PRESIDENT ANTWOORD OP STAATSREDE REAKSIE

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

 "Die Staatsrede van President Cyril Ramaphosa sal geen verskil maak aan die baie haglike ekonomiese situasie in die land nie, aangesien dit 'n voortsetting is van die sosialistiese vernietiging van die ekonomie en die land," sê Fanie Brink 'n landbou-ekonoom.

Hy het verwys na die antwoord van die President op die reaksies nadat hy verlede week sy Staatsrede gelewer het.

Die grootste probleem wat die land ervaar is juis die "ontwikkelingstaat wat 'n lewensbelangrike rol in ekonomiese en sosiale transformasie speel" wat ook steeds ‘n lewensbelangrike rol speel" in die totale vernietiging van die ekonomie wat beteken die land sy status as 'n ontwikkelende land sal verloor en degradeer word na 'n onderontwikkelde land met veel groter fiskale en maatskaplike probleme!

Hy het gesê dat "die regering buitengewone maatreëls getref het om besighede in staat te stel om te groei en werk te skep ..." wat nie korrek is nie! Al wat die regering gedoen het was die totale sosialistiese regulering van die ekonomie waarvan die resultate baie duidelik is vir enige iemand wat die ekonomiese telbord dophou!!

Hy het ook gesê dat die “regering beplan om miljoene werksgeleenthede te skep om ekonomiese groei aan te dryf” terwyl die regering nie eens meer die salarisse van sy eie werknemers kan bekostig nie.

In sy nuusbrief Maandag het die President gesê "... die regering het gewerk om die ekonomie te laat groei en werk te skep ..." wat egter onmoontlik is as niemand in die regering enige idee het hoe ekonomiese groei geskep word nie.

Die ergste is dat die regering blykbaar nooit eers besef het dat sy sosialistiese ideologie ekonomiese groei so kan vernietig nie.

Kyk wat het gebeur met die groeikoers van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) in die volgende grafiek nadat die Nasionale Ontwikkelingsplan in 2011 geïmplementeer is - suiwer ekonomiese vernietiging, terwyl die regering steeds baie gerieflik die Covid-19-pandemie as 'n rookskerm gebruik om agter sy eie vernietiging van die ekonomie te skuil.

Nie een van die regering se agt ekonomiese planne wat ná 1994 ontwikkel is, kon enige ekonomiese groei skep nie omdat al die planne op sy sosialistiese ideologie gebaseer was. Die groei wat wel na 1995 geskep was, was die resultaat van wat oorgeblyf het van die kapitalistiese ekonomiese stelsel waartydens entrepreneurs in die privaatsektor nog goeie winste kon genereer en ekonomiese groei skep.

Die jongste ekonomiese groei-projeksies deur verskeie plaaslike en internasionale instellings toon almal 'n voortsetting van die vernietiging van ekonomiese groei tot 2% volgende jaar en 1,5% in 2024, wat net sowel die laaste ekonomiese groei kan wees wat die land ooit sal sien. Na 2024 sal die kans dat die ekonomie sal groei baie skraal raak.

Een ding wat die president en sy regering net nooit sal verstaan ​​nie is dat indiensneming nie ekonomiese groei skep nie aangesien dit presies andersom werk want net hoër ekonomiese groei kan hoër indiensneming skep. Hoekom sal die private sektor meer werk skep net om die politici tevrede te stel as hulle nie meer winste kan genereer om dit te kan bekostig nie??

Die President het gesê dat " staatsondernemings een van die belangrikste drywers van groei en indiensneming is. Hulle genereer elektrisiteit, bestuur die hawens, bou die paaie en voorsien die water wat die ekonomie nodig het om te funksioneer. Sedert die koms van demokrasie, het hierdie  ondernemings toegang tot basiese dienste vir die armes aansienlik uitgebrei, maar dit is egter nie meer die geval nie."

Al die SOE's is korrup soos bewys is, bankrot en kan nie eers die salarisse van hul eie personeel betaal nie.

Hy het ook gesê dat "dit is waarom 'n kritieke deel van ons program is om ondernemings in staatsbesit te versterk, hulle tot finansiële gesondheid te herstel, hul operasionele prestasie te verbeter en hulle in staat te stel om 'n meer prominente en voordelige rol in die ekonomie te speel" terwyl dit nooit moontlik oor die afgelope dekade of langer was nie en dit sal ook nooit binne die ekonomiese raamwerk van die regering moontlik wees nie!

Die President het ook gesê dat "die regering direk betrokke is by werkskepping, verder as mense wat in die staatsdiens werksaam is, wat werksgeleenthede aan miljoene mense gebied het. Meer onlangs, in reaksie op die verwoestende ekonomiese impak van die Covid-19-pandemie, het die regering toesig gehou oor die mees betekenisvolle uitbreiding van openbare indiensneming in ons land se geskiedenis" hoofsaaklik met lenings van die Internasionale Monetêre Fonds aangesien die regering dit self nooit kon bekostig nie.

"Soos private sektor indiensneming uitbrei, word meer lewensbestaan ​​ondersteun en volgehou. Goedere en dienste word op 'n groter skaal gelewer in staat om meer inkomste vir maatskaplike ontwikkeling te genereer" wat nie sal langer gebeur. Die regering verstaan nie dat dit nie moontlik is vir die private sektor om meer werk te skep en meer goedere en dienste te lewer in 'n sosialisties gereguleerde politieke en ekonomiese omgewing soos baie duidelik blyk uit die verswakking van die ekonomiese groeikoers oor 'n lang tydperk nie.

Die regering se beleid van ‘n "sterk en bekwame ontwikkelingstaat en 'n inklusiewe, vinnig groeiende private sector” is net soos sy "radikale ekonomiese transformasiebeleid” slegs suiwer politieke slagspreuke wat niks vir die ekonomie en die land beteken nie aangesien dit die ekonomie amper totaal vernietig het en die fiskale en maatskaplike probleme in die land meer vergroot het as gedurende enige vorige tydperk in die geskiedenis van die land," volgens Brink .

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom