FISKALE KONSOLIDASIE DEUR DIE VENSTER

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

“Die aannames wat verskeie ekonome en batebestuurders gemaak het na die aankondiging van die ekonomiese groeikoers vir die tweede kwartaal twee weke gelede1) dat die regering se begrotingstekort en sy skuldlas in verhouding tot die Bruto Binnelandse Produk (BBP) verminder kon word, is nou as onrealisties bewys,” sê Fanie Brink, 'n onafhanklike landbou-ekonoom.

Die aannames dat die “begrotingstekort vir hierdie jaar slegs 7% kan wees vergeleke met die 9,3% wat in Februarie begroot is en dat die regering se skuldlas in verhouding tot die BBP nader aan 70% kan wees as 88%,” kan nou uit die weggeruim word.

Hierdie aannames was baseer op die hoër internasionale metaalpryse wat die winsgewendheid van die mynbedryf en gevolglik die regering se inkomste verhoog het, maar dat dit nie gepaard sou gaan met groter stygings in staatsbesteding nie.

Die Nasionale Tesourie het die parlementêre komitees oor fiskale en ekonomiese aangeleenthede verlede week ingelig dat die "regering se fiskale standpunt verskuif het van konsolidasie na uitbreiding." Gevolglik is ‘n voorstel gemaak “om R33 miljard vir die Covid-verligting van die Covid-19-pandemie toe te ken,” asook om die gevolge van die “onlangse onrus aan te spreek wat nie die fiskale raamwerk sal beïnvloed nie.” Die “ekstra uitgawes sal gefinansier word deur die belastingmeevaller wat voortgespruit uit die stygings in die internasionale metaalpryse.”

Dit is bo en behalwe dat die regering, onder andere, ook dringend R73,4 miljard in die hande moet kry om sy salarisonderneming met die openbare sektor na te kom en die verdere ineenstorting van belangrike staatsondernemings te vermy, maar daar bestaan ook groot onsekerheid oor waar die fondse vandaan sal kom.

Die Parlementêre Begrotingskantoor, wat ook insette aan die komitees lewer, het aangevoer dat “die tesourie se versuim om 'n uitbreidende fiskale standpunt in te neem, bygedra het tot die sosiale onsekerhede en armoede wat die onlangse plundering en vernietiging veroorsaak wat die ekonomie van KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie bykans vernietig het.

“Die regering sal noodwendig hierdie belastingmeevaller moet gebruik om die stygende armoede, hongersnood en werkloosheid te verminder om so ver as moontlik 'n uitbraak van verdere onluste te probeer vermy. Verskeie jare van fiskale konsolidasie het 'n kumulatiewe negatiewe invloed op indiensneming, beleggings en ekonomiese groei gehad. Die fiskale keuses wat gemaak is, het sosiale en politieke onstabiliteit verhoog. Die fiskale raamwerk moet voorsiening maak vir groter besteding.”2)

Volgens Brink is die probleem veroorsaak deur die ANC-regering se sosialistiese ideologie aangesien sosialiste glo dat meer besteding, begrotingstekorte en skuld beleggings en ekonomiese groei kan meebring wat baie duidelik voortspruit het hul ekonomiese ongeletterdheid en onbevoegdheid wat reeds ekonomiese groei onomkeerbaar vernietig het. Die baie duidelike resultate was die groter gaping tussen die inkomste en uitgawes van die regering wat verantwoordelik was vir die toenemende begrotingstekorte en staatskuld, groter armoede, hongersnood, werkloosheid en ongelykheid.

Die “versuim om 'n uitbreidende fiskale standpunt in te neem” was ook nie die primêre rede vir die “sosiale onsekerheid en armoede” en die gevolglike “plundering en vernietiging” nie.

Die nuwe Minister van Finansies, Enoch Godongwana, het egter slegs 'n week nadat hy aangestel is die beleggingsgemeenskap in kennis stel dat "niks regtig gaan verander in terme van Suid-Afrika se fiskale posisie en verbintenis tot skuldstabilisering nie." Nou gaan hierdie uitspraak van die Minister verander word wat ongetwyfeld baie ernstiger ekonomiese probleme tot gevolg sal hê!

Hy het ook tydens die laaste “lekgotla” gesê dat die "uiters moeilike finansiële herprioritisering en beleidsoorwegings deur almal in die regering ooreengekom moet word as die regering sy bestaande bestedingsverpligtings wil nakom, die fiskus wil stabiliseer en 'n volskaalse finansiële krisis. ”

Hierdie jongste ontwikkelings toon baie duidelik aan dat die regering nie sy vernietigde fiskale situasie kan stabiliseer nie, wat '''n volskaalse finansiële krisis'' sal veroorsaak, aangesien daar absoluut niks is wat daarop dui dat dit sal verbeter nie, veral sonder ekonomiese groei!

Soos die voormalige redakteur van Business Day en Financial Mail, Peter Bruce, gesê het: “… our core problem isn’t corruption or incompetence, though they are the moving parts of the neon sign at the entrance to SA. The problem is plain poor policy and the ANC’s absolute inability to understand how to turn one rand into two rand. We chase transformation and reducing inequality at the expense of growth or arguing that growth wouldn’t fix them. Corruption doesn’t lead to poverty and the kind of misery South Africans suffer. Very bad economic policies do.”

Die Oostenryk-Britse ekonoom, Friedrich von Hayek, het weer gesê: “If socialists understood economics, they wouldn’t be socialists.”

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom 

1) “Groeivooruitsigte is onrealisties”

https://www.farmingportal.co.za/index.php/all-agri-news/press-release/6863-groeivooruitsigte-is-onrealisties?fbclid=IwAR2iApa6501Q3GSQhjAiSF4MRFLKED8tKFXK5p9vR9mnygTXt1WPQxuTP54

 

2) “Expansionary fiscal stance ushered in with new relief spending”

https://www.businesslive.co.za/bd/national/2021-09-15-expansionary-fiscal-stance-ushered-in-with-new-relief-spending/