Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels.
Die getalle en verspreiding van boere wat in die laaste paar weke deur die Landbank en sy agente onder landbou-ondernemings gedagvaar, gelikwideer en uitgeskud is, is ’n nasionale krisis, sê die landbou-organisasie Saai. Theo de Jager, uitvoerende hoof van Saai, vergelyk dit met die Britte se verskroeide-aarde-beleid in die Anglo-Boereoorlog (ABO). Die vernedering van pa’s voor hul gesin, die beledigende taalgebruik van die Landbank se agente teenoor boere en die absolute weiering om na enige voorstelle vir oplossings te luister, is ontstellend,” sê De Jager. Die skuld waarvoor boere – meestal die slagoffers van ’n droogte van agt jaar – gesekwestreer word, is kleingeld vergeleke met die waarde van hul boedel, hul bates en plase. “Dit gaan nie oor ’n eerlike poging om skuld in te vorder nie; dit is ’n verwoestingveldtog soortgelyk aan die verskroeide-aarde-beleid van (die Britse bevelvoerders in die ABO) Roberts en Kitchener,” sê hy. Saai het ook met ’n paar vennote ooreengekom om ’n dokumentêre program te verfilm waarin die stories van slagoffers vertel sal word om die misbruik, mishandeling en verwoesting te wys.
Die prys van aartappels en aartappelprodukte sal na verwagting binnekort die hoogte inskiet. Dit volg nadat die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (Itac) streng teenstortingstariewe teen die invoer van gevriesde aartappelskyfies ingestel het. Dit sal verbruikers glo laat steier en die nasionale landboubemarkingsraad (NAMC) waarsku nou dat plaaslike produsente waarskynlik nie die mas kan opkom nie. Thabile Nkunjana, ’n landbou-ekonoom by die NAMC, sê die teenstortingstariewe vir aartappels het in Januarie 2021 verval. Dit het daartoe gelei dat invoere uit veral België, Nederland en Duitsland blom.
Grondgesondheid is een van die belangrike aspekte wat produsente in ag moet neem voordat hulle begin plant. Volgens dr. Elmarie Kotzé, senior lektrise by die Universiteit van die Vrystaat, kan dit moeilik wees om grondgesondheid te meet, maar sy voeg by dat daar verskeie maniere is om vas te stel of grond gesond is of nie. Kotzé beskryf grondgesondheid as die grond se potensiaal om biologiese produktiwiteit te onderhou. Grondgesondheid word ook sinoniem met die woord grondkwaliteit gebruik. Grond moet ook in staat wees om plant- en dieregesondheid te bevorder. Gesonde grond kan ook lei tot winsgewendheid, sowel as produktiwiteit.
Daar is ‘n gebrek aan data in die landbousektor in Afrika en Namibië. Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie het kragte met die Namibiese Statistieke-agentskap saamgesnoer om ‘n landbou-sensus in die land uit te voer. Die organisasie het 3,4 miljoen Namibiese dollar bewillig. Die sensus sal 18 maande duur en is uiters waardevol vir beplanning vir die landbou-bedryf.
As mens so in die toekoms kyk kan jy anders as om te sien hoe miljoene mense in wereld gaan verhonger nie. Europa is reeds in die moeilikheid. Suid Afrika en die VSA is tans die lande met van die grootste voedselsekerheid. In die ooste is alles deurmekaar en ons edelagbare President het nog nie 'n vinger geroer om die oorlog in Rusland op goeie voet te stop of te onderhandel nie. Daagliks sien ons hoe Rusland stukkie vir stukkie van Oekraine vernietig. Ons weet waarskynlik nie die helfte van wat eintlik daar gebeur nie. Die Pentagon in Amerika het aangekondig dat Oekraïne sy grootste hulppakket ooit, gaan ontvang. Die hulppakket wat miljarde dollar werd is, is die grootste enkele hulpverlening en wapenbesending ooit. Die wapens sal direk van die Amerikaanse departement van Verdediging se dokke na Oekraïne gestuur word, sodat dit vinniger die land kan bereik.
Die pas afgelope samesprekings tussen die Suid-Afrikaanse minister van buitelandse sake, Naledi Pandor, en haar Amerikaanse eweknie, Anthony Blinken, vestig weer die aandag op die vraag waar die swaartepunt van Suid-Afrika se buitelandse beleid behoort te wees. Blykbaar het die gesprek op sigself goed verloop. Volgens die BBC is daar gepraat oor handel en beleggings, gesondheid en wetenskap, waar ooreenstemming bereik is. Wat die ANC-regering se benadering rakende die Oekraïne-kwessie betref, lyk dit duidelik dat ideologiese oorwegings ʼn belangrike rol speel. Die ANC het naamlik al sedert die vroeë sestigs ʼn intieme verhouding met die ou Sowjetunie gehad. Dit was in dié geval op ideologiese vlak, want die ANC (en uiteraard die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, wat die bondgenootskap toenemend oorheers het), het deur die jare steeds meer kritiekloos agter die Sowjetunie aangeloop. Met ander woorde, die regering se houding insake Oekraïne druis regstreeks teen ons eiebelang in. ʼn Mens kon dit sien in die wyse waarop elke aspek van die Sowjetunie se buitelandse beleid – van sy oorheersing van Sentraal-Europa tot sy inval in Afganistan – klakkeloos deur die ANC/ SAKP verdedig is. Ons sou veel nader aan die breë Weste moet staan as ons weet wat goed vir ons is.
Daagliks lees ons nog steeds hoe korrupsie ontbloot word in Suid Afrika- Miljoene rande wat net wegraak- en gesteel word. Die regering is nog steeds besig met Kader ontplooing en dit maak die hele sisteem onproduktief. Mense is werkloos en sonder kos en die regering doen nie daadwerklik iets daaraan nie, behalwe lippediens.
Farmingportal en AGRI NEWS NET asook E -MEDIA wat deel is van die CRA Group het die afgelope 6 maande met ongeveer 48% persent gegroei in besoekers en gebruikers. Ons Internasionale Video en Audio produksies het ook baie groei getoon.
Ons is ook tans besig met onderhandelings vir fondse om ons landbouers te help in hulle stryd teen skuldeisers asook nuwe fondse vir die aankoop van plase en uitbreiding in landbou.
Ons Junior Landbouskrywers kompetisie sal eersdaags in aanvang neem. Ons gaan groot die jaar - Ons maak binnekort die nuus bekend. Hou gerus ons mediums dop . Ons begin ook eersdaags met 'n ander nuwe kompetisie.
Maak jou reg vir 'n nuwe opwindende kompetisie op AGRI NEWS NET- WENAKKER STORIES - Kry solank jou storie reg, jy gaan eersdaags die geleentheid kry om die storie vir ons te vertel en daarmee saam deel te word van al ons WENAKKER storie vertellers.
CRA Media is tans besig met die vervaardiging van 'n dokumentere reeks wat eersdaags in die Internasionale media beskikbaar gestel gaan word.
Nuusredakteur
Luister gerus na ons gewilde POTGOOI- daagliks op www.farmingportal.co.za
Australië sal ‘n bykomende 35 miljoen Amerikaanse dollar in die volgende vier jaar bestee om koala-habitat te beskerm en die agteruitgang van dié kwesbare spesies te vertraag. Die buideldiere is inheems aan Australië en is deur bosbrande, siektes en voertuie uitgeroei, met ramings van hul getalle wat wissel van ongeveer 330 000 tot ongeveer 100 000 in die natuur.
Namport sê oorgrensvolumes het met tien persent toegeneem van 1,46 miljoen bruto tonnemaat in die 2020-2021 boekjaar tot 1,61 miljoen bruto tonnemaat in 2021-2022. Suid-Afrika het 48 persent van die markaandeel met Zambië op 23 persent, die DRK op 15 persent. Botswana en Zimbabwe is albei op 6 persent
Soos wat almal teruggekeer na die langnaweek, het die Rand swakker teenoor die dollar verhandel. Die mark het Maandag op R16,64/$ gesluit en vanoggend teen R16,60/$ geopen. Brent-ruolieprys per vat het sedert Maandag effens hoër verhandel en van $94,92/vat tot $95,88/vat geklim.
Die sitruskwekersvereniging het die besluit deur die Europese Unie oor verpligte verkoelingsprosesse vir sitrusinvoere uit Suid-Afrika, as onwetenskaplik en strydig met gepubliseerde navorsing bestempel. Volgens die EU is dit om die verspreiding van valskodlingmot te voorkom.
Die getalle en verspreiding van boere wat in die laaste paar weke deur die Landbank en sy agente onder landbou-ondernemings gedagvaar, gelikwideer en uitgeskud is, is ’n nasionale krisis, sê die landbou-organisasie Saai. Theo de Jager, uitvoerende hoof van Saai, vergelyk dit met die Britte se verskroeide-aarde-beleid in die Anglo-Boereoorlog (ABO).
Die Suid-Afrikaanse regering het die bedrag waarvoor ministers hulle voertuie mag koop, verhoog na R800,000 teenoor die vorige R700,000 wat toegelaat was.Die merkwaardige is dat die ministers hoofsaaklik BMW, Mercedes Benz en Audi motors aanskaf wat in die prysklas val, en alhoewel daar ander fabrikante is wat ook kwalifiseer, is dit duidelik dat die Duitse gehalte voorkeur geniet.
Die sogenaamde Swart Ekonomiese Bevoordeling (SEB) wat deur die regering toegepas word, en waarmee veral teen blanke mans gediskrimineer word, het nou weereens 'n terugslag gekry. Ekonome sê die diskriminerende praktyk, wat veel erger as apartheid se dirkriminasie is, het bewys dat dit nie volhoubaar toegepas kan word nie.
n Span wetenskaplikes neem deel aan die EMR-voedselkeurings-projek wat navorsers van Duitsland, België en Nederland onderneem om produsente te ondersteun om die oorgang na klimaatslim-voedselproduksie te vergemaklik.
WENAKKER STORIES is binnekort hier- EKSKLUSIEF net op Farmingportal.co.za
Daar is ‘n gebrek aan data in die landbousektor in Afrika en Namibië. Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie het kragte met die Namibiese Statistieke-agentskap saamgesnoer om ‘n landbou-sensus in die land uit te voer. Die organisasie het 3,4 miljoen Namibiese dollar bewillig. Die sensus sal 18 maande duur en is uiters waardevol vir beplanning vir die landbou-bedryf.
Die gety teen Swart Ekonomiese Bemagtiging is besig om te draai. Toe die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BEE) bykans 20 jaar gelede opgestel is, was dit minder as 10 jaar na die 1994-verkiesing. Kritici van BEE het die ernstige risiko geloop om as kritici van swart vooruitgang geskilder te word.
Die goeie nuus is dat ekonome verwag dat die voedsel pryse in Suid-Afrika nou sy hoogste vlak bereik het, en vanaf September geleidelik kan daal tot meer bekostigbare prys strukture. Die inflasie op voedsel is veel hoër as die algemene inflasiekoers en die vermoede bestaan dat dit reeds die 10% kerf bereik het gedurende Juliemaand.
Die Noord-Kaapse veeboer en voorsitter van die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), James Faber, is onlangs aangewys as Suid-Afrika se eerste Klimaatslim Ambassadeur van die veetydskrif, Veeplaas.
Die gebruik van sirkulêre modelle kan kweekhuisgasvrystellings wat met diereproduksie verband hou, aansienlik verminder – maar dit sal verg dat verbruikers beesvleis, varkvleis en suiwel bo hoender verkies, het nuwe navorsing bevind.
Terwyl tot 100 mm reën die naweek oor dele van die Oos-Kaap se kus voorgekom het, is die volgende koue front op pad. Dit gaan na verwagting sneeu na verskeie dele van die land bring.
Afrika is in die moeilikheid. Dit is die mening van die politieke ontleder, professor Andre Duvenhage, wat sê die verdeeldheid in die wêreld se geopolitiek, met vyandigheid tussen die VSA en China, en die oorlog in Oos-Europa, laat Afrika in ‘n baie moeilike posisie en hy sal moet ‘n besluit maak oor sy alliansies…
‘n Australiese maatskappy beveg ontbossing deur kunsmatige intelligensie met spesiaal-ontwerpte saadpeule te kombineer. Die peule word van sogenaamde okto-kopters in die lug tot in die grond gevuur om bome te plant. AirSeed Technologies gebruik ‘n vloot van hoogsgevorderde hommeltuie wat meer as 40 000 saadpeule per dag kan plant.
Nepalese owerhede het aangekondig dat die land se wilde tierbevolking byna verdriedubbel het sedert 2009. Data wat in die Asiatiese land se Nasionale-tier-en-prooi-opname ingesamel is, wys daar is nou 355 van die bedreigde diere in Nepal.
Op die platteland van Suid Afrika is daar letterlik honderde dorpe wat eenvoudig verval. Dit maak mense geweldig negatief oor die toekoms. En die regering is nie in staat om hierdie kwessie op te los nie. Daar is geen politieke wil nie -Baie min dinge werk in die plaaslike munisipaliteit- ons het net te veel van die mense verwag- Dis nou die gemeenskap se wie wil en regruk.
Hierdie was van die nuus wat die afgelope tyd op AGRI NEWS NET geplaas was. Lees dit en nog meer op www.agrinewsnet.co.za
Min wat mens dit sien... pic.twitter.com/6mDnbeTU2x
— WernerToyota (@WernerToyota) August 7, 2022
— that's why women live longer than men (@whylivelonger) August 7, 2022Dit lyk heel bekend
Patient monkey.. 🍉😊 pic.twitter.com/BXqaKJpCnn
— Buitengebieden (@buitengebieden) August 7, 2022
So is die wereld bedraad#beastmode switch engaged! @Case_IH #blackknight is “IN THE HOUSE” @IowaStateFair!! 💪🏻🇺🇸 @GoodyearFarm @outlawpulling event on the 16th and 17th! #gobigorgohome pic.twitter.com/kRiw4I0pZB
— Scott Sloan (@ScottSloan6164) August 8, 2022
The Earth's submarine fiber optic cable network pic.twitter.com/W1A4X8dXBF
— Vala Afshar (@ValaAfshar) August 8, 2022
Product Name |
Price |
Quantity Type |
Date |
Change |
Previous Price |
|
1 |
White maize |
4,183.0000 |
per Metric Ton |
2022-08-05 |
-0.0351 |
4,335.0000 |
2 |
Yellow maize |
4,170.0000 |
per Metric Ton |
2022-08-05 |
-0.0268 |
4,285.0000 |
3 |
Wheat |
8,650.0000 |
per Metric Ton |
2022-08-05 |
-0.0103 |
8,740.0000 |
4 |
Soybeans |
10,300.0000 |
per Metric Ton |
2022-08-05 |
-0.0028 |
10,329.0000 |
5 |
Sunflower seed |
7,175.0000 |
per Metric Ton |
2022-08-05 |
-0.0280 |
7,382.0000 |
6 |
Sorghum |
6,452.0000 |
per Metric Ton |
2022-08-05 |
-0.0628 |
6,884.0000 |
7 |
Groundnuts (CT) |
22,929.0000 |
per Metric Ton |
2022-08-05 |
-0.0040 |
23,022.0000 |
8 |
Cotton |
12,767.0000 |
per Metric Ton |
2022-08-05 |
0.0000 |
12,767.0000 |
9 |
Sugarbeans |
25,000.0000 |
per Metric Ton |
2022-08-05 |
0.0000 |
25,000.0000 |
10 |
Lusern (SupremeQ) |
3,000.0000 |
per Metric Ton |
2022-08-05 |
0.0000 |
3,000.0000 |
Product Name |
Price |
Quantity Type |
Date |
Change |
Previous Price |
|
1 |
Bananas |
5.3400 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0037 |
5.3600 |
2 |
Apples |
6.7700 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0304 |
6.5700 |
3 |
Oranges |
2.1700 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0236 |
2.1200 |
4 |
Avocados |
11.3000 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0974 |
12.5200 |
5 |
Grapes |
51.6700 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.1739 |
62.5500 |
6 |
Mangos |
12.0000 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0000 |
12.0000 |
7 |
Pears |
7.1300 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0138 |
7.2300 |
8 |
Pineapples |
6.9400 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0073 |
6.8900 |
9 |
Peaches |
20.2200 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0000 |
20.2200 |
10 |
Lemons |
2.6100 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0000 |
2.6100 |
11 |
Nectaries |
67.8300 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0000 |
67.8300 |
12 |
Naartjies |
5.1000 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0000 |
5.1000 |
13 |
Blueberries |
49.3900 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0000 |
49.3900 |
Product Name |
Price |
Quantity Type |
Date |
Change |
Previous Price |
|
1 |
Potatoes |
43.6900 |
per 10Kg |
2022-08-05 |
-0.0256 |
44.8400 |
2 |
Tomatoes |
13.7500 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.2019 |
11.4400 |
3 |
Carrots |
3.5600 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0440 |
3.4100 |
4 |
Onions |
5.8000 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0158 |
5.7100 |
5 |
Cabbage |
3.5500 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0274 |
3.6500 |
6 |
Garlic |
55.8800 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0802 |
51.7300 |
7 |
Spinach |
3.6900 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0165 |
3.6300 |
8 |
Sweet Potatoes |
2.8500 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0865 |
3.1200 |
9 |
Peppers |
17.8800 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.3505 |
13.2400 |
10 |
Chillies |
10.6900 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0000 |
10.6900 |
11 |
Pumpkins |
3.3600 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0000 |
3.3600 |
12 |
Mushrooms |
69.3800 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0000 |
69.3800 |
Product Name |
Price |
Quantity Type |
Date |
Change |
Previous Price |
|
1 |
Mutton A2/3 |
100.5000 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0308 |
103.6900 |
2 |
Feeder Lamb |
47.9100 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0031 |
48.0600 |
3 |
Mutton AB2/3 |
87.2400 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0056 |
87.7300 |
4 |
Mutton B2/3 |
81.9500 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0165 |
80.6200 |
5 |
Mutton C2/3 |
78.0100 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0010 |
77.9300 |
6 |
Ave Wool - Non RWS |
164.9100 |
per Kg |
2022-06-10 |
0.0000 |
164.9100 |
7 |
Ave Wool - RWS |
180.0700 |
per Kg |
2022-06-10 |
0.0000 |
180.0700 |
Product Name |
Price |
Quantity Type |
Date |
Change |
Previous Price |
|
1 |
Beef A2/3 |
59.9300 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0075 |
60.3800 |
2 |
Beef Weaners |
36.9600 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0014 |
37.0100 |
3 |
Beef AB2/3 |
58.2100 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0046 |
58.4800 |
4 |
Beef B2/3 |
54.9300 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0005 |
54.9600 |
5 |
Beef C2/3 |
48.0300 |
per Kg |
2022-08-06 |
0.0069 |
47.7000 |
Product Name |
Price |
Quantity Type |
Date |
Change |
Previous Price |
|
1 |
Kids (under 30kg) |
72.2300 |
per kg |
2022-08-05 |
-0.0181 |
73.5600 |
2 |
Medium (30-40kg) |
56.6800 |
per kg |
2022-08-05 |
-0.0328 |
58.6000 |
3 |
Large (above 40kg) |
43.6200 |
per kg |
2022-08-05 |
-0.0027 |
43.7400 |
4 |
Ewes (Goats) |
49.5300 |
per kg |
2022-08-05 |
-0.0598 |
52.6800 |
Product Name |
Price |
Quantity Type |
Date |
Change |
Previous Price |
|
1 |
Poultry Frozen |
30.8200 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0032 |
30.9200 |
2 |
Poultry fresh |
31.5500 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0025 |
31.6300 |
3 |
Poultry IQF |
30.0500 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0020 |
29.9900 |
4 |
Poultry Average |
30.8000 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0013 |
30.8400 |
Product Name |
Price |
Quantity Type |
Date |
Change |
Previous Price |
|
1 |
Pork Porkers |
25.1800 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0195 |
25.6800 |
2 |
Pork Baconers |
27.2500 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0076 |
27.4600 |
3 |
Pork Sausage |
21.7000 |
per Kg |
2022-08-05 |
0.0032 |
21.6300 |
4 |
Pork Average |
25.3200 |
per Kg |
2022-08-05 |
-0.0201 |
25.8400 |
AMTrendsAdminStock Prices10.28.2021