Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels.
Dis koringplanttyd in die Wes Kaap, Vrystaat en ander dele van die land. Moenie twee maak dink of jy moet plant of nie- as jou vog reg is, dan moet jy inklim. Dis nog droog in die Swartland, maar die meeste boere behoort teen einde Mei klaar geplant te wees. Ons span was die week in Wes Vrystaat en daar word teen 'n spoed koring geplant teen baie duur insetkoste. Die Safex-prys vir koring het gister tot ’n rekordvlak van R8 400/t vir ’n Julie-kontrak gestyg. Teen sluitingstyd het dit tot R8 289/t vir ’n Julie-kontrak teruggesak. Die onsekerheid oor koringuitvoer as gevolg van die oorlog in Oekraïne is die grootste oorsaak van die styging in die koringprys. Al kry die boere van Oekraïne dit reg om vanjaar koring te plant, is daar groot onsekerheid of hulle die koring sal kan uitvoer. Rusland, wat 75 miljoen ton koring per jaar produseer en sowat 35 miljoen ton uitvoer, het in Maart ’n verbod op die uitvoer van koring na sekere lande geplaas. Wêreldhandel en dus die aanbod van koring het ’n verdere knou gekry toe Indië die afgelope naweek ’n verbod op die uitvoer van koring geplaas het. Daar wag ’n groot inflasieskok op Suid-Afrika. Vir verbruikers in Suid-Afrika, wat jaarliks sowat 1,4 miljoen ton koring invoer, hou die hoë koringprys ongunstige implikasies in. Verbruikers gaan houe vat, want die broodprys en inflasie op voedsel kan deur die dak skiet. Die wisselkoers van rondom R16 per Amerikaanse dollar en duur diesel vererger die probleem, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook die res van die wêreld.
Nat, bibberweer gaan van vandag af oor groot dele van die land inbeweeg, met sneeu wat in aantog is na hoogliggende gebiede van die Wes- en Oos-Kaap asook die suidoostelike en oostelike Vrystaat. Lesotho en dele van die Drakensberge kan teen die naweek swaarder sneeu verwag. Dele van die droogtegeteisterde Oos-Kaap kan aansienlike reën kry, wat tot oorstromings kan lei. Van Vrydag af word donderstorms voorspel vir Gauteng, Mpumalanga en dele van Limpopo tesame met maksimumtemperature van sowat 10 grade. Kleinveeboere word gewaarsku om betyds voorsorg te tref vir skuiling vir hul diere. Die Weerdiens waarsku intussen ook oor ‘n groot brandgevaar op plekke soos Namakwa in die Noord-Kaap, die Sentrale Karoo-distrik, die Klein Karoo en die Breede Vallei Munisipaliteit.
Meer as 60 munisipaliteite in die land is nie funksioneel nie, en meer as 100 is hoë risiko-munisipaliteite weens hulle haglike geldelike situasie. Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma het die syfers bekend gemaak in haar begrotingsrede gister in die Parlement. Meer as 120-miljoen rand is gekanaliseer deur die plaaslike regeringsfeer van die regering in ‘n poging om die probleme op te los. Volgens Dlamini-Zuma is die kern van die probleem die regering se versuim om munisipaliteite geldelik meer te steun. Sy sê die aanname dat munisipaliteite hulle eie inkomste moet genereer is verkeerd, omdat die meeste munisipaliteite nie ‘n inkomstebasis het nie.
Ná twee Nampo-lose jare het die dag uiteindelik aangebreek waarop Nampo Park, buite Bothaville, weer lewe gekry het. En soos gewoonlik is die uitstallers en die korporatiewe personeel almal op hulle pos om die duisende besoekers en boere en hulle gesinne te verwelkom. ʼn Mens kan inderwaarheid die sug van verligting hoor en ook ʼn afwagtende opgewondenheid aanvoel as jy met die uitstallers en besoekers op die skou gesels. Ongelukkig het die bek-en-klouseer-uitbreking wat onlangs, tot so naby as Viljoenskroon voorgekom het, ʼn demper op die vee-uitstalling geplaas. Daar is baie jong mense wat die skou besoek en vrouens en kinders is almal deel van hierdie ervaring. Die uitstallings lyk baie goed en baie tyd en geld is daaraan spandeer. Daar is nie 'n tekort aan Televisie/Radio verslaggewers by Nampo nie- of sosiale media verslaggewers nie- waar jy kyk loop een met 'n mikrofoon of 'n kamara rond en wil met almal gesels. Die meeste is Stadjapies wat nou hier tussen die boere hulle kennis kom uitbrei of dalk toets met al hulle vrae. Wees maar wakker- jy weet nooit op watter sosiale media platvorm jy jouself bevind nie. Die pers is net so volop , en almal wil net graag 'n storie skryf oor die groot gebeurtenis wat almal uit die stad laat beweeg. Ons span was Maandag daar en sal weer more daar wees op ons pad terug van die Noord Kaap en Wes Vrystaat. Nampo se skou is 'n bewys van die netheid en orde van die Suid Afrikaanse Landbou omgewing- Positiewe gees van vriendskap en samehoringheid wat jy dadelik kry wanneer jy instap . Die perseel is skoon, en mens maak gebruik van asblikke en niks le rond nie. Dis 'n bewys van opvoeding en respek vir jou mede mense. Dis waarom ons Landbouers so suksesvol is en vasstaan in dit wat hulle glo. Ons landbouers bou en het die vermoee om welvaart te skep -
"Nasie in gesprek" met Theo Vorster is ook weer by Nampo. Dit is interresant om te hoor wat elkeen van die slim manne te se het oor hoe die landbou omgewing jaarliks verander. Eiendom bly nog steeds die grootste bekommernis van enige landbouer asook die veiligheid van sy gesin, werkers en sy eiendom. Insetkostes, paaie, infrastruktuur en Eskom en nog menige ander goed is ook belangrik en dit moet ook aangespreek word en gedoen word. Maar as jy nog nie in die skoene van 'n ware landbouer gestap het nie en jou eie spore op jou eie grond gesien het nie, weet nie wat landbou werklik is nie. Ware landbouers is doeners en nie praters nie. Dit is goed om na hierdie besprekings te luister. Van die manne sukkel so bietjie met die Engels in die besprekingsprogramme, maar die boodskap kom darem uit.
Die Laeveld Agrochem-span en hul medewerkers het hulself weereens oortref met die aanbieding van die Son-Safari-landbouskou. Na twee Seil-Safari’s in 2018 en 2019, waar Laeveld Agrochem ʼn landbouskou op luukse passasiersbote aangebied het, het hierdie maatskappy, ʼn soortgelyke skou in Mauritius aangebied. Die skou het ook deel van ons 30-jaar vieringe gevorm en daarom wou ons iets onvergeetliks doen, maar ook terugploeg aan ons lojale kliënte van al die jare. Corné Liebenberg, bemarkingsdirekteur van Laeveld Agrochem ,sê die idee dat soveel mense wat nog nie heeltemal van die Covid-19-skrik herstel het nie, nou weer in ʼn klein ruimte soos ʼn passasiersboot moes byeenkom, nie ʼn goeie plan was nie. “Boonop, toe ons beplan het aan die skou, was daar nie baie opsies nie. Plekke in Suid-Afrika wat sulke byeenkomste kon aanbied, was nog gesluit en daarom was Mauritius ons beste keuse.” Corné Liebenberg het nog altyd sy kreatiwiteit gebruik en was nog altyd suksesvol om sulke byeenkomstes te implementeer. Sy kantoor staan altyd oop.
Die veelbespoke "Meesterplan " van die regering is nog lank nie aanvaar nie- en daar is baie teenkanting teen dit. Die landboumeesterplan wat verlede week deur die departement van landbou bekend gestel is, noem die herstel en opgradering van die land se infrastruktuur as ’n prioriteit. Terwyl die landboumeesterplan gemengde gevoelens uit die landbousektor ontlok het, sê prof. Ferdi Meyer, direkteur van die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP), dat dit ten minste ’n beginpunt is.
Die landboumeesterplan wat onlangs onderteken is, skep ’n mandaat vir die private sektor om die agterstand met infrastruktuur-ontwikkeling in die landbou aan te pak. Dis ’n baie spesifieke en gedetailleerde plan wat die vennote wat dit onderteken het, verantwoordbaar aan mekaar hou, het prof. Ferdi Meyer, direkteur van die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP), gesê.
Hy was betrokke by die opstel van die plan. Dit beteken dat inklusief na groei gekyk word, na praktiese maniere om nuwe mense in die mark in te lei, meer swart boere deel van kommersiële landbouproduksie te maak en werkskepping in die landboubedryf aan te moedig. “Daar word gekyk hoe ons dit volhoubaar kan doen en groei bewerkstellig. Dit vereis ’n markgerigte benadering, waar jy bepaal wat jy plaaslik kan uitrig, met verbruikers wat onder druk is, en jy moet kyk na maniere om internasionale markte oop te maak.”
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se sakeskool het Dinsdagoggend ook die land se vervalle infrastruktuur bespreek en die klem het op die vennootskap tussen die openbare en private sektor geval. Die feit dat die regering die deur oopgemaak het vir vennootskappe tussen die staat en private sektor moet aangegryp word, meen prof. Raymond Parsons van die NWU se sakeskool. Parsons sê daar is erkenning aan regeringskant dat hy met die private sektor hande sal moet vat om die land se infrastruktuur te herstel. Basiese instandhouding aan ’n pad kos R100 000 per kilometer, maar as dit agterweë gelaat word, kos dit tot R3 miljoen om groot instandhoudingswerk te doen.
Hongersnood gaan sekere dele van die wereld tref binne die volgende 6 maande- Suid Afrika se ekonomie kan net met 1.5 tot 2 % groei in die volgende jaar- Eskom is groot probleem waarom die ekonomie nie groei nie. Die ANC maak dit nie makllik vir energie verskaffers om deel te word van die stelsel nie. Eskom se uitvoerende bestuur en sy span doen uitstekend in moeilike tye. Dit was lankal tyd om alles self te doen in Suid Afrika- jy moet dit so stuktureer dat jy die regering en sy meelopers daaruit hou. Dit moet vry wees van regering inmenging. Dis tyd om spoorlyne/hawens en paaie self te onderhou en belastinggeld te begin terughou. Die regering kon en sal nooit enige waarde toevoeg tot Suid Afrika nie. Suid Afrika se landbouers is absoluut 'n voorbeed daarvan.
Ons jaarlikse suksesvolle Junior Skrywers kompetiesie begin eerdaags. Ons sal binnekort die datums aankondig.
Die verbruikersprysinflasie-jaarkoers was in April onveranderd op vyf-komma-nege persent teenoor die vorige maand. Statistieke Suid-Afrika se data toon dat die VPI-indeks in April op ‘n maand-tot-maand grondslag met ul-komma-ses persent gestyg het. En dit lyk die Reserwebank nog steeds glo in hulle oer oue metode van rentekoers verhogings wanneer mense skaar kos kan koop. Die rentekoerse gaan volgens die voorspellings van sekere ekonome met soveel soos' .5 basispunte vehoog word. Om geld te leen gaan net duurder word. Wanneer gaan die reserwebank wakker skrik en sien ons lewe in die 2022.
Suid Afrika se landbouers kyk vorentoe, voeg die daad by die woord, en is welvaartskeppers-
Saamgestel deur Johann Pretorius =
Nuus op AGRI NEWS NET
Die Laeveld Agrochem-span en hul medewerkers het hulself weereens oortref met die aanbieding van die Son-Safari-landbouskou. Na twee Seil-Safari’s in 2018 en 2019, waar Laeveld Agrochem 'n landbouskou op luukse passasiersbote aangebied het, het hierdie maatskappy, 'n soortgelyke skou in Mauritius aangebied.
Kommoditeitspryse het sedert die vorige sessie gemeng verhandel. Koring pryse ontvang steeds ondersteuning as gevolg van bekommernisse oor voorraadvlakke wêreldwyd. Indië se regering het besluit hulle sal koring uitvoer wat voor 13 Mei ‘n krediet nota of ‘n betalings waarborg het, alle ander koring uitvoere is tans verban.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ysige koue, wydverspreide reën en sneeuvan môre af vir dele van die Wes- en Oos-Kaap, die Vrystaat en KwaZulu-Natal wanneer ‘n kouefront die Wes-Kaap se kus bereik. Sterk wind sal gevaartoestande vir veldbrande oor die Wes-Kaap en die Noord-Kaap se binneland skep.
Die landboumeesterplan moes meer inklussief opgestel gewees het. Jy kan nie op wetenskaplikheid aanspraak maak, en dan die vakbonde betrek maar nie die werkgewerorganisasies nie. Die wetenskaplike ondersoek waarop die samestelling van deelnemers gegrond is, is nog soek- Daar moet meer duuidelikheid kom oor die Meesterplan vir Landbou wat net geteken is.
Sestig lande is tans op koers na die vrywillige wêreldwye mylpaal om tussen 2010 en 2025 ‘n afname van 30 persent in tabakverbruik te bereik. Twee jaar gelede wat net 32 lande op daardie vlak. Die inligting kom uit die Wêreldgesondheidsorganisasie se vierde verslag oor tabakverbruik.
Santam Namibia het 100 000 Namibiese dollar aan Droogtehulp Namibië geskenk in die stryd teen die sprinkaanplae wat sedert middel-Desember in die Suide verwoesting saai. Die sprinkane het meer as 719 000 hektaar weiding vernietig, asook 1 207 hektaar landerye in 10 van Namibië se 14 streke, met die Karas-streek wat die ergste getref is.
Saffraan is een van die mees waardevolle en duur speserye wêreldwyd bekend danksy sy kleur, geur en medisinale eienskappe. Wat medisinale eienskappe, kan jy vra? Die lys is omvangryk en gaan voort om te groei.
FNB sê die middelklas bestee tot 80% van hul maandelikse salaris binne die eerste 5 dae -FNB skat dit neem gemiddeld 5 dae vir 'n middelinkomsteverbruiker om tot 80% van hul maandelikse salaris te bestee.
‘n Israelse maatskappy Redefine Meat gebruik ‘n drie-dimensionele drukker om ‘n plantgebasseerde stuk biefstuk te vervaardig. Die produk word met beet, soja, ertjies en kekerertjies gemaak en bevat ook kokosneutvette. Die stukke vleis word in repies gedruk en sjefs sê die produk voel en reageer soos vleis wanneer daar daarmee gewerk word.
"Nasie in gesprek" met Theo Vorster is weer deel van Nampo- En die slim manne met die dik brille is in diep gesprekke oor Landbou en alles wat daagliks gebeur. Daar is verskeie sprekers wat hulle insette lewer.
Die regering wil die gebruik van plaaslik verboude landbouprodukte bevorder, deur beperkings en tariewe op die invoer van onder meer palmolie te plaas.Palmolie is 'n omstrede produk en volgens National Geographic is dit 'n groot sondaar as dit kom by menseregtevergrype, koolstofdioksiedbesoedeling en die voortbestaan van reënwoude.
Suid-Afrikaanse energie probleem is aan die oploop tot een gevaarlike situasie wat kan eindig in 'n algehele ramp – iets wat ekonomies onbekostigbaar is, word gesê. Die deskundiges en die regering sal die toepassing van hulle planne moet verhaas om meer elektrisiteit te lewer aan die groeiende vraag van verbruikers, en dit beteken dat privaat ondernemings tot veel meer as die huidige plan toegelaat moet word.
Produsente en betrokkenes by die jaarlikse Nampo-Oesfees in Bothaville in die Vrystaat het op die eerste dag van die ekspo gehoor dat stygende voedsel- en brandstofpryse die grootste uitdagings vir die landboubedryf inhou.
Die toestand by Eskom is toenemend aan die verswak en beurtkrag word nou 'n alledaagse wat klaarblyklik meer toegepas gaan word as wat aanvanklik gesê is Die kragvoorsiener het enkele weke gelede gesê die verwagting is dat Suid-Afrika 100 dae van 2022 beurtkrag sal kry, maar kenners waarsku dat dit veel meer gaan word teen die huidige tempo waarmee die verbruiker moet saamleef.
Dit en nog baie meer te lees, te luister en te kyk op AGRI NEWS NET-
Product Name |
Price |
Quantity Type |
Date |
Change |
Previous Price |
White maize |
4,625.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-13 |
0.0274 |
4,500.0000 |
Yellow maize |
4,799.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-13 |
0.0380 |
4,620.0000 |
Wheat |
9,099.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-13 |
-0.0157 |
9,243.0000 |
Soybeans |
10,450.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-13 |
0.0028 |
10,421.0000 |
Sunflower seed |
8,137.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-13 |
0.0715 |
7,575.0000 |
Sorghum |
8,482.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-13 |
0.0086 |
8,409.0000 |
Groundnuts |
21,051.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-13 |
0.0356 |
20,315.0000 |
Cotton |
18,613.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-13 |
1.1135 |
5,300.0000 |
Sugarbeans |
25,000.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-13 |
0.0000 |
25,000.0000 |
Lusern (SupremeQ) |
3,750.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-13 |
0.0000 |
3,750.0000 |