AGRI NEWS NET- Summary of the Weeks News - 08th  May 2022

AGRI NEWS NET- Summary of the Weeks News - 08th May 2022

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Welcome to our world- the real world of Farming and Agriculture-  Our team know what farming and Farmers are all about-   

DOWNLOAD AGRI NEWS NET from the GOOGLE APP store- Get update with the news 7 days a week- 365 days per year- This AGRI NEWS NET -Some of the news stories of this week-,

Nuuskommentaar-

Daar word al lank in landboukringe gewaarsku dat daar ten alle koste verhoed moet word dat voedsel onsekerheid ‘n werklikheid word. Tog is daar ernstige rooiligte wat begin flikker vir voedselsekerheid in Suid-Afrika. In die volgende vyf tot tien jaar kan die omgewing van landbouprodusente so drasties verander, dat ‘n tekort aan kos ‘n realiteit kan word. ‘n Ondersoek wat gedoen is deur doktor Kandas Cloete by die Universiteit Stellenbosch se Buro vir Voedsel- en Landboubeleid, het bevind dat een uit elke vyf kommersiële boere beoog om binne die volgende vyf jaar die landboubedryf te verlaat. Wat hierdie syfer nog meer skrikwekkend maak, is dat die meeste van dié boere tussen dertig en vyf en veertig jaar oud is.  Die oorgrote meerderheid van kommersiële boere is reeds oor sestig jaar oud, en as hierdie navorsing werklikheid word, beteken dit dat twintig persent van die jonger boere, wat die oueres moet opvolg, nie meer daar gaan wees nie. Saam met die ouer garde wat aftree of sterf, gaan dit ‘n reuse negatiewe impak hê op kundige en beskikbare kommersiële boere oor tien jaar.  Volgens die ondersoek gaan dit hoofsaaklik oor die onseker landboubeleid, en die bedreiging wat die politieke koers vir landbou en grondeienaars inhou. Verder is daar finansiële uitdagings wat eenvoudig te groot geword het en plase kan nie meer herkapitaliseer word nie.

In die meeste Europese lande was daar die afgelope maande ‘n skerp styging in energiepryse. Sommige Europeërs het reeds ‘n verdubbeling in hulle elektrisiteitstariewe ervaar. Dit lei tot ‘n styging in lewenskoste en inflasie wat oor die volgende paar jaar Europese ekonomieë gaan benadeel. Daar is reeds vrese dat ‘n resessie in baie Europese lande dreig en dat dit uiteindelik tot ‘n globale resessie kan lei.  Suid-Afrika sal ongelukkig ook deur stygende globale energiepryse en ‘n globale ekonomiese afswaai geraak word. Terwyl die meeste lande in die wêreld steeds sukkel om van die ekonomiese gevolge van die Covid-19-pandemie te herstel, sal ‘n globale ekonomiese afswaai vir veral armer en ontwikkelende lande katastrofies wees. Dit is daarom in die hele wêreld se belang dat die oorlog in Oekraïne so gou moontlik beëindig moet word.

Nampo koors het die landbou maatskappye getref en  daar word hard gewerk om alles in plek te kry vir die jaarlikse byeenkom in die Bothaville in die Vrystaat. Sosiale media het behoorlik gegons soos sekere boere hulle ontevredenheid uitgespreek het oor die relings en regulasies. Dit is weereens bewys dat sosiale media nie regtig die plek is waar jy werklik jouself wil bevind as mense mekaar so uithaale en slegse nie. Om by Nampo uit te stal is nie goedkoop nie en trekker maatskappye betaal duisende rand om net die trekkers en masjinerie by die Nampo plaas te kry. Besoek gerus Nampo se webwerf en kry die nodige inligting. 

In byna 3 jaar het baie dinge drasties verander in die wereld waar byna 7 biljoen woon. Ons het baie geleer uit hierdie twee groot gebeutenisse- die sogenaamde Covid 19 wat gedryf word deur die wereld gesondheidsorganisasie en sy meelopers ( insluitend Suid Afrika)  wat die wereld wil beheer en een man met die Naam "Poetin - Putin" en sy meelopers (wat Suid Afrika se regering insluit) wat besig is om 'n hele land en sy mense te verwoes en daarby saam die res van die wereld ook. 

In ons eie land en duisende mense verlede jaar die winkels in Kwa Zulu Natal geplunder en die jaar was dit weer oorstromings wat biljoene gaan kos om reg te maak. Saam met dit vind daar nog daagliks korrupsie plaas en die regering het nog nie veel gedoen om die mense agter tralies te kry nie.  Die regering is niks anders as 'n sirkus nie- daagliks lees en sien jy hoe politieke partye mekaar slegse, manipuleer en intimideer dit terwyl hulle elkeen salarisse trek by die belastingebetaler. Die media jaag hierdie stories en daag in hulle tientalle op waar sogenaamde politieke leiers verhoor word ,en agterna nog sy volgelinge toespreek. Dis die negatiewe nuus wat opspraakwekkend is vir die media van vandag. 

Intussen lees ons in die media hoe sekere regsgeleerdes en meelopers hulle siening begin verander rondom grondhervorming en wat se drastiese voorstelle hulle maak- Ons landbouers moet kennis neem hiervan asook wie die mense verteenwoordig. 

Wees verseker dat Suid Afrika se Kommesieele suskesvolle landbouers baie vinnig besig is om te meganiseer. Daar is nie 'n ander alternatief as jy kyk hoe sekere werkers doodeenvoudig alles vernietig en aan die brand steek as hulle nie hulle sin kry nie. Dis absoluut dwaas en banaal. 

Dis dalk tyd dat ons soos die mense gese het- "Boeke vat" en 'n hele ander rigting inslaan waar daar lewe,vrede welvaart en gesondheid is. Ons moet nie gaan le dat ons vertrap word deur mense wat nie vrede en welvaart wil he of kan skep nie. 

Nuuskommentaar- 

The concept of private property came about as a result of colonial efforts to disenfranchise African people, advocate Tembeka Ngcukaitobi told people gathered at The Forge’s talks on land in South Africa, scheduled to run throughout the month.

Ons span is die week in Wes Kaap asook die Oos kaap en die Oos Vrystaat. Verlede week was ons in die Vrystaat en Noord Wes en Noord Kaap. Die wereld is groen en die Kalaharie is besig om toe te groei, beeste is spekvet . Boere moet vanjaar voorbrand maak soos nog nooit nie. Ons bly in 'n land waar daar geen respek is vir mense se eiendom en die natuur nie.

Greenhouse gas emissions from the transportation sector are expected to increase over the next few years, as frequency of air travel continues to rise. While these contributions of greenhouse gas are significant, they can be dramatically reduced with industry adoption and incorporation of biofuel.

Independence in Africa on average took place nearly 60 years ago. 60 years later there is not one single country with a thriving economy, social stability & freedom, well educated citizens, innovation & entrepreneurship. How much longer do they need? After 60 years it can no longer be the fault of the colonialists there is something fundamentally wrong with this continent.

Suid Afrika se landbouers moet sorg dat hulle op alle gebiede verteenwoordig is veral nou waar daar oor die toekoms van hulle grond en toekoms onderhandel word. Moenie toelaat dat sekere korporatiewe mense die onderhandelings namens jou doen nie. Hierdie konsultante wat enorme verslae skryf met grafieke en mooi prentjies kan landbou en sy mense baie geld kos.

Tydens ‘n onlangse vergadering tussen me Thoko Didiza, Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling met belanghebbendes in die rooivleisbedryf is verskeie uitdagings rondom die uitbreking van bek-en-klouseer wat van Limpopo na KwaZulu-Natal, Noordwes, Gauteng en die Vrystaat versprei het, uitgelig

Die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad het sy kommer uitgespreek oor die tekort aan veeartsenykundige dienste in landelike gebiede. Volgens die raad se president, Tlotlo Kgasi, is die koste van veeartsenykundige studies baie hoog en dit kan ‘n bydraende faktor tot die tekort wees.

Die Internasionale Monetêre Fonds sê Rusland se inval in Oekraïne beïnvloed rééds die ekonomiese vooruitsig in Afrika suid van die Sahara. Die groeikoers van die streek het reeds vanjaar verswak met ekonomiese aktiwiteite wat na verwagting tot 3,8 persent sal uitbrei.

Compared to a decade ago, today the number of insect species on many areas has decreased by about one third. -The researchers collected more than one million insects at 300 sites. They were able to prove that many of the nearly 2700 investigated species are in decline. In recent years, certain rare species could no longer be found in some of the regions studied.

“Internasionale handelsvennote en verbruikers dring al hoe meer aan op ‘n naspeurbaarheidstelsel in die veebedrywe en dit het ook noodsaaklik geword in terme van marktoegang, hetsy binnelands of internasionaal,” sê mnr James Faber, voorsitter van die nasionale RPO.

Verbruikers wil deesdae alles weet oor waar hulle voedsel vandaan kom asook die kwaliteit van die kos- Gevriesde kos is al vir jare deel van ons lewens - maar hier is 'n kort video wat alles verduidelik- Mense spandeer hulle swaar verdiende geld op baie gesonde kos- maar as jy na hulle kyk dan sien jy nie die uitwerking van gesonde kos in hulle liggame nie-Die fabriek werk nie reg nie.

Die Cape Wools Merino-aanwyser het vandeesweek vir nie-RWS wol met 0,9% gestyg, terwyl dit ook met 0,9% vir RWS wol gestyg het, teenoor die vorige veiling. Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê dit het teen 'n skoonprys van R160,80/kg en R174.68/kg, onderskeidelik gesluit.

According to Naamsa, South Africa’s new-vehicle market “continued its road to recovery” in April 2022 despite facing a number of disruptions, with the monthly sales total of 37 107 units representing an increase of 4.3% compared with the same month in 2021.

The war in Ukraine and sanctions on Russia are causing substantial economic spillovers, notably for energy. Oil prices have climbed, but increases have largely been contained thanks to spare production capacity in some countries and strategic petroleum reserves in others.

Ukraine's farmers have sown around 31% of the area expected for the 2022 spring crops sowing, or 4.7 million hectares, Ukrainian grain traders union UGA said on Tuesday, citing official data. The union said Ukraine planned to sow 11.45 million hectares of spring grains this year, 3.5 to 4 million hectares less than in 2021 due to the Russian invasion, the "occupation of territories" and mining.

According to the recently released Organisation for Economic Development (OECD) Agricultural Outlook 2019-2028, beef production is expected to continue to grow. In developing countries, it is expected to be 17% higher in 2028, with developing countries such as Brazil, Mexico, Pakistan and South Africa, to account for 72% of additional beef produced worldwide.

An untimely heatwave is stunting India’s wheat crop at a crucial time, thwarting the nation’s potential to increase exports and make up for global shortfalls caused by Russia’s invasion of Ukraine, Reuters reported.

No medium in farming and agriculture give you so much news at one address.

AGRI NEWS NET- in jou hand- maklik om te lees en altyd op tyd-  7dae per week- 365 van die jaar-  No news medium in farming and agriculture give you so much news at one address 7 days a week. 

Agri News Net en Farmingportal.co.za se daaglikse gebruikers is Professionele Kommersiele landbouers met jarelange ondervinding, wat suksesvol is in alle aspekte van Landbou en voedselprodusering.

Meeste afkomstig uit familieboerdery wat deur die jare bekend is vir die vermoee om welvaart te skep.

www.agrinewsnet.co.za

So produseer ons landbouers in Suid Afrika 

Suid Afrika se jong jagters en hulle drank stories

Moenie mak raak vir 'n geweer nie- Dit kan gebeur

Dis oestyd in die Vrystaat

Donkie resies in Suid Amerika

Dis is nou 'n goeie plan-

Uitstekende dokumentere program oor Wynbou in Suid Afrika - Food from Mzanzi


Newsletter Subscribe

AGRI NEWS NET "LIVE" FEED