AGRI NEWS NET- Summary of the Week News - 15th May 2022

AGRI NEWS NET- Summary of the Week News - 15th May 2022

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Welcome to our world- the real world of Farming and Agriculture-  Our team know what farming and Farmers are all about-   

DOWNLOAD AGRI NEWS NET from the GOOGLE APP store- Get update with the news 7 days a week- 365 days per year- This AGRI NEWS NET -Some of the news stories of this week-,

Nuuskommentaar-

The master plan for South African Agriculture was signed with what can best be described as an uneasy consensus between farmers’ organisations, labour representatives, the agribusiness sector, and the government. The master plan proposes to grow the sector’s output by thirty-two billion rand, or about twenty five percent by 2030. In 2021, the agriculture, forestry, and fishing industry in South Africa contributed added value of nearly hundred and twenty-nine billion rand. The African Farmers Association of South Africa (Afasa), an organisation that represents black farmers, threatened earlier this week that it would not sign off on the Agriculture and Agro-processing Master Plan if certain concerns and proposals were not addressed in the final plan. However, the president of Afasa said, that after last-minute engagements with the minister, the organisation decided that it would support the plan on the understanding that it is “just the initiation of a process” and not the finished product. The master plan also states that the proportion of black farmers in overall production has to increase to twenty percent by 2030.

This fall short of the suggestion by Afasa that the share of black farmers and black entrepreneurs in the overall agricultural value chain must increase to fifty percent by 2030. Afasa also wanted the state-owned agricultural lender, Land Bank, to be given a five billion rands a year allocation by the Treasury within the next three years to help fund “agricultural development and all farmers, especially blacks”. In addition, Afasa was asking for the adoption of a policy decision relating to new water infrastructure, motivating that it must be for exclusive use for transformation of the agricultural value chain with hundred percent black ownership. The plan also makes provision to address “unfinished business pertaining to issues of infrastructure, specific aspects of transformation, financing instruments, and other labour issues”. ( video on the bottom) 

Saai was maliciously excluded from the drafting and discussion of the master plan and was given no opportunity to provide any input. Saai would under no circumstances have signed off on the published text. Therefore, we challenge the drafters of the plan, the minister and her department and the signatories to publish comparative lists of successes and failures of agricultural transformation over the past 28 years. On behalf of its 10 000 members, Saai challenges the signatories of the master plan to come forward and declare that they want more of those transformation outcomes! ( PRESS RELEASE)

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike hervorming het Donderdag die departement se begroting van R17,3 miljard in die parlement ter tafel gelê en ook aangekondig dat die meesterplan vir landbouverwerking (AAMP) nou onderteken is.  Die begroting plaas veral groot klem op voedselsekerheid – maar nie almal is ingenome nie.  Annette Steyn, die DA se woordvoerder oor landbou, sê die departement bestee 20,6% van sy begroting aan administrasie – die naasgrootste toewysing vir die 2022-’23-boekjaar. Tog is die administrasie van grond steeds “chaoties” en leef miljoene swart Suid-Afrikaners steeds as tweedeklasburgers wat veg om besitreg te bekom. Steyn sê die mislukking met grondhervorming is nie die gevolg van enige grondwetlike tekortkoming of die regering se gebrek aan geld om eienaars vir grond te vergoed nie, maar eerder ʼn gebrek aan politieke wil. Die landbouorganisasie TLU SA het dit betreur dat hy ondanks verskeie versoeke die geleentheid ontneem is om ʼn bydrae te lewer tot die daarstel van ʼn ekonomiese landbouplan tot voordeel van alle boere. 

“Die minister het groot aandag aan die afteken van die AAMP gegee tydens landbou se begrotingsdebat. Dit is egter na ons oordeel gestoomroller, aangesien ondernemings teenoor ons nie nagekom is nie,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. Rommelstatus is die prys van transformasie en daarom is TLU SA uiters teleurgesteld dat daar enigsins iemand is wat bereid is om die regering se meesterplan vir landbou – die AAMP – af te teken.

 Ons is van die oortuiging dat as ons as organisasie die AAMP afteken, versaak ons elke kommersiële boere in die land – swart en wit – want ons plaas hulle onderdruk met die verkeerde soort beleidsontwikkeling wat noodwendig hieruit gaan voortspruit, want die ANC maak alles ideologies in plaas van ekonomies … hiermee het ons ’n baie groot probleem. 

Agri SA het die ondertekening van die meesterplan verwelkom. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur, sê die ondertekening is die kulminasie van jare lange onderhandelings en is tekenend van ʼn gedeelde toewyding tot die sukses en groei van die belangrike bedryf. Agri SA het ʼn aktiewe rol in die opstel van die AAMP gespeel en Van der Rheede sê die organisasie is trots op die uitkoms. “Onder die leierskap van dr. John Purchase het die landboubedryf ʼn meesterplan geskep wat omvattende steun aan ontluikende en kommersiële boere gee. Die plan het ʼn holistiese beskouing van die sektor en pak kwessies van grondhervorming en infrastruktuur tot werksomstandighede op plase en maatskaplike sekerheid vir werkers,” sê Van der Rheede.  Dis belangrik dat ons landbouers op grondvlak bewus is van hierdie "Meesterplan" en seker maak dat alles daarin vervat duidelik verstaanbaar is. 

There are growing fears the war between Russia and Ukraine could potentially spark food shortages throughout the country. During a briefing in the Western Cape legislature on Tuesday, the provincial Department of Agriculture said the ongoing conflict between Ukraine and Russia continued to pose a major threat to the South African agriculture sector. "Russia and Ukraine are top suppliers of the global key staple foods. Both countries account for more than 30% of the world's wheat exports, 17% of maize, 32% of sunflower oil and 16% of sunflowers," said department director Bongiswa Matoti.

Suid-Afrikaanse motoriste moet hulle voorberei op ’n massiewe styging in die prys van petrol wanneer die nuwe brandstofpryse die einde van die maand aangekondig word.Verlede maand se prysverligting vir petrolvoertuigeienaars, toe die prys van ’n liter petrol met 12c per liter gedaal het, was van korte duur en slegs ’n tydelike toegewing. Dit was te danke aan die regering se ingryping om ’n drastiese styging wat toe reeds in werking moes tree, te versag. Ontleders en ekonome waarsku Suid-Afrikaanse motoriste om gereed te maak vir ’n skerp styging in brandstofpryse in Junie, wanneer die regering se algemene brandstofheffing-ingryping na verwagting tot ’n einde kom. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het in Maart gesê die gebruik van die land se reserwes het dit toegelaat om die algemene brandstofheffing wat by die basiese brandstofprys ingesluit is, met R1,50/liter vir die tydperk 6 April tot 31 Mei te verminder. Dit was egter slegs ’n tydelike maatreël. Wanneer die petrolprys vir Junie vasgestel word, sal die R1,50-belastingverligting weer by die geraamde koste gevoeg word. Dit beteken dat motoriste van volgende maand ’n styging in die prys van petrol van soveel as R3 per liter of selfs meer kan verwag .

En die hele landbouwereld is in rep en roer in Suid Afrika en oppad Vrystaat toe waar die groot Nampo skou naby Bothaville plaasvind.  Die Landboumaatskappye is gerat en reg vir die duisende boere en stadsjapies wat die jaarlikse byeenkoms bywoon. Nampo het baie verander van die 1970 tot 80 en negentigs toe daar veel meer boere by die skou was, as nou. Vir ons wat daar naby geboer het was 'n agtermiddag genoeg om gou deur te ry Nampo toe en alles te sien en almal te groet. Vandag is dit eintlik groot "mark". Die korporatiewe mense uit die stad is baie opgewonde en hulle bly sommer die heel week daar. Daar is reels en regulasies betreffende Nampo-en die groot verkoue genaamd Covid 19 wat baie mense en sekere boere warm onder die kraag gehad het.   Ons wens Nampo net die beste toe vir die week en ons glo dat alle verwagtinge oortref sal word. 

Redakteur- 

Suid-Afrika moet ’n yslike 50 000 MW – gelykstaande aan die vervanging van sy hele vloot – se bykomende opwekkingskapasiteit oor die volgende 13 jaar by die nasionale transmissienetwerk voeg om die gaping in energievoorsiening te dek en uitgediende steenkoolstasies te vervang, het Eskom se bedryfshoof Jan Oberholzer dié week bekendgemaak. Die afgelope boekjaar was Eskom se swakste prestasie tot dusver. Teen die einde van Maart het die energiebeskikbaarheidsfaktor (EBV) van die steenkoolvloot tot 55,5% gedaal, wat beteken dat byna die helfte daarvan gemiddeld nie op enige tydstip energie kon verskaf nie. Eskom se huidige opwekkingstekort is 6 GW. En omtrent die helfte van Eskom se steenkoolkragstasies sal oor die volgende 15 jaar buite werking gestel word. Minstens 50 GW se nuwe kapasiteit sal gebou moet word, het die energiebeleidspesialis Anton Eberhard gese.

Table Grapes -The 2021/2022 harvesting season has officially drawn to a close, with all regions having completed packing. National intake volumes have reached 77 633 144 cartons (4.5kg equivalent) by week 18, representing an increase of 3.6% in comparison to week 18 in 2020/2021.

The European Union and the US are planning to launch a new platform to address the security of food supplies and agricultural commodities as the war in Ukraine curbs global access to staple crops and fertilizers from the region.

The weekly status of reservoirs released by the Department of Water and Sanitation this week reveal a continual downswing of water levels compared to same period last week. This week, the overall storage capacity of the country’s water level sits at 94.4%, a minor decrease from last week’s 95.4%, and a significant improvement from last year’s 84.7%.

Over 200 nutrition and health professionals from all over the world virtually attended the event led by 8 experts and 2 moderators from various regions of the world. Good nutrition is key for health and wellbeing throughout life and can help us live our life to the fullest.

Die Pluimvee Produsente-vereniging bied in samewerking met AgriBank en Namib Poultry inligtingsessies oor pluimveeproduksie in die Noorde aan. Die tema is “Sustainable poultry productivity vital for food security”. Die eerste inligtingsessie vind plaas op 24 Mei vanaf halfnege die oggend tot twaalf-uur die middag op Omuthiya, en daarna op die daaropvolgende dae op Ongwediva, Eenhana en Outapi.

Hannes de Waal, new chair of the Citrus Growers’ Association of Southern Africa (CGA), says concerns of fruit farmers across the world have focused on logistics. He attended the world’s biggest fresh produce event, Fruit Logistica, in Berlin in April and most delegates expressed concerns about the availability of containers, shipping opportunities and shipping schedules.

Duitsland se minister van Landbou het Rusland beskuldig van graandiefstal in die ooste van Oekraïne, terwyl G7-lande vergader het om die uitwerking van die oorlog op die wêreldwye voedselvoorraad te bespreek.

Dairy industry operations and overall agricultural economic growth are significantly stifled by the shocking conditions of rural roads across the country. This is according to Tip-Top Milk, one of the leading dairy industry logistics role players in the country.

Some food producers around the continent are seeking cheaper alternatives to wheat and maize, which have dramatically increased in price since Russia's invasion of Ukraine. But such options are not open to it, one of South Africa's leading food producers say, and prices will be going up.

Genetically modified organisms (GMOs) are one well-known example of agricultural biotechnology. The release of GMO products, starting in the 1990s, was followed by an onslaught of information from varied sources about the relative merits of the technology. A quick search will fill your browser with contrasting viewpoints about GMOs from sources with varying levels of credibility.

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike hervorming het Donderdag die departement se begroting van R17,3 miljard in die parlement ter tafel gelê en ook aangekondig dat die meesterplan vir landbouverwerking (AAMP) nou onderteken is. Die begroting plaas veral groot klem op voedselsekerheid – maar nie almal is ingenome nie.

Digital technologies in agriculture have the potential to transform Africa’s food systems to deliver better livelihoods for farmers, high-quality and more consistent ingredients for processors, and healthy and sustainable diets for consumers.

Vrystaat Landbou (VL) het Donderdag bekend gemaak dat hy Gernie Botha as sy hoof uitvoerende beampte aangestel het. Botha, wat al jare lank in diens van VL is, beklee reeds dié posisie vanaf 1 Mei. Francois Wilken, president van VL, sê die bestuur is baie gemaklik en opgewonde oor Botha se aanstelling.

TLU SA waarsku dit sal 'n groot fout wees indien die landboumeesterplan (AAMP) vandag tydens die landboubegrotingsdebat deur Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling (DALRRD), afgeteken word. Dit is omdat die plan swaar steun op transformasie van die landbousektor.

New Holland Agriculture showcased its most advanced harvesting and digital farming solutions on an impressive 6,500 m2 stand at the 27th edition of Agrishow, the largest agricultural fair in Latin America, which was held in Ribeirão Preto (SP), Brazil.

Die prys van geelmielies het gedurende April skerp gestyg en het aan die einde van die maand teen R4 700/ton gesluit. Wat natuurlike vesel betref die April bokhaarveiling nie die hoogtes van die vorige twee veilings gehandhaaf nie en die markaanduider het tot R422,76/kg gedaal. Dit is 4,4% minder as tydens die vorige veiling, maar steeds 28,4% meer as ‘n jaar gelede. Weens bek-en-klouseer was die wolveilings van katalogusse 28 en 29 baie klein. Die aanduiderprys van Responsible Wool Standard (RWS)-wol het tydens die laaste veiling (katalogus 30) in April tot R174,68/kg gedaal, 5,8% minder as tydens die laaste groot veiling (katalogus 27) maar steeds 23% meer as ‘n jaar gelede.

Shipping companies are in a race against time at South Africa’s ports to meet environmental requirements for vessel discharge that must be met by 2023.

AGRI NEWS NET - altyd op tyd- altyd aanlyn-  Onafhanklik en deel van die CRA GROUP

No medium in farming and agriculture give you so much news at one address.

AGRI NEWS NET- in jou hand- maklik om te lees en altyd op tyd-  7dae per week- 365 van die jaar-  No news medium in farming and agriculture give you so much news at one address 7 days a week. 

Agri News Net en Farmingportal.co.za se daaglikse gebruikers is Professionele Kommersiele landbouers met jarelange ondervinding, wat suksesvol is in alle aspekte van Landbou en voedselprodusering.

Meeste afkomstig uit familieboerdery wat deur die jare bekend is vir die vermoee om welvaart te skep.

www.agrinewsnet.co.za

Dis koringplanttyd.

Dis nou boerdery op sy beste

Die goeie ou dae