Graan SA markverslae- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die mielie-, koring en sojaboonmarkte in Suid-Afrika het Vrydag positief verhandel, die sojaboonmark het gemeng verhandel en die sonneblomsaadmark het onder druk gekom. Kanola-aanplantings vorder goed.


 Mielies:

Die Amerikaanse mielieprys het Vrydag met byna 4% gestyg. Amerika se Julie-termynmarkte het die week met 'n totale wins van ongeveer 5,5% afgesluit. Private uitvoerders het aan die Amerikaanse departement van buitelandse sake die verkope van 111 000 ton mielies aan Mexiko gedurende die 2018/19 verkoopjaar, wat op 31 Augustus eindig, voorgelê. 'n Ontleder het Vrydag aangedui dat Brasilië se totale mielieproduksie vir die 2018/19-seisoen naby 'n rekord van 97 miljoen ton te staan kan kom. Dit sal vanjaar se oes 21% groter maak as 'n jaar gelede, toe die land vir 'n groot gedeelte van die groeiseisoen met droogtetoestande gesukkel het. Graanproduksie in die Oekraïne sal na verwagting vanjaar met 7,5% tot 33 miljoen ton per land se landboubediening daal. Die Franse konsultasiemaatskappy FranceAgriMer skat dat 97% van die land se 2019-koringgewasse teen 20 Mei in die grond was, teenoor die 88% die vorige week.

Plaaslik:

Die mieliemarkte in Suid-Afrika het Vrydag positief verhandel. Mei-witmielies is R15 hoër en sluit teen R2 680 waar geelmielies R21 gestyg het en teen R2 640 sluit.

Sojabone:

Sojaboonpryse het Vrydag ongeveer 1% gestyg weens kommer oor plantvertragings in die VSA. 'n Meningspeiling van ontleders beraam dat Brasilië se 2018/19 sojaboon-oes 116 miljoen ton kan bereik, wat 0,6% hoër is as die projeksies van April. Die Amerikaanse departement van buitelandse sake het ook aangekondig dat 'n bykomende $16 miljard in landbouhulp verleen gaan word om verliese wat gelei word deur die handelsoorlog tussen die VSA en China te voorkom.

Plaaslik:

Die plaaslike sojaboonmark is positief oor alle kontrakte maar Vrydag se spotprys is R6 laer en verhandeling het teen R4 724 gesluit.

Koring:

Amerikaanse koringpryse het aansienlik hoër vlakke getoon op 'n verskeidenheid faktore wat tegniese aankoop, spoelkragsterkte van koring en voortdurende ongunstige weer in groot produksiegebiede insluit, waaronder Australië en die Swartsee. Die Oekraïne se koringproduksie sal vanjaar na verwagting met 9,3% tot 26.88 miljoen ton styg, per land se landboubediening. Die Russiese konsultant SovEcon verwag dat die land se 2019/20-koringuitvoere 38 miljoen ton sal bereik. Die Franse konsultant FranceAgriMer beraam dat 79% van die land se sagte koringoes in 'n goeie toestand is.

Plaaslik:

Die plaaslike koringmark het opwaarts beweeg en bietjie verligting is gevind ná 'n paar dae wat die mark afwaarts beweeg het. Die spotprys is R22 opwaarts en sluit teen R4 395.

Sojabone:

In die internasionale konteks is die grootste fokus tans op die aanplantings in die VSA. Oornattoestande het tot gevolg dat die aanplantings van sojabone aansienlik stadiger plaasvind as die normale tempo aangesien die lande te nat is om te plant. In verlede week se produksievorderingsverslag is aangetoon dat die sojaboonaanplantings slegs 19% voltooi was wat aansienlik laer is as die gemiddelde tempo teen hierdie tyd van die jaar. Hoewel die sojaboonaanplantings baie stadig plaasvind is daar 'n moontlikheid dat van die mieliehektare wat nie geplant kan word nie moontlik kan oorskuif sojabone toe aangesien die sojabone nog later geplant kan word. Die VSA het tans baie hoë sojaboonvoorrade beskikbaar en groter aanplantings vir die komende seisoen kan die Amerikaanse voorraad verder laat toeneem, wat nie positief is vir Amerikaanse pryse nie.

In Suid-Amerika vorder die stroopproses van sojabone goed en in Argentinië word die stroopproses op 85% voltooi gerapporteer. Die opbrengste wat gerapporteer word is beter as wat die verwagtinge was en die Argentynse sojaboonproduksie vir die seisoen kan moontlik verder opwaarts aangepas word. In Brasilië word gerapporteer dat die uitvoere van sojabone goed vorder en dat daar groot aankope was deur China vir lewering in Junie/Julie. Die groot uitvoere wat die afgelope seisoen, en jaar tot datum, na China toe plaasgevind het, het 'n impak op die Brasiliaanse sojaboonvoorraadvlakke en die verwagting is dat die Brasiliaanse uitvoere behoort te daal in die tweede helfte van die jaar.

Plaaslik:

Die plaaslike sojaboonmark het verlede week gemeng verhandel en het effens sterker gesluit Vrydag as waarteen dit Maandag oopgemaak het.

Sonneblomsaad:

Die sonneblomsaadaanplantings in die VSA vind ook teen 'n stadiger tempo as normaalweg plaas. Die aanplantings is in verlede week se USDA-verslag op 3% voltooi gerapporteer. Dit is laer as verlede seisoen se 10% voltooi en die vyf jaar gemiddelde tempo van 12% voltooi teen hierdie tyd van die seisoen.

Plaaslik:

Die plaaslike sonneblomsaad mark het verlede week hoofsaaklik onder druk gekom en het laer gesluit vir die week in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Kanola:

In die EU is die verwagting dat die raapsaadproduksie laer behoort te wees hierdie seisoen met die produksieskatting vir die seisoen wat afwaarts aangepas is tot en met 17.7 miljoen ton. Dit sal naby aan ? 15 jaar laagtepunt wees en die afname kan hoofsaaklik toegeskryf word aan laer oppervlakte wat aangeplant is en swak weersomstandighede.

Plaaslik:

Die plaaslike aanplantings van kanola vorder goed en dit is reeds meestal voltooi in grootste gedeeltes van die Weskaap.

Grondbone:

Die grondboonaanplantings in die VSA vorder goed en dit word op 63% voltooi gerapporteer vir die seisoen. Dit is beter as verlede seisoen se 60% voltooi teen hierdie tyd van die seisoen en ook beter as die vyf jaar gemiddelde tempo van 55% voltooi teen hierdie tyd van die seisoen.