Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels.
Tiger Brands sal bedrywighede by sy sagtevrugtebesigheid Langeberg & Ashton Foods (L&AF) vir ’n verdere seisoen verleng. “Die besluit is geneem nadat ’n ooreenkoms aangegaan is met L&AF-werknemers, arbeidsorganisasies en lede van die Inmaakvrugteprodusentevereniging (IPV),” sê Azure Fey, woordvoerder van Tiger Brands, in ’n verklaring. Die ooreenkoms sal die maatskappy toelaat om die aansienlike risiko te onderneem wat nodig is om die besigheid vir die komende seisoen te bedryf. “Tiger Brands sal voortgaan om met belanghebbende partye in gesprek te tree om ’n transaksie te finaliseer wat voorsiening kan maak vir die voortsetting van ’n volhoubare sagtevrugteverwerkingsbedryf ná die 2022/3-seisoen.
Die aard van die Suid-Afrikaanse demokrasie het verval saam met die ondergang van die ANC. ʼn Geïntegreerde netwerk van korrupsie het die staat verswelg met grootskaalse onstabiliteit en wanorde wat gevolg het. Die ANC se korrupsie en interne magstruwelinge om meer geld en mag is ten nouste verweef met die onstabiliteit in ons land. Vroeër vanjaar het die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) in samewerking met die Government and Public Policy-dinkskrum die bestaande hipoteses rondom gewelddadige protes onvergewerp. Teenintuïtief korreleer gewelddadige protesaksie in Suid-Afrika nie met diensleweringsongelukkigheid of vervallende sosio-ekonomiese omstandighede nie. Die enkele faktor wat statisties die sterkste ooreenstem met gewelddadige protesaksies is interne onstabiliteit in die ANC. Elite magsbedinging is die grootste bydraende faktor tot gewelddadige “diensleweringsbetogings” in Suid-Afrika. Kortom – as die ANC baklei, brand Suid-Afrika. Dan is nog nie eens gepraat van die geteikende “meedinging” van politieke moorde en geweld nie.
Moed opgee of hoop verloor mag nie deel van die Suid-Afrikaanse boer se DNS wees nie.“Ondanks al die uitdagings wat boere in die gesig staar op ’n daaglikse basis doen ek ’n beroep op elke boer in die land om nie moed op te gee nie … boere moet vasbyt en sterk staan. Ek besef dit is moeilik, maar ons moet positief bly en ons beste doen om onsself te rat om elke uitdaging die hoof te bied,” se Henry Geldenhuys, TLU SA se president.. Volgens Geldenhuys mag dit vir die land se boere voel of die “aanvalle” uit alle oorde kom siende dat landbou se uitdagings uiteenlopende aspekte soos regeringsbeleid, klimaat en veiligheid insluit. Landbou is die hoeksteen van Suid Afrika - voedselsekerheid was nog altyd daar- ons het van die beste landbouers in Suid Afrika- en ons opkomende boere doen net so goed. Dis tyd saamstaan - dit was lankal tyd.
Die regering van Suid Afrika hou aan met sy inmenging in die privaatsektor met sy swart ekonomiese beleid- Luidens ’n verklaring van die kabinet is die doel hiervan “om die transformasie van die regsektor te fasiliteer om verteenwoordiging volgens die land se demografie te bereik. Die kode sal ook die ontwikkeling verseker van ’n instelling wat goed opgeleide en bekwame verskaffers van regsdienste tot gevolg sal hê.”Die konsepkode is onder die toesig van die Regspraktykraad, ’n statutêre instelling, ontwikkel en dit is op die beginsels van die Wysigingswet op Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging van 2013 gegrond, luidens die verklaring. Dié wet magtig die minister van handel, nywerheid en mededinging om SEB-kodes vir goeie praktyk in spesifieke sektore uit te reik. Daar is nie tans ’n sektorkode vir die regsberoep nie. Landbou moet op die uitkyk wees vir al hierdie onnodige wetgewings en praktyke wat dalk ook in die regering se visier is.
Die scenario in Suid-Afrika is op die oomblik baie dieselfde as in Sri Lanka waar betogers onlangs die president se ampswoning bestorm en ingeneem het, waarsku mnr. Theo Venter, dosent in praktyk aan die Universiteit van Johannesburg se kollege vir besigheid en ekonomie. “As jy die teelaarde het vir politieke onbestendigheid wat veroorsaak word deur dinge soos armoede, swak ekonomiese groei, hoë brandstofpryse, skaars hulpbronne en korrupsie dan kan dit tot ’n uitbarsting lei, veral as die regering nie werklik in beheer is nie.” Hy sê die omstandighede wat ’n jaar gelede tot die onluste in KwaZulu-Natal aanleiding gegee het, is steeds aanwesig in Suid-Afrika en selfs nou meer intens met die verhoogde brandstofpryse, stygende kospryse en die hoë prys van kookolie. “Ons het ’n baie hoër konflikpotensiaal nou as ’n jaar gelede.”
Suid Afrika se inwoners en landbouers moet daagliks wortsel om besigheid te doen in 'n land waar daar geen wet en order is nie- Korrupsie vind nog daagliks plaas en baie mense weet nie meer hoe om al hierdie uitdagings te hanteer nie- Ons moet net sterk staan en weet dat ons op die einde van die dag oorwinnig sal he oor al hierdie negatiewe dinge wat ons sien en beleef. Moenie moedeloos raak nie en sorg dat jy gesond is.
Ons Junior Landbouskrywers kompetiese sal eerdaags in aanvang neem. Hou gerus ons mediums dop . Ons begin ook eersdaags met 'n ander nuwe kompetisie.
Nuusredakteur
Luister gerus na ons gewilde POTGOOI- daagliks op www.farmingportal.co.za
Suid-Afrika se landboumasjinerie-verkope was die afgelope ses maande verbasend sterk. In Junie 2022 het trekker- en stroperverkope onderskeidelik met 26 persent en 67 persent op ‘n jaargrondslag gestyg. Altesaam 824 trekkers en 50 stropers is verkoop.
‘n Lewensvatbaarheidstudie wat pas voltooi is toon dat ‘n spoorlyn-verbinding tot in Zambië uiters voordelig sal wees vir Namibië. Die studie wat deur die ministerie van vervoer aangevra is en deur MR-Technofin in Moembaai, Indië uitgevoer is, toon dat die lyn, wat 770 kilometer lank sal wees, lewensvatbaar is van ‘n omgewings- en finansiële standpunt.
Die prys van brent ru-olie het tot onder 100-dollar ‘n vat gedaal te midde van ‘n verwagte laer vraag na olie. Hernieude Covid 19-regulasies in Sjina dra by tot kommer oor ekonomiese verlangsaming. Sowat 30 miljoen mense word geraak deur nuwe regulasies om die verspreiding van Covid 19 te beperk.
Dit is nie net Eskom wat deur vakbonde gyselaar gehou word nie, want nou word die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ook gedreig dat hy tot stilstand geruk gaan word gedurende hierdie week. Die vakbond Nehawu sê hy sal werkers mobiliseer om die Inkomstediens te dwing om sy deure te sluit na loon onderhandelings sou misluk
Veegetalle in Suid-Afrika en Namibië het drasties verminder, veral in gebiede wat vir jare lank onder erge droogtetoestande gebuk gegaan het. Volgens Prof. Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat, kan die aankoop van vee en die aangaan van lenings risiko's inhou indien boere steeds wil voortgaan met hul besigheid.
Winsgewendheid, veiligheid en sekuriteit is van die faktore wat die landboubedryf se lewensvatbaarheid beïnvloed, en is ook op die lys van besprekingspunte by Vrystaat Landbou (VL) se jaarkongres. Die organisasie se kongres vind op 3 en 4 Augustus plaas. VL se tema is vanjaar ‘Ongeag’.
Suid Afrika het drie groepe mense .Die een groep blameer elke dag die verlede en almal behalwe hulleself vir alles wat verkeerd is- Hulle "demand " alles. Daarmee saam pas hulle elke dag ekonomiese sabotasie toe - deur te staak, paaie te blokkeer, geboue te brand en hulle eie dorpe en werksplekke te bevuil en geen bydra lewer tot enige opbou van die land nie.
Produsente gaan tans gebuk onder van die hoogste kunsmispryse wat al ooit plaaslik beleef is. Aangesien kunsmis verantwoordelik is vir tussen 30% tot 50% van ’n produsent se insetkoste, is dit pryse wat Graan SA baie intensief monitor. Deur hierdie pryse dop te hou, kan ons meet of plaaslike produsente die regte prys vir kunsmis betaal. Dit help ook om deursigtigheid in die mark te verseker sodat produsente ingeligte aankoopbesluite kan neem en dit skep verder kompetisie in die mark. In die proses dra dit daartoe by om die produsent so winsgewend moontlik op sy plaas te hou.
This is what large scale farming looks like pic.twitter.com/lu291CGkGR
— Vala Afshar (@ValaAfshar) July 10, 2022
Smart farming.
— Defarmercist Alex Afari (@DefarmerAlex) July 11, 2022
Little to no sophistication. Smart kid in Agriculture. pic.twitter.com/VAK1CkUY56
This is how the harvesting amid Russia's invasion in Ukraine is taking place. pic.twitter.com/1w5xeu8afD
— UkraineWorld (@ukraine_world) July 13, 2022