• Die geblikte leeujag- en teelbedryf in Suid-Afrika, waarby nagenoeg 8 000 leeus betrokke is, moet oor minder as vier jaar finaal deur die staat beëindig word, eis omgewingbewaringsorganisasies. Volgens die Wildlands Bewaringstrust is die Internasionale Bewaringsunie (IUCN) ook by die veldtog betrek. Die uitvoerende hoof van Wildlands, Andrew Venter, eis dat die departement van omgewingsake onmiddellik verantwoordelikheid vir die geblikte leeubedryf moet neem, en dit teen 2020 finaal moet sluit.