Suid Afrika is droog - baie droog en ons Landbouers is diep bekommerd oor hulle toekoms.
Bewaringslandbou is deesdae die top besprekingspunt op al wat boeredag of seminar is.
Bewaringslandbou in Suid Afrika word gesien as ’n holistiese benadering tot graan- en diereproduksie wat fokus op die opbou en behoud van grond en die verhoging van langtermyn winsgewendheid.
Om die impak van verdigting op sandgrond te verminder, is dit dalk nodig om verskillende bewerkings af te wissel.