BASF stel die gratis xarvio® SCOUTING toepassing bekend in Suid Afrika om boere te help met optimale produksie op hul gewasse

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

BASF stel die gratis xarvio® SCOUTING toepassing bekend in Suid Afrika om boere te help met optimale produksie op hul gewasse

  • Gratis toegang tot die wêreldleier in agronomiese probleem identifisering
  • Onmiddelikke beeldherkenning van plaaslike gewasse en siektes relevant tot primêre gewasse, deur middel van ‘n slimfoon toepassing (app)
  • Ondersteun beter agronomiese besluitneming en verbeter gewasgesondheind en -opbrengs

BASF Digital Farming GmbH, ‘n afdeling van BASF Agricultural Solutions, het amptelik die xarvio® SCOUTING slimfoon toepassing vrygestel om Suid-Afrikaanse boere en agronomiese adviseurs te ondersteun. Die bekendstelling het by Nampo, Suid Afrika se grootste landbouhandelskou, plaasgevind en was in BASF Suid Afrika se stalletjie geïnkorporeer as deel van ‘n volledige oplossing vir die Suid-Afrikaanse boer. Die vrystelling verteenwoordig ook die eerste marktoetrede in Afrika vir BASF Digital Farming en slim-boerdery produkte van die xarvio Digital Farming Solutions reeks.

Díe unieke xarvio® SCOUTING toepassing is gratis om af te laai en te gebruik en is ook spesifiek aangepas tot plaaslike agronomiese toestande. Dit gee gebruikers toegang tot vinnige en akkurate identifisering van belangrike onkruid of siektes relevant tot die hoofgewasse soos mielies, soyabone, sitrus en graangewasse.

 ‘n Bevorderde plantmodelleringsplatform dryf xarvio® SCOUTING, ontwikkel deur agronome en boere, deur die gebruik van lewendige algoritmes wat aanhoudend funktionaliteit en presisie van die toepassing verbeter met masjien leer en die deel van data. Dit kan onmiddellik stres in die veld optel en blaarskade beraam deur eenvoudig ‘n foto te neem met ‘n slimfoon. ‘n Unieke gemeenskapsgebaseerde radarfunksie stel gebruikers verder in staat om gevare en moontlike risiko’s in omliggende velde te sien en stel hul in kennis wanneer die gevaar nader kom sodat hul betyds daarop kan reageer.

 “xarvio® SCOUTING is ontwikkel vir boere om gemaklik in-veld probleme te identifiseer en te dokumenteer. Die gebruiker neem slegs ‘n foto met hul slimfoon, laai dit op en ontvang onmiddelikke resultate. Met hierdie informasie kan praktiese probleme meer presies identifiseer en ondersteun word en kan meer spoedige besluite geneem word op die relevante behandeling daarvan,” sê André Pretorius, Bemarkingsbestuurder, BASF Suid Afrika.

 Deur tyd te wen op verkenningekspedisies en om groeiers, asook konsultante, se toegang tot gedetailleerde en voordelige inligting te verbreed, word xarvio® SCOUTING wyd erken as die mees outomatiese, omvattende agronomiese problem identifiseerder tans globaal bekend. Hierdie toepassing kan meer as 400 tipes onkruid identifiseer en skade herken wat veroorsaak word deur meer as 400 verskeie siektes, peste en voedingstoftekorte in meer as 60 gewasse wêreldwyd.

“Ons is vertroud dat xarvio® SCOUTING goed ontvang en gebruik sal word in Suid Afrika. Die toepassing se akkuraatheid sal aanhoudend verbeter soos boere dit meer gereeld gebruik en foto’s deel van hul gewasse, onkruid, siektes en peste. Dit sal verseker dat vinniger en meer relevante resultate gelewer kan word, wat groeiers help om optimale gewasproduksie te verkry,” voeg Andrew Achille by, Streek Kommersiële Hoof APAC en Afrika, xarvio Digital Farming Solutions.

Om die gratis xarvio® SCOUTING toepassing af te laai, besoek Google Play of die App Store.

Meer oor BASF’ se Landbou Oplossings afdeling  
Boerdery is fundamenteel om genoeg gesonde en bekostigbare voeding vir ‘n vinnige groeiende bevolking te bied, als terwyl die omgewingsimpak daarvan verminder word. In samewerking met vennote en lanbdoukundiges, integreer ons volhoubaarheidskirkteria in elke besigheidsbesluit en help ons boere dus om ‘n positiewe bydrae tot volhoubare landbou te hê. Dít is hoekom ons belê in ‘n sterk N&O-pyplyn wat innoverende denkwyses koppel met die praktiese toepassing daarvan in die veld. Ons portefeulje behels saad en spesifiek geselekteerde plant eienskappe, chemiese en biologiese gewasbeskerming, oplossing vir grondbestuur, plantgesondheid, pesbeheer en digitale boerdery. Met kenners in die veld, laboratorium, kantoor en produksie, strewe ons na die regte balans vir sukses – vir boere, landbou en toekomstige generasies. In 2021 het ons afdeling verkope van €8.2 miljard gegenereer. Vir meer inligting, besoek www.agriculture.basf.com of enige van ons sosiale media kanale.

 

Meer oor BASF

In BASF skep ons die resep vir ‘n volhoubare toekoms. Ons kombineer ekonomiese sukses met omgewingsbeskerming en sosiale verantwoordelikheid. Ongeveer 111,000 werknemers in die BASF groep dra by tot die sukses van ons kliënte in byna alle afdelings en in byna elke land in die wêreld. Ons portefeulje bevat ses afdelings: Chemie, Materiale, Industriële Oplossings, Oppervlak Tegnologie, Voeding en Sorg, asook Landbou Oplossings. BASF het verkope van €78.6 miljard gegenereer in 2021. BASF aandele word verhandel op die aandelebeurs in Frankfurt (BAS) en as Amerikaanse depositobewyse (BASFY) in V.S.A. Meer inligting is beskikbaar op www.basf.com