Crofting” stelsel van die Skotte

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Gedurende die agtiende- en negentiende eeu (+_1760-1880) is boerdery aktiwiteite in Skotland gekenmerk deur die “Crofting” stelsel, waar ‘n Skot wat nie sterk genoeg was om selfstandig grond te bekom en te bewerk nie, met sy gesin op ‘n boer se plaas kon bly teen vergoeding vir dienste wat hy kon lewer, asook die voorreg om op klein skaal sy eie boerdery te bedryf. 

Dit het ongelukkig tot haglike omstandighede gelei want dit was ‘n sosiale klas wat nie die vermoë gehad om te boer nie, maar vir een of ander rede ook nie wou werk nie. Dit was ook die resep vir populasiegroei en misdaad. Party boere wou huurgeld vra, maar dit het tot ‘n huurboikot en dreigemente van ‘n Crofter’s war gelei. Veral higiëne en skoolopvoeding was onmoontlik in daardie omstandighede, en party Crofters was so arm hulle het slegs blyplek as vergoeding aanvaar. Die Hertog (Duke) van Sutherland, een van die grondbesitters, het dit opgesom as “Communism looming on the Scottish horizon”.

Ek is nie seker oor ‘n direkte vertaling nie, maar vermoed die term bywoner is die ooreenstemmende konsep in die Afrikaner geheue.

Ten einde Skotland uit sy ellende te red het die Verenigde Koninkryk wat toe net politieke momentum begin kry het, ‘n boerdery revolusie van stapel gestuur deur skaapboerdery as ekonomiese plan in werking te stel. Crofters moes die plase verlaat sodat daar met skape geboer kon word. Volgens die Crofters se eie weergawe van die geskiedenis het die Britte hulle met skape vervang. Dit staan algemeen bekend as die “Highland Clearances”. Baie van hulle is na die kus verskuif waar hulle vissers geword het, wat minder vaardighede vereis. Die res is verstedelik waar hulle ten minste kon skoolgaan.

Hulle was noodgedwone gedwing om self planne te maak soos wat van maar almal vereis word, en was teen die verwagting in baie suksesvol. Klomp het Skotland verlaat en hulle gaan vestig in Noord Amerika (Nova Scotia). Stede met goeie universiteite soos Halifax is vandag van die welvarendste plekke om te bly.

 Baie Skotte het ook in Suid-Afrika kom vestig, en hulle nasate boer steeds hier. Mens vind oral in Suid- Afrika Skotse plek- en plaasname soos Dundee en Newcastle, Loch Nagar naby Vryburg, Loch Maree en Drumsheugh naby Van Zylsrus, ens.

 Skotte hou vandag nog ‘n wrok teen Brittanje, maar dit het Skotland uit ellende en moontlike ondergang gered.

 Die regering se huidige grondplanne skep reeds nuwe Crofters, en binnekort sit ons weer met ‘n bywonerstelsel as daardie boerderye faal, soos wat ook reeds gebeur. “Communism looming over the Free State horizon”, as jy my vra.

 

Johan de Klerk, Prokureur, Pretoria.

 Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van ANN se redakteurs, of aandeelhouers nie.