STAAK DIE SOSIALISTIESE VERNIETIGING! Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

Die Staatsrede wat President Cyril Ramaphosa die afgelope week aan die Nasionale Vergadering van die Parlement voorgelê het kan in werklikheid met net ‘n enkele paar woorde opgesom word, naamlilk: ‘Staak die sosialistiese vernietiging van die ekonomie en die land,‘” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

Die Staatsrede het dit weereens baie duidelik bewys dat die presidensie tesame met sy politieke bondgenote en die maatskaplike vennote wat die privaatsektor verteenwoordig nooit sal verstaan dat die privaatsektor nie werksgeleenthede kan te skep as die regering nie 'n politieke en ekonomiese omgewing daarstel wat bevorderlik vir die privaatsektor sal wees om winste te genereer en ekonomiese groei te skep nie.

Die ware feite is dat die oorheersende regulatoriese betrokkenheid van die regering met sy totaal vernietigende sosialistiese ideologie, ekonomies ongeletterdheid en onbevoegheid die hoofredes is waarom die privaatsektor nie 'n hoër bydrae tot ekonomiese groei kan maak nie, wat die enigste manier is hoe die privaatsektor meer werksgeleenthede kan skep.

Dit is baie duidelik iets wat die regering en sy politieke bondgenote, die SA Kommunistiese Party (SAKP) en die “Confederation of South African Trade Unions” (Cosatu), sowel as sy sosiale vennote, “SA Business Unity” (BUSA) en “Business Leadership SA” (BLSA) klaarblyklik net nooit sal verstaan nie.

Hoekom sal die privaatsektor dit toelaat dat ‘n suiwer sosialistiese regering aan hom voorskryf wat hy moet doen binne die vernietigende sosialistiese omgewing wat die regering geskep het wat die ekonomie en die land finaal binne die volgende 3 tot 4 jaar sal vernietig?

Die ekonomiese vernietiging sal deur die ANC se eie ondersteuners verhaas word deur groter politieke en maatskaplike onrus, plundery en die verwoesting van besighede, eiendom en belangrike toegangsroetes wat die land gedurende Julie verlede jaar in KwaZulu-Natal en Gauteng ervaar het.

 Die tyd het aangebreek dat die privaatsektor van sy ekonomies ongeletterde en onbevoegde sake-organisasies soos “BUSA” en “BLSA” ontslae moet raak en hulle te vervang met ’n sake-organisasie wat die mees basiese beginsels verstaan hoe ekonomiese groei vandag in die meeste lande in die wêreld geskep word! Die huidige georganiseerde sake-verteenwoordigers ondersteun die totaal korrupte en vernietigende ANC-regering se ekonomiese beleid wat hulle na bykans drie dekades nog nie agtergekom het dat dit besig is om die ekonomie en die land totaal te vernietig nie!

Die regering het trouens reeds stadig maar seker die politieke en ekonomiese omgewing na 1994 nog verder vernietig wat andersins bevorderlik kon gewees het vir die skep van ekonomiese groei en ontwikkeling deur die privaatsektor!

Die vraag is ook hoekom sou die privaatsektor betrokke wil raak by die sogenaamde “Private Public Partnerships” met die korrupte ANC-regering wat nie oor enige entrepreneuriese en bestuurskundigheid beskik wat hoegenaamd nie enige positiewe opbrengste op hulle beleggings in infrastruktuur en ander projekte van die regering sal realiseer nie? Net om hul eie finansiële oorlewing op die spel te plaas deur ‘n regering wat geen benul het hoe positiewe opbrengste, ekonomiese groei en werksgeleenthede geskep word nie?

Die President slaag elke keer uitstekend daarin om met groot entoesiasme terug te val op sy regering se vorige suiwer sosialistiese ekonomiese planne soos die “Nasionale Ontwikkelingsplan” en die “Ekonomiese Heropbou en Herstelplan” (wat suiwer uit 'n sosialistiese en akademiese wenslys bestaan) van sy sosiale vennote wat ook steeds net  verder vir die totaal onbeheerbare en onomkeerbare fiskale en sosiale probleme van die land verantwoordelik is. Die probleem met die aankondiging van die president in sy SONA dat die privaatsektor die werksgeleenthede in die ekonomie moet skep is goed en wel, maar nie die Presidensie of sy politieke bondgenote en sosiale vennote sal verstaan dat hulle sosialistiese ideologie geen politieke en ekonomiese omgewing daar kan stel waarin werksgeleenthede geskep kan word nie.

Die regering se politieke en ekonomiese beleid sal steeds veroorsaak dat die ekonomie nie groei nie wat steeds die gaping tussen sy inkomste en uitgawes verder sal vergroot wat stygende begrotingstekorte en staatskuld tot gevolg sal hê met al groter onhanteerbare fiskale en sosiale probleme wat reeds totaal buite die beheer van die regerende party geraak het.

Die regering en sy ekonomiese raadgewers het reeds die ekonomie en die land tot by die laaste tree voor die afgrond gebring en die ANC-regering, sy politieke bondgenote  en sosiale vennote sal eerder toesien dat alles vernietig word sonder om die aanspreeklikheid  vir die groter vernietigende fiskale en sosiale gevolge wat sy beleid veroorsaak te aanvaar totdat die land finaal in 'n onderontwikkelde land sal verval met baie groter armoede, hongersnood werkloosheid, ongelykheid en menselyding as wat hulle ooit sal verstaan nie. 

Die vernietigende ekonomie het reeds die punt bereik waar geeneen van die planne en beloftes wat die President weer vanjaar tydens sy jongste staatsrede bekendgemaak het nie enigsins sal slaag of realiseer nie en binnelandse en buitelandse beleggers moet hulle nie langer daardeur laat mislei nie.

Die land kan ook geensins langer staatmaak op enige objektiewe siening en ondersteuning van die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) wat die vernietigende ekonomiese beleid van die regering ten volle ondersteun, maar wat geen idee het van die werklike feite en realiteite rondom die sosialistiese vernietiging van die ekonomie nie en daarom ook geen betekenisvolle aanbevelings en oplossing daaroor vir Suid-Afrika kan aanbied nie!”, aldus Brink.

Terloops, die verwysings van die President in sy staatsrede na “… a new consensus which recognises that the state must create an environment in which the private sector can invest and unleash the dynamism of the economy. The key task of government is to create the conditions that will enable the private sector to emerge, to grow, to access new markets, to create new products, and to hire more employees. All of these measures will drive a turnaround in economic growth driven by the private sector growth over the coming years. We know, however, that even with the best business environment and much faster rates of economic growth, it will take time for the private sector to create enough jobs for the millions of South Africans who need them” kom direk uit my “Creating Economic Growth Plan”* wat verlede jaar in Mei-maand aan die Presidensie en die Nasionale Tesourie voorgelê was en weer aan die Presidensie verlede maand waarop geen erkenning van ontvangs en terugvoering ontvang is nie!

 

As die Presidensie en die Nasionale Tesourie, sowel as hulle politieke bondgenote en sosiale vennote, net verstaan het dat ekonomiese groei in feitlik al die lande in die wêreld vandag deur die privaatsektor van die vraag- en aanbodkant van die ekonomie geskep word wat deur die winsmotief gedryf word sal dit ’n totale ommekeer in Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers en welvaart vir almal in die land te weeg kon bring!

 

* Creating Economic Growth Plan

https://farmingportal.co.za/index.php/all-agri-news/press-release/6252-creating-economic-growth-plan-south-africa-2