Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels.
Die wêreld stuur op ‘n gevaarlike voedseltekort af. Die Verenigde Nasies het verlede week bekend gemaak dat die aantal mense wat ‘n voedseltekort ervaar oor die afgelope twee jaar van 135 miljoen tot 276 miljoen verdubbel het. Die meeste van hierdie mense is op die randjie van algehele hongersnood. Daar is tans wêreldwyd byna 500 miljoen mense wat onsekerheid oor voedselvoorsiening het en wat oor die volgende twee jaar ook voedseltekorte kan begin ervaar. Sedert 2016 het die aantal mense wat voedseltekorte ervaar met 500% toegeneem. Die uitvoer van graan en oliesade uit Oekraïne het die afgelope drie maande grootliks tot stilstand gekom. Rusland se uitvoere van graan word ook bedreig. Saam is dié twee lande verantwoordelik vir twaalf persent van die wêreld se verhandelde kalorieë. Die probleem met voedseltekorte is egter groter as net die oorlog en nog uitdagings wat tot die krisis bydra is stygende pryse, arm lande se finansiële probleme en uitdagings met voedselproduksie weens droogtes en stygende insetkoste. Die prys van koring het vanjaar reeds met 53% gestyg. Volgens die Verenigde Nasies het wêreldwyse voedselpryse die afgelope twaalf maande met ‘n derde gestyg terwyl die prys van kunsmis met meer as 50% en oliepryse met meer as 60% gestyg het.
Daar is lig aan die einde van die tonnel vir die Suid-Afrikaanse lewendehawe- en wildbedryf wat ’n voortdurende stryd het om aan internasionale vereistes te voldoen. Só het mnr. Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad (Apac), op die Vrystaatse kongres van die Rooivleisprodusente-organisasie gesê. Die verlies aan Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye-status het die land se toegang tot internasionale verhandeling van sy landbouprodukte grootliks benadeel, het Knowles gesê. Dit behels die uitvoer van lewende hawe en produkte in die geheel. “Bek-en-klouseer is ’n dieresiekte wat die ekonomie op sy knieë kan dwing. Die wêreld sien ons as ’n onveilige uitvoerbron van dierlike produkte.”
Die Namibiese regering sê sedert die begin van die maand is die karkasse van 11 gestroopte renosters in die Ethosha-nasionale park in die noorde van die land gevind. Die swart renosters is doodgemaak en hulle horings is verwyder. Die ministerie van Omgewingsake en Toerisme sê dit is ‘n duidelike aanduiding dat die stryd teen stropers nog nie verby is nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. In totaal is 22 renosters in die eerste ses maande van die jaar deur stropers doodgemaak, teenooor 43 in die hele 2021 en 40 in 2020.
En ons Tabak boere moet nou om die tafel sit en hulle strategie beplan rondom die verliese wat gelei is deur die regering se verbod op die verkoop van tabak. Daar is baie verliese gelei.
Ons Junior Landbouskrywers kompetiese sal eerdaags in aanvang neem. Hou gerus ons mediums dop . Ons begin ook eersdaags met 'n ander nuwe kompetisie.
Nuusredakteur
Reënboë word veroorsaak deur die splitsing van wit sonlig in die komponentkleure deur reëndruppels. Van die lig wat op 'n waterdruppel val, gaan die druppel binne. Soos dit die druppel binnegaan, word die kleurkomponente van die sonlig in verskillende hoeveelhede gebreek (gebuig) afhangende van hul golflengte (ons sien die verskillende golflengtes as verskillende kleure.)
Of dit nou reg of verkeerd is, maar boere in Suid-Afrika is grotendeels op hulself aangewese om hul veiligheid te verseker. “Dit is tyd dat boere aanvaar hulle speel die vernaamste rol in hul en hul mense se veiligheid,” het mnr. Henry Geldenhuys, TLU SA President gesê.
Verlede jaar het Suid-Afrika 'n rekord gehad wat betref beurtkrag wat op die verbruikers afgedwing is, en dit lyk of vanjaar 'n nuwe rekord gaan beleef as die afgelope maande se baie krag onderbrekings gaan voortduur in die volgende ses maande.
CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het vanoggend marginaal met 0,13% gedaal. Dit volg 'n algemene afwaartse neiging vir kommoditeitspryse. Verliese is beperk deur 'n bedreiging van wydverspreide hittegolwe in die VSA wat tot volgende week kan duur. Die VSA is besig om die plantproses af te sluit en weerstoestande kan krities wees vir toekomstige opbrengste.
Bokse met 130 000 handtekeninge teen die brandstofpryse aan ministers oorhandig -Kevin Mileham, DA-woordvoerder oor Energie, het bevestig dat die politieke party se petisie rondom verlaging van die brandstofpryse aan die Minister van Minerale Bronne en Energie, sowel as die Minister van Finansies oorhandig is.
Die ministerie van landbou in Oekraïne het bevestig die land het 25 persent van sy bewerkbare grond in sekere streke verloor sedert die Russiese inval. Volgens die adjunkminister van landbou, Taras Vysotskiy, is die suide en ooste erg geraak, alhoewel voedselsekerheid nie bedreig word nie.
Die Egiptiese minister van finansies sê die hoë olieprys kos die land 7,2 miljard Amerikaanse dollar. Volgens Mohamed Maiit is die skatting vir Brent ru-olie bo 120 Amerikaanse dollar per vat. Maiit voeg by dat die hoë koringpryse oor druk op die Egiptiese pond geplaas het en ‘n bykomende 3 miljard Amerikaanse dollar sal nodig wees om genoeg voorraad te bekom.
Die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws het gereageer op die Namibiese omgewingsministerie sowel as die Namibiese Professionele Jagtersvereniging wat wettige ivoorhandel ondersteun. Die internasionale bewaringsliggaam wat die verkope reguleer, Cites, wil dit nie toelaat nie. Volgens Gouws, beperk die organisasie die vryehandel in ivoor wat op sy beurt weer stropery aanhits.
Appèlhof beslis dat Dlamini-Zuma se algehele tabakverbod tydens die inperking ongrondwetlik en ongeldig was Die Hoogste Hof van Appèl (SCA) het vandag 'n appèl deur die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma (die Minister), teen 'n bevel van die Wes-Kaapse Hooggeregshof in Kaapstad van die hand gewys.
Die Namibiese omgewingsministerie sê 11 renosterkarkasse is sedert die begin van die maand in die Etosha Nasionale Park gevind. Luidens ‘n verklaring van die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda is die karkasse minstens drie weke oud. Saam met die Namibiese weermag, polisie en spesiale taakspan van die ministerie sal patrollies verskerp word.
Sojamelk: Bevat ongeveer dieselfde proteïene as koeimelk (7 g tot 9 g per 250 ml) en is baie laag in versadigde vette (15 g per 250 ml). Sommige winkels verkoop klappermelk in bokse. Hierdie weergawes bevat dikwels 30% of minder klappermelk en het minder versadigde vette. Rysmelk: Bevat min tot geen proteïene of versadigde vette nie, maar is dikwels hoër in koolhidrate as koeimelk.
Suid-Afrika sal teen 2040 reeds 50% meer toegerus wees met waterstof-en koolstofvrye stelsels wat hernubare energie optimaal benut as dit van mnr. André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, afhang.
Die pluimveebedryf sal van vandag af, 15 Junie, onbeskerm wees teen storting van sekere hoendersnitte uit vyf lande totdat teenstortingstariewe hiervoor afgekondig word.
Boerdery of om te boer was nog nooit so gewild soos dit nou in Suid Afrika is nie- en die regering laat ook nie op die wag nie en staan reg om miljoene uit te deel vir jong belowende swart agtergeblewe mans en vrouens wat begeesterd is om in die grond te werk en suksesvol kos te produseer vir die wat staan en wag om te eet.
Op kort termyn lyk toestande baie gevaarlik om skape en bokke te skeer met die koue toestande wat oor veral dele van die Oos-Kaap kan voorkom.Toestande tot Donderdag lyk uiters gevaarlik, maar toestande is tot 25 Junie baie gevaarlik om skape en bokke te skeer, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, aan boere wat van plan is om hul kleinvee te skeer.
Suid-Afrika kan gesien word as 'n land wat in 'n oorlog gewikkel is met sy 65 moorde per dag gedurende die eerste kwartaal van 2022. Dit is die mening van 'n voormalige polisie offisier wat verkies om anoniem te bly, wat sy mening gee na aanleiding van die geweldige negatiewe verslag wat verlede week vrygestel is oor misdaad in die land.
Die konflik tussen Rusland en Oekraïne het ander lande bewus gemaak van hul afhanklikheid van Rusland vir kunsmis. Die Amerikaanse regering het gereageer deur te belê in innoverende, plaaslik vervaardigde kunsmis-stowwe, maar dit sal tyd neem. Stygende pryse veroorsaak dat boere hul plant-strategieë in die meeste lande regoor die wêreld aanpas.
Nuwe navorsing toon dat Rusland steeds reuse bedrae geld maak uit die verkoop van olie en gas, ondanks toenemende sanksies deur talle lande. Honderde mense is dood en miljoene moes uit hul huise padgee sedert Rusland se inval in Oekraïne einde Februarie.
Hierdie was van die nuus wat die afgelope tyd op AGRI NEWS NET geplaas was. Lees dit en nog meer op www.agrinewsnet.co.za