Dis alweer Vadersdag- Die wereld se datum- maar as jy deel is van 'n ware gesin is elke dag Vadersdag en Moedersdag - As die wereld jou nie meer wil he nie- is jou ouers daar-
Die gemeenskap besef uiteindelik dat vaders net so ’n belangrike rol speel ten einde die gesonde ontwikkeling van hul kinders te verseker. Hul rol strek veel verder as bloot dié van tradisionele stereotipe broodwinner. Navorsing wys toenemend op die voordele van kinders met gesonde vader-kind-verhoudings. Vaders wat liefdevol, sorgsaam en aktief betrokke is by die grootmaakproses se kans op goed-aangepaste kinders is veel groter as die wat nie betrokke by hul kinders is nie. Die vernietigende gevolge van ongesonde vader-kind-verhoudings is nét so goed gedokumenteer. Die afwesigheid van ’n vader lei by seuns tot toenemende aggressie en/of vroulikheid.
‘Die belangrikste ding wat ’n pa vir sy kinders kan doen, is om hul ma lief te hê.’ So waar en belangrik as wat hierdie woorde is, is daar iets belangriker wat deur die Woord van God uitgelig word .Elke seun verlang na sy pa se goedkeuring en versekering dat hy trots is op hom en ’n dogter verlang sy goedkeuring in alles. Ma s’n is verseker – dis maklik om haar goedkeuring en trots te kry. Pa s’n is egter heeltemal ’n ander storie. As seun was dit vir my uiters noodsaaklik dat my pa trots op my sou wees. Ek het tog geleef met die gevoel dat hy was – en dit het my met moed en selfvertroue gevul.
'n Vader is verantwoordeluik vir sy dogter se emmosionele en geestelike versterking tussen die ouderdom van 5 en 7 jaar. Dissipline is ’n aspek van die pa se liefde wat ons moontlik nog in hierdie generasie kan verloor. As liefdevolle pa’s is dit ons plig om toe te sien dat die toepaslike reëls in die huis geld. Hoe dit ook al ons harte skeur – en dit behoort – sal dit net erger wees indien ons dit nie doen nie.
As as ouers geskei is- moet asb nie die een teen die ander afspeel en slegmaak nie- Dis julle kinders, sien mekaar liewer as die enigste ouers van julle kinders- Wees lief vir julle kinders- julle was sekelik lief vir mekaar toe hulle gemaak is.
Baie ouers is kwaad vir mekaar oor een of ander rede en betrek die kinders daarby. Dis baie maklik om te skei- maar dis nie so maklik om weer 'n man te kry soos die wat jy gehad nie en anders om. Kinders en kleinkinders wil graag huistoe kom waar Pa en Ma nog is waar daar 'n huigesin is.
Daar is baie meer vrouens wat hulle mans geskei het, oor een of ander rede- wees verseker dat dit dalk beter sou wees om te versoen. Behou jou huisgesin, geen geld in die wereld kan dit koop nie.
Nie alle Pa's is suksesvol in hulle Pa wees nie-
Want dit kos 'n MAN om MAN groot te maak- en dit kos 'n Pa om Pa groot te maak.
As jy sonder 'n Pa groot geword het, het jy waarskynlik nie 'n voorbeeld gehad nie- maar nog steeds is jy van inbors 'n ware Pa.
Hoe beskryf jy die liefde wat ’n pa en sy dogter deel? Pa-wees kan nie omskryf word met ’n enkele woord of selfs ’n kragtige sin nie. Pa-wees word nie gevind in mooi woorde nie; dit lê in liefdevolle dade sonder ophou oor jare heen.
’n Pa se liefde is soos ’n skatkis gevul met skatte en juwele van die hart, met eksklusiewe toegang vir sy lieflingprinses.
Die liefde van ’n pa is in die reuk van die warm koppie koffie wat elke oggend vir my staan en wag. Sy liefde is in sy bemoedigende woorde voor jou eerste dag van skool, voor elke groot eksamen en selfs voor jou eerste date. Die trots en selfversekerdheid in sy stem kwyn nooit nie wanneer hy sê: “My pop, jy kan enige iets doen.” Sy liefde is in die optel en afskud ná elke terugslag en teleurstelling wat op daardie oomblik vir jou voel soos die einde van die wêreld. ’n Pa se liefde is in die selfversekerde glimlag wat hy vir jou gee wanneer jy met benoude vlinders in jou maag sy gesig in die gehoor van die verhoog af soek.
My veilige hawe word gevind in die arms van my Pa wat my beskerm soos die mure van ’n kasteel en met my kop teen sy bors hoor ek die klop van sy hart wat al die onrustigheid binne my tot ’n skielike kalmte bring.
’n Pa is sy dogter se eerste liefde en die enigste liefde wat met ’n lewenslange waarborg kom. Hy sal jou hart oppas en koester met groter sorg as dié van sy eie. Daar is baie teleurstellings in ’n jong dame se lewe wat soos die einde van haar bestaan voel, die grootste dalk jou eerste liefdesteleurstelling wanneer jou hart in skerwe op die vloer lê. Dankie dat Dad daar was om saam die skerwe van my hart op te tel sodat ons saam ’n mosaïek vir my toekoms daaruit kon bou.
Familie boerdery- Pa en Seun op een plaas- Suid Afrika
’n Pa word geken aan sy liefde en omgee, sy raadgee en tug, sy aanmoediging en troos. Die rolle wat ’n pa moet vervul is uiteenlopend en die waardering daarvoor word nie altyd uitgespreek nie.
My Pa is my held en beste vriend, hy het my geleer dat ek tot alles in staat is, hy het my geleer wat onvoorwaardelike liefde werklik is. Hy het die baie hoë standaard gestel vir elke man wat die moed het om in my lewe te kom. Dad het my uitgestuur in die wêreld met ’n hart vol liefde en ’n gees vol waagmoed. “Hoewel tieners meer onafhanklikheid soek, wil hulle tog weet dat hul pa hulle ondersteun. Hulle wil self besluite neem, maar soek tog in ‘n mate hul pa se insette. Dit maak dit egter soms vir pa’s moeilik om die balans te vind tussen toegeeflik wees en grense stel. Daarmee saam ervaar tieners hormonale veranderings wat lei tot buierigheid en onvoorspelbaarheid.Sou daar konflik tussen ‘n pa en sy tiener ontstaan, gaan die tiener moontlik hom- of haarself en hul verhouding op daardie stadium negatief ervaar.Pa’s vind dit soms moeilik om te verstaan waardeur die tiener gaan (tieners verstaan hulself nie eens altyd nie) en om die situasie reg te hanteer,
Jou seun het jou as spieël nodig om twee redes: om te weet hoe hy net soos jy is en hoe hy heeltemal anders is. Tienerwees is die kleedrepetisie vir volwassenheid. Sy stem gaan breek, sy lyf gaan verander hy gaan dalk soos jy lyk of soos jy wees.
Hy gaan nodig hê dat jy sy nuwe krag erken en nie in kompetisie daarmee te wees nie. Hy gaan nodig hê dat jy sy vermoë om besluite vir sy lewe te neem, aanvaar en dit nie te oordonder nie.
En as jy vandag nie weet wie jou Pa is nie- of nie weet waar hy is nie- is dit dalk tyd om hom te gaan soek... en as hy jou nie wil ken nie- dan het jy ten minste probeer.
Dis nie maklik om 'n Pa te wees in 2022 nie- maar as jy liefde en dissipline toepas en aan jou kinders sekuriteit gee, gaan jy suksesvol wees.
Moenie jou Pa se raad en integriteit onderskat nie - hy sal nooit vir jou verkeerde raad gee nie- luister maar liewer eers na hom voor jy na die sogenaamde slim mense luister wat dink hulle is geleerd.
Kom ons staan net vir 'n oomblik stil en gee die nodige erkenning aan ons Pa's - of hulle lewe of nie- ons eer hulle en ons se dankie dat ons 'n Pa kon he-
Geniet elke oomblik saam met hom en wees dankbaar dat jy hom jou PA kan noem.
Saamgestel deur Johann Pretorius - Professionele Menslike gedragsspesialis en Gesondheids praktisyn Pretoria
Dankie-
Vir U wil ek dank. vir my liewe papopa- Vir sy woorde, sy wysheid, sy geloof, Liewe Heer. Dat hy elke liewe oomblik vir my steeds iets leer. Vir sy eindelose liefde. Sy bystand, sy krag. Vir sy vashou, sy aandag. Die gesels elke dag. Liewe Heer, waar ek biddend voor U staan, smeek ek U om oral saam met hom te gaan. As ek kyk na sy hande wat hard werk ook vir my. Vra ek U, asseblief Heer, staan hom altyd by. Hy's my pa Liewe Here. Hy's my hart se punt. En soos hy U sin is, is ek ook sy kind.