Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 6 Julie 2022

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 6 Julie 2022

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. 

Die produsenteprysindeks het in Mei vanjaar op ’n jaargrondslag met 19,3% toegeneem. Op ’n jaargrondslag het die prys van graankosse met 30,8% en die prys van vrugte en groente met 20,8% gestyg. “Die kombinasie van hoër koste om skuld te delg midde-in ’n rekordhoë insetkoste-omgewing sal voortgaan om aan produsente se winsmarges te vreet en kan daartoe lei dat diegene wat reeds finansieel in die knyp is, sal kies om die sektor te verlaat. “Die stygende brandstofpryse word op verskillende maniere van oes tot die verspreiding van produkte duidelik. Graanprodusente en logistieke maatskappye in die landbouwaardeketting sal die prysstygings voel aangesien bykans 80% van graan padlangs vervoer word. Die vee- en tuinboubedryf, met sitrus se uitvoerseisoen wat volstoom aan die gang is, sal ook geraak word ten opsigte van verspreiding landwyd en uitvoer.” Aan die verbruikersfront het die verbruikersprysindeks in die tweede kwartaal van vanjaar met 25 punte gedaal nadat dit in die eerste kwartaal met 13 punte verminder het. Verminderde besteding kan ’n demper op vraag en gevolglik produktepryse plaas ten spyte van insetkoste wat op hoë vlakke bly. Dit kan dus produsente se winsmarges onder druk plaas.

Suid-Afrikaners se geduld en liefde vir ons land word tans ernstig getoets met beurtkrag wat elke huishouding, sake-onderneming en groot industrie daagliks vir ure lank sonder elektrisiteit laat. Intussen styg brandstofpryse tot nuwe rekordvlakke met petrol en diesel teen R30 per liter wat nou na ‘n sterk moontlikheid begin lyk. Behalwe vir beurtkrag het elektrisiteitstariewe in Suid-Afrika die afgelope paar jaar sodanig gestyg dat Suid-Afrika se huidige energiekrisis nie meer net een van beskikbaarheid is nie, maar ook van bekostigbaarheid. Moderne boerderypraktyke steun swaar op elektrisiteit en boere sê die onlangse toename in beurtkrag ontwring hul boerderybedrywighede aansienlik. Pakhuise, pompstasies, besproeiing- en verkoelingstelsels en mengtoerusting is alles van kragvoorsiening afhanklik. Insetverskaffers kan ook nie na behore funksioneer sonder ʼn stabiele elektrisiteitsnetwerk nie. Agri SA sê boere rapporteer reeds geweldige verliese namate verwerkingsmasjinerie, besproeiingstoerusting en ander masjinerie skade ly en tot stilstand kom weens onderbrekings in kragtoevoer. Die impak van beurtkrag kring egter wyer uit as net die ooglopende. Christo van der Rheede, Agri SA se uitvoerende direkteur, is van mening dat beurtkrag ook voedselsekerheid en maatskaplike stabiliteit in gedrang bring. Beurtkrag dra by tot inflasie en kan tot gevolg hê dat boere minder aanplant, weens stygende koste en onderbreking in aanplantskedules. Beurtkrag verhoog die koste van produksie vir boere in ʼn tyd waarin Suid-Afrikaners deur verdere voedselprysstygings in die gesig gestaar word en onder ongekende ekonomiese druk verkeer. Dit veroorsaak meer risiko’s en onsekerheid.” Hy sê terwyl sommige boere die middele het om van die kragnetwerk af te beweeg, is die meeste nie daartoe in staat nie. Dit geld veral vir die mees kwesbare kleinskaal boere. Boere verbeur hul waterkwotas vir besproeiingsdoeleindes wanneer die krag af is – ʼn onverhaalbare verlies wat boerderye lamlê.

Matshela Koko, voormalige waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, het Sondag op Twitter gesê dat André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, se tydperk as die land se kragbaas 'n ramp is. Hy het bygevoeg dat de Ruyter toegelaat is om sy mislukking vry te spring weens 'wit bevoorregting -Dit volg nadat de Ruyter die skuld van beurtkrag op dekades se agteruitgang en staatskaping by die kragmaatskappy geplaas het. “Ons moet hierdie wit bevoorregting by Eskom hanteer en wanneer dit klaar is, sal Eskom se prestasie ten goede verander," lui 'n Twitter-plasing deur Koko. "Van die 46 000 MW nominale kapasiteit is meer as 21 000 MW nie beskikbaar nie en niemand gee om nie. Allerhande verskonings word gebruik om wit bevoorregting te beskerm,” voeg Koko by. Kganki Matabane, uitvoerende hoof van die Black Business Council (BBC), sê dié sakeliggaam doen 'n beroep op de Ruyter om afgedank te word. 

Die minister van Polisie, Bheki Cele, het tydens ‘n gemeenskapsvergadering in Gugulethu op die Kaapse Vlakte sy humeur verloor en op ‘n verteenwoordiger van ‘n burgerregte-organisasie geskree om stil te bly en die saal te verlaat. Die voorval het gebeur nadat Ian Cameron van Action Society gesê het Cele respekteer nie die regte van mense wat met misdaad moet saamleef nie. Cameron het gesê Cele woon vergaderings by onder swaar polisiebegeleiding, terwyl Jan en Alleman nie daarop geregtig is nie. Cele was besig om vrae van gemeenskapslede te beantwoord, toe Cameron opgestaan het om op sy opmerkings te reageer. Cele het gesê Cameron kan hom niks van menseregte vertel nie en het op hom geskree om stil te bly en die saal te verlaat.ʼn Regering wat so voortstrompel ten spyte van goedbedoelde advies, die planne van menige kundige rolspelers ignoreer en wat afwysend reageer op grondige bevindinge kan nie anders as om dan verantwoordelik gehou te word vir die al groterwordende  breuk in vertroue tussen regering en die burgerlike samelewing nie.

Ons is in die tweede helfte van 2022- ons land is in krises en ons het werklike leiers nodig om hierdie land weer te kry waar dit was.  Ons mense wat waardes het en weet wat dit is om te bou en te werk en welvaart te skep moet nou saamstaan. Moenie afdaal na die vlak van die regering en sy meelopers nie. Moenie jou geloof verloor nie- ons kan hierdie land weer opbou. 

Landbou is die hoeksteen van Suid Afrika - voedselsekerheid was nog altyd daar- ons het van die beste landbouers in Suid Afrika- en ons opkomende boere doen net so goed. Dis tyd saamstaan - dit was lankal tyd. 

Ons Junior Landbouskrywers kompetiese sal eerdaags in aanvang neem. Hou gerus ons mediums dop . Ons begin ook eersdaags met 'n ander nuwe kompetisie. 

Nuusredakteur

    

Die betogende boere in Nederland het die afgelope naweek met duisende trekkers die grens tussen Duitsland en Nederland versper -Die betogende boere in Nederland het die afgelope naweek met duisende trekkers die grens tussen Duitsland en Nederland versper. Vissermanne het ook nou by die betogings aangesluit en teiken saam met die boere verskeie hawens, verspreidingsentrums en supermarkte. Groot kommer heers dat die rakke met varsprodukte in supermarkte leeg raak omdat die voedselvoorsieningsketting weens die betogings beïnvloed word. Woedende boere betoog al die afgelope twee weke teen hul regering se planne om stikstofvrystelling te verminder deur onder meer 5 000 plase uit te koop. Boere het vroeër gesê hulle “sal die hele Nederland sluit” uit ontevredenheid oor die saak.

Stad Kaapstad het volgens berigte reeds ‘n plan geformuleer om die stad se hawe te privatiseer. Die stad wil met die minister van openbare ondernemings Pravin Gordhan in die verband vergader. James Vos, die LUR vir ekonomiese groei sê vragvolumes neem toe en opgradering is broodnodig by die hawe.
Die Europese Unie beplan ‘n ooreenkoms met Namibië om die ontluikende groen-waterstofsektor te ondersteun en sy eie invoere van die brandstof ‘n hupstoot te gee terwyl die blok werk om sy afhanklikheid van Russiese energie te verminder. Tot op hede beslaan groen-waterstof net 2 persent van die EU se energiebronne.
Die Suid-Afrikaanse veebedryf het groot uitdagings wat die bedryf in die gesig staar. Suid-Afrika het 91 bek-en-klouseer-gevalle in voorheen siektevrye sones gehad. Die siekte het vir die eerste keer in die geskiedenis buite die afgebakende bek-en-klouseer-sone versprei en is nou aktief in vyf provinsies: Limpopo, KwaZulu-Nata, Noordwes, Gauteng en die Vrystaat.
Noorweë het sy Gudrun, Oseberg- en –Oos olievelde in die Noordsee gesluit as gevolg van ‘n staking in die bedryf in die land. Na wat berig word sal daaglikse produksie met 89 000 vate daagliks as gevolg van die staking verlaag. Maar, Brent toon op die oomblik min verandering omdat beleggers kommer het oor die aanbod maar, ook oor ‘n wêreldwye resessie wat vraag na brandstof sal beperk.
Nuwe navorsing van die Universiteit van Illinois toon koei- en kalfpare kan dwarsdeur die somerweidingseisoen in ‘n kraal bestuur word sonder veel negatiewe gevolge. Volgens die wetenskaplikes is baie goeie resultate behaal toe koeie in krale aangehou is tydens die somer. Die koeie het hul liggaamsmassa en -kondisie gehandhaaf en goeie reproduksiekoerse behaal.
Niemand kan meer bekostig om net toe te kyk en niks te doen met die uitdagings in Suid-Afrika nie. Om dié rede span verskeie landbou-organisasies, -unies en bedryfsorganisasies kragte saam om met ’n ware landboumeesterplan vorendag te kom.
Suid-Afrika se steenkoolkragstasies is baie ongewild onder heelwat regerings en organisasies wat klimaatsverandering wil bekamp. Dit beteken dat te midde van die voortslepende gespartel om die ligte aan te hou, word internasionale minimum emissiestandaarde (MES) ook op Eskom afgedwing.
Suid-Afrika se steenkoolkragstasies is baie ongewild onder heelwat regerings en organisasies wat klimaatsverandering wil bekamp. Dit beteken dat te midde van die voortslepende gespartel om die ligte aan te hou, word internasionale minimum emissiestandaarde (MES) ook op Eskom afgedwing.
 
Die ekonoom, Iraj Abedian sê die regering is vasgevang in ‘n onbenydenswaardige situasie omdat geen fiskale hulpbronne meer beskikbaar is om die prys van petrol te subsidieer nie. Hy sê hoë inflasie en stygende brandstofpryse sal arm mense en pensionarisse die ergste raak. Die prys van brandstof styg om middernag skerp.
Navorsing deur Afrobarometer wat in 34 Afrika-lande tussen 2019 en 2021 uitgevoer is, toon dat radio die mees gewilde bron vir nuus is met 68 persent van respondente wat sê hulle gebruik dit ‘n paar keer ‘n week en 45 persent wat sê hulle gebruik dit daagliks.
Hoë kunsmis- en brandstofpryse, sowel as voortdurende swaar reën in sekere dele van die land, is nou al vir ‘n geruime tyd aan die orde van die dag.Landbou-organisasies, soos Agri Noord-Kaap, spreek gereeld hulle kommer uit oor die bekostigbaarheid van plaasinsette.
Wetenskaplikes het vasgestel of dit moontlik is om ‘n jong lammer se gewig te gebruik om te voorspel wat die kwaliteit van die karkas op die teikengewig sal wees. Hulle het bevind dat lammers wat swaarder is tydens speen, wat tipies teen 13 weke-ouderdom plaasvind, ‘n heelwat groter waarskynlikheid het om maerder en meer gespierde karkasse te hê.
Die verswakking van die Suid-Afrikaanse rand teen die Amerikaanse dollar plaas verdere druk op huishoudings in beide die buurland en plaaslik. Die geldeenheid het Vrydag teen 16.40 teen die Amerikaanse doller verhandel, die swakste sedert Oktober 2020. Maar, die bekende beleggingsekonoom, Dawie Klopper, sê dit was te verwagte.
Die Suid-Afrikaanse verbruikers van elektrisiteit ervaar 2022 as die jaar met die meeste beurtkrag ooit, en daar is nog ses maande van die jaar wat wag…Die eerste ses maande van die jaar het Eskom so swak gevaar in dienslewering dat dit byna net soveel beurtkrag ure opgelewer het as wat voorheen as rekord beurtkrag jaar aangeteken is.
Kommoditeitspryse het sedert die vorige sessie negatief verhandel. Koring pryse het oor die naweek gedaal tot vlakke van voor die Rusland-Oekraïne oorlog, as gevolg van druk deur die sterk Amerikaanse Dollar en stygende voorraad vlakke van die noordelike hemisfeer wat nou hulle winterkoring oeste stroop.
Suid Afrika -Rooivleis is ’n luukse op die binnelandse mark- Een van die groot kwessies vir die vleisbedryf is die groeiende vraag na alternatiewe proteïen- Die jonger generasie het ’n sterk ingesteldheid om die omgewing te bewaar en hierdie aandranggaan nie stop nie.-Rooivleisprodusente moet hulle aanslag en bemarking op hierdie jong generasie totaal en al anders benader.
 
Hierdie was van die nuus wat die afgelope tyd op AGRI NEWS NET geplaas was.  Lees dit en nog meer op www.agrinewsnet.co.za
Dis nou ondervinding en harde werk op sy beste
Boer maak 'n plan