Watelemoene 'n lekker kontant gewas vir jou kontanvloei- Suid Afrika

Watelemoene 'n lekker kontant gewas vir jou kontanvloei- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Dis Oktober maand en dis net die regte tyd om Watelemoene aan te plant veral as jy in die Wes- Vrystaat bly en 'n bydra wil lewer tot jou kontantvloei in Januarie - 1 hektaar en meer is 'n goeie begin.

In die laat negentig jare het sekere somergraanprodusente begin om in die Sandgronde van die Wes Vrystaat in Wesselsbron tot soveel as 300 hektaar watelemoene aan te plant. En vandag is dit 'n baie betalende bedryf met 'n goeie kontantinkomste veral in stil Januarie Februarie maande. 

Op droeland het hulle tot soveel as 3000 bemarkbare vrugte per hektaar afgehaal en doen dit nog steeds vandag. Watelemoene verkoop vandag op markte vir nie minder as R120 en meer en baie hoër pryse is al behaal.

Watelemoene het direkte sonlig nodig en ook goeie lugsirkulasie om bestuiwing te vergemaklik. Planttyd is tussen Augustus en vroeg Februarie, afhangende van die area.

Normaalweg is September tot Oktober planttyd vir watlemoene in winterreënvalstreke en Julie tot Augustus (na gevaar van ryp verby is) in die somerreënval areas. Oestyd is so 80 – 90 dae na planttyd vir die klein variëteite (bv. Bush baby) en 90 – 100 of selfs langer vir die groot variëteite. Februarie planttyd kan ‘n waagstuk wees, afhangende van lokaliteit en heersende temperature. Ideale temperature is tusen 18 en 35°C, buite hierdie temperature neem die groeitempo af.

Minimum temperatuur vir saadontkieming is 18oC en maksimum is 30-35oC met optimum dagtemperature van 20-32oC en nagtemperature tussen 18-21oC.

Spasiëring is omtrent 500 mm by 2 meter en as jy saad gaan plant, is die optimale digtheid 3-4 kg saad per hektaar.

Die gewildste kultivars wat in Suid-Afrika aangeplant word, sluit in Charleston Grey, Sweet Princess, Crimson Sweet en Congo en nog vele ander nuwe cultivars. Maak sekere dat jy plant wat die markte wil hë.

     OVERVIEW GLOBAL MELON AND WATERMELON MARKET- March 2021

Waatlemoene verkies ligte, lomerige, goed gedreineerde grond met ‘n pH van 5.5 – 7.5. Die ideaal sou wees om die grond te laat ontleed voor enige aanplantings om sodoende die geskikste bemestingsprogram te bepaal. Berei die grond goed voor deur genoeg humus, kompos of goed gedroogde kraalmis in te werk voordat jy plant. As hierdie vooraf grondbehandeling goed gedoen is, is die eerste bemesting eers nodig wanneer die lote 15-30mm lank is.

Bemesting vir waatlemoene is belangrik omdat vruggrootte en kwaliteit daardeur bepaal word. Stikstofbemesting behoort gestaak te word wanneer blomme vorm, maar kalium en fosfaatbehandelings moet voortgaan tot net voor oestyd. Genoegsame  besproeiing vanaf blomvorming is ook belangrik. Om ‘n diep wortelstelsel te stimuleer, moet die grond net na aanplanting tot ‘n diepte van omtrent 450mm besproei word.

Omdat waatlemoene redelik water nodig het, is drupbesproeiing verkieslik, veral waar  grootskaalse aanplantings gedoen word, maar oorhoofse besproeiing is ook geskik.

Onkruidbeheer is belangrik, maar a.g.v. die groeiwyse van die plante, is meganiese beheer nie juis geskik nie.

Die vrugte is gereed om gepluk te word wanneer die fyn lootjies aan die steelkant bruin word en uitdroog. Kyk ook na die onderkant, waar die vrug op die grond lê. As dit van groen na roomkleurig verander het, is die waatlemoen ryp.

Insekte wat probleme kan veroorsaak, is snywurms, plantluise, blaaspootjies, kewers en aalwurms (alhoewel  lg. nie ‘n insek is nie).

Swamsiektes wat kan lol, sluit donsige skimmel in en dan is daar ook ‘n virussiekte wat kan voorkom, nl. waatlemoen mosaïekvirus, terwyl stamvrot ‘n bakteriese infeksie is.

Jy moet elke week bereid wees om blaarvoeding toe te dien en seker te maak dat jou vrugte gesond is en gewig optel. 

Bemarking geskied gewoonlik deur die varsprodukte markte van Suid Afrika.  

Dalk is dit tyd vir 'n bietjie afleiding en dis dalk iets om te leer en later uit te brei.  

NB-  Neem in ag dat daar volgens die Weerkundiges 'n EL NINO jaar kan voorkom met baie reen of te veel reen.