Ons lewe in ‘n vinnig-veranderende wêreld en die rol van die vrou moet toenemend daarby aanpas. Ook in die landbousektor is daar ‘n besef dat vroue ‘n rol te speel het en dat daar formidabele vroue is wat reeds hul merk gemaak het.
Dit is noodsaaklik dat vroue hul regmatige plek in landbou begin inneem. Die vrou was nog net altyd daar…die nek van die besigheid en op die agtergrond. Dit hoort nie so nie.Vroue het wêreldwyd ‘n belangrike rol om in die toekoms van die landbou te speel. Hoewel die rol van vroue in die landbou meer erkenning geniet as ‘n paar jaar gelede, kan baie meer gedoen word om vroue in die bedryf te ondersteun.
Vroue betree die besigheidswêreld totaal ongenooid. Ons neem grondgebied in waar ons nie altyd welkom is nie. Ons as vroue moet nie terugstaan as dit moeilik gaan nie, ons kan dit maar verwag. Die vraag is hoe ernstig ons is om ons merk te maak,” sê sy. Landboubesighede hulself in die voet skiet deur nie vroue in diens te neem nie.
Ons boere – ongeag van die taal wat hulle praat – moet opgepas word. Boerdery is ernstig in gedrang as daar nie ‘n breër besef is van wat dit verg om vir ‘n gemeenskap kos op die tafel te sit nie.”
Familieboerderye speel ’n baie belangrike rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar daar word nog min erkenning aan die rol en belangrikheid van eggenotes in familieboerderye gegee en nog minder aan hulle reg tot eienaarskap en bestuur. Die weduwee wat voorsitter word, die ondersteunende vrou wat die boeke doen, die agter-die-skerms “hoof emosionele beampte” is voorbeelde van die stereotipe rolle wat aan eggenotes van boere in familieboerderye toegeken word.
Baie vroue is “onsigbaar” binne en buite die familieboerdery en word nie in dieselfde lig as hulle manlike eweknie beskou nie, veral nie waar beide die man en vrou saam op die plaas boer en mede-eienaars is nie. Dogters is tradisioneel net as suksesvol beskou as hulle “goed” getrou het en hulle word dikwels as bloot ’n “verlenging van haar man se eiendom” gesien.
Daar word nog steeds onder baie boere as vanselfsprekend aanvaar dat die primêre rol van die vrou is om na haar kinders en ander huishoudelike pligte om te sien. Hulle is oënskynlik ook van mening dat daar nie tyd is vir die vrou om mede-eienaar van die boerdery te wees nie, laat staan nog haar eie besigheid op die plaas te bedryf of om ’n besigheid elders, weg van die plaas af te begin.
Ons sien egter meer en meer dat sosiale, ekonomiese en ander omstandighede vroue dwing om weg te beweeg van hierdie beperkende rolle en om beheer te neem oor hulle eie lewens. Vandag beklee vroue verskeie posisies wat tradisioneel, en byna by uitstek, die man s’n was, soos byvoorbeeld om ’n boerdery te bestuur, te begin of te besit.
Familieboerdery is noodsaaklik vir voedselsekerheid en familiewaardes.
Die vrou se rol in familieboerderye raak toenemend belangrik en krities tot die voortbestaan van die familie in die geheel. Vroue wat in die familieonderneming werksaam is, is in alle waarskynlikheid ewe kundige, doelgerigte mede-eienaars, wie se insette en betrokkenheid eerder aangemoedig moet word, as om net tot “koeitjies-en kalfies” gereduseer te word.
Nuwer insigte staan insluiting eerder as uitsluiting van vroulike eggenotes in familie-eienaarskapooreenkomste voor. Daarmee sê ons nie dat geslagsvraagstukke heeltemal verdwyn het nie, maar in meer en meer families sien ons dat geslag al minder ’n vraagstuk is wanneer dit by leierskap, eienaarskap en deelname kom.
Vir die eienaar-bestuurder se vrou skep die opvolgingsproses ’n komplekse stel van uitdagings en onsekerhede. Sy kan ’n belangrike rol speel in suksesvolle opvolgings deur verskeie konflikte en dilemmas te help oplos. Ma’s en vrouens kan hulleself baie bekommer oor die emosionele en finansiële toekoms van die familie en werk voortdurend hard om as tussengangers op te tree om konflik te ontlont wat tussen die eienaarbestuurder en die kinders of tussen broers en susters self kan ontstaan. Dit is dikwels vroue wat die bal aan die rol sit met betrekking tot opvolging.
Maar die vrou word ook gekonfronteer met die opgee van baie belangrike rolle wat sy binne en buite die familie boerdery gespeel het. Sommige vrouekan selfs opvolgbeplanning afraai, in die vrees dat hierdie proses die familieharmonie sal versteur. Dit is ook vir ’n ma baie moeilik as daar ’n keuse tussen haar kinders vir opvolging gemaak moet word, selfs al wys die bestuursvaardighede en ervaring op ’n duidelike keuse tussen die kinders.
Dogters het weer ander vraagstukke om te hanteer tydens die opvolgingsproses. Vir hulle is opvolging ’n tyd van spanning en konflik tussen die begeerte om outonoom te raak en ’n skuldgevoel teenoor hulle ouers. Konflik tussen kinders kan ook tydens hierdie fase breekpunt bereik. ’n Dogter kry dikwels ook nie dieselfde ondersteuning, geleenthede en opleiding as seuns wanneer dit by opvolging in familieboerderye kom nie.
Dit is nog tradisioneel so dat die pa wil hê sy seun of seuns moet die familieboerdery oorneem. Die dogter is gewoonlik net ’n keuse by opvolging as daar geen seuns beskikbaar is nie. Die situasie is egter besig om vinnig te verander. Dit is al herhaaldelik bewys dat die oudste seun nie noodwendig die beste opvolger is nie en dat seuns nie noodwendig beter bestuurders as dogters is nie. Daar is heelwat voorbeelde van vroue wat die leisels by hul mans moes oorneem weens siekte of dood en ’n reuse-sukses daarvan gemaak het. Dieselfde geld vir dogters. Die opvolgingsproses moet deeglik en betyds beplan word, wie ook al gaan oorneem. By opvolging behoort geslag nie die deurslaggewende rol in die keuse van ’n opvolger te wees nie, maar die bevoegdhede, opleiding en ervaring van die potensiële opvolger(s). As objektiwiteit in die keuse van die opvolger ’n probleem is, moet die hulp van professionele buitepersone of die raad van ander families wat wel suksesvolle opvolgings gehad het, ingewin word.
Dit gebeur ook dat dogters en vroue verkies om nie formeel in die familieboerdery werksaam te wees nie en dikwels trou dogters en woon elders. Indien dit wel die geval is, moet daar betyds voorsiening gemaak word rakende aspekte soos vergoeding uit die boerdery of aansprake op eienaarskap.
Die vrou het ’n unieke en toenemende belangrike rol om te speel in familieboerderye. Dit is krities dat hulle manlike eweknieë en ander familielede hiervan sal kennis neem en hulle die geleenthede tot opleiding en ervaring sal gee wat hulle toekoms
Ons vrouens is uittekende boere- veral as dit kom by lewende hawe - Ons ondersteun ons vroue in boerderye
Ons gaan binnekort begin met verskeie programme wat ons landbou vrouens betrek en hulle nog verder deel maak van landbou en sy mense.
Johann Pretorius CEO CRA MEdia.