Ons het soveel kwaliteit mense verloor met jare se ondervinding,wysheid en familiewaardes met Covid 19- Suid Afrika.

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Daagliks hoor ons van een of ander persoon wat ons geken het, wat skielik dood is aan Covid 19 verwante siekte- of aan Covid self.

Oor 'n tydperk van 'n jaar en meer is die virus deel van elkeen van ons se normale daaglikse lewe. En soos die mens homself aanpas by omstandighede, het ons al begin aanvaar dat mense agv die virus doodgaan en ander word baie siek, maar staan op en word weer gesond.

Nog nooit het ons geslag so iets beleef nie en ongelukkig is dit nou deel van die ons lewe. Of die virus nou geskep is en of hy natuurlik deel is van die wêreld en sy siektes sal ons nie weet nie, maar dat hierdie virus ons lewens en toekomsverwagtinge en drome kom vernietig het, is 'n feit.

Saam met hierdie virus moet ons daagliks nog lewe en werk in 'n land waar daar elke dag iewers onrus is- Terrorisme is aan die orde van die dag en ons sien hoe hierdie barbare daagliks ten spyte van al die regulasies oor Covid 19 doen wat hulle wil in 'n land waat daar nie orde en vrede is nie.  Die regering en sy meelopers het weereens bewys dat hulle nie instaat is om werklik enige iets suksesvol aan te pak en deur te voer nie.

Ons vryheid is al vir 'n jaar en langer van ons ontneem en maandeliks hernu die regering sy hand van magsmisbruik  oor ons as inwoners en belastingbetalers. Ons sien dat die media alreeds weer besig is om die volgende vlaag momentum te gee wat waarskynlik in Desember 2021 hier sal wees- dit nadat die regering baie van ons mense se jaarlikse besoek aan die see en ander plekke verlede jaar kortgeknip het. Meeste van ons, se kinders is in die buiteland en met al die reisbeperkings en reels en regulasies kom familie lede nie meer bymekaar nie. 

Die heengaan van soveel kwaliteit mense, is wat my die naaste aan die hart lê. Duisende kwaliteit mans en vrouens met jare se wysheid en kennis is weg- vir ewig, mense wat nog soveel waarde kon toevoeg tot ons land, hy/sy vriende en familie. Vaders en moeders, Oupas en Oumas en broers en susters moes die prys betaal vir hierdie ongevraagde virus wat geen genade het nie.

Daar is 'n deel van ons gemeenskap weg,wat  van soveel waarde was vir die nageslag waarvan meeste hulle antwoorde liewer op "google" soek as die wysheid van ons mense met dekades se kennis en wysheid.  Huisgesinne is verewig opgebreek en in baie gevalle is daar baie min van huigesinne oor. 

Net in Suid Afrika alleen het ons soveel kennis en wysheid verloor- manne en vroue wat soveel waarde toegevoeg het tot hulle familie hulle beroep en hulle samelewing. Manne en vroue wie ons nou eintlik nodig gehad het in die land waar daar wysheid en kennis ontbreek asook leierskap. Die lys van name is lank en dit word daagliks meer. 

Daar is baie slim en geleerde mediese dokters en professors wat baie navorsing gedoen het oor die virus en al sy simptome en maniere. Die media is vol van raad en inligting. Sosiale media is toegegooi met raad en teorië van almal wat dink hulle weet iets.  Elkeen het sy eie denke en maniere van hoe om hierdie virus te behandel. Die probleem is dat baie mense hierdie mense glo en die verkeerde metodes volg om hulle self gesond te maak.  Jy speel nie met jou gesondheid nie.  

   I have been Diagnosed with the possibility of cancer….

Mense word ook nie behoorlik ingelig oor die moontlike gevare verbonde aan die entstof nie.  Mense lees dit hoofsaaklik op sosiale media .Ons weet nie of daar enige skade op mikroskopiese vlak  aangerig kan word nie. Soos byvoorbeeld ernstige neurologiese komplikasies, asook ginekologiese komplikasies waarvan die ergste onvrugbaarheid kan dalk voorkom in die toekoms. dus alles vra wat mense het, maar dit word nie deurgegee en aangespreek nie. 

Die samestelling van die entstof is  grootliks vertroulik-   Hoekom weet ons nie wat in ons liggame gespuit word, behalwe die feit dat die 'n sekere firma se naam en entstof beskrywig bevat nie. 

Mense kies onder meer om die entstof te ontvang omdat hulle byvoorbeeld wil reis of meer vrylik wil rondbeweeg, maar dat die dra van maskers desnieteenstaande steeds verpligtend is en mense steeds nie reis nie – of hulle nou ingeënt is of nie. Gesonde mense begin al hoe meer suurstof probleme ondervind omdat hulle heeltyd, hulle eie koolstof terug inasem.

Saam met dit is mense bekommed oor hulle werk, hulle gesondheid en die onstabiele magsvergrype van die regering.  In Amerika is daar reeds hofsake oor die feit dat jy twee keuses by die werk het- of jy toon jou inentings sertifikaat of jy bewys elke 72 uur dat jy nie Covid 10 het nie.

Vandag is daar entstof, miljoene mense oor die wereld heen is geent- maar miljoene wil nie die entstof neem nie. Jy is verantwoordelik vir jou eie siel, jou gedagtes en die gesondheid van jou liggaam. saam met dit het jy ook vryheid- wat jou menslike reg is- Tans beheer die regering mense se vryheid deur allerhande regulasies en wette.  Soms lyk dit  of die regering en sy meelopers en medewerkers hierdie entstof in ons kele wil afdruk- en dis heeltyd keuses wat gemaak moet word. 

Maar die entstof gaan net werk as ons kudde immuniteit het- dit beteken dat twee derdes van die mense op aarde ingeent moet word-  En solank dit nie gebeur nie gaan die virus aanhou muteer en aanhou om ons mense een vir een weg te neem. Volgens dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, is 4 miljoen mense wat ten volle teen Covid-19 ingeënt is. ( Daar is 55 miljoen plus mense in Suid Afrika).  

Wetenskaplikes en medici beskou die entstof as die beste manier om covid hok te slaan en mense te beskerm; tog is baie mense reg oor die wêreld nog agterdogtig daaroor. Suid-Afrika is geen uitsondering nie. Een uit vier mense is huiwerig om hul inenting te kry, terwyl een uit 15 sterk daarteen gekant is, het ’n opname genaamd die Coronavirus Rapid Mobile Survey onlangs getoon. En vir diegene wat voor in die ry was om die entstof te kry, of nog desperaat daarop wag, kan ander se onwilligheid om dit te kry frustrerend en verwarrend wees.

Een van die grootse probleme van die samelewing is dat meeste mense hulle gesondheid nie gereeld instand hou nie-  Dis soos om jou motor gereeld te diens. Meeste mense besoek nog steeds 'n dokter wat basies 'n siekte diagnoseer en daarmee saam dan behandel met een of ander voorgeskrewe duur medisyne- wat meestal pynpille, antibiotika of kortisoon is. Die oorsaak van die probleem word eintlik nooit aangespreek nie. In meeste gevalle waar die siekte kronies geraak het, word dit  beheer deur kroniese medisyne wat maandeliks oor lang tydperke gebruik word. Hierdie sogenaamde ("drugs") kan baie newe-effekte hê wat nie altyd fisies ondervind word nie. 

Dis gewoonlik hierdie mense wat sukkel om die Covid 19 virus te beheer en te oorleef. Die mense se immuunsisteem is in baie gevalle nie sterk en gesond nie en van hulle organe is swak en sieklik. 

Voorsorg is die enigste werklike middel tot gesondheid en daarvoor moet jy presies weet wat in jou liggaam aan die gang is. Dis waarom jy gereeld 'n Professionele Gesondheids praktisyn of Dokter met die nodige kennis en wysheid moet besoek. Deur bloot in 'n gesondheidswinkel of kettingwinkel oor die toonbank enige gesondheidmiddels aan te koop as jy nie weet wat jou liggaam benodig nie is onverantwoordelik en jy mors jou geld. Die meeste van die mense is self ongesond en lyk ongesond en wil allerhande wondermiddels aan jou verkoop.

As jy dan nou so gesond eet, gesond leef en alles doen wat jou gesond moet maak, dan moet jy sekerlik gesond lyk ook.  Sosiale media is oortrek van allerhande pille en drankies wat jou blybaar gaan gesond hou en beskern en genees teen Covid 19- as jy werklik omgee vir jou gesondheid sal jy nie 'n dwaas wees en die  "snert" glo, aankoop of gebruik nie.

Daar is baie effektiewe praktyke en gesondheids produkte reeds in plek om Covid 19 suksesvol te beheer en ons mense gesond te kry as dit reg en op tyd gebruik word.  Die probleem is egter dat mense nie gou genoeg optree en hulp soek wanneer hulle die simptome begin kry nie.  Dis uiters belangrik dat mense onmiddelik moet optree as hulle simptome ervaar en nie wag nie. 

Al hierdie sosiale media praaitjies en allerhande rate en algemene middels werk ongelukkig nie altyd nie. Mense het hulle vergryp aan Zink, Vitamine C en Vitamine D om nie eens te praat van al die ander snaakse middels nie. Meeste mense sit nou met ander wanbelanse en probleme wat hulle lank nog gaan besig hou. 

Elke mens is uniek en nie alle produkte werk effektief op alle mense nie.  Dis waarom jy gereeld jou gesondheid moet laat nagaan.  Om bloed jaarliks te trek is 'n gewoonte wat lankal nie meer so effektief is, as dit kom by werklike instandhouding van jou liggaam nie. Jy het ook die reg om te weet hoekom jy sekere goed moet gebruik en wat in die produk is en wat die werking is. 

Van die dag wat jy jou verstand het, is dit jou verantwoordelikheid om na jou liggaam  om te sien en nie 'n Dokter nie.  Jou liggaam moet instand gehou word en jy moet daarna omsien. Dit wat jy eet,drink,dink en doen sal die gesondheid van jou liggaam bepaal. 

Jou liggaam is eintlik soos 'n motor en dit het van tyd tot tyd 'n diens nodig en jy moet jou eie diensplan he daarvoor-

Elke dag sien ek hoe ongesond mense lyk, eet en leef- sien ek hoe mense dood spreek en nie lewe nie. Sien ek hoe jaag mense rond om te werk en geld in te kry. Ongeskik en vol van selfwaan en arrogansie, spook hulle elke dag deur. 

Moenie dwaas wees en jou sterk hou nie-  jy is die eienaar van jou liggaam-  jy moet jou liggaam sterk hou en gereed wees vir die aanslag teen dit.  Daar is net een manier en dit die regte manier..

Moenie jou gesondheid verwaarloos nie. Jy wil nie in die hande van die mediese wereld in Suid Afrika beland nie-  veral nie as jy hoor wat die regering beplan nie-  wees in beheer van jou gesondheid en ken jou liggaam.  Besoek 'n professionele gesondheids praktisyn- wat sy beroep ken, met jarelange ondervinding, wysheid en kennis.  Iemand wat ten minste gesond is, gesond praat en gesond lyk.  

Ons moenie alles wat vir ons hoor en sien glo nie-  daar is is mense met intergriteit wat mense se lewens baie hoër ag as enige geld en mag.  Ons moet reguit ons vragies stel en op ons regte aanspraak maak. 

Wat jou siening nou ookal is omtrent Covid 19 is jou reg-  jy het die keuse om te besluit oor jou liggaam. Maar jy moet jou liggaam sterk en gesond hou teen die aanslae wat daagliks teen jou kom.  Dis nie net Covid 19 nie- daar is baie ander siektes. Jy is uniek en daar is net een soos jy, omring in meeste gevalle deur geliefdes en mense wat omgee vir jou. Moenie selfsugtig wees en jou gesondheid afskeep nie.   Die lewe is in jou hande en jy kan ongelukkig nie gesondheid koop met al die geld van die wereld nie. 

Maak tyd om jou liggaam instand te hou- daar is nie 'n ander een nie.  Dis jou enigste vervoermiddel op aarde. 

Johann Pretorius