Christiaan Vercueil - Third Runner up - Technical- Insetkoste en winsgewendheid: Hoe lyk die nuwe seisoen?

Christiaan Vercueil - Third Runner up - Technical- Insetkoste en winsgewendheid: Hoe lyk die nuwe seisoen?

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Christiaan Vercueil - Third Runner up - Technical-

Hollard Insure and Farmingportal.co.za and Agri News Net  - Young Agri Writers awards - 2024 

Insetkoste en winsgewendheid: Hoe lyk die nuwe seisoen?

Die 2023/2024-produksieseisoen was uitdagend. Produsente het gebuk gegaan onder ongunstige weersomstandighede in die vorm van ’n El Niño-verskynsel wat produksie – en gevolglik winsgewendheid – onder baie druk geplaas het. Met die einde van die seisoen is die kans vir rus min en word die fokus verskuif na die volgende plantseisoen.

Omvang van die 2023/2024-seisoen

Met 4 340 250 aangeplante hektare vir mielies, sojabone en sonneblom in die 2023/2024-seisoen (2% meer as in die 2022/2023-seisoen) kon slegs 15 832 640 ton van hierdie drie toonaangewende grane geproduseer word. Dit is ’n afname van 22% in opbrengs, met mielies wat ’n afname van 20%, sojabone 36% en sonneblom 14% ervaar het. Tabel 1 dui hierdie syfers aan.

Tabel 1: OPPERVLAKTE, PRODUKSIE EN OPBRENGS VAN MIELIES, SOJABONE EN SONNEBLOM VIR DIE 2022/2023- EN 2023/2024-SEISOEN.

 

 

Noodsaaklikheid vir produksiebegroting

Die daarstel van produksiebegrotings voor die aanplant van gewasse, raak al hoe meer noodsaaklik en moet nie ligtelik beskou word wanneer produksiebesluite geneem word nie. Niemand kan die toekoms met al sy risiko’s en onsekerhede akkuraat voorspel nie, maar ’n produksiebegroting moet op vooruitskattings, historiese gegewens, aannames en ondervinding gebaseer word. In die lig hiervan moet produsente, as die gebruikers daarvan, bewus wees dat begrotings asook die aannames waarop dit berus, voortdurend aan veranderinge onderworpe is.

 

Produksiekoste kan radikaal van buurman tot buurman verskil weens elke graanprodusent se eie unieke sisteem, die tipe boerdery-eenheid en die produksiepraktyke wat gevolg word. In hierdie artikel word daar gepoog om die koste vir die algemeenste produksiepraktyke voor te lê.

 

Veranderlike koste

Die veranderlike koste is gewoonlik dit wat met die vertakking geassosieer word en verander soos daar meer of minder van ’n inset gebruik word. In die gewasvertakking sal veranderlike koste bestaan uit byvoorbeeld saad, kunsmis, onkruiddoder en diesel. Uit die meegaande tabelle is dit duidelik dat bemesting die grootste komponent van die veranderlike koste uitmaak.

 

Vaste koste

Die vaste of oorhoofse koste is gewoonlik uitgawes wat aangegaan moet word of daar geproduseer word of nie. Voorbeelde hiervan is salarisse, huur, lewenskoste, elektrisiteit en so meer. Hierdie koste moet by die veranderlike koste per hektaar getel word om die totale produksiekoste te bereken.

 

Vooruitskouing vir die 2024/22025-seisoen

Westelike produserende streek

2 WESTELIKE PRODUSERENDE STREEK (BV LICHTENBURG)

NOORDWES: INKOMSTE- EN KOSTEBEGROTINGS – SOMERGRAAN 2024/2025

 

 

Gewas

Mielies (Bt)

Sonneblom

Sojaboon

 1) INKOMSTE

 

 

 

 Opbrengsmikpunt (t/ha)

                           4,00

                           1,00

                           1,75

 Safex: geskatte prys

R4 180

R8 300

R8 200

 Aftrekkings

R393

R443

R311

 Netto plaashekprys

R3 787

R7 857

R7 889

BRUTO INKOMSTE (R/ha)

R15 148

R7 857

R13 806

 2) VERANDERLIKE UITGAWES

 

 

 

 Saad   

 R1 871,29

 R644,60

 R1 203,93

 Kunsmis   

 R3 186,20

 R891,60

 R1 997,90

 Kalk   

 R203,13

 R203,13

 R203,13

 Brandstof   

 R1 747,44

 R1 398,81

 R1 251,24

 Reparasie  

 R711,20

 R614,17

 R622,13

 Onkruiddoders   

 R764,27

 R264,91

 R1 288,79

 Plaagdoder   

 R806,60

 R110,20

 R1 591,77

 Insetversekering   

 R677,16

 R153,32

 R273,44

 Besproeiingskoste   

 

 

 

 Graanprysverskansing   

 R1 101,75

 R152,40

 R469,93

 Oesversekering   

 R394,66

 R157,25

 R981,59

 Produksiekredietrente   R/ha

 R673,49

 R269,69

 R580,68

TOTALE VERANDERLIKE UITGAWES (R/ha)

 R12 137,21

 R4 860,08

 R10 464,53

 

 

 

 

TOTALE VASTE KOSTE (R/ha)

 R2 690,41

 R2 235,47

 R1 864,75

 

 

 

 

TOTALE KOSTE (R/ha)

 R14 827,62

 R7 095,55

 R12 329,28

 

 

 

 

3) BRUTO MARGE (R/ha)

R3 011

R2 997

R3 341

4) NETTO MARGE (R/ha)

R320

R761

R1 476

Tabel 2 toon die begrote insetkoste vir mielies (Bt), sonneblom sowel as sojabone vir die westelike gedeelte van die land vir die 2024/2025-seisoen.

  • Mielieproduksie: ’n Mikpunt van 4 t/ha is in hierdie scenario gebruik en insethoeveelhede is volgens hierdie mikpunt bepaal. Die totale veranderlike koste kom op R12 137 te staan met ’n vastekostekomponent van R2 690/ha. Met ’n produsenteprys van R3 787 (WM Safex Jul-25 minus aftrekkings) blyk dit dat produsente ’n wins van slegs R320/ha kan realiseer.
  • Sojabone blyk die winsgewendste in die westelike streek te wees met ’n produsenteprys van R7 889/ton (Safex Mei-25 minus aftrekkings). Teen ’n opbrengsmikpunt van 1,75 t/ha met veranderlike koste van R10 464/ha en ’n vastekostekomponent van R1 864/ha kan ’n wins van R1 476/ha gerealiseer word.
  • Sonneblom se winsgewendheid blyk beter te wees as mielies, maar laer as sojabone. Met ’n produsenteprys van R7 857/ton met veranderlike en vaste koste van R4 860/ha en R2 235/ha onderskeidelik, kan ’n wins van R761/ha moontlik gerealiseer word.

 

 

 

3 NOORDWES-VRYSTAAT (BV BOTHAVILLE).

NOORDWES-VRYSTAAT: INKOMSTE- EN KOSTE BEGROTINGS – SOMERGRAAN 2024/2025

 

 

Gewas

Mielies (laer opbrengs)

Mielies (hoër opbrengs)

Sonneblom

Sojaboon

 1) INKOMSTE

 

 

 

 

 Opbrengsmikpunt (t/ha)

                           4,00

                           6,00

                           1,50

                           2,00

 Safex: geskatte prys

R4 180

R4 180

R8 300

R8 200

 Aftrekkings

R420

R 420

R449

R218

 Netto plaashekprys

R3 400

R3 400

R7 851

R7 982

BRUTO INKOMSTE (R/ha)

R13 600

R20 400

R11 777

R15 964

 

 

 

 

 

 2) VERANDERLIKE UITGAWES

 

 

 

 

 Saad

 R1 567,25

 R2 390,06

 R716,22

 R 1 671,82

 Kunsmis 

 R3 798,00

 R5 789,20

 R1 418,20

 R2 412,10

 Kalk 

 R179,49

 R179,49

 R179,49

 R179,49

 Brandstof 

 R1 677,48

 R1 598,17

 R1 668,21

 R1 583,07

 Reparasie 

 R786,39

 R802,30

 R740,03

 R722,07

 Onkruiddoders 

 R764,27

 R823,52

 R 882,60

 R1 288,79

 Plaagdoder 

 R806,60

 R806,60

 R617,91

 R1 591,77

 Insetversekering 

 R265,20

 R397,80

 R229,17

 R311,30

 Graanprysverskansing 

 R1 202,92

 R1 571,46

 R240,56

 R561,12

 Oesversekering 

 R380,18

 R570,28

 R528,86

 R1 436,76

 Produksiekredietrente

 R671,38

 R877,07

 R424,25

 R690,80

TOTALE VERANDERLIKE UITGAWES (R/ha)

 R12 099,17

 R15 805,95

 R 7 645,50

 R12 449,08

 

 

 

 

 

TOTALE VASTE KOSTE (R/ha)

 R3 067,87

 R2 936,53

 R3 063,51

 R2 879,50

 

 

 

 

 

TOTALE KOSTE (R/ha)

 R15 167,04

 R18 742,48

 R10 709,01

 R15 328,58

 

 

 

 

 

3) BRUTO MARGE (R/ha)

R2941

R6754

R4 131

R3 515

4) NETTO MARGE (R/ha)

-R127

R3 817

R1 067

R635

Noordwes-Vrystaat-produksiestreek

Tabel 3 toon die begrote insetkoste vir mielies (laer en hoër opbrengs), sonneblom sowel as sojabone vir die Noordwes-Vrystaat in die 2024/2025-seisoen.

  • Mielieproduksie: ’n Mikpunt van onderskeidelik 4 t/ha en 6 t/ha word in hierdie scenario gebruik. Die totale veranderlike koste kom op R12 099/ha en R15 805/ha te staan met ’n vastekostekomponent van R3 067/ha en R2 936/ha onderskeidelik. Met ’n produsenteprys van R3 760 (WM Safex Jul-25 minus aftrekkings) blyk dit of produsente met ’n laer opbrengs ’n verlies van R127/ha kan realiseer en R3815/ha se wins kan realiseer teen 6 t/ha.
  • Sojabone se winsgewendheid lyk soos volg met ’n produsenteprys van R7 889/ton (Safex-Mei ’25 minus aftrekkings): Teen ’n opbrengsmikpunt van 2 t/ha met veranderlike koste van R12 449/ha en ’n vastekostekomponent van R2 879/ha kan ’n wins van R635/ha gerealiseer word.
  • Sonneblom se winsgewendheid blyk beter te wees as dié van sojabone. Met ’n produsenteprys van R7 857/ton met veranderlike en vaste koste van R7 645/ha en R3 063/ha onderskeidelik, kan ’n wins van R1 067/ha moontlik gerealiseer word.

 

 

4 SENSITIWITEITSANALISE: NOORWES-VRYSTAAT.

MIELIES: SENSITIWITEITSANALISE – TOTALE KOSTE (DIREKTE KOSTE + VASTE KOSTE) R/TON

 

 

 

 

 

 

Huidig

 

 

 

 

 

Safex-prys (R/ton)

2 820

3 070

3 320

3 570

R4 180

4 070

4 320

4 570

4 820

 

Produsenteprys

2 400

2 650

2 900

3 150

R3 760

3 650

3 900

4 150

4 400

 

Opbrengs (t/ha)

5,0

-988

-738

-488

-238

12

262

512

762

1012

 

5,5

-648

-398

-148

102

352

602

852

1102

1352

 

6,0

-364

-114

136

386

636,3

886

1136

1386

1636

 

6,5

-123

127

377

627

877

1127

1377

1627

1877

 

7,0

83

333

583

833

1083

1333

1583

1833

2083

 

Die sensitiwiteitsanalise (Tabel 4) toon hoe sensitief winsgewendheid is vir prysveranderings, maar veral vir opbrengsverliese. Hierdie analise neem die produsenteprys sowel as opbrengs in ag. Indien 6 t/ha geoes word (wat ook die mikpunt is), kan ’n produsent R636.3/ton (R636.3*6 t/ha) se wins realiseer wat gelykstaande is aan R3 817/ha soos in Tabel 3 aangedui. Indien slegs 0,5 t/ha minder gestroop word, kan ’n produsent R352/ton verlies realiseer wat gelykstaande is aan R2112/ha verlies.

 

Oostelike Hoëveld-produksiestreek

5 Begroting 3: Oostelike Hoëveld (bv Bethal).

OOSTELIKE HOËVELD: INKOMSTE- EN KOSTEBEGROTINGS – SOMERGRAAN 2024/2025

 

Gewas

Mielies (RR)

Sojabone (konvensioneel)

 1) INKOMSTE

 

 

 Opbrengsmikpunt (t/ha)

                   7,00

                   1,75

 Safex: geskatte prys

R3 820

R8 200

 Aftrekkings

R413

R160

 Netto plaashekprys

R3 407

R8 040

BRUTO INKOMSTE (R/ha)

R23 849

R14 070

 

 

 

 2) VERANDERLIKE UITGAWES

 

 

 Saad

 R4466.66

 R2 006,88

 Kunsmis

 R7051.7

 R3 123,19

 Kalk

 R252.75

 R-  

 Brandstof

 R1669.11

 R1 323,46

 Reparasie

 R741.89

 R550,11

 Onkruiddoders

 R594.15

 R1 024,58

 Plaagdoder

 R703,17

 R810,66

 Insetversekering

 R531.49

 R274,37

 Graanprysverskansing

 R2001.17

 R502,40

 Oesversekering

 R1034.06

 R984,90

 Los arbeid

 R-

 R-  

 Produksiekredietrente R/ha

 R1118.96

 R622,78

TOTALE VERANDERLIKE UITGAWES (R/ha)

 R20165.12

 R11 223,32

 

 

 

TOTALE VASTE KOSTE (R/ha)

 R2 464,56

 R2 149,16

 

 

 

TOTALE KOSTE (R/ha)

 R22629.68

 R13 372,48

 

 

 

3) BRUTO MARGE (R/ha)

R3684

R2 847

4) NETTO MARGE (R/ha)

R1 219.3

R698

 

 

 

 

 

Oostelike Hoëveld-produksiestreek

Tabel 5 toon die begrote insetkoste vir mielies en sojabone in die oostelike Hoëveld in die 2024/2025-seisoen.

  • Mielieproduksie: Met ’n mikpunt van 7 t/ha in hierdie scenario, kom die totale veranderlike koste op R20165.12/ha te staan met ’n vastekostekomponent van R2 464/ha. Met ’n produsenteprys van R3 400 (YM Safex Jul-25 minus aftrekkings) blyk dit of produsente moontlik ’n wins van R1219.3/ha kan realiseer.
  • Sojabone se winsgewendheid lyk soos volg met ’n produsenteprys van R7 889/ton (Safex-Mei ’25 minus aftrekkings): Teen ’n opbrengsmikpunt van 1,75 t/ha met veranderlike koste van R11 223/ha en vaste koste van R2 149/ha kan ’n wins van R698/ha gerealiseer word.

 

Gevolgtrekking

Produsente het ’n uitdagende seisoen agter die rug wat onthou sal word vir die droë en warm weersomstandighede wat geheers het. In verskeie omgewings was daar misoeste en dit is dan ook die rede waarom baie produsente se winsgewendheid swak vertoon. Daar is hoop vir ’n La Niña-verskynsel op die horison en meer gunstige weersomstandighede word in die komende seisoen verwag. Hopelik sal dit lei tot ’n meer winsgewende seisoen. Volledige begrotings is beskikbaar op die Graan SA-webtuiste deur die QR-kode te skandeer. https://www.grainsa.co.za/pages/industry-reports/production-reports

Elke produsent se begroting vir die komende seisoen sal anders lyk as bogenoemde – hierdie behoort slegs as ’n riglyn gebruik te word. Dit is belangrik dat produsente self ’n gelykbreeksom uitwerk om te verseker dat hulle totale koste gedek kan word.

I grew up in Limpopo, just outside of Polokwane. My father is a potato farmer, and therefore I have always had a love for agriculture. I completed my Bcom Agribusiness management degree and afterwards my honours degree in Agricultural economics at the university of Pretoria. I have started as an intern agricultural economist at Grain SA in November 2021 and has recently been promoted to Junior economist. I recently start a new Career at Bayer South Africa.