Die rede waarom die ANC-regering se beleid nou vir Agri SA en Agbiz ‘n probleem geword het as “boere se toegang tot krediet of finansiering in die toekoms veel moeiliker sal wees” en “die gebrek aan finansiering vir duisende boere voedselsekerheid kan bedreig” as hulle die vernietigende ideologie van die regering as lede van Business Unity South-Africa (BUSA) ten volle ondersteun, is onverstaanbaar,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.
Terwyl Agri SA en Agbiz voor hulle eie oë sien hoe die ekonomie inmekaar stort en die land verder in 'n totale mislukte staat met 'n korrupte en bankrotregering verval!
Brink het verwys na die artikel “Landbank se besluit benadeel duisende boere” wat vandag in die Rapport verskyn het.
LEES MEER -Suid Afrika -EKONOMIESE GROEI – DERDE KWARTAAL 2020 Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom
“Waarom sal die georganiseerde landbou en -besighede nou oor die “Landbank se finansiële verknorsing” wat hoër rentekoerse vir boere sal beteken bekommerd wees?“
Die “kommersiële banke moet boere nou help kragtens die regering se leningswaarborgskema van R200 miljard vir ondernemings wat tydens Covid-19 in die moeilikheid geraak het” waarvan nie een kommersiële boerdery-onderneming ‘n sent sal sien nie. Die leningswaarborgskema was ook nooit net vir landbou-ondernemings bedoel nie, maar vir alle besigheidsondernemings in die ekonomie wat R2,96 triljoen tot ekonomiese groei lewer.
“As die landboubedryf se gemiddelde bydrae tot ekonomiese groei van 2,3% gebruik sou word om ‘n deel van die R200 miljard aan die bedryf toe te ken sal dit nie eers genoeg wees om ‘n derde van net die hektare mielies wat produsente vir die huidige produksieseisoen van voorneme is om te plant, kan finansier nie.”
Die ANC-regering is terselfdertyd besig om volstoom voort te gaan om kommersiële boere se grond sonder vergoeding te onteien, terwyl hy duisende klein bestaansboere, wat slegs ‘n baie geringe bydrae tot voedselsekerheid kan lewer, in armoede sal dompel wat permanent finansieel van die regering afhanklik sal raak!!
“’n Suiwer politieke besluit sonder enige ekonomiese meriete wat geen bydrae deur die landboubedryf tot ekonomiese groei kan lewer nie. In plaas daarvan om meer swart kommersiële boere te vestig en te ondersteun, maar wat minder stemme vir die ANC by die plaaslike regeringsverkiesing volgende jaar sal beteken,” sê Brink.