HOE KAN ESKOM GERED WORD?- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

“Die enigste manier om die kragvoorsiening van Eskom te herstel en oor die lantermyn te verbeter is die herstel van die winsgewendheid en volhoubaarheid van die verskillende prosesse hoe elektrisiteit gegenereer word,” sê Fanie Brink, onafhanklike landbou-ekonoom.

Hierdie proses sal die deeglike toepassing en bestuur van die basiese ekonomiese en tegnologiese beginsels verg aangesien die winsgewendheid en volhoubaarheid van Eskom om elektriese krag oor die langtermyn te voorsien deur twee basiese beginsels gedryf en geskep word.

Eerstens, deur die prysverhouding tussen die veranderings in die prys wat Eskom vir sy steenkool betaal en die veranderings in die prys wat hy vir sy elektrisiteit ontvang, wat die grootste enkele faktor is wat ‘n invloed op sy winsgewendheid sal uitoefen.

Tweedens, deur die doeltreffendheid waarmee sy steenkool omgeskakel kan word in elektrisiteit en wat verbeter moet word deur die toepassing van die beste en jongste beskikbare tegnologiese prosesse. Maw, hoeveel ton steelkool word benodig om byvoorbeeld 1000Kw elektrisiteit te vervaardig en hoe kan die doeltreffendheid verbeter word om meer elektrisiteit met dieselfde hoeveelheid steenkool of om dieselfde hoeveelheid elektristeit met minder steenkool te vervaardig.

Daarom moet die aankondiging deur die minister van openbare ondernemings, mnr Pravin Gordhan, dat eksterne ingenieurs aangestel gaan word om na Eskom se vervaardigings-, transmissie- en verpreidingsprosesse afsonderlik te kyk, verwelkom word.

“Daar bestaan egter geen ander langtermyn oplossing om voldoende elektriese krag te voorsien as om die winsgewendheid en volhoubaarheid van Eskom te verbeter nie. As hierdie twee basies drywers van winsgewendheid nie korrek toegepas en bestuur word nie is al die ander faktore betrokke by die voorsiening van elektriese krag in werklikheid irrelevant.

Presies dieselfde ekonomiese en wetenskaplike beginsels is net so geldig en van toepassing op alle ander besigheidsondernemings in die primêre, sekondêre en tersiêre sektore van die ekonomie,” sê Brink.

ooooooOoooooo
Bothaville
12 Februarie 2019
Navrae: 082 573 5661


Newsletter Subscribe