kant van baie van hierdie lede nie- Dis die een vergadering op die ander waar fetilik niks kan bespreek word en afgehandel word nie- maar hulle kry hulle salarisse.

Die tyd van die jaar is dit kongress tyd en baie Landbou organisasies het hulle jaarlikse  kongresse.  TLU het vandag en more hulle kongress by hulle Hoofkantoor. Daar word baie sake bespreek en TLU wil ook soos baie ander organisasies hulle eie toekoms skep. Hulle stel die belange van die boer eerste. Van die boer af boontoe. Hulle onderskryf 'n beleid van ekonomiese bemagtiging. Dawie Roodt van Efficient Health lewer 'n toespraak by die TLU SA Kongres vandag oor die wêreldwye invloede op landbou, asook die toekoms van hulpbronpryse en hoe boere hulleself kan beskerm teen die aanvalle van die staat.

Die Suid-Afrikaanse landbouminister, Thoko Didiza, het die tweede kwartaal se groei in die landbousektor verwelkom. Die uitvoer van landbou- en verwerkte landbouprodukte het 51 miljard Suid-Afrikaanse rand beloop wat ‘n toename van 12 persent is sedert verlede jaar se eerste kwartaal. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die sektor staar talle uitdagings in die gesig, insluitend geen-tarief-struikelblokke in sommige uitvoermarkte en logistieke probleme by hawens. Die sektor toon egter steeds merkwaardige veerkragtigheid:

Oliepryse het vanoggend teruggesak tot die laagste vlak sedert voor Rusland die Oekraïne binnegeval het. Brent verhandel tans rondom 91 Amerikaanse dollar ‘n vat. Daar is kommer oor die voortslepende inperkings in China as gevolg van Covid, wat daardie land se ekonomie, en dus vraag na olie, kelder, sowel as rentekoersverhogings en ‘n wêreldwye ekonomiese resessie. Die daling kom ten spyte daarvan dat Opul en sy vennote by sy vergadering vroeër die week beslis het om produksie met 100 000 vate daagliks te verminder. Ekonome meen globale ekonomiese groei vertoon op die oomblik uiters negatief wat nie goeie nuus vir vraag na olie is nie. 

Sonder die nodige kennis van die Wet op die Onderverdeling van Landbougrond kan ʼn boer nogal ʼn bloutjie loop. Jy het ʼn vriend wat dalk aan jou karring vir ʼn stukkie grond, maar jy kan nie net ʼn stuk grond onderverdeel, verkoop of verhuur nie want jy het die toestemming van die minister van grondsake nodig. Dit kan nogal ʼn probleem skep wanneer dit kom by die boer se testament.  Sodra ʼn stuk plaasgrond aan twee of meer persone verkoop of bemaak word, word dit as onderverdeling van landbougrond beskou.  Onderverdeling van landbougrond behels ʼn lang proses met heelwat wetlike vereistes . Die eienaarskap van landbougrond word gereguleer deur die Wet op Onderverdeling van Landbougrond, 1970 (Wet 70 van 1970). Dit is belangrik dat die toekomstige eienaarskap van die boer se plaas tydens  boedelbeplanning oorweeg word in die lig daarvan dat die bogenoemde wet bepaal dat geen persoon ʼn onverdeelde aandeel in landbougrond mag besit sonder die nodige toestemming van die betrokke minister nie, en sodanige toestemming mag slegs in uitsonderlike gevalle toegestaan word. Indien ʼn boer dus sy plaas aan meer as een kind wil bemaak, sal dit probleme tydens die bereddering van die boedel veroorsaak.

Farmingportal en AGRI NEWS NET asook E -MEDIA wat deel is van die CRA Group het die afgelope 6 maande met ongeveer 48% persent gegroei in besoekers en gebruikers. Ons Internasionale Video en Audio produksies het ook baie groei getoon.

Ons is ook tans besig met onderhandelings vir fondse om ons landbouers te help in hulle stryd teen skuldeisers asook nuwe fondse vir die aankoop van plase en uitbreiding in landbou.

Hollard is die trotse borg van die Farming Portal/Landbouskrywers SA junior kommunikeerder toekennings.

Die landbousektor speel ‘n kritieke rol in die skep van ‘n beter toekoms vir alle Suid Afrikaners. Die doel van hierdie kompetisie is dan ook om akkurate en oordrag van inligting en positiewe stories binne die landbou aan te moedig. Hierdie is ‘n platform waar studente en jongmense binne die landbou en joernalistieke omgewing hulle werk kan publiseer. So kry hulle ook ‘n voorsmakie van kommunikasie met die publiek en belanghebbers binne die sektor en staan die kans om lekker kontantpryse te wen!

Daar is twee afdelings naamlik een vir joernalistiekstudente en die ander vir studente binne die landbousektor. Dit sluit ekonome, wetenskaplikes en landboukundiges ook in.

Die kompetisie sluit aan die einde van Oktober en die wenners sal aangekondig word aan die einde van November tydens ‘n geleentheid by die historiese Villa Arcadia in Parktown. Hierdie is ook die tuiste van Hollard en ons sien uit om die geleentheid daar aan te bied.

Ons verwelkom vir Waldo Krugell by ons Netwerk- Luister gerus elke dag na sy Ekonomiese minuut.

CRA Media is tans besig met die vervaardiging van 'n dokumentere reeks wat eersdaags in die Internasionale media beskikbaar gestel gaan word. 

Nuusredakteur

Luister gerus na ons gewilde POTGOOI- daagliks op www.farmingportal.co.za

           

Statistieke Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk-syfers toon dat die vervaardigingsektor met bykans 6-persent ingekrimp het – veral weens die oorstromings in KwaZulu-Natal en die uitwerking van beurtkrag op nywerhede.

Danksy ’n skerp daling in die prys van Brent-ruolie het die departement van minerale hulpbronne en energie vandeesmaand goeie nuus oor brandstofpryse gehad.Vanaf Woensdag 7 September geld die volgende brandstofpryse:•95 oktaan- en 93 oktaan-petrol: R2,04/liter goedkoper;•Diesel met 0,05% swael 56c/liter goedkoper;•Diesel met 0,005% swael 46c/liter goedkoper.

Ons leef lankal al nie meer in die jare toe medies in sy huidige formaat al metode was om siektes te genees nie. Toe almal dokters en spesialiste aanbid het en hulle as 'n soort van afgod beskou het nie. Die feit dat die dieselfde mediese dienste met al hulle nuutste toerusting en toets metodes nog steeds siektes wil diagnoseer sonder om die rede daarvoor in meeste gevalle te vind is bo my denke.

Die woord "Legende"word totaal en al misbruik deur die jong geslag sport mal mans en vrouens wat hierdie mense absoluut aanbid- Legende kom oor jare, oor dekades en is jare se toegewydheid en prestasie. Gaan lees maar weer wat is "Legende" voor jy die woord vir elke Jan rap en sy maat toewens.

Een manier om die koolstofvoetspoor te verminder is om beesgetalle te verminder en die produksie per dier te verhoog. Hoër produktiwiteit verminder die vrystel van kweekhuisgasse (KHG) per eenheid produk, sê kg vleis. Dus, afgesien van verbetering in produksiedoeltreffendheid en inkomste, kan ‘n mens ook die koolstofvoetspoor verbeter deur ‘n teeldoelwit van verhoogde produktiwiteit.

Die erge wisseling in temperature het ‘n negatiewe impak op sommige landbougewasse. Die vrugtebome begin bot en dan kom die koue weer, wat die bome laat twyfel waar die seisoen eintlik trek, sê die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen.

TLU SA het onlangs met verteenwoordigers van die Land Bank in gesprek getree om oplossings vir die omstredenheid rondom dié bank se posisie in die landbousektor te vind, sê mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

Suid-Afrikaanse landbou-uitvoere het 3,4 miljard Amerikaanse dollar in die tweede kwartaal van 2022 beloop wat 5 persent hoër is op ‘n jaargrondslag. Die top- uitvoerbare produkte volgens waarde was sitrus, mielies, appels en pere, wyn, vye, pynappels, avokado’s en neute.

Tot dusver is meer as 640 produsente-aansoeke vir aandele in Savanna Beef Processors ontvang, wat ‘n totaal van 163,7 miljoen Namibiese dollar aandele is. Dit volg nadat 93 nuwe aansoeke in die tweede plasing ontvang is vir ‘n totaal van 17,734 miljoen dollar.

Die TLU SA Kongres 2022 vind vandag by die TLU SA hoofkantoor plaas. Die tema: Reik na die toekoms. -Mnr Henry Geldenhuys, President van TLU SA aan die woord met die presidentsrede.

Case IH het amptelik met die eerste van 'n reeks van 7 tegnologie profieldae afgeskop waar daar meer oor die voordele van presisieboerdery en die toekoms van tegnologie met produsente gedeel is.

Statistieke Suid-Afrika het gister die tweede kwartaal se Bruto Binnelandse Produk syfer bekend gemaak en die ekonomie het ingekrimp met 0,7%. Ekonome sê altyd hulle is nie verras nie, maar hierdie keer het werklik almal die inkrimping verwag. Die vervaardigingsektor, mynbou en landbou het ingekrimp, onder andere as gevolg van die vloede in KwaZulu-Natal, beurtkrag en bek-en-klouseer.

Die Rand het swakker verhandel nadat die geldeenheid ondersteuning gevind het tydens gisterse verhandeling. Die Rand het teen R17,37/$ geopen vanoggend. Brent-ru olie pryse het vanoggend teen $91,41/vat geopen. Vraag vrese het OPEC+ se besluit om produksie te sny verreken.

Daar is talle vrae oor die huidige brandstofprys. In 2008, in September, het olie verhandel teen net meer as 97 Amerikaanse dollar ‘n vat en ‘n liter 95-oktaan het vir 8 Namibiese dollar en 45 sent verkoop.

Suid-Afrikaners mors met kos! Volgens die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) is die omvang van kosvermorsing op eie bodem astronomies, en gaan sowat 10,2 miljoen ton eetbare kos jaarliks verlore.

Die Namibiese Vleisraad sê hy het reeds vergader met die Veeartsenydirektoraat in verband met die uitbreking van bek-en-klouseer in die buurland. Alle vervoer van bees, behalwe na ‘n geregistreerde abattoir, is in Suid-Afrika steeds opgeskort en gevalle van die siekte is reeds amper regoor die land bevestig.

Suid Afrika se Inkomstediens kry 30% van sy Inkomste by 2% van Suid Afrikaners wat belasting betaal. Dit is hardwerkende enkel persone wat daagliks hulle brood en botter verdien en hulle belasting betaal - Die res van die bevolking doen niks en leef uit die staat se hande- In werklikheid is die syfer 1.2 miljoen mense uit 35 miljoen wat belasting betaal.

Hierdie was van die nuus wat die afgelope tyd op AGRI NEWS NET geplaas was.  Lees dit en nog meer op www.agrinewsnet.co.za

 


Newsletter Subscribe