TLU SA does not believe that the minister of finance, Mr Tito Mboweni’s economic plans are the correct route to turn the South African economy around. The economy could only be built up again if the private sector is allowed to provide momentum and not by continuing to create an unfavourable investment climate.
The minister announced more financial support for SAA and the Land Bank even though he previously stated there are no reserves available to save these failing institutions.
“Even after the initial life line of R3 billion for the Land Bank, it still could not produce the desired results,” says Mr Henry Geldenhuys, the president of TLU SA. “The funds are not being channeled in the form of input costs for farmers.
“The agricultural sector now needs R10 billion to start the next production season, but we are not convinced that the Land Bank will be able to fulfil that role timeously.”
Mboweni’s plans to cut state spending and get a grip on corruption are praiseworthy, but whether it is going to happen, remains to be seen.
Another red light is Mboweni’s announcement that retirement funds will soon be able to increase their investment in infrastructure. The government cannot use pension funds to repay the country’s debt.
“It sounds as if the government thinks the economy can be turned around by investing more in the lives of South Africans,” he says. “The South African economy can only be turned around if favourable policies result in trust.”
Begroting skep nie hoop vir TLU SA
TLU SA glo nie dat die minister van finansies, mnr. Tito Mboweni, se ekonomiese planne die korrekte roete is om Suid-Afrika se ekonomie om te keer nie. Die ekonomie sal net weer opgebou kan word as die privaatsektor toegelaat word om dit te dryf. Beslis nie deur vol te hou om ‘n ongunstige beleggersklimaat te skep nie.
Tydens die minister se mediumtermynbegrotingsrede het hy weereens reddingsboeie vir die SAL en Landbank aangekondig, hoewel hy in die verlede gesê het daar is nie meer geld beskikbaar om hierdie falende instellings te red nie.
“Selfs na die vorige R3 miljard inspuiting vir die Landbank, kon dit steeds nie daarin slaag om die een taak wat dit moet verrig, uit te voer nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Die fondse kom eenvoudig nie by die strukture uit wat dit na landbouers moet kanaliseer om insetfinansiering te kry nie.
“Die landbousektor benodig op die oomblik R10 miljard om die komende produksieseisoen aan die gang te kry. Ons is nie oortuig dat die Landbank in staat is om betyds en deursigtig daardie rol te speel nie.”
Mboweni se aanspraak dat hy staatsbesteding wil snoei en korrupsie gaan vasvat, is mooi beloftes, maar of dit werklik gaan gebeur, blyk die ware kwessie te wees.
Vir TLU SA flikker daar ook onmiddellik ‘n rooi lig oor Mboweni se aankondiging dat die pensioenfondse binnekort ook in infrastruktuur kan belê. Pensioenfondse moet nie gebruik word om die regering se staatskuld te delg nie.
“Dit klink asof die minister meen die ekonomie gaan omgedraai word deur Suid-Afrikaners se lewens uit die staatskas te verbeter,” sê mnr. Geldenhuys. “Suid-Afrika se ekonomie gaan net omgedraai word as beleggers vertroue in die land het omdat die beleidsomgewing gunstig is vir belegging.”