Landbou en aanlyn bestellings, nuwe meetinstrumente en data- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Suid Afrika se Landbouers het toegang tot vele "gadgets" wat allerhande data kan versamel en op byna enige implement, trekker of masjinerie geinstalleer kan word. Dit is die versameling van data, data wat letterlik elke dag bestudeer moet word om suksesvol te kan boer.

Landbouers moet kennis neem van die tendens van verbruikers om goedere aanlyn te bestel en dit gaan die middelman wat met al die winste wegloop dalk iewers in die proses uitskakel en die eind produk gaan goedkoper aan die verbruiker gelewer word. Landbouers moet deel bly van die voedsel ketting en moet soveel waarde kry uit sy produk. Daar is baie ekonome wat al geskryf /gepraat het oor die konsep, maar dit is jou produk en jy moet dit op die mees effektiefste manier bemark en seker maak jou produk is gewild en waarde vir geld.

Groot winkelsentrums gaan binnekort omskep word in woonstelle want dit word te duur en winkels gaan een na die ander toemaak. Kyk gerus hoeveel winkelspasies staan reeds leeg in groot winkelsentrums.  Eienaars van die winkelsentrums is baie gulsig en het geen genade vir enige huurder nie, veral nie in groot stede nie. Van die bekende gebou eienaars wil nog deel in die huuder se winste ook. Die huurder kan nie voortbestaan nie en die verbruikers word in die proses gemelk om die gebou eienaars te betaal. 

Dis belangrik dat Landbouers moet begin beplan om hulle produkte direk aan die verbruiker te verskaf sonder om gulsig te wees. 

Tegnologie is deel van die toekoms en as jy daarvan gaan gebruik moet jy seker maak dat dit nie jou boedery oorneem nie.

Die vervaardigers van die tegnologie moet iewers in die proses sukses he met hulle meetinstrumente wat oral data versamel.

Een daarvan wat baie gewild is deesdae, is om grondvog te meet as jy plant of wanneer jy reeds plante het wat groei. Hierdie is 'n wonderlike "gadget" en kan jou baie geld spaar, maar ongelukkig is daar nog nie 'n "gadget' wat vir jou kan se hoeveel dit gaan reen en wanneer nie.

Nuwe tegnologie word ook ingespan om siektes te bepaal in plante en bome. "Drone's neem  hoe resolusie fotos en die fotos word dan ontleed om sodoende te bepaal wat se siekte daar is voor die blote oog dit kan sien. Baie sukses is hiermee alreeds behaal. Maar Landbouers moet baie versigtig wees want die maatskappye gaan beheer he oor jou data waarvoor jy maandeliks 'n bedrag gaan betaal om toegang daartoe te he.  

En baie keer moet jy as landbouer jou "gud" volg en sekere tye plant wanneer "gadgets" jou nie toelaat nie- dis daardie deel van boer wees wat jou 'n bietjie bo die ander laat uitstaan wat jou 'n oes gee of nie. Dan is daar ook die nuwe tegnologie "junkies" wat absoluut niks van boerdery se praktiese deel uitmaak nie, maar wat allerhande nuwe idees wil skep buite die raamwerk van die natuur.

Tegnologie verander daagliks en jy moet sekere wees dat jy inkoop in tegnologie wat verbeter en jy deel daarvan is, sonder om heeltyd nuwe pakkette aan te koop.

Hierdie slim manne is taamlik onbewus van die realiteit en omvang van jou boerdery en kan ongelukkig niks anders doen as om net te praat en die maatskappy wat hulle verteenwoordig heuning om jou mond te smeer nie en jou laat verstaan dat dit al uitweg is nie. 

    Landbou in Suid Afrika moet net sterker en onafhanklik raak van die staat.=

Egte regte Landbouers is stabiele mense, gegrond en georden en gaan nie sommer byt aan alles wat op konferensies aan hulle vertel word nie. Inteendeel daar is baie min egte Landbouers teenwoordig op hierdie toekomsblik konferensies en dit bestaan meestal uit korporatiewe mense wat iewers 'n plekkie in die Landbou sektor soek of iets wil leer. Jou kennis as Landbouer is nerens te koop of om te skakel in 'n aflaaibare applikasie nie. 

Of jy nou vragvolumes of produkte naspeur of produksie wil verhoog, nuwe tegnologie het die insameling, organisering en toepassing van data moeiteloos gemaak.

In ‘n vinnig-veranderende en onvoorspelbare landbou-omgewing, het dit nóg belangriker vir produsente geword om aan te pas, deur intydse, akkurate data-analises te doen om besluitneming te ondersteun.

Tegnologie stel produsente ook in staat om data oor, onder meer, grondgehalte, voginhoud en kunsmis te verkry, wat dan ook ‘n verlaging in waterverbruik, energie en kunsmistoediening tot gevolg het.

“Die gebruik van nuwe tegnologie en data sal help om die landbousektor vinniger te moderniseer en baie uitdagings die hoof te bied. Aanlynplatforms en digitale oplossings help produsente ook om maklik met diensverskaffers in verbinding te tree en om besigheid met verskaffers en belanghebbendes regoor die landbouwaardeketting doeltreffend te bestuur,”

Landbou het verander en gaan nog verander maar daar is sekere wette in die natuur wat jy nie omseil nie. Data is belangrik, maar moenie dat jy op sleeptou geneem word deur tegnologie "junkies" wat "bored" raak en jou heeltyd nuwe tegnologie wil voer teen 'n prys wat jou sal laat sleg voel en so intimideer dat jy dink jy raak agter.

Ons gaan binnkort 'n nuwe seisoen binne met nuwe uitdagings en moenie dat jy voel jy raak agter in enige proses nie. Die natuur kan in 'n mate gemeet word, maar kan ongelukkig nie beheer word nie. Geen"gadget" of tegnologie moet weerhou van jou jarelange kennis van Landbou nie. Neem kennis daarvan, gebruik dit, maar moenie dat dit jou boerdery besluite oorneem nie. 

Wees wakker en gaan saam met verandering maar wees versigtig.  

Johann Pretorius