"Die produsente van landbouprodukte is nie verantwoordelik vir die verbetering van die winsgwendheid van die waardeketting buite die plaashek nie omdat die meeste landbouprodukte in ‘n termynmark of 'n opemark verhandel word en die resultaat van die vrye werking van die plaaslike en internasionale markkragte van vraag en aanbod is.
Terwyl die pryse van vervaardigde dierlike veevoer- en menslike verbruikersprodukte suiwer op die totale produksiekoste van die vervaardigers plus ‘n vaste winsmarge baseer word, ‘n luiksheid waaroor landbouprodusente nie beskik nie," sê Fanie Brink, 'n onafhanklike landbou-ekonoom.
Hy het verwys na die artikel "Duurder mielies, soja plaas druk op winste" wat in die Landbouweekblad van 29 Oktober 2020 verskyn het wat die indruk skep dat die plaaslike graanprodusente vir die jongste stygings in die pryse van mielies en sojabone verantwoordelik is.
Brink sê die pryse van primêre landbouprodukte is totaal buite die beheer van produsente omdat hulle prysnemers en nie prysmakers is nie en nie soos in die geval van landbou-insetverskaffers en voedselvervaardigers wat hulle pryse op 'n prysfomule baseer nie. Dit is die hoofoorsaak waarom die verbruikerspryse van voedsel en die pryse wat produsente vir hulle insette betaal nog altyd vinniger as landbouprodusentepryse gestyg het. Daarom kan die "stewige pryse van mielies- en sojaboonpryse" nie as die graanprodusente se skuld beskou word as die rede waarom hoender- en melkprodusente groot druk op hul winsgewendheid beleef nie.
Die uitbreiding van die hoenderprodusente se “produksiekapasiteit as deel van ’n langtermyn-verbintenis tot die “pluimveemeesterplan” wat die winsgewendheid van die bedryf aansienlik sal benadeel as die verbruikerspryse van hoendervleis as gevolg daarvan daal. As dit die hoofdoel van die plan is om produksie uit te brei staan dit onder verdenking in terme van die vraag, pryse en winsgewendheid van hoendervleisproduksie.
Intussen word die invoertarief op ingevoerde hoendervleis teen onbillike mededinging gereeld aangepas waarmee die vervaardigers en bemarkers van hoendevleis ‘n groot probleem het, ten spyte daarvan dat hulle terselfdertyd die volle verhoging van die tariewe net so in hulle prysformules aan die eindverbruikers deurgee.
Volgens die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) sit hoenderprodusente nou “met ’n ooraanbod hoendervleis en ’n verlaagde vraag as gevolg van die pandemie wat pryse onder druk hou, en terselfdertyd met hoë voerpryse” van hulle belangrikste inset wat in werklikheid bloot die gevolge van die plaaslike en internasionale marktoestande is waaroor graanprodusente geen beheer het nie!
As gevolg van die uitgebreide produksiekapasiteit, waaroor hoenderprodusente totaal beheer het, het die produsentepryse van hoendervleis, volgens die (SAPV) se braaihoender-organisasie, in die tweede kwartaal vanjaar met gemiddeld 2,2% geval,.
Graanprodusente sit baie seisoene met dieselfde probleme wanneer surplusse geproduseer word, waaroor mielieprodusente feitlik geen beheer oor het nie, wat mieliepryse in die verlede al tot soveel as 50% laat daal het. Teen aansienlik hoër produksiekoste omdat die meeste van hulle belangrike produksie-insette teen die swak wisselkoers ingevoer word.
Terwyl die hoenderprodusente dan ‘n baie groot voordeel het omdat mielies plaaslik teen aansienlik laer uitvoerpariteitspryse verhandel word. Ongelukkig gee die meeste verwerkers van grane nie noodwendig altyd die voordeel van die laer graanpryse net soos vinnig aan die verbruikers deur soos wanneer die graanpryse styg nie.
Die verhandeling van mielies en sojabone op die plaaslike termynmark, SAFEX (SA Futures Exchange), bied aan die graankopers, net soos vir produsente, ‘n baie groot geleentheid om die pryse wat hulle daarvoor betaal teen prysrisiko’s te verskans. Hoenderprodusente moet ook hulle doeltreffenheid van produksie soos die graanprodusente verbeter deur die toepassing van die jongste tegnologiese ontwikkelings om meer hoendervleis met dieselfde hoeveelheid graan of om dieselfde hoeveelheid hoendervleis met minder graan te produseer.
“Mielieprodusente het myns insiens nog altyd te veel mielies geplant wat uitgevoer moes word waardeur die kopers en verbruikers van mielies in baie jare aansienlik bevoordeel was. Terwyl dit bykans onmoontlik geword het om mielies teen die lae uitvoerpariteitspryse, ten spyte van die swak wisselkoers, maar hoofsaaklik weens die hoë uitvoerkoste, na die oorsese invoerhawens winsgewend te produseer. Spesifiek met ingevoerde produksie-insette teen hoë invoerpariteitspryse as gevolg van die swak wisselkoers. Terwyl die staat se monopolie oor brandstofpryse, elektrisiteitstariewe, arbeidslone en rentekoerse onverpoosd voortgaan om die winsgewendheid van die landboubedryf dramaties te verlaag.
.Die vraag is ook nog nie finaal beantwoord wanneer mielieprodusente die grootste finansiële risiko sal loop as hulle in ‘n goeie seisoen te veel mielies en in ‘n swak seisoen te min mielies produseer en of die risiko nie laer sou gewees het as hulle in beide gevalle minder mielies sou geplant het nie. In beide gevalle word hulle inkomste deur die prys per ton en die opbrengs per hektaar bepaal en daarom is dit gevolglik moeilik om met aanbevelings saam te stem dat meer mielies aangeplant moet word as al die veranderlike en onvoorspelde faktore in aggeneem word!