Die Reserwebank het vandag 'n verhoging in sy uitleenrentekoers aan handelsbanke aangekondig van 25 basispunte tot 3,75% wat ook die oortrokke rentekoers tot 7,25% sal verhoog, asook alle ander rentekoerse van die handelsbanke, met onmiddellike effek.
Die Reserwebank, net soos die meeste ander sentrale banke in die wêreld, waaronder die Federale Reserweraad in die VSA en die Europese Sentrale Bank, glo dat sy rentekoersbeleid pryse tussen sy inflasieteikens van 3% tot 6% kan stabiliseer (“anker”), die wisselkoers kan beskerm en ekonomiese groei stimuleer wat die grootste enkele dwaling in ekonomiese wetenskap is aangesien daar absoluut geen bewyse is om hierdie aansprake te staaf nie. Dieselfde geld vir die jongste voorstel van die Goewerneur van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, om die bestaande inflasieteikens na 'n vaste teiken van 3% te verander.
Die inflasiekoers word bepaal deur al die plaaslike en internasionale politieke en ekonomiese faktore wat onderskeidelik 'n invloed op die vraag en aanbod van goedere en dienste en die waarde van die geldeenheid het! Ekonomiese groei word geskep deur die vraag- en aanbodkant van die ekonomie, soos elke kwartaal deur Statistiek SA bewys word, wat deur die winsmotief gedryf word!
Die eerste vraag wat gevra moet word, is hoekom die Reserwebank verbruikers straf vir prysstygings waarvoor hulle nie verantwoordelik is nie? Wat kan die Bank doen aan die stygings in die internasionale ru-olieprys, 'n verswakkende wisselkoers wat verder sal verswak as gevolg van die vernietigende politieke en ekonomiese sosialistiese ideologie van die ANC-regering. Asook al die belastings en heffings op plaaslike brandstofpryse wat deur die regering beheer op grond op basis 'n vaste formule en jaarliks verhoog word wat niks te doen het met die verbruik van brandstof deur verbruikers nie!! Presies niks!
Die prys van ru-olie het verlede jaar gedaal weens die Covid19-pandemie tot by die punt waar sommige internasionale olieprodusente finansieel ondergegaan het, wat verantwoordelik was vir die laer ru-olievoorraad. Noudat die grootste gevaar van die pandemie bedaar het, het die vraag weer skerp gestyg waaraan die Petroleumuitvoerlande (OPUL) en Rusland nog nie kon voldoen nie. Die prys van Brent-ruolie het in 2021 met meer as 60% gestyg, en het verlede week 'n driejaar hoogtepunt van $86,70 bereik namate die vraag herstel het. OPUL en Rusland het rekord produksiebesnoeiings in 2020 ingestel stadig verligting gebring het en geleidelike maandelikse produksieverhogings ondanks oproepe vir meer ru-olie van die VSA en ander verbruikers.
Die internasionale prysstygings van ru-olie is gevolglik buite beheer van die sentrale banke wat steeds glo dat hulle klaarblyklik die wanbalans in die mark kan oplos deur rentekoerse te verhoog wat betekenisloos is, maar wat weereens plaaslike verbruikers gestraf vir prysstygings waarvoor hulle geensins verantwoordelik is nie.
Die tweede vraag wat gevra moet word, is wat kan die Bank doen aan die toenemende en buitensporige winsmarges wat deur die vervaardigings- en handelsbedrywe op voedsel geplaas word waarvoor verbruikers nie verantwoordelik is nie wat geensins met die vraag na voedsel verband hou nie?
Die pryse van landbouprodukte word verhandel in 'n termynmark, die “South African Futures Market (SAFEX)”, wat uitsluitlik deur die markkragte van vraag en aanbod in die mark bepaal word. Die pryse van plaaslike produsente is in werklikheid die internasionale afgeleide pryse van landbouprodukte wat op die Amerikaanse termynmark, die “Chicago Board of Trade,” verhandel word en wat ook suiwer bepaal word deur die werking van die markkragte van vraag en aanbod.
Internasionale landbouprodusente- en voedselpryse het die afgelope jaar skerp gestyg as gevolg van die internasionale groter vraag na voedsel, maar ook meer as gevolg van die “ontwrigting van die wêreldwye voorsieningsketting wat tot in 2022 sal voortduur, volgens die hoof uitvoerende beampte van Cargill Inc., David MacLennan, die landboureus in die VSA. Hy het arbeidstekorte uitgelig het as een van die grootste risiko's wat die bedryf in die gesig staar.1)
Hy sê dat "wêreldvoedselpryse in Oktober tot 'n dekade hoë vlak geklim het, soos in die volgende grafiek aangetoon word, wat hoër kruidenierswarerekenings van huishoudings verhoog en wêreldwye honger moontlik vererger het.
Slegte weer het oeste getref, vragkoste het die hoogte ingeskiet en arbeidstekorte het die voedselvoorsieningsketting in die wiele gery.
'n Energiekrisis het ook 'n dramatiese toename in kunsmisrekeninge vir boere regoor die wêreld veroorsaak. Selfs met “die onvermydelike natuurrampe wat uit klimaatonbestendigheid voortspruit, het die voedselvoorsieningsketting oor die algemeen redelik goed gewerk in die afgelope jaar of wat tydens Covid-19, maar dit is nietemin iets wat ons nie as vanselfsprekend kan aanvaar nie.
Die soektog na “groener” voertuie, vliegtuigbrandstof en biodiesel vir produksie en padvervoer kompeteer ook met voedselproduksie, wat aanleiding kan gee tot beperkte eetbare olievoorrade. Pryse vir palmolie, die mees verbruikte plantaardige-olie ter wêreld, het die afgelope jaar met sowat 50% gestyg, terwyl sojaboonolie met 60% gestyg het. Kanola-olie, is naby 'n rekordvlak.
Die “voedsel-teen-brandstof-spanning” sal ook, volgens MacLennan, meer intens word as wat dit ooit oor die afgelope 15 jaar was. Die dag sal aanbreek wanneer meer landbouprodukte vir skoon energie as voedsel gebruik sal word, so dit sal landbouprodusente in die wêreld se plig wees om te innoveer en meer produktief te word.”
Iets wat die internasionale en plaaslike landbouprodusente die afgelope dekade of twee reeds begin doen het met behulp van die talle nuwe internasionale tegnologiese ontwikkelings in die wêreld.
it word van die landboubedryf verwag om “goedkoop” kos vir arm mense te produseer, luidens die jongste nuusbrief van Agri SA, terwyl geen produsent ter wêreld kos kan produseer teen pryse wat arm mense kan bekostig nie. Voedselsekerheid kan slegs volhoubaar wees as die produksie van voedsel winsgewend. Dit is egter nie die verantwoordelikheid van landbouprodusente nie, maar van die regering wat die makro- en landbou-ekonomiese beleid van die land bepaal.
Die derde vraag wat gevra moet word, is waarom die internasionale sentrale banke glo dat verbruikerspryse slegs aan die vraagkant bepaal word en nie ook aan die aanbodkant van die ekonomie soos ru-olieproduksiebeperkings of natuurrampe wat, onder andere, erge droogtes en vloede kan veroosaak.
Die meeste verbruikers sukkel nou al maande lank finansieel en kan weens die hoër werkloosheid nog nie hul verbruiksbesteding tot dieselfde vlakke as voor die pandemie verhoog nie.
sy voorlopige finansiële begroting wat verlede week in die Parlement ter tafel gelê is, het die regering dit duidelik laat blyk dat hy nie in 'n posisie is om die ernstige fiskale en maatskaplike probleme aan te spreek en om sy skuld te konsolideer nie wat baie duideliker sal word tydens die hoofbegroting in Februarie 2022.
“Die rentekoersbeleid van die Reserwebank kan nie die inflasiekoers beheer, die waarde van die geldeenheid beskerm en ekonomiese groeikoers stimuleer nie omdat hierdie ekonomiese veranderlikes almal deur die werking van die markkragte van vraag en aanbod in die ekonomie bepaal word. Deur die fokus van die Bank om die inflasiekoers te beheer op die besteding van verbruikers te plaas wat geensins verantwoordelik vir die stygings in brandstof- en voedselpryse is die verkeerde teiken,” aldus Brink.
Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom
1) Cargill CEO Says Global Food Prices to Stay High on Labour Crunch