Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels.
Ons span beweeg al die afgelope 6 jaar weekliks deur een of ander deel van Suid Afrika - die ware platteland van ons mooi land Suid Afrika - Ongelukkig is daar baie min wat aan die verbeter is. - Inteendeel dit gaan nou nog vinniger agteruit. Die Mense wat in die dorpies bly sien dit nie altyd raak nie- Ons mense word armer en ouer en sieker. Hoe ons die land weer gaan opbou tot waar dit was 28 jaar terug is 'n baie groot vraag en dit kan net 'n wonderwerk wees. Die regruk van beroerde munisipaliteite is glo op pres. Cyril Ramaphosa en sy kabinet se radarskerm. Hy het pas op ’n kabinetslekgotla gesê hy hoop dat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, hulle in die regte rigting sal lei om by dié onaanvaarbare situasie in te gryp. Die presidensie erken dit is onmoontlik om beleggings te lok om in plaaslike regerings te belê waar rioolstelsels nie werk nie, paaie onbegaanbaar is en daar nie water en krag is nie. Om nie eens van ontevrede inwoners se gewelddadige protesoptogte te praat nie. Gewone landsburgers wil nie meer na Ramaphosa en ministers luister wat hulle oor swak munisipaliteite uitlaat nie. Hulle wil verandering sien. Hulle wil dienste hê. En totdat ’n nuwe regering nie ingestem word nie, moet belastingbetalers aanvaar dat hulle op hul eie is.
Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het bewaringsbevele bekom om sommige staatseiendomme in Gauteng en Noordwes te bevries. Dié betrokke eiendomme word verbind met onwettige aktiwiteite wat by die aktekantore in Pretoria en Vryburg tussen Januarie 2008 en Oktober 2017 plaasgevind het en veroorsaak het dat die staat ’n verlies van R144 miljoen gely het. Daar word beweer dat sekere individue en entiteite die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming sowel as die onderskeie aktekantore bedrieg het, toe ʼn aantal staatseiendomme onregmatig van die staat se naam na die name van derde partye of entiteite oorgedra is. Die eiendomme is geïdentifiseer as erf 3878, eenheid 12, Mmabatho; plaas 405 Randjesfontein; erf 170 Hurlingham en erf 1 Hyde Park.
Waterstres, risiko’s soos uitmergelende droogtes en verwoestende vloede is reeds ’n harde slag vir gemeenskappe in Afrika. Luidens die organisasie se verslag oor die toestand van die klimaat in Afrika in 2021 is ekstreme weer en klimaatsverandering ’n gevaar vir mense se gesondheid en veiligheid, voedsel- en watersekerheid, asook maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling. Slegs 40% van Afrika se bevolking het tans toegang tot vroeë waarskuwingstelsels wat hulle teen ekstreme weer en die impak van klimaatsverandering beskerm. Daarom is Afrika hoog op die prioriteitslys vir die WMO se veldtog om in die volgende vyf jaar universele toegang tot vroeë waarskuwingstelsels te verseker.
Ons edelagbare President is oppad VSA toe en daaran sal hy die staatsbegrafnis van die afgestorwe Koningin van Engeland bywoon. Die oorlog tussen Ukraine en Rusland is oppad 8 maande toe en die regering is doodstil oor enige vredes samesprekings wat nog gehou sou word. Dit lyk op stadium of ons regering se vriend van Rusland besig is op 'n pakslae te kry in Ukraine. Daagliks moet mens jouself knyp om te glo wat alles in Suid Afrika gebeur en dat ons as opgevoede hardwerkende inwoners van Suid Afrika daagliks moet aanhoor en deur staan. Daar is baie mense wat reeds afgedaal het na die vlak van die regering en sy meelopers se mentaliteit en hulle waardes in die proses verloor het.
Botswana en Namibië voer heelwat groente vanuit Suid-Afrika in om in hul plaaslike aanvraag na onder meer aartappels, wortels en tamaties te voorsien. Die skielike verbod wat die twee lande onlangs ingestel het op sekere produkte, hoofsaaklik groente uit Suid-Afrika, het daarom as ’n skok gekom. Dit hou ooglopende gevolge in vir Suid-Afrikaanse produsente en handelsverhoudinge tussen Suid-Afrika en die twee lande. Dit het boonop kritiek ontlok, onder meer omdat dit indruis teen die beginsels van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sadu). “Hierdie verbod is in stryd met die beginsels van Sadu.
Die Tshwane Varsprodukte mark in Pretoria is nie meer op die standaard wat dit was nie- Dis absoluut 'n "riller" om hierdie eens netjiese mark te aanskou. Professionele kommersieele landbouers moet hulle produkte na die markte stuur vir verkope en dit is reeds deel van die derde wereld van Suid Afrika. Die mark is vuil en daar is geen sekuriteit en ander dienste in plek nie.
Nampo Wes Kaap- het vandag begin en daar is weereens 'n klomp besprekingsprogramme aan die gang onder ander "Nasie in Gesprek" wat ons hoop hierdie keer meer boere op die program gaan he as korportatiewe amptenare. Die meeste van die mense is Afrikaans sprekend en ons sien dat die aanbieder dit eerder verkies om Engels te praat - Dis baie goeie besprekings wat gevoer word. Sterkte aan hierdie organiseerders en die deelnemers.
Die wynbedryf kan dalk letterlik suur druiwe hê as hy hom nie nou al teen klimaatsverandering staal nie. Minder reën wat met langdurige droogtes en hoër temperature gepaardgaan, kan veral wynboere in die Wes-Kaap se oeste in die wiele ry. Die boere kan miljoene rande hierdeur verloor en verbruikers kan verwag om al hoe meer vir wyn te betaal.
Ons het ook die week ons eie EKSKLUSIEWE EIENDOM afdeling begin- Die plase wat hier bemark word is absoluut eksklusief en jy kry dit nie op die oop mark beskikbaar nie- Blaai gerus deur die lys wat weekliks opdateer word .
Ons is ook tans besig met onderhandelings vir fondse om ons landbouers te help in hulle stryd teen skuldeisers asook nuwe fondse vir die aankoop van plase en uitbreiding in landbou.
Hollard is die trotse borg van die Farming Portal/Landbouskrywers SA junior kommunikeerder toekennings.
Die landbousektor speel ‘n kritieke rol in die skep van ‘n beter toekoms vir alle Suid Afrikaners. Die doel van hierdie kompetisie is dan ook om akkurate en oordrag van inligting en positiewe stories binne die landbou aan te moedig. Hierdie is ‘n platform waar studente en jongmense binne die landbou en joernalistieke omgewing hulle werk kan publiseer. So kry hulle ook ‘n voorsmakie van kommunikasie met die publiek en belanghebbers binne die sektor en staan die kans om lekker kontantpryse te wen!
Daar is twee afdelings naamlik een vir joernalistiekstudente en die ander vir studente binne die landbousektor. Dit sluit ekonome, wetenskaplikes en landboukundiges ook in.
Die kompetisie sluit aan die einde van Oktober en die wenners sal aangekondig word aan die einde van November tydens ‘n geleentheid by die historiese Villa Arcadia in Parktown. Hierdie is ook die tuiste van Hollard en ons sien uit om die geleentheid daar aan te bied.
Ons verwelkom vir Waldo Krugell by ons Netwerk- Luister gerus elke dag na sy Ekonomiese minuut.
CRA Media is tans besig met die vervaardiging van 'n dokumentere reeks wat eersdaags in die Internasionale media beskikbaar gestel gaan word.
Nuusredakteur
Luister gerus na ons gewilde POTGOOI- daagliks op www.farmingportal.co.za
Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het bewaringsbevele bekom om sommige staatseiendomme in Gauteng en Noordwes te bevries. Dié betrokke eiendomme word verbind met onwettige aktiwiteite wat by die aktekantore in Pretoria en Vryburg tussen Januarie 2008 en Oktober 2017 plaasgevind het en veroorsaak het dat die staat ’n verlies van R144 miljoen gely het.
Sojamelk: Bevat ongeveer dieselfde proteïene as koeimelk (7 g tot 9 g per 250 ml) en is baie laag in versadigde vette (15 g per 250 ml). Sommige winkels verkoop klappermelk in bokse. Hierdie weergawes bevat dikwels 30% of minder klappermelk en het minder versadigde vette. Rysmelk: Bevat min tot geen proteïene of versadigde vette nie, maar is dikwels hoër in koolhidrate as koeimelk.
Ná ondergemiddelde reënval oor groot dele van die winterreënstreek die afgelope winter raak reën vir die streek se landbougewasse, veral wintergrane, uiters belangrik. “Ons kort nog sowat 100 mm vir die seisoen. As ons dit betyds kry, kan ons nog kyk na ’n mooi oes op die lande,” sê mnr. Andries Theron, ’n boer van die distrik Moorreesburg.
Slegte weerpatrone, wat die afgelope twee jaar ervaar is, het veroorsaak dat die rosyntjiebedryf skade gelei het. Dit is volgens Ferdie Botha, die Hoof Uitvoerende Bestuurder van Raisins SA. Hy het tydens 'n simposium van die bedryf in Upington in die Noord-Kaap gepraat. Botha sê hy is optimisties dat die bedryf weer sal herstel.
Die kwik kan Woensdag, op die eerste dag van Nampo Kaap 2022, tot 30 °C styg en matige toestande word vir die week op Bredasdorp en in omliggende gebiede voorspel. Maksimum temperature van 22 °C tot 24 °C word van Donderdag tot Saterdag voorspel.
Namibiese damme is tans gesamentlik 77,9 persent vol, teenoor verlede jaar se 80,2 persent die ooreenstemmende tydperk. Suide-damme is gesamentlik 86,8 persent vol, met die Neckartaldam se vlak op 97,5 persent en die Nautedam op 90,8 persent. Sentrale damme is tans 52,7 persent vol teenoor verlede jaar se 74,9 persent dieselfde tydperk met die Von Bachdam se vlak op 46,9 persent.
Die landboubedryf in die Noord-Kaap versoek boere om die verspreiding van skaap-brandsiekte te voorkom. Dit volg op uitbrekings in die De Aar-, Vosburg-, Carnarvon-, Williston- en Upington-distrikte. Die siekte veroorsaak ernstige vel-besmettings en wolverlies.
Die weerkundige, Johan van den Berg, doen ‘n beroep op boere in die somer-reënvalstreke om voor te berei vir ‘n derde agtereenvolgende hoë-reënvalseisoen. Suider-Afrika het twee agtereenvolgende La Niña-seisoene ervaar tussen 1973 en 1975, en weer tussen 1998 en 2001. Van den Berg sê hoë reënvalseisoene hou die gevaar in vir vloed- en oesskade.
Nampo Wes Kaap het vandag begin- en ons nuupan volg graag die gebeure in kort- Nation -In - Conversation is weer ingesprek- Infrastruktuur vorm die ruggraat van die landbousektor en die gesondheid daarvan is van kardinale belang. Die WesKaap lewer 55% van die land se totale uitvoere - dit beteken dat daar vir elke R1 wat inkom, R13 uitgaan - Heinie du Toit
Gedurende die afgelope twee weke het die olieprys wipplank gery, om teen die helfte van verlede week 'n dalende tendens getoon. Dit het tot gevolg gehad dat die binnelandse brandstof prys aansienlik gedaal het te midde van die swak vertoning van die Suid-Afrikaanse Rand.
Die Namibiese landbouministerie het kommer uitgespreek oor onwettige omheinings van kommunale grond, veral in die noordelike streke en derhalwe boetes vir oortreders verhoog.
Statistieke Suid-Afrika het gister mynbouproduksiedata vir Julie vrygestel en dit wys dat produksie met 8,4% gekrimp het, vergeleke met Julie 2021. Dit was die sesde maand in 'n ry dat uitset gedaal het. Die maand-tot-maand veranderinge skets 'n effens meer positiewe prentjie. In Mei het produksie met 1,8% gestyg, in Junie het dit met 0,9% gekrimp en in Julie met 2,3% gestyg.
Die Minister van Justisie, Ronald Lamola sê Suid-Afrika doen alles in sy vermoë om te verhoed dat hy op ‘n gryslys geplaas word – omdat dit ernstige gevolge sal inhou vir buitelandse belegging en die finansiële welstand van die land. Lamola het beleggers toegespreek by die Rand Aksepbank-beleggingskonferensie in Kaapstad.
Zimbabwe het 201,05 miljoen kilogram tabak ter waarde van 614,27 miljoen Amerikaanse dollar verkoop sedert die bemarkingseisoen in Maart geopen het. Gedurende dieselfde tydperk in 2021 het Zimbabwe se tabakprodusente 207,18 miljoen kilogram vir 578,78 miljoen Amerikaanse dollar verkoop. Die tabakbedryf in Zimbabwe is ‘n bedryf wat relatief goed vaar en vanjaar verwag hulle ‘n goeie oes.
’n Hoër vraag na water en die beperkte hoeveelheid noodsaak dat meer gedoen word om die impak van klimaatsverandering en gepaardgaande waterstres en -risiko’s in Afrika te versag, sê die Wêreld- Meteorologiese Organisasie (WMO).
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gaan ‘n onafhanklike ondersoek doen na die rampgeteisterde Jagersfontein in die Vrystaat. ‘n Slikdam by die myndorp het Sondag meegegee en grootskaalse verwoesting gesaai. Infrastruktuur is beskadig en tientalle mense is dakloos gelaat toe hul huise in die slikstorting verwoes is.
Gedurende die afgelope twee weke het die olieprys wipplank gery, om teen die helfte van verlede week ? dalende tendens getoon. Dit het tot gevolg gehad dat die binnelandse brandstof prys aansienlik gedaal het te midde van die swak vertoning van die Suid-Afrikaanse Rand.
Hierdie was van die nuus wat die afgelope tyd op AGRI NEWS NET geplaas was. Lees dit en nog meer op www.agrinewsnet.co.za
Dis een van die beste beskrywings van Suid Afrika se politieke leiers en hulle meelopers.Nebraska farmer asks pro-fracking committee to drink water from a fracking zone near his farm. 😂 pic.twitter.com/lBHTZyZYc1
— Ben Goldsmith (@BenGoldsmith) September 12, 2022
Die rustigheid van 'n land waar daar vrede is🇿🇦 🇿🇦 🇿🇦 🇿🇦
— རᎵศསསศຮ (@JohannJoubertp) September 13, 2022
🌍
Just
speaking
the
TRUTH.!.!.!
🤔🤨🧐😎😎😎 pic.twitter.com/azDe9y9zll
Oh look a bull in the lake on the ranch… who would have thought… pic.twitter.com/51yqR6CHbF
— jaclyn wilson (@FDGenetics) September 14, 2022
So het die jare geloop
This footage is from 121 years ago (1901), showing children in England seeing a movie camera for the first time pic.twitter.com/C6laIDj8nP
— Vala Afshar (@ValaAfshar) September 14, 2022