Saai is verheug oor die Appelhof se uitspraak ten gunste van Zimbabwese boere

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Saai is verheug oor die Appelhof se uitspraak ten gunste van Zimbabwese boere wat die Suid-Afrikaanse regering verantwoordelik en aanspreeklik wil hou vir skade wat hulle gely het na aanleiding van President Zuma se aandadigheid in die ontbinding van die SADC tribunaal.


Honderde Suid-Afrikaners wat sedert 2000 slagoffers van Zimbabwe se grondgrypprogram was, word deur Saai verteenwoordig in hulle pogings om behoorlike vergoeding te kry en om n beleidsomgewing te skep waarbinne die oppergesag van die reg seëvier en die vrye mark kan gedy.

Die geskiedenis het gewys dat die verhaal van onteiening sonder vergoeding altyd dieselfde eindig: die slagoffers moet na onberekenbare ekonomiese teëspoed uiteindelik vergoed word. Die 2020 Globale Vergoedingsooreenkoms in Zimbabwe en hierdie appelhofbeslissing bevestig dit.

Namens boere elders in Suidelike Afrika wil Saai ons Zimbabwese kollegas gelukwens met die vasbyt, deursettingsvermoë, veerkragtigheid en moed om vir soveel jare die stryd om geregtigheid vol te hou en die voorbeeld en president te stel.

Saai hoop dat die ANC-regering betyds iets daaruit sal leer.