VERGEET VAN VENNOOTSKAPPE MET REGERING- Suid Afrika

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

“Die privaat sektor moet daarvan vergeet om hande te vat met 'n bankrot regering wat ekonomies gefaal het en nie instaat is om die land se infrastruktuur te herstel nie” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

 Hy het verwys na professor Raymond Parsons van die Noordwes Universiteit wat gister tydens 'n bespekingspunt op NAMPO buite Bothaville gesê het die "feit dat die regering die deur oopgemaak het vir vennootskappe tussen die staat en die privaat sektor moet aangegryp word." Hy het ook gesê "daar is erkenning aan regeringskant dat hy met die privaat sektor hande sal moet vat om die land se infrastruktuur  te herstel,” volgens 'n artikel* wat gister op Netwerk24 se webblad geplaas is.

Waarom sou die privaat sektor homself in 'n vennootskap met die suiwer sosialistiese regering wil dompel net om die staat te help om die verliese van sy vernietigde staatsondernemings te help dra en sy vervalle infrastruktuur te herstel? Wat is daarin vir die privaat sektor?? Presies niks nie behalwe verliese! 

Die privaat sektor se hoofdoelwit is om wins te maak wat die enigste manier is om ekonomiese groei te skep en nie om investering in die regering se vernietigde infrastruktuur te maak nie! Dit sal die privaat sektor ook vernietig want daar is absoluut niks wat die ANC-regering verstaan oor hoe ekonomiese groei geskep word nie weens sy totale ekonomiese ongeletterdheid en onbevoegdheid!

“Investering skep nie groei nie - net aanvaarbare opbrengste op investering kan groei skep!”

Die meesterplan vir die landbou wat verlede week deur die Departement van Landbou bekendgestel is, beskou ook die herstel en opgradering van die land se infrastruktuur as 'n prioriteit. Ongelukkig was daar nog nooit enige plan van die regering wat in sy doel geslaag het om die ekonomie te herstel en uit te bou nie.

"Ek het 'n baie groot probleem ontwikkel met professors wat in hulle akademiese gemaksones sit wat die sosialistiese ideologie van die ANC-regering ten volle ondersteun en dan vir die privaat sektor wil voorskryf wat om te doen," sê Brink.

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

 Nampo: “Probleme by hawens groter kopsorg as oorlog”
https://www.netwerk24.com/netwerk24/sake/landbou/nampo-probleme-by-hawens-groter-kopsorg-as-oorlog-20220517


Newsletter Subscribe