Familieboerdery is noodsaaklik vir voedselsekerheid en familiewaardes.

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Dwarsoor die wereld is familieboerdery deesdae deel van die algemene gesprekke in landbou en voedselsekerheid. Dit is die behoud van die wereld se familiewaardes en daarmee saam  bied dit ook voedselsekuriteit aan baie mense.

Familie-ondernemings lewer ’n beduidende bydrae tot die wêreld- en Suid-Afrikaanse ekonomie. Na raming kan tussen sowat 70% en 90% van ondernemings in ontwikkelende ekonomieë as familieondernemings geklassifiseer word.
 
Hierdie familieboerderye vorm die grondslag van die landbousektor, daarom is dit belangrik dat hierdie sektor van ons ekonomie gesond bly, want ons land se maatskaplike en ekonomiese welvaart hang in ’n groot mate van hulle af.

Nog nooit was die tyd so ryp dat hierdie waardes wat vir eeue deur families opgebou is weer teruggebring word in die gemeenskap nie.

Daagliks lees ons in die nuus hoe min van ons ou geslag boere nog aktief betrokke is in die landbou. Hierdie mense se kennis en wysheid is nie vervat in 'n handboek nie, maar dit kan alleenlik oorgedra word aan die volgende geslag jong landbouers wat deel is van 'n familie en van waardes wat die natuur en familie insluit.

Tegnologie is vandag deel van boerdery en alles word gemeet en op grond van die syfers en resultate word besluite geneem, maar sonder jare se boerdery kennis en wysheid kan die tegnologie dalk nie so goed toegepas word nie.

Ware "Landbouers" is baie skaars en dit kos 'n ware man en vrou om in die natuur te boer en suksesvol te boer. Familieboerdery bied die ondersteuning en stabiliteit en daarmee saam kom waardes en geslagte se tradisies wat onvervangbaar is. 

Familieplase word waardeer deur gemeenskappe deurdat hulle as 'n "skoner lewensgehalte" beskou word. Behalwe om gesinseenheid te verhoog, goeie sedes te bevorder en misdaadkoerse te verminder, verskaf hierdie plase werksgeleenthede.

In landelike gemeenskappe word 'n plaaslike boeremark grootliks as 'n voedselbron gereken, waarop staatgemaak kan word.

Familie boerderye het ook sy negatiewe gevolge veral as die nageslag nie baie belangstel in boerdery nie.

Die nuwe generasie verkoop die familieplaas en emigreer vanaf die platteland  na die Stad.

Die redes vir hulle besluite is dalk bloot finansieel en daarmee saam kom misdaad en die algemene verval van die plattelandse dorpies asook dienste wat nie meer beskikbaar is op hierdie vervalle dorpe nie. Meeste plattelandse dorpe se voortbestaan is afhanklik landbou en sy mense.

Gewoonlik word hierdie plase opgekoop deur ‘n ander familie boerdery of ‘n groot industrieele boerdery maatskappy.

Alhoewel boerdery baie romanties of nostalgies deur die geskiedenis as 'n tradisionele kultuur beskryf was, is die ideaal nie noodwendig akkuraat nie. Familieplase sukkel vandag om te oorleef en dis nie altyd so rooskleurig soos dit lyk nie. Maar nog steeds bly familie boerdery die grondslag van ‘n nasie en sy tradisies.
Verskeie familieplase beland binne tien jaar nadat die jonger geslag familielede dit oorgeneem het, in die hande van vreemdelinge as dinge verkeerd geloop het. Die verlies van ’n familieplaas kan ernstige maatskaplike en ekonomiese gevolge vir die betrokke familie inhou. Min families herstel van die teleurstelling en skok om ’n familieplaas te verloor.
 
Daar is verskillende soorte van familieboerderye en elkeen het sy eie tradisie-  elkeen van die boerdery dra kennis oor- lewer 'n diens en is 'n voorbeeld vir die omgewing en is trots deel van 'n sekere boerderyvertakking.  Daar is tradisionele beesboere, skaapboere , vrugteboere en saaiboere.  Elkeen uniek op homself.  Anders as alkoholprodusente, is ’n wynboerdery nie net geskoei op ’n strewe na toenemende winsbejag nie. Dit gaan ook oor ’n nalatenskap; die oordrag van kennis van geslag tot geslag; die integriteit van ’n handelsmerk; die naam op die etiket; en die onderhoud van ’n gesin en ’n gemeenskap. ’n Wynboerdery is ook nie net ’n wingerd met ’n kelder langsaan nie. Dit is ’n bestemming waar besoekers en toeriste iets tasbaar van die omgewing kan ervaar. Dus speel so ʼn landgoed ’n wesenlike rol in die bemarking van ’n streek of provinsie en sy geskiedenis, en is hy afhanklik van ondersteuning nie net in terme van sy produk nie, maar ook as toeriste-aantreklikheid.

Tot 20 jaar terug en verder was daar 'n koperasie op elke dorp en vandag is hierdie koperasies -maatskappye en is daar baie min van die maatskappy se takke oor in die platteland. Meeste van die Maatskappye het nou ander aandeelhouers en konsentreer meestal op groot kommersieele boere en maatskappye vir besigheid. Die Maatskappye is goed gevestig en lewer uitstekende diens aan die landbou in Suid Afrika.

Die tyd is reg vir totstandkoming van kleiner koperasie op die platteland wat weer deur boere en die gemeenskap self beheer word en die gemeenskap dien. Dis tyd dat familieboerdery weer sy plek in die samelewing inneem en as 'n eenheid opereer.

Die tyd is ryp dat verbruikers hulle voedsel direk by die landbouers aankoop. Daar is net te veel mense wat uit die waarde ketting inkomste verdien en dit onmoontlik maak vir die verbruiker om te oorleef.  Plattelandse dorpe moet hulle eie plaaslike boeremark stig waar hulle weekliks vars produkte kan koop by familie boerderye asook by die plaaslike inwoners.

In Afrika in sub-Sahara Afrika, is  voedselsekuriteit en voeding nodig. Familie boerdery is 'n effektiewe model wat oplossings kan bied om hierdie uitdaging te oorkom. Spesifieke aksies vir effektiewe en volhoubare samewerking moet geïdentifiseer word  ten einde voedsel-en voedingsekerheid in die vasteland te bereik.

Familie boerdery moet erken word as 'n manier van lewe en voedsel produseer, wat bydra tot die intergenerasie oordrag van kennis, bewaring van die omgewing, natuurlike hulpbronne en kulturele erfenis. Volhoubare beleggings is egter steeds nodig om Landbou-en landboubeleid ten gunste van familieboere te befonds. Baie min regerings in Afrika gee werklik om vir landbou en sy mense wat daagliks kos op hulle tafel sit.

Familie boerdery word beskryf as 'n tradisionele metode van boerdery met 'n lang geskiedenis. Oorspronklik was familieboerdery uitsluitlik 'n manier om kos vir gesinne te voorsien, maar meer onlangs is  Afrika-families ook geidentifiseer as 'n bron van inkomste.  Die tradisionele konsep van familieboerdery  kan dalk gemoderniseer word, maar familieboerdery is nie net 'n manier om 'n mens se onmiddellike gesin te voed nie, maar het die potensiaal om 'n suksesvolle besigheid te wees wat 'n veel wyer impak kan hê.

 80% van alle landbouprodusente in die land is familieondernemings. Meer as 50% van die primêre landbouprodukte kom van familieondernemings ouer as drie geslagte. Tog is die gemiddelde familieplaas ’n baie kleiner besigheid as wat mense dink.

Tot 90% van familieboerderye se omset is minder as R5 miljoen per jaar, en 77% s’n is minder as R3 miljoen per jaar. Dít beteken dikwels dat verwagtinge oor groot erfporsies of deelname deur al die gesinslede aan die boerdery bestuur moet word. 

’n Familie bestaan uit individue met eie persoonlikhede, verwagtinge en talente. Dit is belangrik dat die familie weet wie moet waar inpas, indien enigsins.  ’n Onderneming word as familie-onderneming bestempel wanneer minstens 51% van eienaarskap in die hande van een familie is en een bepaalde familie steeds baie invloed uitoefen. Minstens twee familielede moet ook aktief by die bestuur daarvan betrokke wees.  Navorsing deur PwC toon dat 85% van plaaslike familiebesighede nie ná die derde geslag sal oorleef nie.  Waardes speel ’n baie belangrike rol in familieboerdery en verhoudings word gekenmerk deur vertroue, liefde en gesamentlike voordele. Dit is iets wat jy van ’n baie jong ouderdom by jou kinders kweek, want dit beïnvloed die houdings en gedrag van familie- en nie-familielede.

   Familieboerdery belangrik en van ontskatbare waarde- Suid Afrika

Vroue boere in Afrika moet bemagtig word om 'n meer verantwoordelikhede " entrepreneuriese ' vlak te neem.  Dit moet fundamenteel wees  vir boere organisasies om die bestaande geslagskwessies in die gemeenskappe te ontleed waar projekte geïmplementeer kan word. Tradisioneel het Afrika-vroue en-mans verskillende rolle in familieboerdery; Dit is noodsaaklik om dit in ag te neem ten einde hulpbronne effektief te gebruik.  Projekte moet aangepas word volgens gemeenskapsbehoeftes en-strukture. Innemende jeug-die toekoms van familieboerdery hang van jeug af. Familie boerdery moet meer aantreklik vir jong mense gemaak word. Met die toepaslike bemagtigende omgewings in plek, kan familieboerdery 'n suksesvolle en aantreklike besigheid wees.  Die modernisering en meganisasie van familieboerdery kan dit ook meer aantreklik vir jonger geslagte maak.

Grondhervorming en die toepassing daarvan is baie onseker op die oomblik. Die privaatbesit van produksiefaktore (of die gedeeltelike privaatbesit van produksiefaktore) met ’n sterk ontwikkelingsgerigte staatsbenadering is noodsaaklik vir ekonomiese groei, ontwikkeling en politieke stabiliteit. Dit behoort die sentrale fokus te wees.  Op die oomblik is die toekoms onseker en die toepassing van wetgewing nie die alleenmandaat van wetstoepassers nie. Al meer word die reg in eie hande geneem. Daar is ongetwyfeld risiko’s, maar die wetlike een is tans die kleiner risiko. Die regering kan liewer bele in suksesvolle familie boerderye wat daarmee voedselsekerheid sal bewerkstellig by die families en hulle onmiddelike bure. 

'n Boerdery word as ’n familieonderneming of ’n familieboerdery geklassifiseer indien ’n enkele familie ’n beherende aandeel in die boerdery het, twee of meer familielede regstreeks by die bedryf of bestuur van die boerdery betrokke is, en die senior geslag familielede (ouers) van voorneme is om die boerdery aan die jonger geslag van dieselfde familie (kinders) oor te dra.
 
’n Familieboerdery is grondliggend verskillend van nie-familie-ondernemings in Suid-Afrika. Die belangrikste verskil is dat die belange van die onderneming (boerdery) nou verweef is met die belange van die familie, asook met die bloedbande, emosionele verwantskappe, eienaarskapsvraagstukke en magsverhoudinge binne ’n bepaalde familie.
Die wereld het sy maniere, tradisies en geloof verloor en gryp na allerhande gewoontes, en digitale robotte en kunsmatige media gedryfde beginsels wat nerens heen lei nie. Sosiale media is die doodslag van erkende waardes en tradisies wat daagliks in ons jong mense se kele afgedruk word. Daar is is soveel inligting beskikbaar in wereld en as jy nie weet waar jy vandaan kom en waarheen jy oppad is en weet wie jy is en wat jy nodig het nie- gaan jy totaal en al deel word van 'n groep mense meet geen waardes en geen tradisie nie.
Ons jong boere het leiding nodig van ware landbouers- mense met ware kennis en wysheid met jarelange se ervaring. Daarmee saam kom tradisies en waardes wat vandag ontbreek by baie jong manne en vroue. 
Maar in Suid Afrika word ons familieboerdery ook bedreig deur diefstal, plaasaanvalle en plaasmoorde en daagliks moet hierdie families hulleself beskerm teen die aanslae van barbare en gewentenslose misdadigers.  Die regering van Suid Afrika sien geen belangrikheid daarin om hierdie boere en hulle families te beskerm nie- die edelagbare President se vae veroordeling daarvan spreek boekdele.
Kom ons ondersteun familieboerdery en word deel daarvan. Saam kan ons hierdie land weer 'n beter plek maak en bou aan die natuur, die beginsels van die lewe en daarmee saam ontslae raak van die vreemde elemente van die samelewing wat daagliks ons almal bekruip en vernietig van 'n gelukkige lewe.
Johann Pretorius CRA Group. 
Pretoria- Suid Afrika 
In 2022 het 'n baie Interesante boek verskyn oor Familieboerdery -
Lees gerus die boek *Die boek Familieboerderye in Suid-Afrika deur Elmarie Venter, Theo Vorster en George Robertson is beskikbaar vir intekenare van

Landbou.com. Bestel dit ook teen R220 by Johan Terblanche. E-pos: johan.terblanche@ Media24.com, 021 406 4962; web: winkel.

Die artikel is vertaal in Spaans, Frans en Duits. en Internasionaal gedeel.