Vir almal wat of in die platteland woon, of as stedeling van tyd tot tyd soontoe kom, is dit duidelik hoe die platteland agteruitgaan.
Ou inwoners trek weg, winkels en besighede sluit behalwe Cjinese “alles-en-nog-wat-winkels, geboue verval, kerke loop leeg en al wat groei is onkruid, die werkloosheid en die plakkerskampe. Die stede gaan in sekere opsigte ook agteruit wat lewenskwaliteit betref, maar groei wat getalle en ontwikkeling betref.
As ʼn mens na die Westerse samelewings kyk (byvoorbeeld ontwikkelde state soos die VSA, Brittanje, Frankryk, Duitsland en Nederland), kan die volgende tendense wat die voorkeur tussen stad en land betref, gesien word en hier word breed veralgemeen: Ná die Tweede Wêreldoorlog het verstedeliking, wat kortliks onderbreek was weens die groter gevaar vir lewe en besittings asook hongersnood in die stede, weer volstoom voortgegaan. Verstedeliking het reeds in die 19de eeu in die meer gevorderde lande begin, maar ná die Tweede Wêreldoorlog het dit eintlik orals in die wêreld gebeur.
Die Europese stede het die tendens van die trek na die voorstede met ʼn sekere tydvertraging nagevolg. In die 1970’s en 1980’s het, in sekere sin beïnvloed deur die opkoms van die omgewingsbeweging, ʼn tendens na die egte platteland ontstaan en talle boeredorpe het stedelike idealiste as nuwe inwoners bygekry. Lewensgehalte was gelykstaande aan die plattelandse idille met eie groente en diere, vars lug, min verkeer en daarvoor is selfs nog langer ritte na die stede aanvaar. Die opsie om per internet van die huis af te werk het nog nie bestaan nie. In die 1990’s het die tendens begin draai en veral ná 2000 volstoom gevorder. Die nuwe geur was die versugting na urbaniteit .
Dit het veral daarmee te doene gehad dat die stadsbeplanners hulle huiswerk gedoen en stede meer leefbaar gemaak het: daar is parke en lanings aangelê, stedelike verkeer is ingeperk, huise meer gesinsvriendelik gemaak, openbare vervoer is verbeter, besoedeling was minder erg ná die de-industrialisering van talle stede en veral was daar die groot trekkrag van kultuur in die wydste sin, wat vir die opkomende “hipsters” allerbelangrik was die stylvolle eetplekke, teaters, kunsgalerye, uitstallings, en so meer. Fabrieke het toenemend gesluit of is uit die sentrale stede verskuif, maar universiteite het al meer mense stad toe getrek omdat akademiese opleiding al belangriker geword het. Gevolglik het in sekere gewilde stede die behoefte aan behuising, veral vir jong enkelinge, die hoogte ingeskiet.
LEES OOK - Suid Afrika se platteland.
Verstedelikking is ‘n wêreldwye verskynsel. In die sogenaamde Derde Wêreld is dit al lankal aanwesig. In die Eerste Wêreld het na ‘n fase van terugkeer na die platteland of ten minste na die voorstede in die 1970’s en 1980’s, verstedelikking in die nuwe millennium weer nuwe stukrag gekry. Terwyl in die Derde Wêreld mense na die stede kom op soek na werk en beter lewensomstandighede, trek mense in die Eerste Wêreld stad toe oor die gerief en die versugting na “urbaniteit”. Teaters, uitstallings, plekke van kultuur en ontmoeting, winkelsentrums en andersins anonimiteit word deesdae in die Weste hoër aangeslaan as lewe naby die natuur, goeie buurmanskap en rustigheid.
In Suid-Afrika sit ons met die situasie dat mense vanaf die landelike gebiede na die stede stroom want daar is die toekoms en die kans vir opgang. Die keersy van die stede is geweld en maatskaplike probleme.
Skielik lyk die platteland weer aantreklik. Eiendom is volop en bekostigbaar, verkeer is min. Die “hip” faktor raak minder belangrik as ʼn gehaltelewe. Die internet bied ook werksgeleenthede op die platteland wat in die verlede nie bestaan het nie, en omdat internet-aankope en selfs aanlyn mediese konsultasies toenemend gebruik word, het die stad nie meer soseer die voordeel van onmiddellike beskikbaarheid teenoor die platteland nie. Suid-Afrika is met sy megatendense gewoonlik omtrent 10 jaar agter die Weste en omdat hier sowel eersteas derdewêreld-leefpatrone bymekaar is, loop die tendense minder duidelik as in die VSA of Europa. Verstedeliking duur tans onverpoos voort, veral deur swart mense wat tradisioneel plattelands was en vir wie die stad die belofte van werk, geleenthede en vermaak bied.
Selfs die wat graag in die platteland wil woon ter wille van beter veiligheid , rustigheid en selfstandigheid beskou dit as ‘n romantiese idee wat dalk eendag sal realiser as hulle afgetree is. Die hoë salarisse en die skuld wat ‘n mens aangegaan het, hou mense vas aan die stedelikke bestaan, al is die daglikse lewe alles behalwe bevredigend.
Daar sal nie ‘n massabeweging terug na die platteland wees nie want ons mense sal nie weet hoe om op die platteland te leef nie. Die meeste mense is nou al vir ‘n paar generasies verstedelik en ken die platteland net van naweekuitstappies en sal nie meer weet van die plattelandse leefwyse nie. Jaar na jaar sien jy hoe die dorpe agteruitgaan onder die leiding van die plaaslike regerings bestuur. Dorpe moet beheer neem oor hulle eie belange en begin saamwerk om dit te doen. Die regering en sy meelopers het net nie die kundigheid om dit te doen nie, en sal nooit ooit daarin slaag nie.
Armoede is aan die orde van die dag en wetteloosheid deur jong skoolkinders aangevuur deur sekere politieke partye se opstekers op grondvlak het reeds miljoene rande se skade aangerig.
Daar is reeds enkelinge wat na sekere plattelandse dorpe trek en dit ‘n nuwe lewe gee, maar dit is ‘n soort kunsmatige, post-plattelandse lewe wat feitlik net op toerisme vir stedelinge ingestel is en die dorpe se karakter vernietig. Engels vervang Afrikaans, kerke word monumente, woonhuise word gastehuise en ‘n gemeenskap word ‘n versameling dikwels boheemse individue.Daar is ook dorpe veral in Wes Kaap en suid Kaap wat baie suksesvol bestuur word.
Om ten minste dele van die platteland weer lewe te gee en ‘n lewe vir almal daar te herskep, Landbou moet natuurlik deel van die plattelandse ekonomie bly en kos raak vorentoe meer en meer belangrik, maar eerder as om ons mense op kibboetse te wil vestig soos die Jode dit in die vroeë 20ste eeu gedoen het, moet ons klein, plattelandse stede vestig. Dorpies moet werksgeleenthede geskeo word en vervaardiging moet baie hoog op die lys wees.
Saai verklaring
Klein dorpies is die enjinkamer van die platteland. Die mees algemene bestemming as ‘n bakkie by die plaashek uitry, is skool toe gaan, koöperasie toe gaan en kerk toe gaan. Dis die knooppunt van gemeenskap wees, van buurmanskap, vriendskap en broederskap.
Maar ons dorpies is onder beleg. Sonder nuwe jong gesinne met klein kindertjies is daar nie ‘n toekoms vir die laerskool nie, en trek die gemeente en koöperasie swaar. As ‘n boer na die volgende groter dorp moet ry om koöperasie, kerk of skool toe te gaan, gaan die res van sy besigheid saam. Dan word die plaaslike dorpie n spookdorp.
Familieboerderye is die brandstof wat klein dorpies aan die gang hou. Megaboerderye gebruik selde die plaaslike boekhouer, prokureur of agente vir kunsmis of saad. Hulle besigheid gaan stad toe.
20 kleiner boere wat elkeen 200 ha plant, skep amper twee maal soveel werk as n groot onderneming wat 4 000 ha bewerk. Dit skep en versprei welvaart en anker die plattelandse ekonomie. Dit hou dorpies aan die gang.
Vir Saai as 'n netwerk vir familieboere is elke dorpie ‘n kleinood. Meer as net ‘n naam op n kaart, is ons dorpies deel van wie ons is en waar ons vandaan kom. Of jy het ‘n dorpie in jou familie of familiegeskiedenis en in julle herinneringe.
Vanwyksvlei is so ‘n dorpie. Die langste droogte in ons geheue het die dorp op sy knieë. Die vasbyters wat al geslagte lank in die distrik boer, kreun onder die finansiële druk. Niemand kan met die skaap wat oor is meer die punte bymekaar hou nie. Wie alternatiewe gehad het, is weg, en die wat oorbly, is nie genoeg om die dorp deur te dra nie.
Met n bietjie hulp kan Vanwyksvlei oorleef. Daar moet nuut gedink en oorgedoen word. Daar moet ‘n brug gebou word tussen die verstikkende toestande van vandag en die dag wanneer dit weer gereën het, die veld weer uitgegroei het, die flaminke weer natvoet in die panne staan en die lammers weer speel.
Landbou is die hartslag van elke plattelandse dorpie en ons landbouers word ook minder soos wat groot boere kliener boer se grond uitkoop. Die platteland en die plaaslike inwoners moet hulle eie markte begin skep en moet self voorsienend raak en mekaar ondersteun.
Saaamgestel uit verkillende artikels deur
Johann Pretorius - CRA GROUP