Suid Afrika het van die beste en mees suksesvolle landbouers in die wereld- en jaarliks bewys hierdie uitgesoekte groep, dat hulle voedsel kan verskaf aan nie net Suid Afrika en Afrika nie, maar ook aan die res van die wereld.
In een van die land se grootste mens gemaakte krissise wat die wereld feiltik tot stilstand gebring het, het Suid Afrika se landbouers weereens presteer en gesorg dat miljoene landsburgers wat deur hulle eie regering nie behoorlik gevoed kon word nie- deur Landbou en sy mense gevoed is.
Ons moet nooit landbou se politieke rol geringskat nie. Suid Afrika het tans nog die vermoë om bekostigbare voedsel wat voedsaam en veilig is aan ons mense te verskaf. Maar Suid Afrika is besig om te verstedelik. Stedelinge verbou nie kos nie. Al verstedelik ons bevolking, bly armoede en werkloosheid kern probleme, en daarom is prysstygings in voedsel so 'n potensiële kruitvat in ons land se politiek. Suid Afrika het nog nooit voedselonluste ervaar nie, maar dit kan baie naby wees - na die pandemie. Ek dink nie ons Regering sal weet hoe om dit te hanteer nie, en moet dit liefs ten alle koste vermy word- en ons het dit nou gesien met Covid 19 pandemie.
Suid-Afrika, Marokko en Egipte is die drie lande met die beste landbousektore in Afrika. Daar is geen twyfel nie dat Suid-Afrika die broodmandtjie van Suider-Afrika is, al moet ons in ’n baie dinamiese politieke en ekonomiese omgewing produseer.Dit is ironies dat Afrika met die naasgrootste rivier ter wêreld (die Kongorivier) en 60% van die wêreld se bewerkbare grond spog, maar dat die res van die vasteland se landbou steeds swak is. Dit kan veral toegeskryf word aan swak politieke leierskap, swak regering, ekonomiese onstabiliteit en gebrekkige infrastruktuur. Drie goed wat oor ’n dekade en langer die wêreld se politiek en ekonomie gaan oorheers, is energie, water en voedsel. Afrika gaan baie moeilik sy bevolking voed.
Landbou in Suid-Afrika is steeds ‘n belangrike sektor ten spyte van sy relatief klein bydrae tot die bruto binnelandse produk.- wat eersdaags baie groter gaan wees. Die sektor is ‘n belangrike verskaffer van werksgeleenthede veral in plattelandse gebiede, asook ‘n belangrike verdiener van buitelandse valuta. Suid Afrika se landbou is stabiel omdat dit gedryf en gelei word deur mense met integriteit , wysheid en kennis.
Landbou se prominente indirekte rol in die ekonomie is ‘n funksie van terugwaartse en voorwaartse skakeling met ander sektore. Aankope van intermediêre goedere en dienste vorm terugwaartse skakeling met die vervaardigingsektor, terwyl voorwaartse skakeling hoofsaaklik gevestig word deur middel van die verskaffing van grondstowwe aan die nywerheid. Ongeveer 70% van landbou-uitsette word gebruik as intermediêre produkte. Die landbou is in eie reg ‘n belangrike sektor asook ‘n belangrike drywer vir groei in die res van die ekonomie – ‘n feit wat ook erken word in beleidsverwante dokumente soos die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030.
In wese bevestig die Nasionale Ontwikkelingsplan die noodsaak vir die landbousektor – hetsy opkomend of kommersieel – om steeds die ruimte gegun te word om ekonomiese groei, werkverskaffing, die verdiening van buitelandse valuta en die ontwikkeling van die nywerheidsektor binne ‘n veilige en nie-diskriminerende omgewing maksimaal te kan ondersteun.
Suid Afrika se landbouers het weereens vanjaar bewys dat hulle voedsel kan produseer en daarby saam nog voedsel kan uitdeel ook. Een van die land se grootste mielie oeste word tans afgehaal . Die sitrusprodusente haal vanjaar een van die grootste oeste, wat feitlik alles uitgevoer word na lande dwarsoor die wereld, te midde van die Suid Afrika se hawens wat se produktiwiteit veel te wense oorlaat en daarby saam nog ander logistieke probleme ervaar het ook. Weereens het Landbou koperasies en maatskappye bewys dat met die regte mense aan die stuur kan ons enige krisis suksesvol bestuur en afhandel.
Landbouorganisasies in Suid Afrika het ook weereens bewys wat gedoen kan word as landbouers saamstaan en saamwerk. Ons organisasie werk hard agter die skerms om ons landbouers op alle gebiede by te staan.
"Saai" het onverbiddelik na vore getree namens familie boerderye in die wild, wyn en tabak sektore en die regering in die hof aangevat, en daarmee gesorg dat Suid Afrika baie vinniger na Vlak 2 geskuif is. Daar is nog sake hangend.
Dit is uiters noodsaaklik dat Landbou sy indentiteit behou en op sy eie voete staan en nie in die oe van die regering kyk nie. Die regering van Suid Afrika gee nog steeds vir Landbou 'n koue skouer. Suid Afrika se landbouers moet finansieel sterk staan en ook nie in die oe van banke en finansieringsmaatskappye kyk nie. Dis nou tyd om beheer te neem oor die voedsel wat geproduseer word deur ons eie landbouers. Dis tyd dat die landbouer en die verbruiker direk by mekaar uitkom.
Waar die regering 'n deur toe maak om Suid Afrika se landbouers te na te kom , maak ons landbouers net ander deure oop omdat ons deur innovasie en produktiwiteit gedryf word. Die regering en sy meelopers het nie die vermoee om Landbou in Suid Afrika op sy kniee te dwing nie. Ons wynprodusente, tabakprodusente, toerisme , wildboere en ander bedrywe het baie seer gekry en het groot finansieele verliese gelei- maar hierdie mense het murg in hulle pype, hulle kom uit stabiele huisgesinne en families met oorlewing in hulle bloed en hulle sal weer opstaan en nog groter word. Dit wat die regering van Suid Afrika aan hierdie bedrywe gedoen het, gaan nie weer gebeur nie.
Daar is baie min Suid Afrikaners wat nog enige vertroue in die regering van Suid Afrika het, en daar is baie min hoop dat die regering enigsins die vermoee het om die land se ekonomie wat hulleself vernietig het, te kan regstel. Ons het net te veel van die mense verwag en ongelukkig het die regering deur die jare bewys dat hulle meer ondernemings en maatskappye tot in die grond bestuur het, as opgebou het. Korrupsie is blykbaar deel van sekere mense in die regering se DNA en dit het onder Jacob Zuma gebeur en weer onder Cyril Ramaphosa. Dis 'n absloute skande dat daar in die regering soveel korrupsie plaasvind en die regering nog steeds aanhou om skuld te maak en daarby saam nog te kwalifiiseer daarvoor. Die ANC se “skoonste” provinsie, Gauteng, het dié week ’n dokument van 30 bladsye met die name van diensverskaffers vir PPE gepubliseer. 'n Groot klomp van dié verskaffers het nie fisieke adresse of kontaknommers of webwerwe nie, of het nie direksies nie, of het nog nooit sulke dienste gelewer nie, of is eers gestig in die dae net voor die tenders uitgereik is.
Nampo - een van Suid Afrika se grootse Landbouskoue is gekanselleer en miljoene rande is weg. Maar uit die is 'n nuwe "aanlyn" skou gebore wat volgende maand vir 3 dae aanlyn besigtig kan word- een van die land see eerste virtuele skoue- uitstekend en weereens is dit Suid Afrikaners wat nie gaan le en bedel het nie. John Deere het hulle eie video program "Tech Terrain " ontwikkel wat weekliks beskikbaar is op " U tube" en wat uiters gewild is. Saam met dit ,het Virtuele konferensies ontstaan en weekliks bied een of ander organisasie of maatskappye 'n konferensie of seminaar aan. Dit is landbou en sy mense- en ons sal altyd oorleef.
Saam met dit, het ons in die tyd ook beleef hoe ons landbouers hulleself , hulle gesinne, werkers en besittings moet beskerm teen aanvalle van lafhartige jong mans en vrouens wat daarop uit is om te moor en te vernietig. Daagliks hoor ons van hierdie wreedaardige aanvalle op onskuldige mense. Dit is duidelik dat daar 'n groot mag agter hierdie aanvalle sit, en dit word goed beplan en vind oor die land plaas. Wees verseker ,ons landbouers is gerat en gaan nie meer alles netso aanvaar nie- Landbouers praat nie baie nie- hulle is doeners, en gaan doen wat hulle moet doen om hulleself te beskerm omdat die regering en by name die President nog glad nie belangstelling getoon het in die lewens van die landbouers nie.
Die volhoubaarheid van enige bedryf hang uiteindelik af van hoeveel nuwe mense dit betree. Net so vir landbou en die groter waardeketting. Jongboere, maar ook jong agronome en jong landbou-ekonome, is nodig om landbou dinamies te hou. Daar word gereeld gekla oor die sogenaamde “millennials” met hul vreemde giere wat vasgenael sit voor slimfone en sosiale media.
Die werklikheid is egter dat landbou moet besef dat jongmense en studente wat nou lewensbesluite maak, ‘n harde analise toepas van waar in die wêreld hulle die beste lewe kan lei. Jongmense het dit wel makliker en het met baie meer luukshede grootgeword as vorige generasies, maar hulle moet ook uitdagings, soos baie duurder reële huisvesting en ‘n meer mededingende arbeidsmark, hanteer. Ons het hierdie jong manne en vrouens nodig.
Die wêreld om ons het in die afgelope 20 jaar dramatiese veranderinge gesien gebeur, veral in terme van die vooruitgang en innovering van tegnologie. Alle groot wêreldskuiwe- en veranderinge het ‘n rimpel-effek wat verreikend is en invloede uitoefen nog lank ná die verandering plaasgevind het. Landbou, waarna ons graag verwys as die ruggraat van die wêreld se ekonomie, staan nie in isolasie nie en daarom is dit onvermydelik dat die industrie deur hierdie veranderinge geraak gaan word, en self ook ‘n klompie veranderinge gaan ondervind. Wêreldwye verandering Kyk ons na die groter wêreldprentjie, is daar ‘n paar noemenswaardige veranderinge wat stil-stil onder ons neuse gebeur het. Vooruitgang en innovering is aan die orde van die dag en die afgelope 20 jaar word gekenmerk deur veranderde tegnologie, politiek en globale demografie.
‘n Voorbeeld van ‘n bevolkingskuif wat waargeneem kon word, is verstedeliking wat steeds plaasvind, met ‘n geskatte 55% van die wêreldbevolking wat nou in stedelike areas bly, terwyl daar 20 jaar terug heelwat minder as die helfte van die bevolking in stede gebly het. Nog ‘n verandering is die wêreldbevolking wat ontplof het. In 1998 het die bevolking op die 5,9 miljard-merk gestaan en met groot afwagting op 1999 gewag waar ons die 6 miljard-mylpaal sou haal. Vandag staan ons op ‘n geskatte 7,6 miljard mense wêreldwyd. Meer mense beteken meer monde om te voed, en dit bring ons na die evolusie van landbou. Die evolusie van landbou Landbou was nog altyd ‘n omgewing waarin evolusionêre verandering plaasgevind het, sedert die begin van sy bestaan ‘n klompie duisend jaar gelede.
Landbou-ekosisteme bied daarom een van die mees oortuigende voorbeelde van situasies waar menslike invloede grootliks die interaksies bepaal onder en tussen spesies en gemeenskappe, ‘n situasie waarin evolusionêre beginsels ‘n sentrale rol sal speel. Dit is veral die geval as ons in die wêreldwye bekommernis oor voedselsekerheid en -produksie in ag neem, en selfs meer so omdat daar die verwagting bestaan dat landbou-produktiwiteit moet verbeter terwyl die impak op die omgewing en natuur verminder moet word. Oor die laaste paar duisend jaar het hibriede en seleksie, bewustelik sowel as onbewustelik, gelei tot beduidende veranderinge in die voorkoms van plante en diere en hul voedingswaarde. Landbou op grootskaal het soortgelyke groot veranderinge ervaar, wat tot noemenswaardige verhoging in opbrengs en produktiwiteit gelei het. Een van die grootste veranderinge wat waarskynlik in plantspesies voorgekom het, is die voorkoms van moderne, hoë-opbrengs.
Voor ons le 'n nuwe seisoen- met baie meer uitdagings as in die verlede- omdat ons nog steeds in die regulasies van 'n regering, wat nog nooit kon presteer, vasgevang is nie. Dit is uiterste frustrasies om elke keer af te daal na 'n vlak, waar jy as mens nie grootgeword en geleer is nie. Geen mens kan suksesvol opereer as hy heeltyd na 'n vlak laer moet afdaal om daar te dink en sy besigheid so aan te pas nie. Die regering met al sy sogenaamde geleerdes en gegradueerdes se regulasies maak nie sin nie. Dis vreemde elemente wat ons as normale mense teen wil en dank moet aanvaar dra nie by tot die opbou vam Suid Afrika nie.
Dat 2020 onthou sal word deur feitlik die hele wereld is 'n feit- maar die feit dat dit voel of 5 maande en meer van 'n mens se vryheid en lewe ontneem is deur mense vir wie jy werklik in geen opsig om enige raad of opinie sou vra in die werklike lewe nie. Mense in die regering wat geen respek afdwing of enige integriteit openbaar nie. Suid Afrika se mense moet begin wakker word en ophou om alles net so goedsmoeds te aanvaar, veral van 'n regering wat nie daar is om Suid Afrika se te dien nie, maar hulleself. Die edelagbare President kon hierdie pandemie gebruik het om Suid Afrika te verening en rassehaat en apartheidsdenke hok te slaan. Maar ongelukkig het die teenoorgestelde plaasgevind.
Pres. Cyril Ramaphosa het die leierskap van die land oorgeneem met die belofte van beter dae wat voorlê. Maar selfs voor die Covid-inperking het hy duidelik nie daardie belofte nagekom nie. Die president wat op ’n platform van “hoop” die leisels oorgeneem het, moet nou doen wat hy sê, of die risiko loop dat hy sy werk gaan verloor wanneer kiesers hul stemme in 2021 uitbring. Nog nooit is mag so misbruik nie.
Dit gaan baie moeilik wees vir die regering van Suid Afrika om hulle inwoners weer in enige "lockdown" te plaas. Genoeg is genoeg en die tyd is hier om Suid Afrika totaal en al om te draai- en ons kan.
Landbou in Suid Afrika is gesond en moet bymekaar staan en geskille en probleme oplos om 'n groter en sterker eenheid te vorm om Suid Afrika weereens op die pad van sukses te plaas- net Landbou kan dit doen.
Johann Pretorius ANN.
Hierdie artikel is vertaal in Spaans, Frans en Russies vir Landbou en ander nuuskanale wat deel is van ons Netwerk.