Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 24 ste  Augustus 2022

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 24 ste Augustus 2022

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. 

Die wolbedryf se verliese weens die verbod op uitvoere na China is voor die verbod gister gelig is, reeds op R730 miljoen geraam. Aan die vooraand van die 2022-’23 wolseisoen staan die wolbedryf weer voor ’n onsekere toekoms. China het sy grense sedert April vir Suid-Afrikaanse wol gesluit vanweë hernude uitbrekings van bek-en-klouseer in Suid-Afrika. Die verlies word reeds op meer as R730 miljoen geraam. Die wolverbod is ’n harde slag vir boere wat nog finansieel herstel ná die droogte. Die verbod van 2019 en die covid-19-inperkings is nog vars in die geheue van boere, makelaars en kopers wat deurentyd alles doen om die Suid-Afrikaanse wolmark aan die gang te hou. Suid-Afrika is in 2019 herinner aan sy afhanklikheid van die Chinese mark, wat in daardie stadium ongeveer 70% van die land se onverwerkte wol (vetwol) na China uitgevoer het, toe dié land sy grense vir Suid-Afrika gesluit het weens die uitbreking van bek-en-klouseer. Met hernude uitbrekings in 2022, wat nou boonop na ses provinsies uitgebrei het, het China weer begin April sy grens vir Suid-Afrikaanse vetwol gesluit.

Suid Afrika se regering sien grond and Landbou en weet nie wat alles saam met grond gaan om suksesvol te kan boer nie- Ons landbouers doen uitstekend en hulle bly elke jaar waarder toevoeg tot hulle grond deur tegnologie en beter praktyke. Daar is baie meer in Boerdery as net 'n stuk grond. Finansiering het reeds 15 jaar terug verander toe daar meer fokus geplaas is op die sukses van die landbouer in plaas van die waarde van die grond. Ons is oppad na die jaar 2030 en daar gaan baie moet verander om aan te pas by die wereld en sy nuwe energie bronne en nog ander buwe tendense.  Die wereld het te veel mense en dit was lankal tyd om geboortebeperkings toe te pas. Die wereld het ook te veel mense wat glad nie enige bydrae lewer of produktief is nie. Daar is te veel gesonde mense wat gevoed moet word en geen werk verrig nie. Water is 'n ander probleem en dit gaan binnekort 'n wereld kommoditeit word. 

Die verwagting is dat graanpryse nog vir die afsienbare toekoms hoog sal bly, namate die Oekraïne weer graan begin uitvoer het. Volgens dr. Kobus Laubscher, ‘n landbou-ekonoom, kan die versterking in die Rand se waarde ‘n demper plaas op pryse. Hy verduidelik verder dat die jongste ramings is dat daar miljoene tonne graan in die Oekraïne opgeberg is, gegewe die rekordoes wat daardie land verlede jaar gehad het. Laubscher sê egter dat logistieke uitdagings kan bydra dat die Oekraïne nie al sy graan na ander lande uit kan voer om versagting van pryse te bewerkstellig nie.

Temperature in September sal na verwagting bo 25 grade Celsius styg. Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbouweerkundige, sê egter produsente kennis moet neem dat alhoewel temperature gaan styg, vooruitsigte ook toon dat daar weer kouefronte in September en Oktober verwag kan word, wat tot ryp kan lei. Wat reënval betref, sê Van den Berg weervooruitsigte dui daarop dat die somerreënval in die tweede deel van Oktober kan begin.

Voedselsekerheid is onder druk in die wereld.  Daar is net te veel mense in die wereld , veral in Afrika , Suid Amerika en sekere Oosterse lande- Meeste van die mense lewer geen bydra tot enige produtiwiteit of opbou of wevaartskepping nie- Dis tyd dat regerings veral in Afrika begin kyk na geboorte beperkings. Daar is net veel kinders wat in armoede groot word en ondervoed is en geen bydra lewer tot die instandhouding en opbou van die wereld nie. 

Dit is hierdie week presies ses maande sedert die oorlog in Oekraïne uitgebreek het. Ses maande na die uitbreek van die oorlog is dit steeds onduidelik hoe hierdie vernietigende oorlog tot ‘n einde sal kom. Verlede week het vrese vir ‘n kernramp by die grootste kernkragsentrale in die hele Europa, die Zaporizjzjia kernkragsentrale in die suide van Oekraïne toegeneem met hewige gevegte tussen die Russe en Oekraïne se weermag om beheer oor dié belangrike elektrisiteitsvoorsiener. Tussen 70 000 en 80 000 Russiese soldate is reeds in die oorlog dood of beseer wat beteken dat die Russe al hoe minder soldate beskikbaar het. ‘n Geraamde 2 600 gepantserde voertuie van die Russiese weermag is reeds in die oorlog vernietig en byna 70 persent van hul presisiegeleide missiele is reeds afgevuur. Die Russe is tans so desperaat dat halfgeleiers uit yskaste en skottelgoedwassers verwyder word om aan die weermag te verskaf terwyl wapens uit China en Iran aangekoop word.

Mielies is nou al vir ’n geruime tyd Suid-Afrika se mees geproduseerde gewas. Oor die afgelope vyf jaar word daar gemiddeld meer as 14 miljoen ton se mie­lies op meer as 2,5 miljoen ha geproduseer, met mielies wat ’n stapelvoedsel vir die land is. Sojaboonproduksie het begin toeneem vanaf die 1996/1997-seisoen – en het sedertdien eksponensieel uitgebrei weens sy menslike en dierlike toepas­sing – met geen einde in sig nie. Sojaboonaanplantings het in die afgelope vyf jaar ’n ongelooflike toename van 18% getoon en produksie het met 36% gegroei.

Die styging in voedselpryse, nie-alkoholiese drank, behuising en vervoerkostes het hoofsaaklik bygedra tot nóg ‘n styging in die inflasiesyfer. Verbruikersinflasie het in Julie weer die hoogste vlak in 13 jaar bereik en staan op sewe komma agt persent. Die syfer was in Junie sewe komma vier persent. Volgens Statistieke Suid-Afrika is dit slegs die vierde keer sedert 2008 dat die maandelikse styging een-komma-vyf persent of meer is.

Farmingportal en AGRI NEWS NET asook E -MEDIA wat deel is van die CRA Group het die afgelope 6 maande met ongeveer 48% persent gegroei in besoekers en gebruikers. Ons Internasionale Video en Audio produksies het ook baie groei getoon.

Ons is ook tans besig met onderhandelings vir fondse om ons landbouers te help in hulle stryd teen skuldeisers asook nuwe fondse vir die aankoop van plase en uitbreiding in landbou.

Ons Junior Landbouskrywers kompetisie begin die 1st September 2022. Ons gaan groot die jaar - Ons maak binnekort die nuus bekend. Hou gerus ons mediums dop . Ons begin ook eersdaags met 'n ander nuwe kompetisie. 

Twee van ons spanlede is tans in Suid Amerika en sal teen die naweek in Los Angeles wees en teen die naweek weer vertrek na Scotland waar hulle ''n paar boerdedae gaan bywoon. 

Ons verwelkom vir Waldo Krugell by ons Netwerk- Luister gerus elke dag na sy Ekonomiese minuut.

CRA Media is tans besig met die vervaardiging van 'n dokumentere reeks wat eersdaags in die Internasionale media beskikbaar gestel gaan word. 

Nuusredakteur

Luister gerus na ons gewilde POTGOOI- daagliks op www.farmingportal.co.za

Die tweede kwartaal se arbeidsmagopname het vriend en vyand verras met ‘n klein afname in die werkloosheidskoers vanaf 34,5% in die eerste kwartaal na 33,9%. Ook die uitgebreide werkloosheidskoers wat onmoedigde werkers insluit, het afgeneem. Dit blyk dat daar ʼn toename was van 648 000 werke van die eerste na die tweede kwartaal.

* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.

           

Die herlewing van noodsaaklike landbou-infrastruktuur, verbeterde landbouproduksie, die versnelling van grondhervorming en die afhandeling van restitusie-eise is van die hoofprioriteite waarop die departement van landbou oor die mediumtermynbestedingsraamwerk gaan konsentreer.

Die kontinentale Groot Groen Muur-inisiatief het 393 miljoen hektaar grond met potensiaal en geleenthede, en 350 miljoen hektaar saaigrond word in Afrika verbou. Dit is meer as dubbeld van die Europese Unie. As Afrika soveel grond verbou, waarom is die vasteland nog nie daartoe in staat om homself te voed nie. Waarom ly Afrika steeds honger?

Die Rand het oornag swakker teenoor die dollar verhandel. Die rand/dollar-beurs verhandel tans teen R17.01/$. Brent-ruolieprys per vat het oornag aansienlik hoër verhandel en het van $96,39/vat tot $99,81/vat geklim.

Terwyl Julie se data vir die Namibiese landbousektor ‘n redelike goeie begin vir die derde kwartaal van 2022 toon, is die vooruitsigte donker met die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer wat gelei het tot ‘n verbod op die beweging van beeste in Suid-Afrika.

China het aangekondig dat hy 17 Afrikalande van 23 rentevrye lenings wat aan die einde van 2021 verval het, sal “vergewe”. Die verklaring is gemaak deur staats-raadslid Wang Yi by die vergadering oor die implementering van die opvolg-aksies van die agtste Forum oor China-Afrika-samewerking se ministeriële konferensie.

‘n Plaaslike ekonoom voorspel donker vooruitsigte vir die Namibiese vee-sektor weens die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika, wat gelei het tot ‘n verbod op die beweging van beeste in Suid-Afrika. Dit is ondanks Julie se data wat ‘n redelike goeie begin vir die derde kwartaal van 2022 toon.

Op ’n onlangse paneelbespreking op Agri Oos-Kaap se kongres oor die uitbreking van bek-en-klouseer het dr. Shaun Morris, ’n veearts wat konsultasiedienste aan voerkrale bied, boere gewaarsku dat die virus oornag deur die onwettige of ongereguleerde beweging van diere in ’n sleepwaentjie uit Limpopo na die Wes-Kaap versprei kan word.

Die verwagting is dat graanpryse nog vir die afsienbare toekoms hoog sal bly, namate die Oekraïne weer graan begin uitvoer het. Volgens dr. Kobus Laubscher, ‘n landbou-ekonoom, kan die versterking in die Rand se waarde ‘n demper plaas op pryse.

Die verbod op woluitvoere van Suid-Afrika na China is vandag gelig. Cape Wools het net na 14h00 die nuus bevestig. Dit is met groot verligting dat ons bevestig dat die Chinese verbod op die invoer van vetwol van Suid-Afrika onmiddellik opgehef is,” sê Cape Wools luidens ’n verklaring.

Amerika het ook 'n probleem met die meeste landbouers wat alreeds 60 jaar oud is. Die kennis van die landbouers is baie belangrik en dit moet oorgedra word aan die jonger geslag. Kyk gerus na die samestelling van die landbouers in die VSA. Daar sal ver gesoek moet word na hierdie geslag landbouers- In Suid Afrika is hulle die ysters- plat op die aarde maar altyd werksaam.

Suid-Afrika se werkloosheidskoers het in die tweede kwartaal van 2022 met 0,6% van 34,5% tot 33,9% gedaal, vergeleke met die eerste kwartaal. Dit kom neer op 8 miljoen Suid-Afrikaners wat sonder werk sit.

Water wat aan die landbousektor verskaf word, gaan “stelselmatig” duurder word sodat die departement van water en sanitasie sy infrastruktuur soos groot damme en waterpypleidings in stand te kan hou.

Suid Afrika - Betekenisvolle en waardevolle inligting deur organisasies, regsgeleerdes en leierboere word tydens Afriforum se kongres oor Die Boer en die Reg, met belangstellendes en boere gedeel.

Met die wêreldwye vraag na voedsel en landbouprodukte wat vir die komende jare stewig sal bly, is belegging in die landbousektor ‘n positiewe stap. ‘n Groei-strategie is vir Suid-Afrikaanse landbou opgestel wat die sektor tot groter hoogtes sal neem, selfs groter as die winste wat sedert 1994 gesien het. Die sektor het meer as verdubbel in waarde-terme sedert 1994.

Suid-Afrikaanse boere maak goeie vordering met die mielie-oes in Suid Afrika . Pryse in Suid-Afrika sal ook goed vertoon en daar sal volop mielies wees, ook vir wanneer Namibië moet invoer. Verlede week is sowat 11,3 miljoen metrieke ton mielies reeds aan kommersiële silo’s gelewer, uit die verwagte oes van 14,7 miljoen ton.

 Hierdie was van die nuus wat die afgelope tyd op AGRI NEWS NET geplaas was.  Lees dit en nog meer op www.agrinewsnet.co.za

Dis hoe jy die optreen teenoor die natuur
Dis was nou lekker- nou voel ek weer in beheer
Wat 'n plesier om dit te sien- 
Dit kan nie lekker wees nie
Die ou dae van boerdery