• Gedurende die agtiende- en negentiende eeu (+_1760-1880) is boerdery aktiwiteite in Skotland gekenmerk deur die “Crofting” stelsel, waar ‘n Skot wat nie sterk genoeg was om selfstandig grond te bekom en te bewerk nie, met sy gesin op ‘n boer se plaas kon bly teen vergoeding vir dienste wat hy kon lewer, asook die voorreg om op klein skaal sy eie boerdery te bedryf.