Smokkelhandel in drank en sigarette is nou deel van Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die regering van Suid Afrika het totaal en al misluk in feitlik alles wat hulle nog aangepak het en wil nou die verantwoordelike Suid Afrikaners saam met die onverantwoordelike Suid Afrikaners straf. 

Pleks daarvan dat pres. Cyril Ramaphosa verantwoordelikheid neem, wil hy nou Suid-Afrikaners blameer vir die situasie met Covid-19 in die land.Die maatreëls is niks anders nie as ’n rookskerm om die aandag daarvan af te lei dat die regering die inperking gemors het, pleks daarvan om die gesondheidstelsel en toetskapasiteit op te bou. Weereens het die regering totaal en al misluk en al die miljarde rande "down the drain" 

Die argument dat alkoholverwante trauma druk op die gesondheidstelsel plaas, dien bloot as ’n verskoning om die mislukking onder die mat in te vee.

Hoe is dit wettig om ’n casino te besoek of ’n kerkdiens met 49 ander mense by te woon, maar dit is onwettig om jou eie familie te sien?  Daar is nog vele voorbeelde.

As die ANC-regering nie so onbevoeg was nie en die krisis beter bestuur het, sou daar nou genoeg hospitaalbeddens gewees het. Die president het basies  erken dat die maatreëls nie toegepas word nie. Dis dalk 'n beter idee om werklik te gaan kyk wie die mense is wat nie sy regulasies gehoorsaam nie- en nie almal onder dieselfde kamp te skeer nie- Die ergste van al hierdie onbelaglike inperkings is- dat die normale gehoorsame burger se integriteit totaal en al onderskat word deur die regering en sy meelopers. Die regering steur hom ook glad nie aan die howe se uitspraak wat so paar weke gelede gelewer is nie. 

Die regering het gesloer om die taxi-bedryf te formaliseer en dit het teruggekom en hom aan die gatkant gebyt. Omdat die bedryf informeel is, kan hulle nie kwalifiseer vir finansiële hulpverlening nie. Dis absoluut belaglik om te glo wat die regering se relings rondom taxies in Suid Afrika is. Geen intelligente opgevoede  en geleerde mens in 'n leiersposisie sal sulke belaglike regulasies toepas nie. 

Die regering het met die inperking gemors omdat die regering nou in ’n ommeswaai die klem daarop wil plaas dat mense self verantwoordelikheid moet neem. Hulle moes van die begin af eerder meer geld spandeer het aan advertensieveldtogte om mense in te lig oor wat hulle self kan doen. Hulle het eerder gekies om die situasie deur die polisie en met ’n harde inperking te bestuur ten koste van die ekonomie. 

Intussen het die wynbedryfliggaam, Vinpro, in ’n verklaring aangedui dat hulle bewus is dat die kwessie rondom die opening van plaaslike drankverkope op Suid-Afrika se gesondheidstelsel die afgelope paar weke baie aandag in die media geniet het en dat die kwessie deur die nasionale beheerraad vir die koronavirus bespreek is. Vinpro het, saam met die drankbedryf, in kommunikasie met verskeie rolspelers en die owerhede gewaarsku teen verdere beperkings op drankverkope, terwyl die organisasie dit duidelik gemaak het dat hulle steeds daartoe verbind is om met die regering saam te werk om die maatskaplike uitdagings wat verband hou met alkoholmisbruik en die impak daarvan op die gesondheidsektor, aan te spreek.  ’n Verdere beperking op verkope sal ’n rampspoedige ekonomiese effek op die bedryf hê, en dit sal tot ’n miljoen mense wat deel vorm van die drankbedryf se waardeketting, ernstig raak.

Die Covid-19-bevelsraad se verbod op sigaretverkope het daartoe gelei dat nagenoeg 90% van die land se rokers hulle tot die sluikhandel gewend het. Daardeur het smokkel- en misdaadnetwerke maklik toegang verkry tot voorstedelike huishoudings in Suid-Afrika waar hulle normaalweg nie geduld sou word nie. Die sluikhandel in sigarette het in daardie stadium 26% van Suid-Afrika se totale verkope verteenwoordig. Sedert die staat van inperking in werking getree het, was daar geen wettige sigaretverkope nie, tog dui navorsing van die Universiteit van Kaapstad daarop dat 90% van die land rokers steeds toegang het tot tabakprodukte, alles onwettig.

Dieselfde gaan gebeur met drankverkope en daar sal altyd drank wees.- Die regering van Suid Afrika het absoluut geen kennis van hoe om Suid Afrika wetlik sonder bedel en skuld- op 'n  ekonomiese pad van herstel te plaas nie.  Miljarde rande aan belasting geld word verloor en die regering en sy meelopers kan dit blykbaar nie sien nie. 

Ingevolge die regulasies wat me. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, in die Staatskoerant afgekondig het, is daar sekere uitsluitings. Die vervoer van alkohol is toelaatbaar wanneer dit verlang word vir bedrywe wat handreiniger, ontsmettingsmiddels, seep, alkohol vir nywerheidsgebruik en huishoudelike skoonmaakmiddels vervaardig. Alkohol mag ook na hawens vervoer word vir uitvoer, asook vanaf vervaardigingsaanlegte na opbergingsgeriewe.

Die ekonomiese ministersgroep sal aandui watter verligting toegestaan sal word aan drankwinkels en die - bedryf wat geraak word deur die herinstelling van die verbod op die verkoop en verspreiding van alkohol.

Die wynbedryf, wat reeds sukkel om kop bo water te hou, het vir die soveelste keer in net meer as vier maande gesteier voor die regering se drakoniese inperkingsreëls. Die regering verstaan nie die omvang nie en ek dink nie hy besef wat hy besig is om te doen nie. Daar gaan baie besighede wees wat net nie weer sal kan oopmaak nie.

Agri Wes-Kaap sê hy twyfel of die regering besef watter skade die heringestelde verbod op alkoholverkope op die totale wynbedryf-waardeketting het. Die bestuurshoof van Agri Wes-Kaap, Jannie Strydom, sê die wynbedryf het reeds onder vlakke vier en vyf 'n verlies van meer as drie miljard rand gely. Strydom sê 'n verdere 18-duisend mense kan hulle werk verloor weens die nuwe verbod op drankverkope. Hy sê die stap plaas ook verdere druk op produsente en kelders wat reeds groot skade gely het weens die inperkingsmaatreëls. Verlede jaar het die wynbedryf 49 miljard rand tot die ekonomie bygedra en werksgeleenthede aan 290 000 mense verskaf. Die bedryf se bydrae tot aksyns- en verkoopbelasting, het in 2019 sewe komma vyf miljard rand beloop.

Wynboere is ontevrede dat hulle oor dieselfde kam as ander alkoholprodusente geskeer word, sê mnr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai. “Daar is ’n goeie rede waarom wyn ook in supermarkte verkoop mag word, en nie net in drankwinkels nie: Dit is ’n landbouproduk. Daarom voel ons dit behoort nie saam met die res van die alkoholbedryf onder een sambreel hanteer te word nie.” Volgens De Jager is ’n groot gros wynboere in geldelike moeilikheid omdat hul produk nie verkoop kan word nie. Drankverkope op die plaaslike mark is aanvanklik tydens die Covid-19-inperking vir tien weke verbied. Drank mag sedert 1 Junie verkoop word, maar nie waar dit op die perseel verbruik word nie. Op 12 Julie het Ramaphosa dit weer “met onmiddellike effek” verbied. Uitvoer mag wel voortgaan.

Die department van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het die veilingbedryf in landbou geloof vir die toepassing van die nodige Covid-19-regulasies ten opsigte van die aanbied van onder meer lewendehawe veilings. 

Dit lyk asof  Cyril Ramaphosa gewone Suid-Afrikaners die skuld gee vir die skerp styging in coronavirusinfeksies en die regering verontskuldig. Gemeenskappe word nou geblameer, hoewel hospitale terselfdertyd nie gereed is vir die toename in Covid-19 pasiënte nie.

Die regering kan oop geen gebied vertrou word in wat hulle se en wat hulle doen nie- Suid Afrikaners het dit telkemale ervaar wanneer die edelagbare President die volk toegespreek het asof die sy onderdane is. Dit is die werk van 'n regering wat geen benul het wat hulle aan hulle eie inwoners se welstand doen nie. Duisende het en gaan gaan hulle werk verloor in die sektor. 

Intussen word elke lid van die regering nog vol salarisse betaal en het ons nog nie gehoor dat daar enigsins aan die kant van die regering salarisse gesny of mense hulle werk verloor nie. Daar is seker lede van die parlement wat vrywilliglik minder as hulle gewone salaris huistoe neem- maar dit sal ons nie weet nie. 

Miljoene mense sit sonder werk en sonder kos en al die gelde wat  gebedel is of geleen is of weggeteken is, gaan nie vir altyd hou nie. Hierdie getalle moet geweeg word teen die regering se Covid 19 getalle wat in elk geval nie as betroubaar voorkom nie. 

Saam met al hierdie frustrasie is daar nog Eskom se "loadshedding" wat nog meer opofferings van Suid Afrikaners verwag. Meeste besighede werk van die huis af- nou is die  krag af en mense kan nie werk nie. Rekenaars se batterye kan nie ewig hou nie en daar is afsnydatums. Saam met dit word daar op meeste plase gewerk met sorteer masjinerie in die vrugte en groente bedryf en dit staan ook stil. 

Suid Afrikaners moet begin wakker word . Die inwoners van die land wat 'n toekoms hier wil he en hier wil bly moet nou saamstaan en planne beraam om ons vry te kry van die regering en sy meelopers wat net 'n paar duisend mense op die meeste kan wees.  Korrupsie vind nog daagliks plaas en die President het tot nou toe nog geen woord gerep oor die plaasaanvalle en moorde op ons Landbouers nie. 

Suid Afrikaners het die edelagbare President en sy sogenaamde bevelsraad vertrou toe die pandemie maatreels aangekondig was en saamgewerk- maar ongelukkig is daar geen vertroue meer in die regering nie- en alles was 'n rooksekerm en soos alles in die lewe- het hierdie waarheid ook na vore gekom. 

Landbouers wat geraak word deur hierdie inperkings maatreels moet nou as een man saam staan teen die regering en self as familie boerderye en privaat ondernemings baklei vir wat hulle elke dag hard voor werk. Landbouers was nog altyd gewillig om saam met die regering te werk- maar die regering het sy hand gewys. Ons het eenheid in die land nodig ekonomies die land reg te ruk.

Dis absolute 'n skande dat ons professionele landbouers, boere, plaas werkers en inwoners van Suid Afrika onderdanig moet wees en moet luister na 'n regering wat tot vandag toe nog nie veel kan wys nie- en wat in geval baie min belangstelling toon in landbouers en hulle welstand. 

Daar moet nie toegelaat word dat die regering landbou en sy mense asook die inwoners van Suid Afrika verder "boelie" nie. 

Praat en beloftes maak is verby- dis nou "crunch "tyd en nou moet jy vasstaan.

Johann Pretorius ANN -