Dis biltongmaak tyd in Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die Britte geniet hul tee, die All Blacks eet en slaap rugby en Suid-Afrikaners is mal oor biltong. Dis alweer die winter van 2019- en met al die wonderlike masjinerie in slaghuise is biltong deesdae dwarsdeur die jaar beskikbaar- Biltong is baie duur en jy moet seker maak by wie dit koop en wat alles daarin is. 

Kyk maar elke naweek. Hier teen Vrydag is die slaghuise stampvol want vanaand gaan ons braai. Saterdag is pa al vroegoggend weer by die slaghuis om biltong en vleis te kry vir die rugby en sommer ook genoeg vir Sondag. Daar is altyd biltong in enige beesboer se kaste of iewers hang dit om droog te word.  Die grootwildjagters van die stad is baie trots daarop om hulle eie jag te maak en dan biltong te sny. 

Hierdie artikel is dalk nie baie lekker om te lees vir "Vegies" nie - dis of om gesondheidsredes waarom seker mense "vegies" is- of omdat hulle nog nie die ekologie van die "universe" lekker verstaan of wil verstaan nie.  Daar kan dalk nog 'n paar ander redes ook wees. Sosiale media het baie bygedra tot die feit dat mense hulle lus vir vleis verloor het omdat sekere onprofessionele jagters hulle jagters mislukkings daarop deel of fotos plaas wat afstootlik is vir sekere mense wat nog nie ingelig is nie of wat net doodeenvoudig nie die idee hou om diere dood te maak vir vleis nie. Dis elkeen se reg en dit word gerespekteer.

Die Voortrekkers het Thaba ‘Nchu in 1836 as bymekaarkomplek gebruik. Op paneel 5 van die Voortrekkertapisserie kan gesien word hoe ‘n tou vir die biltong gespan is. Die woord “biltong” is reeds in 1708 in ‘n brief genoem wat aan goew Van Assenburg geskryf is! Die woord kom van Nederlands: “bil” is “elk der beiden delen van het zitvlak” (boudspiere) en “tong” verwys na die plat spiere wat soos tonge lyk. 

Speseryhandel aan die Kaap na 1652 het 'n groot invloed gehad op die ontstaan en maak van biltong in Suid-Afrika.

Daar kon nou eksperimenteer word met verskillende speserye en geure tydens die maak van biltong - want die nodige geurmiddels was beskikbaar vanaf die skepe wat by Kaap die Goeie Hoop se verversingspos aangedoen het.

Toe die grensboere dus in die 1830's besluit het om die binneland in te beweeg was biltong hulle primêre bron van proteine.  Die Voortrekkers was nie regtig jagters nie, hulle was boere op soek na 'n beter lewe vir hulle en hulle nageslag.  Hulle sou daarom eerder 'n koei slag en die vleis verwerk in biltong.

Die biltong is dan in die ossewa gehang om droog te word.  Dit is nie weer gehidreer of gekook nie, maar eenvoudig droog gekerf en geëet en so het hulle dan ook tyd gespaar terwyl hulle getrek het.

Vandag nog word hierdie lekkerny deur Suid-Afrikaners geniet - te danke aan die speseryhandel en die Voortrekkers!

Skaap- en beesslag  in die goie ou dae was amper so groot affêre soos die basaar by die kerk. Die hele gemeenskap span saam en al die tannies haal hul beste gebak en pannekoeke uit. Hier met die slagtery word die slagmesse skerp gemaak, sommer so op ’n klip wat my pa jare lank al vir die doel gebruik. Die klip is al skuinsgevryf soos die lemme daai klein wolkie van sand maak in voorbereiding om vel en vleis van been te skei. Die vleismeul word uitgehaal, die worsstopper gewas, die emaljetafel in die kombuis skoongemaak vir die bloed wat gaan vloei. Die koolstoof word gestook en slap-pap gemaak vir die lewer en niertjies vir ontbyt. My ma se kopdoek staan al skeef voordat ons nog begin het.

Vandag moet ons onsself gedra, daar sal nie geduld wees vir ’n gesukkel met kinders nie. Jy moet hand bysit, die meule draai, eindelose koppies tee maak en onder die voete uitbly. Dit was die goeie oue dae van Parraffien yskaste en diep "freezers"

Menige jong plaasseun of dogter is iewers geleer hoe om met vleis te werk en om biltong te maak- maar saam met dit ook hoe om 'n bok of bees reg af te slag nadag dit op die mees menslike manier geskiet is. 

Hoe dit ook al sy, wanneer jy dit in "Google" intik, kry mens op die eerste paar bladsye allerhande mense wat biltong in die buiteland verkoop. Van New York tot Londen en Perth, die Suid-Afrikaners is soos ’n hedendaagse diaspora versprei, maar een ding is verseker.; hulle kan die land verlaat maar hul palette soek daai gedroogde vleisie. Dis nou maar wors!

Jaarliks as ek my kinders besoek in Los Angeles dan eet ek die lekkerste biltong by 'n Duitse slagter wat al vir jare die gesogde lekkerny met groot sukses maak en verkoop.


Almal het hulle eie weergawe van biltong. Sommige geniet ’n bietjie rissie by, ander verkies meer koljander. Party mense hou van hulle biltong nog taamlik nat, ander weer kurkdroog. Ek persoonlik hou van ’n vetjie op ’n biltong en hy moenie te droog wees nie. Ook nie te nat nie. Net só.

Peusel aan biltong!  Biltong is hoog in proteïen, yster en kreatien en bevat geen suiker en ander bymiddels nie.  Dit is laag in koolhidrate en is daarom die ideale versnapering om aan te peusel.  Wees dalk net versigtig vir die hoeveelheid sout in jou biltong, veral as jy bloeddruk probleme het.  Lees die verpakking en maak seker jy kies ‘n produk met die minimum sout.

As ons dink aan peuselhappies is die meeste daarvan ongesond, maar biltong is beslis die uitsondering op die reël.  Biltong word gemaak van die beste snitte vleis en met baie min vet verdien dit ‘n plek in elke gesonde eetplan.

Die feit dat biltong so ‘n goeie bron van proteïen is, maak dit ideaal vir mense wat gereeld oefen.  Proteïene bou spiere!  Individue wat gereeld oefen benodig baie meer proteïen as ander.  Biltong is laag in koolhidrate en daarom is dit ‘n gewilde keuse vir stappers en kampeerders, asook fietsryers.

Biltong is ‘n vleisproduk en dit behou die voedingswaarde van die oorspronklike rou vleis waarvan dit gemaak word.  Die vleis word uitgedroog en verloor gewoonlik ‘n derde tot die helfte van die gewig tydens die droog proses.  Dit beteken dat, in vergelyking met vars vleis, het biltong ‘n 80 tot 100% hoër konsentrasie proteïene.

Biltong is dus die ideale peuselhappie vir:

‘n Lae koolhidraat, lae vet, hoë proteïen dieet
Atlete en ander sport entoesiaste - stappers, kampeerders, jagters en vissermanne!
Diabete
Kosblikke vir skoolkinders
‘n Lekker eetdingetjie by die werk
Die gemiddelde voedingswaarde van 100g biltong is as volg:

Energie 1 052Kj
Kalorieë 249kcal
Proteïen 52.2g
Kreatien 1.3g
Koolhidrate 1.4g
Vet 3.8g (1.4g versadigde vette)
Sodium 1.9g

Elke man soen sy vrou op sy eie manier- so maak elke goort wild jagter sy eie biltong op sy eie manier- lekker of sleg- die "proof" is in die stukkie biltong.

Johann Pretorius CRA Media.