GEBLIKTE LEEUJAG SE DAE IS AMPER GETEL. SUID AFRIKA


Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Venter was ook betrokke by die vervaardiging van die dokumentêre rolprent, Blood Lions. Nog ‘n organisasie, Capture in Africa, se uitgangspunt is dat leeus wild moet bly en dat halfmak leeus in die bedryf op kortafstand gejag word.

Volgens Venter het talle toeroperateurs, wat in Afrika werk, al skriftelik onderneem om nie besoekers na leeuplase te neem nie. Die Suid-Afrikaanse Roofdiertelersvereniging het ondertussen in ‘n verklaring gesê Walter Slippers, die eienaar van die uitgeteerde leeus waaroor in die media berig is, is nie ‘n lid van hul organisasie nie. Die vereniging het egter met skok kennis geneem van die haglike toestand waarin die leeus is en lede het uiteindelik 8 ton bevrore hoenders na die plaas op Alldays aangery. Die organisasie het diereregte-aktiviste daarvan beskuldig dat hulle sosiale media misbruik vir “goedkoop verdagmakery” van leeuboere. 

Miljoene rande is in die sakke van die eienaars van die wildplase waar die sogenaamde “geblikte Leeujag” jaarliks plaasvind. Hierdie eienaars het duisende hektare grond aangekoop met die leeus se Inkomste van ongeveer $30,000 USD to soveel as $35,000 USD per leeu.

Volgens berigte was daar nog baie wind ook gewees in die tande en die naels.  Miljoene was beskikbaar om wildsplase soos 5 ster hotelle te laat lyk.

Om ewewig terug te bring na die natuur moet die leeus maar oopgemaak word om hulle plek in die wilde natuur in te neem en op hulle tyd te jag onder die wild en so die ekologie weer herstel. Dit sal nie gebeur nie, want die wild is te duur.