Familie boerdery- Pa en Seun op een plaas- Suid Afrika

Familie boerdery- Pa en Seun op een plaas- Suid Afrika

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Suid Afrika is bekend dat seuns in 'n boerdery die huidige geslag eienaar sal opvolg. Duisende boere het saam met hulle Pa's op 'n plaas groot geword en later die boerdery oorgeneem. Wat 'n groot voorreg- !

Die vraag is net- was die seun se natuurlike aanleg en gedrag voldoende om soos sy suksesvolle Pa die boerdery te kon oorneem- maw was dit sy passie - sy beroep- of wat dit sy innerlike plig. 

Elke seun verlang na sy pa se goedkeuring en versekering dat hy trots is op hom en ’n dogter verlang sy goedkeuring in alles. Ma s’n is verseker – dis maklik om haar goedkeuring en trots te kry. Pa s’n is egter heeltemal ’n ander storie. Die rol van ‘n pa en sy dogter is iets heel anders. Die pa moet sy dogter beskerm. Hy moet ook vir haar wys hoe ‘n man optree, hoe hy ‘n vrou en ook sy dogter met respek behandel. Sy moet hom ten volle kan vertrou en weet dat, sou sy hom enige tyd, dag of nag, nodig het, hy daar is vir haar. Natuurlik het seuns ook daardie vertroue in hul pa nodig.

Mans móét ons seuns leer hoe om hulle voorkeure en behoeftes te identifiseer, en hoe om daarna te streef sonder om ander se menswaardigheid te ontken. Hulle moet leer om eerder ánder teleur te stel as om hul eie waardes prys te gee. Hulle moet besef as jy jou eie beginsels prysgee, skaad jy jou eie selfbeeld, want jy staan nie op vir jouself wanneer jy dit die nodigste het nie.

Om ’n ideale pa-en-seun-vennootskap te ontwikkel in ’n bedryf waar enige soort vennootskap al vol slaggate is, is nie maklik nie. Daar is egter talle gevalle wat goed werk, anders het die tradisionele familieplaas mos al lankal verdwyn. Of het die tradisie behoue gebly hoofsaaklik omdat seuns, geslag ná geslag, maar net deurdruk onder hul pa’s in ’n moeilike lewensfase wat hulle noodgedwonge moet verduur?

    Suid Afrikaanse landbouers moet bouers en Welvaartskeppers bly.

Goeie pa-en-seun-kombinasies – meestal eerder spesiale ooreenkomste as formele vennootskappe – kan emosioneel baie bevredigend wees. Dit geld selfs die kleinkinders wie se lewens ook uiteindelik om die plaas kan draai. Daar is egter altyd die gevaar dat die familieplaas te klein kan word vir almal, veral as sommige kinders nie hul vlerke sprei nie. Die druk op pa kan ook toeneem as meer as een seun wil boer.

Die meeste boerderye is egter eintlik te klein vir twee base. Dan gebeur dit soms dat die pa sy seun as ’n soort voorman behandel en te lank aan die tjekboek vasklou. Die seun behoort van meet af aan ’n mate van nansiële verantwoordelikheid te kry. Wedersydse vertroue en respek is noodsaaklik. Die seun moet sy pa se ondervinding na waarde skat, maar hy moet ook genoeg kennis en vaardighede hê om sy pa se vertroue te wen. Niemand gaan wen as hulle mekaar blameer as dinge skeeoop nie. Die nuweling kan ’n ander bestuursbenadering tot arbeid hê as sy pa, en dit kan lei tot groot struwelinge en onenigheid tussen die eienaars en werkers wat al dekades deel van die plaas is. Die jong man moet dus realisties, maar ook bietjie geduldig wees. Sy pa was dalk sy hele lewe lank sy eie baas, en het nie ’n benul van hoe dit voel om onder ’n “oog” te werk nie. Dalk het hy dele van die onderneming verwaarloos of die natuurlike hulpbronne nie ten beste benut nie. Hy sal gekrenk voel as sy seun nou skielik sy gevestigde metodes wil verander. Gaan uiters diplomaties te werk!

’n Pa-en-seun-boerdery bied beslis ’n kans om mekaar tot nuwe hoogtes te voer, maar as dit lyk of dit nie gaan werk nie, moet Boeta dalk so gou moontlik ander weivelde gaan soek. Hy kan tog nie sy ouers van hul eie grond staan en verjaag nie . . . Die kern van die saak is dat pa en seun albei ’n toekomsvisie vir die besigheid moet hê en bereid moet wees om saam te werk om ’n gemeenskaplike doel te bereik.

Erken jou Pa se bydra tot jou huisgesin en tot julle as Familie. Erken hom ook deur sy naam te gee aan jou seun en daardeur behou jy die tradisie van familie wees.  Die jongste neiging is om jou kind een of ander "cool" naam te gee. Dis nie familie bou nie. Behou julle tradisies en staan mekaar by. 

Dis baie belangrik dat wanneer die twee besluit om saam te boer hulle mekaar letterlik moet verstaan en weet wat elkeen se natuurlike gedrag is en hoe elkeen waarde kan byvoeg tot die boerdery en tot mekaar. Dit is uiters noodsaaklik dat families mekaar verstaan en weet waarheen elkeen oppad is.

As jy en jou seun of sekere familie lede mekaar nie verstaan nie - is dit nou die tyd om dit op te los en hulp te kry. 

Sekere Landbouorganisasies en Maatskappye in Suid Afrika maak nog steeds gebruik van korporatiewe duur ingewikkelde programme om landbouers te help en te keur in sekere velde.  Die programme is nie akkuraat nie en meeste van die mense wat die programme gebruik is so ingestel op die uitslag dat die werklike omstandighede nooit in ag geneem word nie. Groot woorde word gebruik en dit beteken in werklikheid niks. Die vraestel bly dieselfde en kan baie maklik gemanipuleer word of verkeerd vertolk word.

Daar is net een program wat suksesvol is en wat vir jare al gebruik word. Quanlim Life is ontwikkel om die holistiese benadering van elke landbouer te bepaal. Dis akkuraat en elke landbouer word gesien as uniek. Dis geskryf en ontwikkel deur 'n landbouer met 25 jaar prakiese boerdery ondervinding en 15 jaar praktiese ondervinding om mense suksesvol in 'n rigting te plaas en daarby nog met goeie gesondheid ook. 

Suid Afrika se Landbouers en hulle gesinne is nie gesond nie- meeste is oorgewig en lewe elke dag in vrees en "stress" PHARMA skryf "drugs" aan hulle voor in die vorm van slaappille, en lekker voel pille.  

Dis dalk tyd dat jy begin kyk na jou werklike gesondheid- dit wat jou werklik siek maak-  PHARMA beheer net die simptome...

Dis belangrik dat daar daadwerklik seker gemaak word wie bekwaam is om suksesvol te boer in die volgende termyn. Quanlim Life weet wat die kwaliteite van 'n ware Landbouer moet wees- en dit is beslis nie opgeteken in die grade wat hy besit nie.

Johann Pretorius  CEO GROUP

Besoek van Quanlim.com