Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 20 Julie 2022

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 20 Julie 2022

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. 

Die hittegolf wat Europa getref het, is – ondanks ’n gespot van mense wat van warmer lande kom – geen grap nie. ’n Hitte-apokalips wag op die weste van Frankryk, waarsku wetenskaplikes, en wegholbrande het al duisende mense daar laat vlug. Ook in Spanje, Portugal en Griekeland veg brandbestryders ’n hopelose stryd teen die brande. In Brittanje smelt die teer op lughawens se aanloopbane en treindienste is ontwrig of opgeskort. Skole is toegemaak en daar is kommer oor veral bejaardes. Die ekstreme waarskuwing dui daarop dat lewens bedreig word. 

Die Europese Unie dreig met verdere sanksies teen Rusland. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen het die media in Brussel toegespreek oor die stand van die sake met betrekking tot die EU se afhanklikheid aan Russiese energie. Sy sê ‘n sewende sanksie-pakket word moontlik binnekort teen Rusland ingestel. Dit volg te midde van die voortslepende Russiese oorlog in Oekraïne en die bedreiging dat Russiese gastoevoer geheel afgesny kan word. Von der Leyen sê dit sal ‘n groot impak op die hele Europa hê. Gevolglik het die kommissie voorgestel dat alle EU-lidlande gasvebruik van Augustus af met 15 persent verminder.

Inflasie het in Junie tot 7,4% opgeskiet – van 6,5% in Mei, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) pas bekend gemaak. Die inflasie wat arm huishoudings beleef, is iets allerverskrikliks op 9,1% en 8,5% vir die twee armste inkomstegroepe. Dis omdat dié mense ’n groter persentasie van hul inkomste aan kos en vervoer moet bestee – twee faktore wat saam meer as die helfte, 4,2 persentasiepunte, tot die 7,4% bydra. Kosprysinflasie het van 7,6% tot 8,6% opgeskiet en dra 1,5 persentasiepunte tot die 7,4% by. Die derde grootste bydrae tot die inflasiekoers is behuising en nutsdienste, wat saam 5,1% duurder is en 1,2 persentasiepunte bydra. Kerninflasie, wat kos- en brandstofpryse en kragtariewe uitsluit, het van 4,1% in Mei tot 4,4% gestyg. Die syfers kom die dag voordat die Reserwebank sy besluit oor die rentekoers aankondig. Daar word alom verwag dat die koers met 50 basispunte verhoog gaan word, maar sommige ekonomie verwag dat dit met 75 basispunte verhoog gaan word.

Hoekom moet daar verhoogde rente gehef word op bestaande lenings ? Hoekom nie net op nuwe lenings nie- ? Mense wat skuld aangaan en dit reg bestuur neem goeie finansieele besluite op 'n sekere tyd- en weet dat hulle die skuld kan terugbetaal. - met hierdie rentekoers is die regering besig om mense se skuld te verdubbel en daarmee mense uit besigheid te haal en meer mense op straat te sit. Die Banke is in die proses om die ekonomie in 'n ernstige wêreldwye resessie te druk deur hul rentekoerse verder te verhoog. Die sentrale banke glo dat rentekoerse 'n baie sterker markkrag in die ekonomie is as die markkragte van vraag en aanbod wat nooit korrek of waar kan wees nie!

Volgens die Sentrale Energiefonds se syfers op 15 Julie was daar ’n oorverhaling op petrol van tussen R1,16/liter en R1,23/liter, asook gemiddeld 98c/liter op diesel. As die staat se 75c/liter-verligting op die brandstofheffing op 2 Augustus verval, kan die daling in pryse minder wees. Dis 'n blaaskans by die pompe realiseer, of brandstofpryse selfs net dieselfde bly, sal dit goeie nuus vir die landbousektor en ekonomie as geheel wees, veral wat voedselpryse en inflasie betref.

Wie gaan sy pryse verlaag wat verhoog was agv die verhoogde Brandstof prys ?

Ons Junior Landbouskrywers kompetiese sal eerdaags in aanvang neem. Ons gaan groot die jaar - Ons maak binnekort die nuus bekend. Hou gerus ons mediums dop . Ons begin ook eersdaags met 'n ander nuwe kompetisie. 

Maak jou reg vir 'n nuwe opwindende kompetiese op AGRI NEWS NET- WENAKKER STORIES - Kry solank jou storie reg, jy gaan eersdaags die geleentheid kry om die storie vir ons te vertel en daarmee saam deel te word van al ons WENAKKER storie vertellers.

Nuusredakteur

Luister gerus na ons gewilde POTGOOI- daagliks op www.farmingportal.co.za

        

‘n Namibiese landboukenner het sy reaksie gegee oor die impak van bek-en-klouseer in Suid-Afrika op Namibië. Daar is ‘n herlewing van bek-en-klouseer in verskeie provinsies soos Noordwes, Vrystaat, Limpopo, Gauteng en KwaZulu-Natal.

Belanghebbendes het 30 dae om kommentaar te lewer op die staat se wildsvleisstrategie. Hierdie strategie en toepassingsplan vir 'n formele wildsvleisstrategie is gister (18 Julie 2022) deur Barbara Creecy, minister van bosbou, visserye en omgewingsake, in die Staatskoerant (47024, kennisgewing no. 2293) gepubliseer.

Temperature in Brittanje sal na verwagting vandag vir die eerste keer tot 40 grade celsius styg, nadat die warmste nag op rekord aangeteken is. Owerhede het vroeër ‘n nasionale ramptoestand afgekondig weens die huidige hittegolftoestande. Die hoogste temperatuur wat nog aangeteken is, is 38-komma-sewe in 2019, hoewel temperature gister op plekke tot 38-komma-een gestyg het.

Die Suid-Afrikaanse olie raffinaderye het een na die ander hulle deure gesluit en tans is daar enkele entiteite wat in bedryf is terwyl die meeste voorraad vir die land ingevoer moet word.Sasol SA, wat die grootste brandstof produsent is, sê hy het self ook gesukkel weens die vertragings in aflewering van die rou materiaal vir Natref raffinadery wat deur Total en Energies beheer word.

Ondanks verskeie uitdagings in die pluimvee-en lewendehawebedryf was voerverkope van April verlede jaar tot Maart vanjaar op 'n jaargrondslag 2,2% hoër.Volgens De Wet Boshoff, uitvoerende direkteur van die vereniging van veevoervervaardigers (Afma) is altesame 6,9 miljoen ton veevoer in die jongste tydperk verkoop.

Silo-ongelukke gebeur selde in Suid-Afrika, en indien dit plaasvind, is dit moontlik ‘n fratsongeluk. Dit is volgens Dries van der Linde, die Operasionele Bestuurder van Graan by OVK, in reaksie op die onlangse voorval waar ‘n vrou en kind in ‘n mielie-silo op ‘n plaas in Mpumalanga geval het

 
Minimum en maksimum temperature kan in die tweede deel van Julie en Augustus hoër as normaal wees. “Dit wil tog lyk asof die ergste koue vir die seisoen dalk verby is, hoewel die kans altyd bestaan dat sterk koue fronte nog in die komende maande oor die land kan beweeg. Die uitwerking van so ’n stelsel sal egter net dae lank gevoel word,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.
Namibië vaar uiters goed met voedselproduksie en volgens die jongste syfers, voorsien die land se boere reeds 48 persent van plaaslike vraag na grane, groente en vrugte. Daar is volgens Gilbert Mulonda, die algemene bestuurder van akkerbou en tuinbou by die Akkerbouraad, verskeie meganismes in plek gestel om produksie en die waardeketting te verbeter.
"Die Reserwebank sal in die komende weke, net soos die Amerikaanse Federale Reserweraad, Europese Sentrale Bank en ander sentrale banke in die wêreld, weereens die werking van die markkragte van vraag en aanbod totaal ignoreer wanneer hulle hul rentekoerse verder verhoog," sê Fanie Brink, 'n onafhanklike landbou-ekonoom.
Die LUR vir landbou en landelike ontwikkeling in die Vrystaat, Thembeni Nxangisa sê sy departement is besig om oplossings te probeer vind vir kwessies oor landelike veiligheid in veral die oostelike deel van die provinsie. Hy het gereageer op die moord op sewe mense verlede week op die Lismore-plaas naby Kestell.
Die Britse koninklike, Prins Harry, het ‘n beroep op wêreldleiers gedoen vir daadwerklike optrede teen onsekerheid en klimaatsvernadering. Die Britse konininklike sê die wêreld word bedreig deur ‘n aanval op demokrasie en vryheid. Harry het in New York by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gepraat, as eregas op Mandela-dag.
Vir die beesvoerkraalbedryf is dit belangrik dat sy uitvoer moet toeneem omdat die binnelandse mark onder druk is en die slagaanbod in die komende jare gaan toeneem. Daarvoor is ’n internasionaal aanvaarbare naspeurstelsel noodsaaklik.
Wetenskaplikes in Australië toets gedrukte sonpanele – letterlik gedruk met ‘n drukker wat etikette vir wynbottels druk – wat hulle sal gebruik om ‘n Tesla elektriese motor aan te dryf op ‘n reis van 15 100 kilometer wat in September begin.

Hierdie was van die nuus wat die afgelope tyd op AGRI NEWS NET geplaas was.  Lees dit en nog meer op www.agrinewsnet.co.za
Afrika op sy beste
Hulp aan Ukraine
Rusland vernietig die koring lande in Ukraine
Toe die wereld nog respek gehad het en daar nog trots was

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

White maize

4,414.0000

per Metric Ton

2022-07-15

0.0208

4,324.0000

2

Yellow maize

4,344.0000

per Metric Ton

2022-07-15

0.0145

4,282.0000

3

Wheat

8,190.0000

per Metric Ton

2022-07-15

-0.0053

8,234.0000

4

Soybeans

10,320.0000

per Metric Ton

2022-07-15

-0.0054

10,376.0000

5

Sunflower seed

7,598.0000

per Metric Ton

2022-07-15

0.0054

7,557.0000

6

Sorghum

6,638.0000

per Metric Ton

2022-07-15

-0.0747

7,174.0000

7

Groundnuts (CT)

14,706.0000

per Metric Ton

2022-07-15

-0.3205

21,641.0000

8

Cotton

12,003.0000

per Metric Ton

2022-07-15

-0.0225

12,279.0000

9

Sugarbeans

25,000.0000

per Metric Ton

2022-07-15

0.0000

25,000.0000

10

Lusern (SupremeQ)

3,650.0000

per Metric Ton

2022-07-15

0.0000

3,650.0000

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Bananas

5.8400

per Kg

2022-07-15

0.0523

5.5500

2

Apples

6.4200

per Kg

2022-07-15

0.1224

5.7200

3

Oranges

2.9700

per Kg

2022-07-15

0.1250

2.6400

4

Avocados

14.4700

per Kg

2022-07-15

0.0314

14.0300

5

Grapes

62.8900

per Kg

2022-07-15

0.4072

44.6900

6

Mangos

27.3500

per Kg

2022-07-15

-0.2186

35.0000

7

Pears

7.2600

per Kg

2022-07-15

0.0772

6.7400

8

Pineapples

5.4000

per Kg

2022-07-15

0.0345

5.2200

9

Peaches

16.6200

per Kg

2022-07-15

1.1840

7.6100

10

Lemons

3.2200

per Kg

2022-07-15

0.0733

3.0000

11

Nectaries

70.8100

per Kg

2022-07-15

-0.8429

450.6800

12

Naartjies

5.0800

per Kg

2022-07-15

-0.0136

5.1500

13

Blueberries

78.0200

per Kg

2022-07-15

-0.5229

163.5300

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Potatoes

46.0700

per 10Kg

2022-07-15

-0.0225

47.1300

2

Tomatoes

8.9100

per Kg

2022-07-15

0.1082

8.0400

3

Carrots

3.6100

per Kg

2022-07-15

-0.0623

3.8500

4

Onions

5.8700

per Kg

2022-07-15

0.0335

5.6800

5

Cabbage

3.4700

per Kg

2022-07-15

0.0236

3.3900

6

Garlic

48.7100

per Kg

2022-07-15

-0.0926

53.6800

7

Spinach

4.3100

per Kg

2022-07-15

-0.1696

5.1900

8

Sweet Potatoes

3.3200

per Kg

2022-07-15

0.0675

3.1100

9

Peppers

20.0900

per Kg

2022-07-15

0.0030

20.0300

10

Chillies

9.0200

per Kg

2022-07-15

0.1000

8.2000

11

Pumpkins

3.3500

per Kg

2022-07-15

0.0984

3.0500

12

Mushrooms

71.0200

per Kg

2022-07-15

0.0296

68.9800

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Mutton A2/3

107.1000

per Kg

2022-07-15

-0.0084

108.0100

2

Feeder Lamb

52.2300

per Kg

2022-07-15

-0.0328

54.0000

3

Mutton AB2/3

88.3200

per Kg

2022-07-15

0.0112

87.3400

4

Mutton B2/3

78.6100

per Kg

2022-07-15

0.0008

78.5500

5

Mutton C2/3

77.8900

per Kg

2022-07-15

0.0102

77.1000

6

Ave Wool - Non RWS

164.9100

per Kg

2022-06-10

0.0000

164.9100

7

Ave Wool - RWS

180.0700

per Kg

2022-06-10

0.0000

180.0700

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Beef A2/3

61.5600

per Kg

2022-07-15

0.0518

58.5300

2

Beef Weaners

36.1900

per Kg

2022-07-15

-0.0025

36.2800

3

Beef AB2/3

59.2200

per Kg

2022-07-15

0.0500

56.4000

4

Beef B2/3

54.9200

per Kg

2022-07-15

0.0265

53.5000

5

Beef C2/3

48.6600

per Kg

2022-07-15

0.0270

47.3800

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Kids (under 30kg)

68.9000

per kg

2022-07-15

-0.0724

74.2800

2

Medium (30-40kg)

59.1100

per kg

2022-07-15

0.0158

58.1900

3

Large (above 40kg)

43.2700

per kg

2022-07-15

-0.0089

43.6600

4

Ewes (Goats)

58.6400

per kg

2022-07-15

0.0922

53.6900

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Poultry Frozen

31.3900

per Kg

2022-07-15

0.0038

31.2700

2

Poultry fresh

31.8100

per Kg

2022-07-15

-0.0038

31.9300

3

Poultry IQF

29.9800

per Kg

2022-07-15

0.0139

29.5700

4

Poultry Average

31.0600

per Kg

2022-07-15

0.0045

30.9200

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Pork Porkers

27.2000

per Kg

2022-07-15

-0.0033

27.2900

2

Pork Baconers

27.9900

per Kg

2022-07-15

-0.0046

28.1200

3

Pork Sausage

22.0300

per Kg

2022-07-15

0.0055

21.9100

4

Pork Average

27.2900

per Kg

2022-07-15

-0.0022

27.3500